Drie onderwysers, onder wie die skoolhoof en ’n departementshoof, van ’n hoërskool op Breyten in Mpumalanga is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hulle na bewering leerders lyfstraf toegedien het.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die onderwysers is Dinsdag in hegtenis geneem nadat vier leerlinge, tussen die ouderdomme van 17 en 21 jaar oud, beweer het dat hulle Maandag by die skool aangerand is.
Volgens Hlathi het die onderwysers die leerders glo lyfstraf toegedien en die leerders het beserings opgedoen.
Een van die leerders het haar ouers daarvan vertel waarna die polisie in kennis gestel is. ’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak waarna drie ander leerders ook na vore gekom en beweer het dat hulle deur die drie onderwysers aangerand is.
Die onderwysers staan nou tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer sowel as aanklagte van gewone aanranding.
Die onderwysers sou na verwagting Woensdag in die landdroshof in Ermelo verskyn het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Ag siestog . Dit is van te min lyfstraf (pakslae) dat van hulle 21 is en nogsteeds op skool sit . Ek blammeer glad nie die onnies nie , veral nie met die tipe gedrag wat party van vandag se kinders het nie .
As hulle nie wil luister nie gee hulle n pak slae, 21 nog op skool dan verdien jy n pak slae.
Wat soek jy nog op skool as jy 21 is?
Leerder 21 jaar oud en nog op skool, sjoe, klink nogal na ‘n probleem kind. Ek was in ‘n skool/koshuis waar jy net elke skoolvakansie huis toe gegaan het en hier is lyfstraf gegee vir die geringste oortreding. Jy kan die slimste en gehoorsaamste kind wees, pakslae het jy gekry. Dogters is nie gestraf en seuns moes vir hulle instaan vir straf en dit was weereens pakslae. Na my mening was dit misbruik van gesag wat ‘n paar onderwysers plesier gegee het om lyfstraf toe te dien.
Ek is ten gunste van lyfstraf vir seuns op skool.
Vandat daar nie meer normale lyfstraf in skole is nie, wat dit so rof gaan, en die kinders maak soos hulle wil.