Onnie in hospitaal ná ouer haar glo aanrand

Klaskamer_bord_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

ʼn 52-jarige onderwyseres van ʼn laerskool in Noordwes is in die hospitaal nadat sy glo Vrydag deur ʼn ontstoke ouer aangerand is.

Mpuseng Sepotokele, ʼn gr. 3-onderwyseres van ʼn skool in Tlhatlaganyane buite Rustenburg, is glo by die skool deur ʼn ouer aangerand.

Tlhalefang Sepotokele, Mpuseng se seun, het gesê die ouer het sy ma by die skoolhek ingewag en met ʼn sambreel aangerand. Die ouer het haar glo daarvan beskuldig dat sy haar kind aangerand het.

“My ma het my omtrent 08:00 gebel en gesê ek moet na die skool toe kom aangesien sy aangerand is. Ek het haar in die personeelkamer gevind,” het Tlhalefang gesê. Sy is in die Ferncrest-hospitaal in Tlhabane opgeneem.

ʼn Foto wat Sepotokele se beserings wys is intussen wyd op sosiale media versprei. Tshwanelo Mmutlana, hoof van die onderwysersvakbond Naptosa, het intussen ʼn beroep op die regering gedoen om onderwysers te beskerm.

Mmutlana het gesê daar is wetgewing en regte wat leerders beskerm, maar nie onderwysers nie. “Onderwysers word geboelie en geteister in klaskamers en genoeg is genoeg. Daar is leerders wat boelies is en weet daar gaan niks met hulle gebeur nie.”

Volgens Sepotokele se familie is ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Joe ·

Onderwysers het tans geen regte nie… ons sal dit verwelkom om ook regte te hê

Annelene ·

Ek verstaan regtig nie hoekom onderwysers nie ‘n wetgewing het wat hulle beskerm nie. Verstaan ook nie hoekom hulle salaris nie aangepas word nie. As dit nie vir ‘n onderwysers is nie daar niemand lees nie. Die staat moet na ons onderwysers begin kyk.

hendrik ·

Annelene sommer die boere, mediese personeel, en alle landsburgers ook.

Penelope ·

Ek hoop die Regering lees baie mooi, die paar van hulle wat KAN lees. Dit is weereens ‘n bewys dat die wetgewing in die drein is. Vandag se kinders kom met moord weg, en as die ouers al die onderwysers aanrand, watse voorbeeld is dit. Bring strenger wette terug, anders gaan daar meer kriminele grootgemaak word. Hulle word geleer dat dit reg is as hul nie respek het vir ander nie. Bring lyfstraf terug en gee onderwysers ‘n stem. Onderwysers is Kosbaar en moet ons help om ons kinders te vorm…..

Boelie ·

Dan wonder ons hoekom kinders boelie.
Want hulle word deur boelies grootgemaak!
Ek kry onderwysers jammer — maar asb ook– as jy n onderwyser is by n goeie ordentlike skool met waardes waar sulke insidente NIE plaasvind nie, moenie kerm oor hoe sleg dit is om n onderwyser te wees nie.
JYT GEKIES om hierdie beroep te volg en jy is geseënd om by n ordentlike skool met waardes te werk. Wees dankbaar en bid vir DIE wst nie so gelukkig is nie.

Ivana Viljoen ·

Kinders moet gedissiplineer word. Vroeer jare het hulle n goeie pakslae gekry en meesal maniere gehad, nou is hulle ongemanierd en doen wat hulle wil. Ek se nie slaan n kind half dood nie, maar n pakslae op sy tyd is goed

D B ·

Lyfstaf!!!!!!!!! ‘n Goeie pakslae is nie kindermishandeling nie!

John ·

Veiligheidsheinings by skole tussen onnies en kinders…. iemand spring gou daar is miljaarde te maak… kinders in een jaart en die onnie in sy eie… ‘n Eerste vir die heelal… Ons noem dit dan die Mandela-sel… vir die te slim kinders.

Mariana ·

Daai kind het heel waarskynlik gelieg en die ouer het nie eers probeer uitvind nie, net ingeklim en geslaan. Nee onderwysers moet beskerm word teen die kinders en ouers. Ouers is grootste probleem want hulle kinders word nie streng genoeg grootgemaak nie, loop sonder respek vir ander rond en dissipline bestaan nie. Ek hoop daardie onderwyseres word bygestaan deur haar skoolhoof en personeel.

Justice ·

Of jy `n onderwyser eerste met `n sambreel of tafel aanrand bly dit `n strafbare oortreding.

Johann cb ·

Terwyl ons onopgevoede ouers in ons samelewing het, gaan hierdie ongelukkig ‘n algemene probleem word. Leerkragte sal net minder van oog-tot-oog met ouers kan omgaan en meer op telekommunikasie moet staatmaak. Ons onderwysstelsel is ongelukkig besig om vinnig te vou. Dit dra by tot bestaande probleme. Tog so jammer…

Dries du Toit ·

Dis maar net te wonderlik dat hierdie dinge nie gebeur het in die dae voor 1994 nie.Net soos kragonderbrekings, uitermatige korrupsie, diefstal, moord ens ens

Annetjie Pieterse ·

Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was. My mening cellfone moet glad nie eers in die skole toegelaat word nie, want Sosiale media ly tot groepsdruk en onaanvaarbare gedragsprobleme, en n klomp ander probleme wat gereeld buite beheer raak. Kwaliteit onderwys is taboo as daar nie samewerking van ouer en kind is nie. Liefde en respek vir jou medemens het plek gemaak vir haat, en geweld. Kinders kom vandag met moord weg en in baie gevalle het die ouers n aandeel daaraan.

pieter ·

Wat my brein tebowe gaan is dat witmense uit die land gedryf word omdat dit glo nie ons land is nie maar hoekom praat afrika dan engels wat witmenstaal is

Es ·

Onderwyser het geen regte nie, mag geen emosies toon nie, en mag nie woorde rep of hul self verdedig nie… want hul is volgens die staat professioneel. Gewone afr beteken dit n slaaf van die staat…

Irene ·

Sluit daardie ongeletterde ma toe tot die saak voorkom en skors die kind

Lcom ·

Irene,
Dit wil my voorkom jy is n seiner. Want Jy het klaar besliut die ouer is ongeleterd.
Of is Jy dalk een van daai onderwysers wat dink alle ouers is Dom.

marieta ·

mag die onderwysers ook aangekla word as hulle kinders viktimiseer… hoekom tree die onderwysdepartement nie onderwysers ook aan as video’s wys hulle het verkeerd opgetree in die klas nie?? en dit gebeur elke dag….

P ·

Siviele eis gaan nie help nie die ouer ontvang seker “grant” per maand. Die arme onderwyser, kry haar jammer om met n klomp on opgevoede kinders te werk is amper onbegonne taak?

Rina ·

Jaco en Connie lees die berig behoorlik dan sal jull sien die onderwyseres is n swart vrou. Hoe het dit nou alweer verander in n rasse kwessie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.