Onnie noem glo swartes “demone”

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys ondersoek beweringe dat ʼn onderwyseres van die Nasionale Kunsskool in Braamfontein, Johannesburg, glo na swartmense as “demone” verwys het.

“Ons het ʼn onafhanklike ondersoek van stapel gestuur,” het Phumla Sekhonyane, ʼn woordvoerder van die departement, Dinsdag gesê. Sy het nie meer inligting verskaf nie.

The Star het berig dat ʼn graad 8-geskiedenisonderwyseres glo verlede Donderdag aan leerlinge in haar klas gesê het die rede hoekom die regering misluk, is omdat dit deur swartes regeer word.

ʼn 13-jarige meisie het ʼn SMS aan haar ma gestuur en gesê die onderwyseres was buite orde omdat sy glo aan die klas gesê het swartmense is dom omdat hulle vir die ANC gestem het. Sy het glo ook gesê die mense in die Wes-Kaap is “meer as gelukkig” met die DA wat daar regeer “te danke aan witmense”. Volgens die berig word daar verwag dat meer ouers gaan kla. Die skool se beheerliggaam het gesê hulle sal binnekort ʼn persverklaring oor die aangeleentheid uitreik. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jasper ·

Mens mag nie sê wat jy wil nie maar jy mag dink wat jy wil. Mag ek dan sê wat ek dink ?

Peter Says ·

Jasper, die sweep het geklap, ons word gedwing tot aanvaarding.

AmY ·

Siestog, dat ‘n meisietjie van net 13jaar oud, haar so kan wip oor ‘n aanmerking.

Julle noem nie HAAR velkleur nie, maar verder af in die berig word witmense weer uitgesonder. Ai ja jaai ja jaai togie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.