Onnie wat glo verkrag se verhoor op hande

Hoërskool Dundee. (Foto: Skermskoot/Google Earth)

ʼn Onderwyser aan Hoërskool Dundee in KwaZulu-Natal wat tereg staan op aanklag van verkragting, se verhoor begin eersdaags.

Die 36-jarige onderwyser is in Februarie in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn leerder by die skool seksueel aangerand het.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die provinsie, sê die onderwyser se verhoor sal op 15 en 16 Augustus in die Dundee-landdroshof plaasvind.

Hy is kort ná sy inhegtenisneming borgtog geweier en sal tot die aanvang van die verhoor in polisieaanhouding bly.

Ouers en lede van die gemeenskap het vroeër na die skool opgeruk nadat die onderwyser se beweerde misdryf aan die lig gekom het.

Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal het kort daarna ʼn beroep op wetstoepassingsowerhede gedoen om geen toegeeflikheid te toon aan diegene wat aanhou om kinders te mishandel nie.

Dit is nie duidelik of die slagoffer of haar ouers by die verhoor teenwoordig sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

N ·

Hy het dan klaar in die hof verskyn hoekom is sy naam nie bekend nie?

Maritza ·

Mens is onskuldig tot jy skuldig bevind word. Wat as hy regtig nie skuldig is nie dan is sy lewe heeltemal verwoes.

N ·

Ek stem 100% saam jou Maritza, maar dis maar hoe dit werk. As n persoon in die hof verskyn het word sy naam bekend gemaak. n Student urineer teen n ander se besittings en binne n paar uur is sy naam bekend. Die jong man wat n dogtertjie in n restaurant verkrag het se naam was dadelik bekend (voor hy in die hof verskyn het). Handhaaf die selfde standaard.

christo ·

Dis hierdie tipe onderwysers wat slegs onderwys studeer het om werk te kry. Hierdie tipe gemors moet met wortel en tak uitgeroei word. Die Nagraadse Sertifikaat in Onderwys ( PGCE) is ook ‘n onding. In die verlede is onderwysers opgelei met die doel om onderwysers te word van af die eerste jaar tot finale jaar. Die Nagraadse Sertifikaat in Onderwys word hoofsaaklik gedoen deur studente wat nie in ‘n ander studierigting kon werk kry nie en dit as ‘n geleentheid gebruik om ‘n werk te kry.
Sal jy by iemand wat dier- en plantkunde gestudeer het, en dan ‘n
eenjarige nagraadse sertifikaat in medies behaal en dan as ‘n ‘kwalifiseerde’ mediese dokter praktiseer, jou gesondheid of lewe toevertrou?

N ·

Soos iemand wat leer om polisie of verkeersman te word net om omkoop geld in te samel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.