Onnie in sop weens porno

skootrekenaarʼn Johannesburgse lewensoriëntering-onderwyser is in die sop nadat hy glo per ongeluk pornografie op ʼn skerm in ʼn klaskamer vertoon het.

Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag gesê die onderwyser is in kennis gestel van ʼn voorneme om hom te skors. “Ons het ʼn ondersoek van stapel gestuur en sal verdere stappe neem hangende die uitkoms daarvan,” het Phumla Sekhonyane, ʼn woordvoerder van die departement, gesê. “Ons is geweldig ontsteld oor die beweringe. Die veiligheid van kinders in ons skole is ʼn groot prioriteit.”

Volgens ʼn berig in die Sowetan het die graad 10-onderwyser leerlinge beveel om opdragte wat hy vir hulle gegee het, te voltooi. Hy het glo aan hulle gesê hy is besig om ʼn eksamenvraestel op te stel wat die leerlinge binnekort sou aflê. Die onderwyser het toe glo pornografiese webwerwe besoek, onbewus dat sy skootrekenaar nog aan die klaskamer se projektor gekoppel was en die kinders alles kon sien.

ʼn Ma het aan die koerant gesê haar dogter het vreesbevange by die huis aangekom, aangesien sy seksueel mishandel is toe sy jonger was en die voorval herinneringe teruggebring het. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Skors hom!!! Hoe kan iemand wat verslaaf is aan Pornogarfie by kinders toegelaat word?

As daai man nie eens tot na skool kon wag om na sy vieslke waglike ‘movies’ te kyk nie, is hy BAIE DUIDELIK verslaaf.

Dave ·

In ‘n land waar 80% van die mans pornografie kyk – aanlyn of uit ‘n tydskrif -, lyk jou opmerking nogal snaaks. Asof 80% van die mans pedofiel is…

En ons weet almal dat die ou wat die hardste skree……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.