Onnie net oor vingers getik na ‘mutasie’-uitlating

Tlou Molele. Foto: Facebook

Tlou Molele. Foto: Facebook

Die Menseregtekommissie (MRK) het gesê hy sal nie strafmaatreëls instel teen Tlou Molele, ʼn wiskundeonderwyser by die Curro-skool Northern Academy in Polokwane, wat op Facebook na wit mense as “ʼn genetiese fout genaamd mutasie” verwys het nie.

Maroela Media het vroeër berig Molele het op Facebook teen witmense uitgevaar deur te sê indien dit nie vir ʼn “genetiese fout genaamd mutasie was nie, sou die wit f*****s nooit bestaan het nie”.

Hy het ook gesê witmense moet teruggaan na hul lande van herkoms en gesê hy is nie bang om enige plekke af te brand wat “wit heerskappy” ondersteun nie. Die MRK het sedertdien ʼn ondersoek na Molele se uitlatings van stapel gestuur, nadat ʼn klag by die kommissie aanhangig gemaak is.

“Gedurende ʼn vergadering wat deur die MRK saamgeroep is, het mnr. Molele sy diepe berou uitgespreek oor die inskrywings. Weens die groot aantal inskrywings van hierdie aard en die behoefte om dit in die samelewing uit te wis, meen die kommissie strafsanksies is nie ʼn gepaste maatreël is om respek vir die Grondwet te bevorder nie,” het die MRK gesê.

Die skrywe wat Tlou Molele op 3 Oktober 2016 op Facebook geplaas het.

Die skrywe wat Tlou Molele op 3 Oktober 2016 op Facebook geplaas het.

“Die kommissie ag die waardes van ons Grondwet hoër as die statutêre beskerming wat ons wetgewing bied en beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om die menswaardigheid, gelykheid en vryheid van ons mense te respekteer.”

Die MRK het gesê Molele het tydens die vergadering onvoorwaardelik om verskoning gevra vir sy optrede en onderneem om hom te weerhou van soortgelyke optrede in die toekoms. Hy het ook onderneem om binne die volgende drie maande deel te neem aan die MRK se teenrassisme-bewusmakingsaktiwiteite in Limpopo.

“Mnr. Molele het ook van die geleentheid gebruik gemaak om sy burgerlike verbintenis te demonstreer deur tien ure van sy eie tyd op te offer om minderbevoorregte leerders met wiskundehersiening te help.”

Die MRK het weereens lede van die publiek gemaan om bewus te wees van en respek te toon vir ander se menswaardigheid, gelykheid en vryheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Anoniem ·

Hahahahaha ja soos ek gedink het… Niks gaan hiervan kom nie… Maar dat een witmens nou so uitlating gemaak het op sosialemedia wat sou gebeur het ons sou hof toe gesleep word en n hengse boete moet betaal en as ons dit nie kan doen nie moet ons tronstaf opgele word… En bo en behalwe dit moet ons onverkoning vra vir die uitlatings… wat doen hy hy se net jammer en dit oor uit en verby…

Scalla ·

Die persoon wat die k woord gebruik het by said word summier afbetaal, hoe word dit verklaar. dubbele standaarde

Dan ·

Ja Scalla, ek stem saam. Ewe skielik pas die skoen weer en nou is dit Vryheid van spraak.. Dit is so belaglik dat dieselfde wette vir ALMAL geld, weereens ‘n bewys dat die skaal in hul guns weeg. Dan word daar gewonder hoekom ons bloede begin kook, die regstelsel faal ons telke male.

Deďuiwelin ·

As ek hierdie stelling sou omdraai….sit ek verseker in die tronk…..praat van rassisme op sy ergste graad….so bly mutasie het my beetgekry.. maar hy kry n chip op sy vinger…

Adel ·

Ek kan nie verstaan hoekom loop die man nie dieselfde pad as penny sparrow en die res nie? As dit nou n blanke man was.. Was die hel gaar… En nou? Is dit nog deel v regstelling aksie dat hulle sooo voorkeur kry dat dit gese mag word? Maak my naar.

Johann ·

Ons moet wakker slaap. As ons nie bloot uitgemoor word nie…staan ons nie n regverdige kans binne die “regstelsel” omregverdig te kan kla of weerstand bied nie. Skikkend om te lees qat kwytgetaak word!!!!!!

Theresa B ·

Ek stem saam Anoniem. Amazing dat reels en strawwe net vir ons geld. Alles word omgeswaai en verdraai sodat hulle kan sê en doen wat hul wil en geen haan kraai daarna nie. Maar hulle moet oppas wat jy saai sal jy maai. Dubbeld en dwars.

Chrisjan ·

Die MRK het homself nou bewys as ‘n siek rassistiese organisasie.

Sê net ·

Skande! Hoe is Penny Sparrow en ander wat “rassistiese” uitlatings gemaak het nie meedoënlois gejag, verneder en verguis énstéwige boetes opgelê asook hul werk verloor nie? Kyk hoe gaan malema nou weer aan.

Jan ·

Jy mag nie na enige iemand as ‘n voël, dier, plant of implement verwys nie, dis rasisties. En natuurlik laat die media jou nie toe nie.

Pietman ·

Kan een wit persoon asb dieselfde doen om ‘n punt te bewys.

Johan ·

Dan moet Penny ook weier om daai R150000 te betaal . Wat is erger om iemand n aap te noem of te vloek en sê jy wens hulle is dood of hulle moet uitgemoor word……die ou van SARS het die k woord gebruik en hy is afgedank…..ky het ook omverskoning gevra……. hy het nie diep berou nie hy het elke woord soos melema bedoel……die ding moet bietjie in hof gaan draai dat daar n president geskep kan word met die uitlatings…..wat geld vir een geld vie almal……

m ·

Ag shame ek kry daai kinders jammer wat deur so mens geleer moet word. Die ou lyk ook nie te skerp nie so mens kan verwag dat hy sulke strooi sal praat…

Ingrid ·

Wonderlik! So volgens die uitspraak kan alle ander strafregtelike uitsprake wat met ras verband hou, teruggetrek word!

Johan ·

Wel penny moet wyer om die R150000 te betaal…..Gareth Cliff was amper gefire, daaiHart ou het bedank, die SARS ou het sy werk verloor………..die ding moet in die hof gaan draai sodat daar n finale president geskep kan word dat almal onder dieselfde kam geskeer kan word……….daar gaan ook niks kom van malema se uitlatings nie……..

Belaglik ·

Ja wat die konstitusionele hof is te besig om mense wat die k woord gebruik te vervolg en vernietig .. hoekom sal hulle hulle steur aan al die anti-wit uitsprake? Geen belediging of haatspraak of dreigement teenoor die wit minderheid word ernstig opgeneem in SA nie. Pers gesigte en die k woord is baie groter oortredings as kill the boer, kill all whites with my bazooka, en wit **** is ‘n mutasie, wonder of hy ooit weet wat dit beteken? Tien ure gemeenskapsdiens om wiskunde te gee? Oh my word . julle raak nou belaglik .. !! Wat se boodskap stuur dit uit as ‘n onderwysers sulke goed kwytraak? Hoekom word hy nie afgedank by die skool nie? Curro skole? Boikot die goed!

Dan ·

Aan Belaglik: jy is heeltemal korrek. Die wette teen “rassisme” geld net teen blankes. En die blankes sit doodstil, betaal getrou hul belasting, en doen niks. Daarom gaan dit net erger en erger bly gaan want die mense sien hulle kan maak net soos hulle wil en die blankes doen niks.

lettie ·

Laat die MRK dan verduidelik waarom Penny Sparrow (bobbejaan), Kruger (k.woord), en Kevin Hart diep in die spervuur beland het, terwyl die onnie wit mense as mutasies beskryf wat ons menswaardigheid aantas en ons so haat dat hy onverdraagsaam en diskrimineer teen ons optree dat ons nie hier hoort nie. En kan n wit mens n klagte indien as hy die gewraakte woord Boer genoem word? MRK het nie n one for all and all for one standaard nie.

Chantel ·

Durf n witmes die K woord se dan is die hel los. Die mensdom sien sy gat, die regstelsel het al jare terug sy gat gesien. Freedom of speech tel vir almal nie net vir sekere rasse nie. Wat tel vir 1 tel vir almal so hoekom kom hy weg om ons witmense sleg te se. As dit nie vir Jan van Riebeeck was nie sou daar nooit dorpe en stede gewees het nie en ook nie al die geleenthede wat in daardie tyd was nie. SUID AFRIKA kom by en veg vir geregtigheid. Staan saam!!!!!!

Sorika ·

Tik tok Tlou die Here kom ou maat kom ons kyk of jy dan voor HOM ook sulke dinge gaan kwyt raak.

Heleen ·

Dis so onregverdig en laat my so magteloos voel wanneer mens sulke dinge hoor.

Jan ·

As ek dit sê, wat meeste van julle hier bo sê, word dit nie geplaas nie. Maar ek is tevrede as ek na die beleid kyk, en die manupilasie, ons redigeerders het inderdaad ‘n probleem om vryheid van spraak te sien vir wat dit is, sonder om in haatspraak en ‘n passie vir politieke korrektheid, verstrengel te raak.

ELAINE ·

wat van Penny Sparrow hoekom moet sy so baie bt.???? sy moet sweets koop met ha geld

foxi ·

Molele……het God n fout gemaak om my as n witmens te skape? Wat maak jou so spesiaal?
Ons is almal lede van mekaar….ongeag kleur of ras. Nee ou maat……..die tong van n mens is sy eie grootste vyand…..dit kan die wêreld aan die brand steek sonder enige atoombom!

charles ·

Ek wonder wat sal gebeur as ‘n wit persoon daardie presiese teks vat en net die woord “wit” na “swart” verander!

Ruby ·

Deur sy “burgerlike verbintenis te demonstreer” neem ek aan die kinders was wit?

Nina ·

Mmmm…as ek as regter in sy saak kon optree het ek hom gevra om sy vak, Geskiedenis van onderwys weer te gaan leer en dit dan aan die samelewing te verduidelik. (Dis nou as hy honneurs het)
Mnr jy is ”n onderwyser want blanke sendelinge het hulle lewens gegee vir opvoeding van ‘n rowwe stukkie aarde wat hul aangetref het.
Hulle het soveel dissipline en verandering gebring dat die staat hul begin subsidieer het. Sê nou mooi dankie asb!

Gerrie ·

Ek sien die skepsel het sommer sy profile afgehaal van facebook af want hy dink ons wittes is onnosel.Daar wag n helse seprise vir hom,was dit nou n blanke persoon dan was die hel weer los,om sulke snert te wil versprei

Nel ·

Ek hoop AfriForum roer sy sake vir hom. Tenminste R250 000 boete en ‘n skorsing!

Anoniem ·

Nee kyk ek nou als gelees en die wat daar nie vir almal die selfde geld nie gaan my verstand te bowe. Laat mens wonder oor hoe die land regtig gaan uit draai gaan ons ‘n 2de Zimbabwe word waar al ons hard verdiende geld aan hulle gegee moet word. Was dit een van ons wat dit gesê het maar net omgedraai “swart” en in plaas van “wit” sou daar hel gewees het. Hoekom kan ons nie almal in vrede lewe en ophou om die ras kaart te speel nie. Goeie genade ons almal is gebore in SA en soos sommiges aangaan klink dit of hulle nie die land en mense respekteer nie. Hoe kan ons ‘n verskil maak deur elkeen te aanvaar dat apartheid nie meer bestaan nie en dat almal in SA saam moet staan soos dit nou aangaan gaan dit ‘n 2de bloed rivier word dit nou as die onderwyser weet waaroor dit gegaan het en sy geskiedenis ken

Nel ·

Ek hoop AfriForum werk sy sake vir hom. Tenminste R200 500 boete en skorsing!

Karen van Zyl ·

En ‘n verskoning aan alle wit mense, ‘n opregte ene die keer.

Sonja ·

Ek is geskok deur sy kras opmerkings en die feit dat hy ‘n onderwyser by ‘n Privaatskool is. Ek stem, as Curro nie die man skors nie dan hoop ek alle wit mutasies vat hulle geneties minderwaardige kinders uit daai skole uit.

Izolde ·

Hierdie “onderwyser” is nie due skerpste potlood in die pakkie nie. Wonder waar hy sy graad behaal het. Een van sy landgenote is 30 en nog ‘n student so iewers hoef jy nie re studeer nie maar jy kry ekenning vir onnosele uitsprake. Wil net weet wat ons moet gorrel wat respekvol is en wat daartoe sal lei dat die Grondwet bevorder word. Die MRK is ‘n organisasie wat slegs nie- blanke mense se onkunde bevorder en wat blanke mense beboet oor hoe hulle SA beleef. Ek het geen vetroue in ons regstelse of land nie

Eileentjie ·

Hoe kan hy nog toegelaat word om aan kinders onderwys te gee? Nee wat ons sal altyd aan die verloor kant bly. Sulke voorbeelde wat die kinders van vandag laat groot word met moord gedagtes en haat!!!!

Johan ·

Kom ons wag ek kyk wat is Curro se reaksie op die bevindings…….die ou moet afgedank word……..kan Maroela hulle kontak vir kommentaar………? Hulle moet voorbeeld stel soos SAID gedoen het met kruger…..

sue-ann ·

Hy moet liewer nie die woord genetika gebruik nie want dis n westerse konsep. Hulle sê mos #science must fall.

John ·

Hierdie is ‘n stokou teorie wat onnies wat niks te doen het nie seker op die internet raakgelees het. Die teorie handel eintlik oor albino’s onder Indiers waarvan sommige glo ligte hare het en Westers voorkom. Foto’s van hele families wat blank voorkom word vertoon. Kyk self. Daar is ander teoriee daaroor wat oa aandui dat witmense lank gelede glo in die noorde van Indie gevestig het. Eersgenoemde teorie sou aandui dat ‘n genetiese afwyking dan nou vir die wit Indiers en alle mense met witvelle verantwoordelik sou wees en dat die blanke ras dus nie oorspronklik geskep is nie. ‘n Teorie is net ‘n aanname nie ‘n bewese feit nie!

VJG ·

Wel, ek kan maar net aan neem sy wiskunde is net so sleg is soos sy spelling? Hierdie onderwyser was moontlik “gekuier”?! Die tyd van die plasing (volgens die skerm skoot) was laat nag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.