Onnie vas oor lyk in suikerrietveld

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Harburg, KwaZulu-Natal, het ʼn 30-jarige onderwyser in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vrou in ʼn suikerrietveld gevind is.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van Cebisile Khoza (26) is verlede maand in ʼn suikerrietveld in Harburg gevind. Sy is glo ontvoer, verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en toe aan die brand gesteek.

Khoza, ʼn onderwyser by een van die skole in Muden, is in Greytown as vermis aangemeld. ʼn Tweeliter-houer met petrol is naby haar liggaam gevind.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die New Hanover-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.