Onnie skuldig bevind ná leerling swanger word

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 46-jarige onderwyser van Piet Retief in Mpumalanga is in die streekshof skuldig bevind op aanklag van verkragting.

“Die saak spruit uit ʼn voorval wat in 2001 plaasgevind het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn 15-jarige leerling by ʼn skool in Piet Retief was swanger nadat Elphas Ndlovu haar verkrag het. Hy het onderneem om die gesin finansieel te vergoed, maar hy het daarna verdwyn. Die gesin het die saak in Februarie 2002 by die polisie aangemeld.”

Ndlovu is uiteindelik aangekeer en het Donderdag in die hof verskyn. “Hy is skuldig bevind op aanklag van verkragting. Hy moet weer op 6 Februarie in die hof verskyn vir sy vonnisoplegging. Hy bly in aanhouding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AmY ·

Sluit toe en gooi die sleutel weg. Hy sal sal tog in elk geval nooit betaal nie.

John ·

Dis niks nuuts nie, maar wel dat die skuldiges aangekeer en gestraf word, selfs na jare. Ongelukkig is daar skooldogters wat baie uitlokkend optree. Maar ook in die’ geval behoort die volwassenes die duiwel in die kiem te smoor, want hulle gaan later die pak alleen moet vat.

Rêrig? ·

Sjoe. Wat ‘n omgevoelige opmerking. Die kind was 15. Die onderwyser was toe.oor die 30. Natuurlik is dit verkragting!!

Cherokee ·

Dink jy rêrig so? Dit is wel soos John sê. Ek dink dit word statutêre verkragting (of iets in dier voege) genoem indien dit met ‘n minderjarige se toestemming was). John se opmerking was nie so ongevoelig soos wat jy probeer voorgee nie – eerder realisties.

Pop ·

John jy reg dis niks nuut nie. Ouers het niks gedoen want hulle sou geldelik baat. Maar toe verdwyn hy en eers toe skreeu hulle verkragting. Wonder hoeveel kinders het die skooldogter nou al.

Johanna Botha ·

Die regter was toe maar 100 % reg …en dis n feit soos n koei !

Jan maak n Plan ·

Nou verstaan ek nou nie so mooi nie. Die onderwyser verkrag die leerling. Sy raak swanger in die proses. Hy se hy sal haar onderhou en doen dit nie. Nou eers word hy aangekla van verkragting. m.a.w. as hy haar onderhou het, sou hy nie aangekla gewees het nie. Party mense het blykbaar hulle eie regstelsel.

wilma ·

Kinders word teleurgestel deur die einste wet wat hul mut beskerm.. psigopaat molesteer gestremde dogtertjie. Glo sy seke gedreig sou sy iets dan maak hy ha dood. Sy bang wili naam noem en wat gebeur. Saak word uitgegooi en weereens kom molesteerder weg.

Voorlaaier ·

Gooi di ouers saam in di tronk!!…Hulle het hulle ouer status di dag verloor wat hulle di aanbod vir geld aanvaar het!!!!……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.