Onnie se lyk langs motor gevind

Argieffoto

ʼn Verdagte sal na verwagting Woensdag in die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op ʼn plaaslike hoërskoolonderwyser.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê die 38-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Caroline Mzinyathe (26), ʼn onderwyser aan Rainbow High School in Bultfontein.

“Die slagoffer het oor die naweek met haar motor van Wesselsbron na Bultfontein gery en ʼn rygeleentheid aan twee mense gegee. Haar liggaam is Sondag om 19:10 langs haar motor langs die pad tussen dié twee dorpe gekry. Sy het agt steekwonde aan haar liggaam gehad,” het Thakeng gesê.

Volgens Thakeng was die slagoffer se selfoon vermis en het die polisie ʼn saak van moord ondersoek.

“Ná ʼn deeglike ondersoek deur sers. Tshabalala en kapt. Dichechane is die polisie na ʼn huis in Monyakeng buite Wesselsbron gelei waar die selfoon van die oorledene en klere met bloedvlekke in die besit van die verdagte gevind is.”

Die man is op die plek in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Lt.kol. Harry Lekitlane, stasiebevelvoerder van die Bultfontein-polisie, het die beamptes wat die saak ondersoek geloof vir die inhegtenisneming. Lekitlane het motoriste gemaan om nooit ʼn rygeleentheid aan vreemdelinge te gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hayly ·

No good deed will go unpunished. Hou asb OP om mense ‘n ‘ride’ te gee, dit het nou al die afgelope maand tot vele mense se dood gelei. Jammer oor die verlies aan ‘n dogter, en dit net omdat sy probeer goed doen het.

ChristaT ·

Maroela Media van waneer af het die vroulike vorm Onderwyseres verander na onderwyser. Regtig ?
Onderwyser =manlik
Onderwyseres = vroulik
Akteur = Manlike
Aktrise =vroulike

mp ·

huhhh!?? … so ek moenie meer vir die kinders leer van n reun en n teef…. ma en pa… broer en suster…. . merrie en hings nie….. HOE DAN NOU???

Speedguard ·

@Christa T, hulle verwys al ‘n geruime tyd na Opvoeders en nie onderwysers nie, so MM is helemal korrek ………….Hallo!!

Karolis ·

O nee,
Julle gaan nie van my ‘n “vroulike” of sommer net ‘n “dit” maak nie. Manlik en vroulik kan nie wegval of verval nie. Daar sal moet geopereer word en kyk hier, ek laat ook nie sommer net aan my sny nie.

marous ·

Howe en tronke dien geensins as afskrikking nie. Cele is heeltemal reg met sy seining oor moordenaars wat hul reg op lewe moet verloor. Die menseregte voorstaanders kan gil soos hulle wil , dis al wat hierdie goed gaan stopsit.

Willie ·

Ai hoe vreed is dit nie…mens kan vir niemand meer stop nie, die teendeel niemand sal n mens ook stop as jy in die nood is nie….

Maggie ·

Dit klink ni volgens di berig asof dit vreemdelinge was aan haar ni.Klink eerder asof sy hulle geken het en daarom bir hulle n geleentheid gegee het en hulle dit met voor bedagte rade haar vermoor!!Siek van julle!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.