Onnie van spogseunskool weer in hof

Parktown Boys’ High School. Foto: Via Facebook

Die onderwyser van Parktown Boys High School wat glo talle leerders seksueel geteister het, sal Vrydag in die Johannesburg-hooggeregshof verskyn vir ʼn voorverhoor.

Hy staan tereg op 160 klagte van seksuele aanranding, poging tot moord, seksuele gereedmaking, aanranding met die doel om ernstig te beseer en blootstelling van minderjariges aan pornografie.

Die man het bedank nadat bewerings van seksuele aanranding en verkragting teen hom gemaak is. Hy is in November in hegtenis geneem en die strafregtelike saak teen hom is steeds hangend terwyl hy in Desember op borgtog van R3 000 vrygelaat is.

Maroela Media het vroeër berig die man het glo ʼn 15-jarige seun in die koshuis se sitkamer onbehoorlik aangeraak en die voorval is glo op kringtelevisie vasgevang.

Meer as 20 kinders, tussen 15 en 16 jaar oud, het glo sedert die man se inhegtenisneming na vore gekom en ongerymdhede aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.