Onnie ten aanskoue van leerders doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Laerskoolonderwyseres van die Wes-Kaap is Woensdag ten aanskoue van leerders by die skool doodgeskiet.

Die voorval het in die parkeerterrein van die Middelpos-laerskool in Saldanhabaai gebeur.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het gesê die onderwyseres is glo deur haar eksman doodgeskiet, waarna hy ook homself geskiet het. Sowel die onderwyseres as die skieter het op die toneel aan hul wonde beswyk.

“Leerders wat die voorval sien gebeur het, is verstaanbaar erg getraumatiseerd. Die onderwyseres se kinders is natuurlik ook baie getraumatiseerd,” het Schäfer gesê.

Beamptes van die Wes-Kaapse departement van onderwys, onder wie skoolveiligheidsbeamptes, is onmiddellik na die skool ontplooi. Volgens Schäfer is daar besluit om al die leerders huis toe te stuur. ʼn Skoolsielkundige en ʼn maatskaplike werker is gestuur om berading te verskaf aan almal wat die voorval gesien het of emosionele ondersteuning benodig.

“Onderwysers van die Middelpos-laerskool asook die naburige Diazville Primary School is erg getraumatiseerd. Berading en ondersteuning word verskaf.”

Schäfer het bygevoeg sy is hoogs ontsteld oor die voorval. “Dit is ʼn onbeskryflik tragiese gebeurtenis. My innige medelye gaan aan die onderwyseres se familie, vriende en die skoolgemeenskap.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig met polisie se aankoms op die toneel is die liggaam van ʼn 42-jarige vrou in die parkeerterrein van die skool gevind. “ʼn Man se liggaam is in Middelposrylaan naby die skool met ʼn skietwond in sy kop gevind,” het hy gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Onthou ·

Ek as ‘n kind van onderwysouers kan nie onthou van sulke gebeure 30-/, 40-/, 50-/, 60-/, 70 jaar gelede. Waarom dan net mekaar uitlos en aangaan met jou EIE lewe?

Anoniem ·

Waarvan praat jy yank? Niemand hier in RSA het al ooit ontken dat dit gebeur nie! En, dit was nie ‘n SKOOLSKIETERY nie!

Kieter Kat ·

Nee lees mooi. Die is anders as ‘n leering wat tien of meer van sy maats dood skiet. Of ‘n ou wat uit ‘n hotelkamer sestig mense afmaai.

Kannaland ·

Tedanke aan die mense wat vryheid van spraak en ‘liberale’ waardes in ons kinders se kele afdruk met die wreedste cartoon kanale en rekenaarspeletjies. Hollywood en sy liberale, dodelike waardes eis sy tol. Moderne rolmodelle is dikwels geweldadige vegters. Ons soek tradisionele, ordentlike westerse middelklas waardes terug in die wereld, waar lewens gerespekteer word.

Thinus ·

As daar meer westerse waardes betrokke was by die geval was ons n groot klomp van die leerlinge kwyt in daai skool…

Wouter ·

Die goeie waardes waarna ons streef kom net in Japan voor.

Cartoon ·

Seker nog ‘n WETSGEHOORSAME burger in SA wat die onderwyser geskiet het. Me Sisulu beweer mos daar is nie misdaad in SA Nie, niemand hoef te vrees vir sy of haar lewe nie en almal in SA is wetsgehoorsaam . nou sien die buiteland self dat tot kinders in SA al moord pleeg . maar nee .. hier is nie ‘n misdaadprobleem in SA nie, alles is onder beheer.

Meegevoel ·

Sterkte vir al die kinders en ander leerkragte van skool ook familie en vriende. Só jammer die lewe is vandag moeilik genoeg sónder sulke tragedie en drama ook daarby, maak kinders angsbevange.

Thinus ·

As daar meer westerse waardes betrokke was by die geval was ons n groot klomp van die leerlinge kwyt in daai skool…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.