Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die Wynberg-streekshof in Kaapstad het Duncan Phillips tot 18 maande tronkstraf gevonnis wat vir vier jaar opgeskort is. Ntabazalila sê die opskorting gaan gepaard met verskeie voorwaardes. Phillips se naam sal in die register vir seksuele oortreders opgeneem word.
Ntabazalila sê Phillips was ‘n paar jaar gelede die seun se plaasvervanger-onderwyser en dat hy ‘n mark bestuur het waar die seun se pa ‘n stalletjie gehad het. “Phillips het verlede jaar vir die seun ‘n uitnodiging gestuur om vriende op Facebook te wees. Nadat die seun die uitnodiging aanvaar het, het hulle op BBM begin gesels.”
Ntabazalila sê hulle het aanvanklik oor skoolsake, sport en die alledaags gesels. “Kort hierna het die beskuldigde ‘n boodskap van ‘n seksuele aard aan die seun gestuur.” Hy sê die seun se ma het die boodskap op sy foon gesien en die polisie in kennis gestel.
Ntabazalila sê die onderwyser het in die hof erken dat hy die boodskap getik het maar het aangevoer dat hy geen bedoeling gehad het om ‘n seksuele oortreding te begaan nie.
Die NVG het die vonnis verwelkom en ‘n beroep op ouers gedoen op hulle kinders se selfone te monitor om sodoende te sien wanneer hulle deur mense met “bymotiewe” geteiken word.
Wat gaan aan met die mense!!!???