Onnie wat spoorloos verdwyn glo ontvoer

jayde-panayiotou1JONGSTE: Jayde se liggaam is Woensdagoggend gevind. Klik hier om meer te lees.

Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat Dinsdagoggend spoorloos verdwyn het, is volgens haar familie ontvoer.

Panayiotou het omstreeks 06:30 buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park gestaan en wag vir haar vriendin om haar op te laai vir werk. Sy het egter verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Volgens Toni Inggs, Panayiotou se suster, is daar kringtelevisiebeeldmateriaal wat wys hoe Panayiotou ontvoer word. Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, kon nie bevestig dat Panayiotou ontvoer is nie en het gesê hulle is nog besig met die ondersoek. “Ons gebruik soveel as moontlik hulpbronne om haar te probeer opspoor.”

Panayiotou se familie het intussen ʼn beloning uitgeloof vir haar veilige terugkeer. “Al wat ek kan doen is om te hoop en te bid dat my suster vandag ongedeerd by die huis sal aankom. Daar is absoluut geen woorde om te beskryf hoe ons voel om elke oomblik, elke sekonde te wag vir nuus oor my pragtige suster nie. My suster is die laaste persoon in die wêreld wat verdien om deur so iets te gaan. Ons moet haar veilig huis toe bring,” het Inggs gesê.

Die polisie het Dinsdag bevestig dat daar geld uit Panayiotou se bankrekening onttrek is in Kwanobuhle buite Uitenhage kort ná haar verdwyning.

Panayiotou is ʼn onderwyseres in Uitenhage en sy en haar vriendin maak weekliks beurte met saamrygeleenthede.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eliza-beth ·

Liewe hemel! Mag die ergste wat gebeur het is dat hulle haar geld onttrek het en dat syself veilig is. Lewe kan met geen geld ter wêreld gekoop word nie. Ek hoop mense in daardie areas hou hul oë oop en dat sy vinnig en veilig gevind word!Sterkte vir hierdie familie.

BOBBEJAAN AGTER DIE BERG ·

Net ‘n stupid vraag. Waar is haar man? haar suster is seker aangestel as die woordvoerder vir die familie, maar hoekom het haar man nognie iets gesê nie?

snip ·

Hoop regtig ook net geld is onttrek en dat sy verder ongedeerd is. Mag sy veilig huis toe kom.

Peet Schabort ·

Die plek waar die geld getrek is sê alles.
Sterkte aan die familie.

Jeanette Weyer ·

Ek het ook al gewonder oor haar man. Snaaks dat ons niks van hom hoor nie? Publiseer asseblief fotos van die persoon wat die geld getrek het. Ek is amper seker daar moes kameras gewees het. En die kamera wat gewys het hoe sy ontvoer is, waar is daardie beeldmateriaal. Asseblief mense, FB het al baie mense gehelp.

Elisma ·

n Foto is reeds gepubliseer van die person wat die geld onttrek het. En daar is sopas verneem van ‘n koerant dat haar liggaam gevind is :(

Nuus_Leser ·

Ek wil ook graag bylas – Waar is haar man?
Hoekom het sy BUITE die kompleks gewag, pleks wag sy binne die kompleks en gaan uit sodra haar vriendin daar is?
Haar vriendin het ook nog geen kommentaar gelewer nie? As sy dus naby die kompleks was kon sy dalk ‘n voertuig opgemerk het, of iets vreemds? Ek stem saam, plaas fotos van die ontvoerder(s) of selfs net die van die voertuig, sodoende kan die gemeenskap ook help.

Sterkte aan die familie, ek hoop sy word ongeteerd gevind!!
x

Hannelie ·

Ag nee Elisma is jy ernstig? Watter koerant is dit gepubliseer? Ek bid dat sy ongedeerd is en baie sterkte aan haar familie.

Kaapstad ·

Het Uitenhage klein dorpie ook gevaarlik – lewe het omgedraai

God dal vir jou sterk hou op die pad. Bid vir jul Familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.