Onnie skuldig aan rassisme, haatspraak

klaskamer-320x240Die Menseregtekommissie (MRK) het ʼn onderwyser van die Wilgehof Primêre Skool in Bloemfontein in die Vrystaat aan rassisme en haatspraak skuldig bevind.

Die MRK het met ʼn ondersoek teen die onderwyser begin nadat ʼn ouer van een van die leerders ʼn klag van rassisme aanhangig gemaak het. Die onderwyser is daarvan beskuldig dat hy kinders in die skool k*****s genoem het, die ou Suid-Afrikaanse vlag en ʼn foto van Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, langs ʼn foto van ʼn aap teen een van die klaskamers se mure vasgesit het. Die kommissie sê in sy uitspraak dat meeste leerlinge by die skool bevestig het dat die onderwyser rassisties teenoor leerlinge is en ook lyfstraf toepas. “Die onderwyser sal met ʼn spieël in die klas rondloop en dan voor ʼn swart kind se gesig hou en vra ‘wat sien jy?’ en wanneer die swart kind sê ‘ek weet nie meneer’ sal die onderwyser sê ‘bobbejaan…jy sien ʼn bobbejaan,” het die kommissie bevind.

Die kommissie sê die onderwyser is daaraan skuldig bevind dat hy die kinders se reg op gelykheid en menswaardigheid geskend het. Die kommissie sê verder dat lyfstraf ʼn oortreding van die Skolewet en grondwet is. Volgens die kommissie het die onderwyser ook die leerlinge aan ʼn skadelike leeromgewing blootgestel. Die kommissie stel voor dat daar teen die onderwyser opgetree word en dat die optrede van die skoolhoof ondersoek word. Die kommissie het die departement van onderwys in die Vrystaat ʼn jaar kans gegee om die voorkoms van rassisme in openbare skole te ondersoek. Die onderwyser het 45 dae om teen die MRK se bevinding te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

wragtig ·

Hy was al klaar skuldig bevind nog voor die verhoor. Geen blanke onderwyser is meer seker oor sy\haar werk nie. Kyk wat vang daai nar Jansen aan.

Hendrik ·

Hierdie onderwyser is ‘n verleentheid vir Afrikaners. Hy moet ander mense verkleineer om goed te kan voel oor homself. Ek skaam my vir sulkes in ons volk.

Vas Vat ·

Hendrik, skaam se jy…Ek glo nie jy sal vir een dag n onderwyser wil wees nie, lees jy gereeld die koerant Hendrik ???

H J Bester ·

Ons is almal by geleentheid uitgesproke oor sake maar is die mening tog dat hierdie onderwyser alle perke van redelikheid oorskry het asook die menswaardigheid van andere nie goed oorweeg het nie.

wllie ·

Hendrk, jy behoort jou te skaam, of verkies jy om n blinde mol te wees? Ons afrikaners word per sekond afgekraak, maar moet net eenvoudig stilbly. Stilbly het ook sy perke. Die goed wat vandag skoolgaan het geen maniere nie, en sal ook nooit he nie. As hulle nie kry wat hulle wil he nie is dit altyd as gevolg van rassisme. Word tog wakker en sien die globale prentjie voor jy jou kop laat hang in skaamte…

Hendrik Smith ·

Bied hom n pos aan in ‘n privaat skool. Hy kan my kinders maar onderwys gee. Klink na die regte medisyne om kinders voor te berei wat vir hulle wag na skool.

Erich Goosen ·

Mnr die Sensor. Dit verbaas my dat sommige van die menings wat hierbo uitgespreek is, deur u deurgelaat is. Ek dink hier is enkele ooms of tannies wat dalk ongewild kan wees.

Henrietta Klaasing ·

Die strawwe wat hom opgelê het, is verskriklik in vergelyking met wat ander ( jy-weet-wie) kry. Baie onlangs het ‘n hoë onderwys amptenaar baie erger rassistiese goed by ‘n skool in die noorde van die land gesê, en al wat hy moes doen, is om verskoning vra

Hendrik ·

Willie, Jannie en Vat Vas, ‘n mens kan mos nie self die dinge doen of goedpraat waaroor jy ander mense kritiseer nie? Hoe kan enige persoon goedpraat dat ‘n onderwyser ‘n kind, wit of swart, op so ‘n manier verkleineer? Hoe sou julle bloed nie gekook het as ‘n swart onderwyser soortgelyk teenoor julle kinders opgetree het nie?

Ek is ‘n trotse Afrikaner, maar ek skaam my as ek dink hoeveel haat sekeres van ons kweek deur ons gedrag teenoor swartmense. Ons kan trots wees op ons eie volk en kultuur en steeds ordentlik wees met ander mense. Die onreg wat sekere swartmense teenoor ons as Afrikaners pleeg, gee ons nie die reg om op so ‘n afbrekende manier teenoor alle swartmense op te tree nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.