Onnie sit lank ná gru-moorde

court-hammer_thumbʼn Hoërskoolonderwyser wat sy voormalige vriendin en haar negejarige seun vermoor het deur hulle aan die brand te steek, is Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof gevonnis.

Regter Anton van Zyl het Ndumiso Khwela tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Bonkele Sibiya en haar seun Mfanafuthi.

Staatsaanklaer Frank van Heerden het gesê die bewyse toon dat albei slagoffers nog geleef het toe hulle aan die brand gesteek is.

Die moorde is oor Paasnaweek gepleeg toe die skole gesluit was. Sibiya, ook ʼn onderwyser, het by ʼn skool in Bergville naby Ladysmith gewerk. Khwela het haar en haar seun ʼn saamrygeleentheid aangebied na haar huis in Durban.

Khwela het Sibiya daarvan beskuldig dat sy hom met MIV besmet het. Khwela het glo op pad Durban toe van die pad af getrek en Sibiya en haar seun aangeval. Van Heerden het gesê dit is nie duidelik of Khwela hulle vasgemaak het en of hulle bewusteloos was nie.

Ishy Khan, Khwela se regsverteenwoordiger, het ʼn vonnis van 25 jaar tronkstraf voorgestel aangesien Khwela ʼn BSc-graad het en ʼn waardevolle rol in die samelewing kan speel.

Khwela het egter geen berou getoon nie. Hy het die aanklagte ontken en beweer dat hy Sibiya en haar seun in Nchanga afgelaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.