Onnie in klaskamer vermoor

Klaskamer_bord_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

ʼn 24-jarige onderwyser is Donderdag in ʼn klaskamer by ʼn skool in Noordwes vermoor.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 11:00 by die Ramotshere High School in Dinokana naby Zeerust plaasgevind.

Volgens Tselanyane was die onderwyser besig om op die bord te skryf toe ʼn 17-jarige gr. 10-leerder hom genader het. “Die onderwyser het omgedraai, waarna die leerder hom in die bors gesteek het sonder om ʼn woord te sê.”

Die onderwyser is na die Dinokana Health Centre gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is. Volgens Tselanyane is dit nog nie duidelik wat tot die voorval aanleiding gegee het nie.

“Die leerder was met die polisie se aankoms nog op die skoolperseel en is in hegtenis geneem. Hy is deur maatskaplike werkers geëvalueer en sal van moord aangekla word wanneer hy binnekort in die Lehurutshe-landdroshof verskyn.”

Die departement van onderwys het intussen gesê maatskaplike werkers en sielkundiges sal Vrydag berading by die skool verskaf.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het intussen haar skok oor die voorval uitgespreek. Sy het die oorledene as Gadimang Daniel Mokolobate geïdentifiseer.

“Dit is hartverskeurende om so ʼn jong onderwyser te verloor aangesien hy nog so baie gehad het om te bied.” Volgens Motshekga het die voorval voor ʼn vol klaskamer gebeur.

Die voorval kom nadat ʼn 15-jarige seun van Eldorado Park Secondary School in Johannesburg Donderdag in hegtenis geneem is nadat hy glo die vorige dag ʼn gaspistool op ʼn onderwyser gerig het.

“Ons kan nie en sal nie misdadigheid en wetteloosheid in ons skole duld nie. Ons moet almal verseker dat ons skole veilige omgewings vir leer en onderrig is. Ouers, gemeenskappe en wetstoepassingsagentskappe moet almal hul rol speel om te verseker dat ons skole beskerm word,” het Motshekga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Cherokee ·

Hoe lank gaan ons hierdie storie hoor? Wil jy nie ‘n nuwe probeer, asseblief. Rympies raak holrug, selfs wanneer van toepassing.

Mielie ·

Dis my opinie, jy hoef dit nie te lees nie, ons almal is geregtig daarop en ons almal het keuse.

Grompot ·

Stem met jou saam Mielie.
Ek merk dat ou Cherokee al te dikwels oor almal ietsie te sê het, om sy intellek te probeer demonstreer. Regte leë blik. Siestog Cherokee, kry gerus vir jou ‘n aftree joppie of trek n bottel drank met ‘n naam op nader as jy geselskap soek.

Lerato ·

Ons is besig om die pad van England te stap waar geen orde in die klas geld nie

Pieterd ·

Lerato, Nie waar nie. My kleinkinders is in Engeland op skool en die hele skool is goed gedissiplineerd en kry hoogstaande onderwys.

Dis waar Lerato ·

Daar is wel ook goeie skole wat dissepline handhaaf en goeie areas, maar meeste is maar ongemanierd en geen wettoepssing nie.
Dwelms en drank en aanranding is aan die orde van die dag….

Cherokee ·

Al wat jy probeer doen is om dit wat jul liberaliste veroorsaak het, steeds aan witmense toe te dig. Pieterd het jou klaar verduidelik jy vertel onwaarhede. Moet nie probeer wegskram van die sukses wat julle behaal het met dit waarvoor julle al die jare veg nie. Smaak sukses.. al is dit bitter.

marlyn ·

Regtig, daar is geen wet vir kinders nie, arme Onderwyser dankie CR en JM jy is mos die jeug se leier daai kind moet nou in die trunk gegooi word sonder borg en nooit weer vry gelaat word nie wonder wat se sy ouers kinders van vandag het geen respek nie en kan maak wat hulle wil myne weet hy kry pak slae duld geen nonsense van hom nie.

Jan ·

Hoekom sien jy cr as n leier hy is geen leier nie net n uitgeslape ou skelm wat al julle ou dom afrikaners lekker gebluf het…

honourable member ·

Dis al hierdie probeem kinders uit probleem huise in die klas wat hierdie chaos veroorssak.

hendrik ·

Hy kan voorkom wanneer hy 18 is soos Don Steenkamp en dan lewenslank kry.

T ·

Ek stem saam.
Nog ‘n rede is dat pakslae taboe is
Die hoofrede volgens my is dat Jesus nie die middelpunt van die gesin is nie.
Als bly so hartseer

Willie ·

Gedrags probleme spruit van die huis af.. ongeag een of twee ouers, ja ek stem dis makliker met twee ouers… Did die algemene gebrek aan dissipliene in SA wat verantwoordelik is vir die…

phillipvandyk ·

as jy as ouer jou kind wil disiplineer dan gooi hul vinnig hul regte voor jou. vat die foon weg dan word ouers gevloke hok hulle dan loop hulle net eenvoudig, ons mag nie meer pak gee nie. die woord se spaar die roede nie want jy gaan n sot groot maak. ons nuwe SA wil alles wat goed is vernietig want dis mos wit…gergetigheid, eerlikheid, harde werk, eerbaarheid, omgee vir lewe het nie kleur nie. dis n lewenstyl. jy het dit of jy het dit nie

Mika ·

Dis omdat misdadigers meer regte as die man op straat het. Vat misdadigers se regte weg en hulle sal 2keer dink omdat gevangenis presies dit sal wees-gevangenis

Santjie ·

Die onderwyser het seker nie geluister toe hy gepraat het nie – vandag se tyd is dit meesal van ‘n kind praat en die ouers moet luister

Santjie ·

Vandag se tyd praat die kinders en die ouers luister en NIEMAND durf dit waag om terug te praat nie

Biebie ·

Wens mense wil ophou veralgemeen oor “vandag se kinders” en “vandag se ouers”. Ons het tog by ons ouers geleer / of nie. En hierdie is nie ‘n kind nie, dis ‘n krimineel wat in ‘n graad sit waar hy nie hoort nie! Blameer eerder die onderwys department wat geen dissipline handhaaf nie, want “die kinders” is mos important en kan maak wat hul wil daar!

Yes BIEBIE ·

Ook al moeg 9m te hoor “vandag se kinders/ouers is so sleg”
Dis NIE almal nie. Ja dalk die minderheid wat nog mniere het, maar HOU OP VERALGEMEEN!
Huerdie is n krimineel, as hy dir nie NOU gedoen het nie sou het dit oor n jaar of 5 gedoen het….
Onthou net “vandag se kinders en vandag se ouers”… het geleer en gesien by GISTER SE OUERS!

rina ·

Bring die lyfstraf terug en laat toe dat onderwysers soos in die verlede die septer swaai. Ons is besig om van die jeug misdadigers te maak deurdat hulle nou baas is en die ouers en onderwysers klaas is. Hierdie moord is nou ‘n goeie voorbeeld van wetteloosheid in die land

se maar net ·

Stem saam. Leer kinders van jongs af dat elke aksie ‘n reaksie het wat nagevolge kan he. Omdat kinders nie meer gestraf mag word nie, glo hulle hulle is onaantasbaar en word groot mense wat maak en breek soos hulle wil. Sterkte aan elke onderwyser in hierdie land.

Skerpioen ·

Jammer ek stem nie saam met lyfstraf by die skool nie. Dis in elk geval die OUERS wat hulle kinders maniere moet leer…. dis nie die skool se werk nie. Jy is in die skool om te leer van wiskunde, wetekenskappe en watter vakke ook al.

Siekensat ·

My dogter swot hoër onderwys en is van plan om uit SA pad te gee sodra sy klaar is. Ek moedig haar aan want waar gaan sy werk kry? Al is haar punte so goed en het SA kastig wiskunde onderwysers nodig, kan die WKOD nie veel bied nie. Departementele poste is mos net sekeres van die gemeenskap beskore.

marco polo ·

Baie onderwysposte in China en ander Asiese lande. Sy moet net n drie weke lange TEFL kursus ook doen en sal dan baie vinnig werk kry.

Phillip ·

Mag mos nie meer kinders deplineer op die regte manier nie so dis mos mooi dit moet so wees die rigeering soek dit mos so mooi kanpgedaan jong man jy wen n oplaas matras

Een ·

Hierdie is hartseer. Terwyl Lesufi fokus om Afrikaans as onderrigtaal te verwyder en om geskiedenis verpligtend te maak verval ons skole in chaos.

hendrik ·

Oor n honderd jaar gaan kinders in geskiedenis leer hoe daar in 2018 begin was om onderwysers in staatskole te vermoor. In Engels.

Theresa B ·

Ek is SO moeg om altyd te lees van die skok wat uitgespreek word oor die voorval. Berading wat sal plaasvind. Medelye met familie van vermoordes en en en en. Dit beteken verdomp niks. Begin strenger optree. Hierdie dinge ruk ook nou handuit. Maak oop julle oë.

Biebie ·

Ek stem! En dis lagwekkend dat sy sê “dit KAN en SAL nie geduld word in ons skole nie…”
Sy fool net haarself, hul laat dit reeds toe. Kinders by skole het meer regte as die onderwysers, en dissipline mag nie toegepas word nie!

Nonnie ·

Dis tyd dat onderwysers begin aandring op
“danger pay”.

Pieter ·

Die logiese antwoord is privaat Afrikaanse skole. Nou gaan party mense natuurlik sê dis te duur. In Orania is daat twee privaat hoërskole. Orania se inwoners is glad nie ryk nie, net gemiddeld. Waar daar n wil is, is daar n weg. Waar daar nie n wil is nie, is daar egter ook nie n weg nie.

OWO ·

‘n Hele samelewing bestaande uit disipline,respek,werketiek,dienslewering,noem maar op is eenvoudig afgeskaf,en sal nie maklik omgekeer word nie.In ons dag sou jy net vir ‘n onderwyser skeef aangekyk het,en jy het moeilikheid gehad. As daar nie ‘n wil is nie, is daar ook nie ‘n weg nie.

SjN ·

Lesufi, jy is mos baie vinnig as daar iets rasgewys gebeur, lewer kommentaar asb.

Andycap ·

Julle veralgemeen en dwaal ook van die spoor af. Die moordenaar het heelwaarskynlik sigiese afwykings. Meeste kere is die tekens daar van so 7 jaarige ouderdom. Dis nie ‘n ras ding nie.

hendrik ·

Andycap, so in die afgelope 10 jaar het nog niemand agtergekom hy het (sigiese) psigiese afwykings nie. En elke dag word daar 50 psigiese moorde gepleeg want die land is mal.

NuweSA ·

In ons dae het jy nie gewaag terug praat met ‘n onnie nie. Ons gatvelle was afgetrek. Selfs die dogters het slae gekry deur die adjunkhoof op die sitvlak en mark my words, ons het nie gewaag ons ouers vertel van daai pakslae nie, want dan het jy vir jouself nog ‘n pakslae gewen! Die feit dat ons nie meer ons kinders mag tugtig nie (en mense daar is ‘n groot verskil tussen tugtig en aanrand) is die oorsaak van hierdie chaos!

Casper Labuschagne ·

Net ‘n kwessie van tyd dan sal elitisme in alle skole uitgeroei wees en sal sulke gedrag die standaard vir alle skole wees.

Cora Simpson ·

Dis net dat baie kinders geen respek het vir enge gesag of persone ouer as hulle nie. Die week was dit die engelse skool se “Read a Thon” Ek probeer ‘n jong dogter standerd 4 help met n kostuum (ek is 76) en elke keer as sy nie hou van wat jy voorstel nie is dit “Oh Whatever” na die 5de keer van “Oh Whatever” het ek net besef die ouers lag saam met haar en die arme onderwyseres is hulpeloos so, geen disipliene by die huis en die skool moet net glimlag. As sy iets sal bereik verder sal ek verbaas wees. Daar moet n stenger riglyn wees vir kinders om andere te respekteer dan sal hulle hul self ook respekteer.

Catherine ·

This has nothing to do with “today’s children”.If we had a disciplined government, and of course, right values taught at home, these things would not happen. My grandchildren are at DISCIPLINED schools in Europe. Thank goodness for that!

Ralph ·

Kom ons kyk die onlangse gevalle in skool. Dogter rand onderwyseres aan , skootdanse in skool. Gaspistool op onderwyser gerig. Nou onderwyser tragies vermoor in klas. Beslis nuwe Suid Afrika se maaksels. O ja hulle is ook mos onaantasbaar in die skole.

Andre ·

Dit is nou wat gebeur as die spannetjie wat geglo het in “Liberation before education” se kinders skool toe gaan, geen dissipline, geen maniere, geen respek, heg geen waarde aan lewe nie, want dit word mos vir hulle gegee deur die konstitusie…in die goeie dae, het n mens jou regte verdien op grond van jou gedrag.

Stuiwer ·

Die feit dat die kind 17 jaar oud is in Graad 10, is alreeds ‘n probleem.

ChristaC ·

Ek stem saam met NuweSA. Ons mag selfs nie meer ons kinders tugtig nie. Die boude is gemaak om geslaan te word en dit is waar dit moet gebeur, wanneer ‘n kind dit nodig het. Ek het dit gekry en my kinders het dit gekry en ons is nie een getraumatiseer daardeur nie. Ons God gee ons ook opdrag in die Bybel om ons kinders te tugtig. En ja, nie aan te rand nie en nie vir enige klein dingetjie nie. Wanner dit nodig is, moet dit egter gebeur. Maar nee, jou kind kan jou by die Polisie gaan aangee en jy kan in hegtenis geneem word. Wens ek kon land uit, maar ek is te oud …

Bekommerde ·

My hart gaan uit na almal betrokke.
1. Beveilig skole – hoe heinings – soos ‘n tronk
2. Metaalverklikkers as jy instap.
3. Kameras om enige misverstande uit die weg te ruim.
4. Leerders wat nie wil leer nie veral na 15 moet asb uit die normale skoolsisteem verwyder word.
5. Leerders wat erge gedrags probleme gee onder 15 moet na verbetering skole gaan.
6. Leerders wat skolastiese probleme het moet in die regte skool geplaas word of in ‘n hulp klas.

Leerders doen wat hulle sien – so ons besleg alles met ‘n mes/staking/brand af – hierdie gedrag kan nie meer geduld word nie!
Hoekom in ons samelewing word 80% mense benadeel deur 20% se gedrag.
Die staat moet ingryp – alles gaan van “bad > worse!” Ons gemeenskappe moet saamstaan & se tot hiertoe & nie verder nie.

Baie sterkte aan die onderwysers en die hoofde van alle skole – ons hou julle in die gebede.

Jan ·

Ag jys seker mal weet jy hoe duur is metaalverklikkers en heinings en so aan jy praat sommer deur jou nek…

Roy ·

Almal veral ministers spreek hul skok uit , maar sal debatte hou en wette maak teenoor rokers en sulke twak maar sekeruteit is daar nie, mense wat uit treine gestamp word ,treine wat afbrand skole wat geboikot word ons kan maar opnoem maar niks word gedoen omdat dit lekker is in my BMW en kantoor as ek daar is

Marie Visser ·

Herstel die Oppergesag van die land terug na Drie-Enige God en die waardes verbonde aan die Woord van God en LEWE die Woord prakties uit.

Maggie ·

My twee seuns en my aanstaande skoondogter werk in China. Verlede week is al die onderwysers by hul onderskeie skole getrakteer op geskenkies, eetgoed of uitgeneem vir ete. Waarom? Dit was amptelike “Teachers day” en onderwysers word ge- respekteer.

marco polo ·

Selfde by my. Ons het die dag afgekry en n groot boks vol eetgoed gekry.

Maggie ·

Respek word in die ouerhuis geleer al dan nie.
Ek gee toe dat daar tog ook onderwysers is wat nie respek verdien nie, maar hul verdien nie om vermoor, verneder of aangerand te word nie.
Ek self kan getuig van onderwysers wat kinders emosioneel aftakel en voor ander leerders verneder. So dalk het hierdie storie twee kante. Ek praat dit nie goed nie, maar wag voor ons té skerp oordeel. Ongeag die kleur, ras, huishouding of opvoeding. Mens kan breekpunt bereik.

Sê wie? ·

Dit gaan nie oor “respek verdien” nie, as jy respek het vir jouself sal jy met respek optree. Weereens, iets wat in die ouerhuis geleer moet word. Maar met n “gaan nail hulle my kind, want ek het niks van my lewe gemaak en nou is onderwysers sleg”-houding gaan ons beslis nie wen

Paula ·

Ant Angie moet tog nie geskok of hartseer wees nie. Hierdie is slegs die begin van die logiese gevolge van die chaos wat heers in talle en talle dissiplinelose skole dwarsdeur die land. Sien, onderwysers se hande is afgekap in die klaskamer, tante. Daarom toon kinders geen respek hoegenaamd nie. Geen behoorlike stelsel van dissipline, geen gesag. Verder leer die tv en rekenaarspeletjies hulle van jongsaf dat dood sommer niks is nie. Netnou is daai een weer okay. En as ‘n onnie moet raai wat die oorsaak was, of liewer wie…hoogs waarskynlik die een of ander vriendin in een of ander klas. Maar ja, so begin ons nou amptelik maai wat ons baie lankal op allerlei wyses in jong harte saai.

Z ·

Voorvalle soos hierdie en gister se storie van die geval in EldoradoPark, asook die een waar die onnie so aan die boud gevat is, skok my nie. Hierdie kinders word kastig in hegtenis geneem, maar word net so vinnig weer in die sorg van hul (self ongedissiplineerde) ouers geplaas. Dit is dinge wat ek self elke dag sien. Kinders het GEEN respek nie. Ek hou skool by n skool wat ek nie sou kies vir my eie kinders, as Lesufi dit sou afdwing nie. Dit is n skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (LSEN). Ek is n tydjie gelede met die dood gedreig, omdat ek dit waag om n kind aan te spreek. Hierdie kinders word as “ontoerekeningsvatbaar” geklassifiseer en is eintlik “untouchable”.
Jammerlik om te sê dat die meerderheid leerders eintlik daar is vir negatiewe gedrag, eerder as werklike leer-agterstande.
En dan is daar soveel pragtige, oulike, spesiale kinders vir wie onnies elke dag eintlik hulle beste wil gee.

Onnie met passie vir haar werk ·

Bid asb vir ons as onnies wat daagliks ons lewens vrees om te doen waarvoor ons wérklik n passie het. Ons probeer regtig om n verskil in kinders se lewens te maak maar ontvang nie die nodige ondersteuning nie. N kind kan hoeveel keer positief vir dwelms toets en jou dreig en more sit hy net weer in jou klas.

Sunny ·

Dis altyd net di leerder wat beskerm word. Arme onderwysers is to onder die admin en dan moet hul nog bang wees vir hul lewe ook nou nog. Gister in Kuruman is daar ook n onderwyser dood gesteek…….

Hoc est bellum ·

As seuns besny was en die inisiasieperiode voltooi het, hoef hulle nie meer na iemand te luister of gehoorsaam te wees nie, want volgens sy kultuur word hy dan as ‘n ‘volwasse man’ beskou.

Ondervinding ·

Blah…..blah….blah!!!! Dis wat Motshega doen….kinders kom weg met “moord” by n skool…en dwelm misbruik…en word terug in di skool gelaat nadat hulle positief getoets word solank daar net n bewys is van rehabilitasie…of progam wat gevolg word…dis n kweekhuis vir toekomende misdadigers…jammer om te sê….en ek nooi enige persoon uit om 1 dag saam my te kom skool gee by so n TIPE skool….

Hesna ·

Tragies! My innige meegevoel en simpatie aan die oorledene se familie en naasbestaandes.

Ek self is ‘n onderwyseres by ‘n klein skool op die platteland in die Waterberge. Dissipline ontbreek meeste van die tyd en leerders raak oproerig indien hul vasgevat en gevra word om hulself te gedra. Ons hande is behoorlik afgekap, want durf jy as opvoeder hul straf om orde ta handhaaf, is die ouers bo-op jou, want hoe DURF jy hul bloedjie teregwys! Doen jy dit nie, word klasgee byna onmoontlik. Daar is wel goedgemanierde leerders wat hul kant bring, maar hul is by verre in die minderheid.

@Bekommerde hierbo – kameras asook metaalverklikkers is peperduur, baie skole op die platteland kan dit eenvoudig nie bekostig, alhoewel dit verseker sou help. Ons sukkel alreeds vir jare om net elke jaar genoeg studiemateriaal en skryfbehoeftes by die departement te kry, wat nog van sulke items….

Die groot probleem hier is die gebrek aan GESAG. Ek mag dalk oudmodies klink maar toe die boude nog gebrand het, was daar nog ‘n mate van gehoorsaamheid.

R N ·

Julle duld dan misdadigheid en wetteloosheid orals anders, wat verwag julle? Kinders leer by die grootmense.

Esra Nell ·

Dit is nie die opvoeding by die huis wat skort nie, dit is die opvoeding wat hulle by die maats leer en die kwessie dat hulle nie verantwoordbaar gehou kan word vir hulle aksies nie, m.a.w die kind by die skool is nie dieselfde een wat jy ken nie, want daar is geen diisipliene of maniere om dit toe te pas nie.
Probleem is die STAAT met hulle belaglike wette van mense regte.
Ou spreekwoord : wat jy saai sal jy maai.

Staak ·

Hierdie is SA, jy kan enige insedent in n rasse saak omswaai.
Natuurlik kan hierdie ook met inoverende denke teen apartheid opgedra word maar die vraag is, indien die onderwyser blank was, sou dit ooit die hoofstroom nuus gehaal het of maar weer net fake nuus gewees het, en wat sou die departement se reaksie dan gewees het?
Slegte kinders, slegte ouers?? Wie weet waar die probleem le, een ding is verseker, kinders leer deur die voorbeeld wat vir hulle gestel word en dit maak die ouers net so skuldig soos die diseplienlose kinders, waar sou hulle hierdie gedrag dan anders geleer het.
Gelukkig is daar nog n gedeelte van die blanke bevolking wat sterk konserwatief is en wat absoluut glo in disepliene, in hulle hande le die hoop van ons nageslag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.