Onnies, skoolhoof vas wat glo lyfstraf toedien

Argieffoto

Drie onderwysers, onder wie die skoolhoof en ’n departementshoof, van ’n hoërskool op Breyten in Mpumalanga is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hulle na bewering leerders lyfstraf toegedien het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die onderwysers is Dinsdag in hegtenis geneem nadat vier leerlinge, tussen die ouderdomme van 17 en 21 jaar oud, beweer het dat hulle Maandag by die skool aangerand is.

Volgens Hlathi het die onderwysers die leerders glo lyfstraf toegedien en die leerders het beserings opgedoen.

Een van die leerders het haar ouers daarvan vertel waarna die polisie in kennis gestel is. ’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak waarna drie ander leerders ook na vore gekom en beweer het dat hulle deur die drie onderwysers aangerand is.

Die onderwysers staan nou tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer sowel as aanklagte van gewone aanranding.

Die onderwysers sou na verwagting Woensdag in die landdroshof in Ermelo verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Marius ·

Ag siestog . Dit is van te min lyfstraf (pakslae) dat van hulle 21 is en nogsteeds op skool sit . Ek blammeer glad nie die onnies nie , veral nie met die tipe gedrag wat party van vandag se kinders het nie .

Brett ·

En weer eens die onnie wat blameer word……. Niemand vra eers wat die oortreding was nie………..gaan mos ook nie meer omdat jy gemoor of verkrag het nie….. Regstelsels is op die koffie

Erik ·

Dis irrelevant wat die oortreding was. As onderwyser ken jy mos die reëls en wet.

Kosie ·

As hulle nie wil luister nie gee hulle n pak slae, 21 nog op skool dan verdien jy n pak slae.

Raakvatter ·

Daar was 21 jarige saam my op skool. Haha, goeie ou eintlik gewees. Skool is ‘n loopbaan, nie ‘n renbaan nie!
Op jou 21ste, “sorry ouens, ek het huiswerk om te doen”. haha

Stofdonkie ·

Matriek? Ek dink hy soek matriek. Of dalk sal hy gelukkig wees net met graad 10?

Scalla ·

Sy Kry hom nie dit tyd om te leer want al het 3 baby wat moet gekyk word

Wielspore ·

Leerder 21 jaar oud en nog op skool, sjoe, klink nogal na ‘n probleem kind. Ek was in ‘n skool/koshuis waar jy net elke skoolvakansie huis toe gegaan het en hier is lyfstraf gegee vir die geringste oortreding. Jy kan die slimste en gehoorsaamste kind wees, pakslae het jy gekry. Dogters is nie gestraf en seuns moes vir hulle instaan vir straf en dit was weereens pakslae. Na my mening was dit misbruik van gesag wat ‘n paar onderwysers plesier gegee het om lyfstraf toe te dien.
Ek is ten gunste van lyfstraf vir seuns op skool.

Peetjie ·

Ons dogters is ook gestraf.. Hand uithou vir n bord passer se houe… En ons is nie dood nie – en waag dit om vir pappa of mamma te vertel dan kry jy weer…

Erik ·

Ek verstaan glad nie hoekom die seuns namens die dogters pak gekry het nie? Belaglike stelsel en skool. Dankbaar daai dae is verby.

summie ·

Vandat daar nie meer normale lyfstraf in skole is nie, wat dit so rof gaan, en die kinders maak soos hulle wil.

Brett ·

En as jy by die huis kom kla………… Dan wen jy weer vir jouself ‘n beter pakslae…… Vat so jyt mos nie ore nie!!!

Thelsa ·

Natuurlik is die Onnies in die moeilikheid ! Jy mag nie hand vir enige bejaarde lig nie . . Magtag man hulle is dan al 1 jaar oud en nog op skool

Peetjie ·

As n pak slae jou aan aanranding laat dink, dan moes jy saam met ons op skool gewees het. As jy nie wil luister nie, moet jy maar voel

Brett ·

En dit……. Is hkm daar dipliene in vandag se skoole is nie…….. Ouers julle maak van jul kinders die ongedissiplineerde siele wat hul is……… Net een woord om dit te beskryf…………

Erik ·

Regtig? So julle het nie probleem daarmee dat ander volwassens julle kinders slaan nie? Ek doen dit eerder self, maar niemand anders sal hul hande vir my kinders lig nie. Alles van die ‘ou’ dae nie beter nie. Ek leef veel eerder vandag.

Hans ·

As jou kinders nie oortree nie, sal hul nie pak kry nie, maar vandag se ouers dink mos dis onderwysers se plig om hul kinders dissipline te leer

Brett ·

Ek het nie ‘n proebleem nie… Hulle doen verkeerd en moet gestraf word……. Jou kind kom by die huis en spin jou ‘n vlou storie….. “ag my kind jy moet dit nie weer doen nie”…. En daar begin dit…….. Of jou kind kry pak en kan nie eers meer onthou wat hy gedoen het nie…….
Dus soos ‘n regs stelsel……… Moet afgedwing en handaf word of jy word gestraf.

Gerrie ·

Ek stem saam. Geen onderwyser het die voorreg gehad om sy hand vir my te lig nie en ek het gesorg dat hulle dit ook nie met my kinders gedoen het nie. Boelies behoort nie skool te hou nie.

Yolandi ·

As ek net sien en hoor hoe praat vandag se kinders met Onderwysers… Ons sou dit nie waag nie!
Dit is tyd dat kinders hul plek ken en weet dat resprek getoon moet word…

Charles ·

Was dit nie vir n goeie drag slae nie het ek dalk net nog in matriek gesit ! Die woorde ” kyk na die suide ” het my telkemale op die regte koers gehou.

Karin ·

Kom ons luister na die onderwyser se weergawe want ek ruik n rot, soos gewoonlik. Oud genoeg om te stem en te drink en sit nog op skool.

Niklaas ·

My rekord by my skooltjie van 5 kantoor besoeke (aan die skoolhoof ) op een skooldag met gevolglike 5 pakke slae met die rottang , staan na jare seker nog “onverbeterd”. Dit was my eie skuld en dit het gewis nie verhoed dat ek taamlike welslae in die lewe behaal nie. Deesdae kan mens die resultate van weinig tot geen lyfstraf of skorsing (groot skande in my tyd) duidelik opmerk . Die gebrek aan dissipline en verslapping aan strafmaatreels in sommige skole kan duidelik opgemerk word en dis ‘n jammerte.

Gerrie ·

Dit wys jou net hoe wreed onderwysers met kinders kan wees en DAAROM moet daar wette wees om sulke mishandeling stop te sit.

Raakvatter ·

Aanranding met die doel om ernstig te beseer. Lag my dood!! Geringe besering (wat klaar nie strook met die klag nie) is seker ‘n blou strepie op die boud. Ai tog, die dae toe ek op skool was sou ons hele onderwyskorps in die tronk wees as die onbenullige wette toegepas was. Ons het slae gekry as daar die kleinste smeertjie op jou TT papier is. Goeie ou dae!

AmY ·

Siestog. Die ou lyfies is tog so sensitief.
Ek was in standerd 8, toe is ons hele klas geslaan vir twee kinders wat hulle nie gedra het nie. My ma weet nou nog daarvan nie.
Ons is op skool (veral in die laerskool) vir die kleinste oortreding geslaan en ons het oorleef.
So terloops; mag die kinders nog strafklas sit, of is dit ook teen hulle regte?

Die Goodwoodianer ·

Ag shamepies man. Shaaaaaaaaaaamepies. Wil julle dummy hê? Aag foeitog. Toemaar, toemaar.

Annelize ·

Ag siestog… arme bloedjies… Dis hoekom die kinders geen rugraat her vandag nie, van te min pak. slapperds

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.