Onnie wat glo verkrag in hof

LUR Panyaza Lesufi Donderdag tydens die onderwyser se eerste verskyning in die Tembisa-landdroshof. (Foto: Verskaf)

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê daar is géén plek in die onderwysstelsel nie vir enige onderwyser of amptenaar wat leerders as maklike prooi sien.

Lesufi het Donderdag die eerste hofverskyning van die onderwyser bygewoon wat glo ’n 16-jarige skoolmeisie by ’n skool in Ivory Park aan die Oos-Rand verkrag het.

Die saak is vanmiddag in die Tembisa-landdroshof tot 27 Mei uitgestel. Die 38-jarige onderwyser sal na verwagting dan aansoek om borgtog doen.

Die Gautengse departement van onderwys het intussen bevestig dat die onderwyser sy bedankingsbrief ingedien het.

Maroela Media het vroeër berig die onderwyser het hom Woensdag aan die polisie oorgegee nadat hy glo ’n gr. 10-leerder Vrydag by die Umqhele Secondary School verkrag het.

“Ons sal voortgaan om die slagoffer te ondersteun en almal wat deur hierdie beweerde voorval geraak word. Ons kan ons net indink aan die woede en teleurstelling wat die leerder se gesin ervaar as gevolg van die verraad deur ’n persoon wat hulle vertrou het,” het Lesufi by die hof gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blikke ·

Kan nie help om te wonder of die paadjie tot nou toe sonder dorings was nie….

Karina ·

Sluit hom toe en gooi die sleutels weg! Skandalg van ‘n onderwyser om so iets te doen!

Anoniem ·

Ek is hartseer om te dink hoe dit deesdae in die skole gaan!!!! Daar is geen dissipline meer nie en jy mag ook nie meer ‘n kind tugtig nie. Ek praat nie eens van Onderwysers wat sulke dade doen nie!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.