Onnie steel glo leerder (12) se selfoon

Argieffoto

ʼn Vrystaatse onderwyser is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn leerder se selfoon gesteel het toe die seun gevra het hy moet dit vir hom oppas.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê beamptes het op 8 September ʼn klag ontvang oor die onderwyser van die Primêre Skool Rekgone in Bloemspruit by Bloemfontein nadat die leerder beweer het sy selfoon is gevat.

“Volgens die slagoffer se verklaring was hy en sy klasmaats op die bepaalde dag besig met ʼn projek,” vertel Hlubi. “Die leerder het die onderwyser beleef gevra om sy selfoon vir hom veilig te hou, maar toe dit tyd raak om huis toe te gaan, het die onderwyser beweer hy weet nie wat van die foon geword het nie.”

ʼn Saak van diefstal is by die Bloemspruit-polisiestasie vir nadere ondersoek aangegee. Eers Dinsdag, twee maande nadat die foon glo gesteel is, is die onderwyser betrap waar hy na bewering die selfoon gebruik het “asof dit sy eie was”.

Hlubi vertel hy het ontken dat die foon die een is wat as gesteel aangemeld is, maar blykbaar was daar meer as genoeg bewyse dat die foon inderdaad aan die 12-jarige leerder behoort het. Die onderwyser is net daar in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Santjie ·

hahaha!! Nou ja toe…. daar het ons dit!! Die skoen is nou aan die ander voet

Chris du preez ·

En hy is veronderstel om te lei en n voorbeeld te wees. Dit is verbasend dat die kind nie die onderwyser te lyf gegaan het nie

Illegal Upgrade ·

Kinders het smarter fone as grootmense…. toe “upgrade” die onnie maar – hehehe
Nee kyk, as dit my kind se foon was het ek dit uit die onnie gaan wurg

Sê maar net 1 ·

In die verlede was onderwys as ‘n edel beroep beskou. Nou wors elke jan rap en sy maat ‘onserwyser’. Wed jou hy is ook nie gekwalifiseerd.
Meeste van die dissiplinêre gevalle waar onnies aangerand word, (ek sê meeste), is die onderwyser nie gekwalifiseerd nie.

IK ·

Ek glo nie dat daar genoeg leefjare oor is vir my om al die soorte misdaad in SA te beleef . . .

Elize ·

@IK. Ek stem saam met jou en is baie bly dat ek nie nog moet groot word in hierdie helhool nie. My tyd is besig om uit te loop en kan ek met hartseer sit en dink wat nog vir ons kinders voorlê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.