Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die 20-jarige onderwyser is in Tumahole buite Parys in hegtenis geneem. Volgens Kareli het die agtjarige meisie Dinsdag gereed gemaak om huis toe te gaan toe die onderwyser haar glo gevra het om agter te bly.
“Die onderwyser het glo die meisie opgetel en haar bo-op sy lessenaar verkrag. Hy het aan haar gesê om niemand van die verkragting te vertel nie en dat hy vir haar koeldrank sal koop en nooit vir haar in sy klas sal skree nie,” het Kareli gesê.
Die meisie het aan haar ma vertel wat gebeur het en ‘n klag is by die Tumahole-polisiestasie aanhangig gemaak. Die onderwyser is Woensdag in hegtenis geneem en sal binnekort in die Tumahole-landdroshof verskyn.
Die verdomde vark!!
Hierdie onnie het die image van homself /skool en die onderwysberoep totaal vernietig.Onderwys dept verwyder die uitvaagsel vanaf die stelsel. Die verkragter hoort in die tronk – mag hyself dit beleef. Skande om die kind se mond stil te hou met koeldrank,sodat hy net i volgende kan verkrag en ssal hy aangaan………………………………………………………………………………………………
‘n 20-jarige onderwyser??
Het gehoop iemand gaan dit bevraagteken, Somja.
Jaaa!18 jaar uit skool,as hy matriek geslaag het,,kan hy tot n Dr word,,,aaag noem maar op,dis lekker in suid afrika..koop jou sertifikate,jou bestuurslesensie,,aaag somme altwee as jy wil…dis hoekom als in sy#/^&,” in is.
Since when kan jy op 20 al ‘n onderwyser wees…?