Onnie verdwyn terwyl sy vir vriendin wag

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

JONGSTE: Jayde se liggaam is Woensdagoggend gevind. Klik hier om meer te lees.

Jayde Panayiotou (28) van Port Elizabeth het Dinsdagoggend voor die veiligheidskompleks waar sy woon vir haar vriendin gewag om haar op te laai, toe sy spoorloos verdwyn het.

Toni Inggs, Jayde se suster, het aan Maroela Media gesê Jayde het omstreeks 06:30 buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park gestaan en wag vir haar vriendin om haar op te laai vir werk. Volgens Inggs het Jayde en die vriendin op WhatsApp gesels en die vriendin het laat weet sy is amper daar.

Jayde het egter nooit die laaste boodskap gelees nie waarna die vriendin haar probeer bel het en agtergekom het haar foon was af. Daar is later geld uit Jayde se bankrekening onttrek in Kwanobuhle buite Uitenhage. Jayde is ʼn onderwyseres in Uitenhage en sy en haar vriendin maak weekliks beurte met saamrygeleenthede.

Volgens Inggs het inwoners van die veiligheidskompleks glo gesien dat Jayde ʼn grys baadjie aangehad het.

Ao. Alvin Labans, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat daar geld uit Jayde se bankrekening onttrek is. Hy het gesê ʼn saak is aanhangig gemaak en dat die polisie dit ondersoek. Hy kon nie in dié stadium bevestig of daar moontlik kringtelevisiekameras by die kompleks is waar Jayde woon en of die beeldmateriaal al nagegaan is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Ek hoop met my hele hart dat die Here haar sal beskerm. Mag sy spoedig en ongedeerd gevind word!!

Christanam ·

Liewe hemel ek het nie ‘n goeie gevoel hieroor nie, ek dink nie sy sal weer terugkom nie. Moet tog nooit buite die veiligheids komplekse staan en wag nie. Wag binnekant totdat jou vervoer opdaag en gaan dan uit vir jou eie veiligheid en beskerming.

Ruth ·

Bid dievolgende:Demone:wat Jayde gevangene hou in die naam van Jesus laat haar vry AMEN

Victor Correia ·

Ons bid ook vir haar veilige bewaring. Sterkte aan vriende en familie wat hierdeur geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.