Onnie vas ná sy glo leerder teen Covid inent

‘n Skermskoot van Laura Russo uit die video op sosiale media. (Foto: Twitter)

Moontlike tronkstraf staar ’n New Yorkse biologie-onderwyseres in die gesig nadat sy glo ’n minderjarige sonder die ouers se toestemming teen Covid-19 ingeënt het.

BBC berig Laura Russo (54) is op Oujaarsaand in hegtenis geneem nadat sy vermoedelik ’n dosis entstof aan ’n tienerseun by haar huis toegedien het. Russo beskik oor geen mediese kwalifikasie nie en was dus nie gemagtig om dié dosis toe te dien nie.

Die 17-jarige seun wou glo die entstof ontvang. Dit is onduidelik hoe Russo die entstofdosis bekom het of watter entstof toegedien is. Pfizer se entstof teen Covid-19 is tans die enigste soort entstof wat gemagtig is vir gebruik by Amerikaners jonger as 18 jaar.

Russo kan tot vier jaar tronkstraf opgelê word, sou ’n hof haar skuldig bevind op aanklag van die ongemagtigde beoefening van ’n beroep.

Daar kan in ’n video van die voorval in Long Island gehoor word hoe Russo aan die tiener sê: “Alles in orde, hoop ek.”

“Daar gaan jy; tuis-inenting,” sê die tiener dan.

Die Nassau County-polisie sê die seun se ouers het die polisie ontbied nadat hy by die huis gekom en aan hulle vertel het wat gebeur het.

NBC News berig die Nassau County-skooldistrik het Russo intussen verplaas hangende die uitslag van die ondersoek na die aantygings teen haar.

Die skooldistrik het wel daarop gewys dat die beweerde voorval hoegenaamd nie verband hou met die skool waar Russo werksaam is óf op die skoolterrein plaasgevind het nie.

Russo verskyn later vandeesmaand in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wicus ·

Tragies die samelewing wat ons geskep het. Stem saam, ek sou dit ook nie gedoen het nie, maar my punt is daar is nie meer plek om goed te doen nie as jy nie gekwalifiseer is nie, waarskynlik was die juffrou se bedoeling om goed te doen, dalk kon die kind nie by ‘n inentingsplek uitkom nie, wie weet. In my kindertyd het ‘n dokter (algemene praktisyn) ‘n blinderderm in sy spreekkamer verwyder, daai kind het groot en oud geword, vandag sal die kind eerder gelaat word om te sterf terwyl op ‘n ambulans gewag word.

Pitbul ·

Nie eers n veearts opereer in sy spreek kamer nie… ????????

Byekonfyt ·

Wonder wat in haar kop aangegaan het en wie die video geneem het?

Esme ·

Ek hoop die reg sal sy loop neem. Dit is totaal onaanvaarbaar.

Helizna ·

Die aanklag is oor sy iets gedoen het wat slegs gekwalifiseerde mediese personeel mag doen. Practicing medicine without a license of so iets. Wat as daardie kind mediese sorg nodig gehad het ná die klot shot? Dan kon sy ook poging tot moord in die gesig gestaar het.

Deon ·

Is n kind van 17 jarige ouderdpm regtig so onvolwasse dat hy nie sy eie besluite kan maak nie? Ek weet dit was ander tye maar daar was ouens van 16 wat opgeroep was weermag toe, en daarmee was niks fout nie.

Hendrik ·

Jy kan as volwasse verhoor word vir moord op jonger ouderdom. Hoekom nie dieselfde toets doen om volwassenheid te bepaal nie?

KatjieDeKat ·

Baie 17 jariges is volwasse genoeg om so n besluit te neem, maar Russo is nie n verpleegster nie.

Johan ·

Amper so wreed soos om kinders te verplig om hul gesigies toe te bind vir geen rede nie.

twaalfboor ·

Ag bog man. Op 17 het jy genoeg stof tussen die ore om nee te sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.