Onnie steek haarself aan die brand

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die eienaar van ʼn kleuterskool in Port Elizabeth is dood nadat sy Woensdagoggend glo petrol oor haarself uitgegooi en haarself toe aan die brand gesteek het.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 11:30 gebeur. Die 57-jarige vrou is glo die eienaar van ʼn bekende kleuterskool in Kabega Park. Rheeder wou egter nie nou die kleuterskool of die vrou se naam bekendmaak nie.

Rheeder het gesê die voorval het nie op die kleuterskool se perseel gebeur nie en ook nie waar die kinders dit kon sien nie. Hy wou nie uitbrei oor wie die vrou se liggaam gevind het nie en het gesê die polisie is nog besig om mense te ondervra.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rina Pretorius ·

EK WONDER OF SY DIT REGTIG SELF GEDOEN HET, EK TWYFEL, DIS DALK SO GEDOEN DAT ALMAL MOET DINK SY HET SELFMOORD GEPLEEG, EK GLO DIT NIE, NIEMAND SAL SELFMOORD OP SO ‘N PYNLIKE MANIER DOEN NIE. IEMAND HET HAAR VERMOOR DINK EK.

Inge ·

Rina dit is nie die eerste keer dat so iets hier in Port Elizabeth gebeur nie. Hierdie is al die derde geval en ja die ander twee was def selfdood. Dit klink verskriklik en ek glo nie ons sal verstaan wat deur so persoon se gedagtes gaan. Dit is tragies en my innige simpatie aan haar familie. Ek het elke dag veby die skool gery en ken kinders wat daar was. Ek het nog altyd net positiewe goed van die skool gehoor.

Bennie Bezuidenhout ·

Dit is erg, kan nie dink dat sy dit sou doen nie. Clever kids wil never be the same

Bennie Bezuidenhout ·

Dit is erg, behalwe as sy dalk n martelaar/ “marter” was dink ek nie dit kan self moord wees nie. Clever Kids gaan nooit weer wees nie.

SNEL ·

Mens kan seker nie praat as mens nie al self in so put was nie. Dis net vreeslik dat sy dit as haar enigste uitweg gesien het. Ek kan nie dink wat deur n mens se kop moet gaan terwyl jy die petrol op jou uitgooi en dan nog as jy daai vuurhoutjie trek en die pyn begin nie. Wonder hoe lank verduur mens pyn voor jy net uitsny. Goeiste, dis vreeslik erg. Mens kan omring wees deur mense, maar tog is hulp so skaars, dis hartseer. Mens moet sekerlik net probeer deur elke dag kom as mens so voel…die son sal wel weer skyn. n Mens se lewe bestaan maar uit op en afs, winters en somers, maar dit is hartseer as daar geen lig in die tonnel is en iemand dink dis die enigste uitweg. Wens daar was meer hulp vir sulke mense. Geen mens verdien om so ongelukkig te wees nie, en so sonder hoop en uitkoms nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.