Onnie keer terug na skool ná klap

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die onderwyseres van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat glo ʼn leerder geklap het, sal met die aanvang van die tweede kwartaal weer op haar pos wees.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê die skool se beheerliggaam het na afloop van ʼn dissiplinêre proses besluit dat die onderwyseres ʼn boete en finale waarskuwing en behandeling vir woedebeheer sal ontvang.

Volgens Shelver sal die onderwyseres op 2 April, wanneer die tweede skoolkwartaal begin, terug op haar pos wees. Die leerling wat glo geklap is, se ouers het haar intussen uit die skool gehaal, het Shelver bevestig.

Dit kom nadat die leerder verlede maand ʼn klag teen die onderwyseres en skoolbeheerliggaam by die gelykheidshof aanhangig gemaak het.

Die Kamer van Regstudente, wat die leerling verteenwoordig, het in ʼn verklaring gesê die leerling het die hof genader weens die skending van haar regte tot gelykheid en vryheid van teistering. Volgens die verklaring word die voorval as ʼn onderonsie tussen die onderwyseres en die leerder afgemaak, maar dit is eerder “misbruik van mag en die boelie van ʼn leerder wat nie in ʼn posisie was om haarself te verdedig nie”, aldus die Kamer.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die onderonsie tussen die leerder en die onderwyseres is wyd op sosiale media versprei. Op die video kan gesien word hoe die twee in ʼn woordewisseling betrokke is, klaarblyklik oor ʼn selfoon en die taal wat die leerder in die klas gepraat het.

In ʼn stadium stamp die leerder die onderwyseres met haar tafel en probeer skynbaar haar selfoon teruggryp, waarna die onderwyseres haar ʼn oorveeg gee.

Dit is aanvanklik deur sommige op sosiale media beweer dat die voorval rasgedrewe was, maar leerders by die skool het dit eens dat die voorval niks met ras te doen het nie.

Die leerling se ma het vroeër ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak, terwyl die onderwyseres ook glo ʼn klag teen die leerder by die polisie ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Naas ·

Mooi. Die bederfde stoutgat meisiekind het gekry wat sy verdien. Hopelik sal sy by die nuwe skool beter maniere hê.

ne ·

Die leerling se ma keur haar optrede goed? Wonder wat die huislike omstandighede is. Bring lyfstraf terug, as ouers nie hulle kinders kan opvoed nie moet die onderwysers dit maar namens hulle doen. Die jeug het geen respek vir gesag nie.

jaco ·

Onthou net die onderwyseres is wit. Dit verander alles. Dis baie maklik om jou kind se kant te kies as die ander party van ‘n ander ras is.

De Villiers ·

‘Vryheid van teistering’. Wat ń absurde reg. Watse straf het die kind gekry wat met disrespek teen die onderwyser en skoolreëls opgetree het, en die hele onderonsie begin het?

Weens die ANC se sosialistiese benadering tot onderwys met die afskaffing van lyfstraf en ordentlike dissipline, was dit nou die eindresultaat daarvan. Dit gebeur al meer, en steeds dink die ANC die oorsaak lê elders. Belaglik!

Gert ·

Die juffrou se probleme is dalk nie verby nie, ek glo nie die EFF gaan dit so aanvaar nie?

Koos de Meyer. ·

Kyk maar na gevaarlike wapens wat by skole gekry word dan sit jy ‘n vraagteken oor die opvoeding van kinders by die huis. Onlangs met ‘n afgetrede onderwyser van die Kaap gepraat, hy sê omdat hy die 9jarige seun tereg gewys het, het die knaap ‘n skêr uit geluk om hom te steek. Net daar het hy besluit om die onderwys te los. Dis nou gehoorsame ouers want dissipline bestaan nie meer nie.

se iets ·

Daar word nou alweer n skool afgebrand deur die EFF in die volgende 2 weke en as gevolg van die skade moet nog n skool gesluit word
ai ai ai

HPV ·

Mens moet in gedagte hou die 6% eff is sinoniem met afbrand, afbreek, mors, opsweep, en aanhits. In hul kort bestaan het hulle nog geen positiewe of konstruktiewe bydra tot enige iets gelewer nie.

Corical ·

Dit maak sin dat hulle skole en ander opvoedingswaardige instansies wil afbrand. Solank as wat die EFF hulle ondersteunings basis onopgevoed kan hou, behou hulle, hul steun. Selfde met die oor meerderheid van ANC ondersteuners veral in dele soos Oos-Kaap. Sodra die mense opgevoed raak kan hulle besef dat hulle noual vir dekades om die bos gelei word.

Hasie ·

Se iets, ek verstaan jou stelling nie so mooi nie. As die eff ‘n skool in die volgende twee weke gaan afbrand moet jy nie dalk die polisie inlig nie, hulle kan dit dalk stop.

Ramkat ·

Die kind se ma het haar te min gemoer. Humanisme het weer hier dissipline se baas gewees.

jaco ·

As jy wit is, BLY WEG vanaf jobs waar jy enige vorm van gesag oor ondergeskiktes, veral van ‘n ander ras, het. Al doen jy ALLES soos jy opgelei en voorgeskryf is, is die risiko’s net te groot dat iets kan skeefloop.

Dries du Toit ·

Kan Herman Toerien nie vir ons n nagevorste artikel skryf oor die skole in Orania m.b.t. dissipline, standaard, normes en die geluk en veiligheid van kinders. Dit sal baie hoog op prys gestel word. Asb Herman

Sanet ·

Dis maar,absoluut weens ñ gebrek aan ouerlike tug en dissipline,dat kinders hulself só wangedra.
DANKBAAR die onderwyseres is terug ?

IK ·

Weet jy mnr/juf wie is my pa en ma? Dit lyk my jy weet nie . . . ?

Emma ·

Ekself het jare vir swart kinders skool gehou. Dikwels is d ouers ongeletterd en dan word hierdie kind op ń “pedestal” gesit as hy ń bietjie geleerdheid het!! Toe daar aan die ouers gevra is hoekom hulle nie hul kinders dissiplineer nie … was die antwoord dat mens nie slaan aan iemand met geleerdheid nie!

GRIET ·

Oooo…liewe griet!
Gelukkig verskil hul geleerdheid baie van my idee van geleerdheid!
Def geleerdheid om rebels en onbeskof te wees

Viv ·

Ek wonder hoekom party mense “slaan n kind” en “ dissipline” in dieselfde lig sien? Geen volwassene wat sy sout werd is het nodig om n kind te dissiplineer deur lyfstraf te gebruik nie. Dit is n misbruik van mag, en n teken van onvolwassenheid. En ja, ek het 4 seuns, nou al oor die dertig, hoogs gedissiplineerd, beskaafd, en goedgemanierd, en ek het nooit n hand opgelig teen een van hulle nie. Ek lig net n wenkbrou en hulle spring.

Melanie ·

Stem saam met Dries du Toit. Indien Herman Toerien wel ‘n artikel die lig laat sien, sal die gepeupel daardie skole gaan afbrand.

Johan ·

As daar ooit ‘n irrasionele groep mense was wat rassehaat openlik aanhits, is dit die EFF. Hulle ideologie is uiters gevaarlik. Dis ongelooflik dat daar mense is wat hulle geesdriftig steun…. Die EFF dra nie die belange van Suid-Afrika as land op die hart nie. Hulle sal hierdie situasie probeer uitbuit

Boete betaal ·

Hoe kan ons help om die onderwyseres se boete te betaal?

madels ·

So bly die ongedissiplineeerde kind is uit die skool gehaal. Dis skool het nie haar soort daar nodig nie.

Sarel ·

Viv, kinders is nie veronderstel om geslaan te word nie . n Onopgevoede verstaan egter niks anders nie. Wees dankbaar jy is in die bevoorregte possisie. Ek is oortuig jou ja was altyd ja en nee, nee. Dit maak die verskil. Hierdie geval is van n kind wat waarskynlik toegelaat word on te maak wat sy wil. Moontlik omdat die ouers vrees vir die gevolge wat mag volg.

Christo ·

Ek is ‘n onderwyser by ‘n swart skool en het ‘n bietjie meer as ‘n jaar voordat ek aftree of selfs minder as die staatsamptenare verminder word. Ek kners my tande letterlik deur. Ek is só gatvol vir my onbevoegde skoolhoof. Al wat sy kan doen is grênd aantrek…

Attie. ·

Iemand wat die onderwys wil betree moet die oogklappe afhaal. Die gedrag van heelparty leerlinge sal my laat moord pleeg. Tuisonderig is die oplossing, of twee of drie leerlinge by een ma.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.