Onnie vas vir verkragting van leerder (14)

Argieffoto

Die polisie in Ritavi buite Tzaneen het ʼn 51-jarige onderwyser in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ʼn 14-jarige leerder.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer het glo Vrydagmiddag  saam met die verdagte in sy motor van die skool af huis toe gery, toe die voorval plaasgevind het.

“Hy het by ʼn winkel stilgehou om iets te koop, weer in die motor geklim en verder gery. Hy het die slagoffer toe glo verkrag en daarna by die huis gaan aflaai,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is die saak by die polisie aangemeld en het hulle vinnig reageer en die verdagte in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Dinsdag in die Ritavi-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting. Die polisie se ondersoek duur voort.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel.

“Die veiligheid van kinders is vir almal van belang – veral vir onderwysers wat beklee is met ʼn sekondêre ouerskaprol vir kinders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SONNIES ·

Durf nie waag om te merk dat die deel van die bevolking dalk n verkragtingskultuur mag beoefen nie.

Piet ·

Mens kan seker vra of ons sit met n misdaad probleem of n kultuur probleem. Dis moontlik om misdaad te bekamp maar kultuur is aangebore. Ek wil graag sien hoe mens dit gaan verander- jy mag nie eers daarvan praat nie.

Liamari ·

Hierdie verkragtings kultuur ruk hande uit. As jy as vrou of jou dogters nog nooit verkrag is nie, is jy by verre in die minderheid. As jy in staat is om iemand te verkrag maak dit enige ander misdaad soveel makliker. Hoe verwag ons enigiets anders as die president van die land self skuldig is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.