Onnie voor leerders doodgeskiet

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn Onderwyseres van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Saterdag ten aanskoue van die leerders in haar matriekklas doodgeskiet.

Twee mans het Saterdag by ʼn klaskamer by Laduma High School ingestorm waar Priscilla Mchunu (54) besig was om klas te gee en haar doodgeskiet. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Dit is ʼn absolute barbaarse voorval wat almal in die onderwyssektor geskok het. Die brutale moord op ʼn toegewyde onderwyser voor skoliere is onmenslik,” het Motshekga gesê. “Al daardie leerders sal vir berading moet gaan.”

Motshekga het ʼn beroep op die polisie gedoen om die moordenaars so vinnig as moontlik vas te trek. “My gedagtes en gebede is by me. Mchunu se familie in hierdie tyd, asook almal by die Laduma High School wat ‘n onderwyseres op so traumatiese manier moes verloor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Klip in die bos ·

As dit ‘n wit onderwyseres was, was hier nou 500 kommentare.

Johan ·

As dit ‘n wit onderwyseres was het Angie ook niks gese nie.

Nee hoor ·

As die onderwyseres wit was het sy nie die koerant gehaal nie.

CB ·

Wanneer gaan ons land saam opstaan teen misdadigers wat letterlik weg kom met moord? Hoeveel nog?

Lizma ·

PJ, ongelukkig sal dit die enigste manier wees hoe om hierdie aanvalle uit te wys. Vir jare mag die media nie noem as dit swart aanvallers is nie maar wel as dit wit is. Noem jy vandag vir n swart sosiale kommentator van al die swart op wit aanvalle dan kry jy n antwoord: bewys dit! Hierdie tendens was geskep om vir die wereld te wys hoe geweldadig die blankes was en nog steeds is. Vra vir n buitelander van watter tipe moorde en aanvalle hulle die meeste lees en hoor. Dis hoekom die regering ook niks daaraan sal doen nie, wat die wereld nie weet nie sal hulle nie oor gekonfronteer word nie.

Andre ·

Ek het nog nie gehoor dat hulle die marteling en moord op die plaasboere en blankes barbaars noem nie

So onnodig en so sad ·

Ek kan werklik nie verstaan hoe kan ‘n selfoon of ‘n paar and in sekere gevalle minder 20.00 gemors aktiveer om so dinamiese persoon se reg op lewe te neem nie en dan as, as hulle gevang word, kry hul mense regte, hoekom het hierdie vrou GEEN MENSEREG.

Joey ·

Hoe hartseer is dit nie en boonop nog voor die klas. Ons pragtige land het ñ land van smart geraak. Baie sterkte aan al die families wat hierdeur geraak word.

Skim ·

Soos ek elke dag sê sommige swartes en die hele parlement LAG vir die plaasboere wat so wreedaardiglik vermoor word en sit en giggel as die martelings en verkragtings bespreek word, en mense soos KLIP in die BOS is eintlik jammer die onderwyseres was nie wit nie, maar wat hulle almal nie besef nie, die moordenaars van die WITTES word ook moordenaars van swartes. MISdAAD ken nie kleur nie, en dieselfde moordenaar wat ou Klip in die Bos en alle ander liberales so steun en regverdiging voor soek vir plaasmoorde, pleeg ook moorde op anderskleuriges, dan skielik is dit ‘n vreeslike ding!

Klip in die Skoen ·

Nou hoekom het hulle klas op ‘n langnaweek se Saterdag?

Omdat ·

Die onderwysers gereeld afwesig is en die kinders sleg doen… dan het hulle allerhande aktiwiteite soos saterdag klas, klas tydens skoolvakansie, skoolkampe tydens eksamens, waar die kinders aangehou word by die skool tydens eindeksamen ensovoorts. As mens by ‘n publieke skool skool gegee het maak dit mens bly dat jy by ‘n skool was met ‘n goeie “passrate”. Wat my verbaas is dat die skoolkinders eintlik opgedaag het. Want gewoonlik is daar so 4 of 5 kinders oor ‘n naweek in die klas.

Thea Gerber ·

Ek sal jou sê hoekom hulle op Saterdae, vakansiedae en tot laat in die middag ekstra klas gee (verniet, mahala, gratis) dit het NIKS met afwesigheid te doen nie, maar toewyding. Glo my dat by my skool baklei my onderwysers (swart) as die rooster vir ekstra klasse tyd uitgewerk word. Terwyl ek (skoolhoof) langnaweek hou, het die alarm se oopmaaksein vir my vertel dat my Wiskunde en Wetenskap onnies op hulle pos is vir hulle ekstra klasse. Ongelukkig moet ek ook noem dat 80% van my onderwysers Zimbabwiers is. Maar asseblief, ek dink hierdie was net toegewyde onderwyseres wat haar Saterdag opgeoffer het ter wille van haar leerders

...Miskien omdat... ·

Sommige onderwysers die ekstra myl insit.
En miskien omdat sommige kinders (ongeag hul ras en kleur) meer van hul toekoms wil maak.
Nie almal is so kleurbehep soos mense op hierdie forum nie…

coita ·

Klip in die bos.Dis tyd dat daardie minister ook die werklikheid van dienuwe SA beleef. Miskien skrik sy en mede ministers wakker oor die moorde in ons land. Jy kan nie met die lot redeneer nie . Hulle gaan dit net besef as hulle dit sien en beleef.

w ·

Minister Motshega. Skrik wakker. Enige moord is onmenslik ni net wanneer dit voor kids plaasvind en die slagoffer swart is nie. Jy mus ook iets gese het tu n LP van jou party ini parlement geskree het tydens bespreking van plaasmoorde”bury them alive” maar tu is die ANC horende doof

Linda le Roux ·

Dit is barbaars, moordenaars ken nie kleur nie.
Niemand maak enogsins ophef van onderwysers se siele wat ook dag na dag vermoor word. Die regering voel vere, die ouers ondermyn ons totaal en geheel en al.
Ek bid dat so iets my leerders nooit mag tref nie

Sharon Oosthuizen ·

Dit is en bly hartseer dat so iets in ons land kan gebeur. Hierdie is die werklikhede wat onderwysers (swart en wit) daagliks mee te doen het. Of dit boere, onderwysers of kinders is, dit is barbaars en moet gestop word!

Gideon ·

En daar spring ons weer op die kleur waentjie…..hierdie is n mens wat vermoor is….n opgevoede mens wat saterdae afstaan om kinders te help…..dit word nie by my kind se skool waar ek derduisende betaal, gedoen nie. So klim nou eers af van die waentjie en wees beter as die wat altyd praat voor hul dink. Die onderwyseres het ook n gesin…..ons moet dink voor ons praat….ek stem saam dat die minister n ophef maak or dit en nie oor plaasmoorde nie maar elke moord het sy eie seerkry….sterkte aan die leerders wat dit moes aanskou en sterkte aan haar familie.

Sê maar net... ·

As ek jou net kan reghelp @Omdat…. dit gaan nie oor onnies wat gereeld afwesig is, en ons niks beter kan uitdink as kinders op naweke en vakansies te laat klas loop nie. Ons as onderwysers offer ons tyd op naweke en vakansies op, om ekstra klasse vir, veral matriek leerders, te bied om hulle te help vorder. Ek voel innig jammer vir hierdie onderwyseres wat op so wreede manier vermoor is, en dit voor haar klas. Dit is totaal en al onmenslik, maak nie saak van haar vel kleur nie!

Ann ·

Dit is hartseer om te sien dat die kommentaar alweer oor ras gaan! Misdaad ken nie kleur nie. Ek wonder wat van jul sal se as jul weet hoeveel mense in die swart gemeenskap net so gemoor en gemartel word soos in die plaas moorde en aanvalle in Suid Afrika!! Dit is tyd om wakker te word en te sien als gaan nie altyd oor kleur nie. Sterkte aan die famielie wat hierdeur moet gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.