Onnies vereer; departement reg vir eindeksamen

(Foto: Maroela Media)

Onderwysers van reg oor die land is vandeesweek vereer tydens die nasionale onderwyserstoekennings (NTA) in waardering vir hul uitstekende en onbaatsugtige diens.

Alfred Sokana van Limpopo en Renate van der Westhuizen van die Wes-Kaap het onderskeidelik die Sekondêre Skool-onderrig en Sekondêre Skool-leierskapskategorie gewen.

“Hulle het elkeen ʼn motor gewen wat geborg is deur een van ons talle vennote, Via Afrika,” het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê.

Die toekenning vir lewenslange bydrae is toegeken aan dr. Rishi-chand Bhudal van Rose Heights Primary in Chatsworth, KwaZulu-Natal. “Hy dien al 39 jaar in die bedryf waarvan 24 jaar as skoolhoof. Op 62 jaar het dr. Bhudal drie meestersgrade in onderwys, ʼn nagraadse diploma, en ʼn doktoraat. Hy is ook ʼn geregistreerde sielkundige. As mens sy storie lees, dan kan mens sien hy is werklik ʼn toegewyse en innoverende opvoeder.”

Uit die 35 onderwysers wat finaliste vir die NTA was, was 23 jonger as 40. “Dit stem ooreen met die neiging dat jonger mense dié beroep betree en wonderlike dinge gedoen kry,” het Motshekga bygevoeg.

2021 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens

Motshekga sê daar is net ʼn paar dae oor voor voltydse en deeltydse kandidate die 2021 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens aflê.

“Die matriekeksamen vind weer plaas tydens die Covid-19-pandemie. Dit is die graad 11-klas van 2020 wat nie hul kurrikulum kon afhandel nie, maar deur harde werk en toewyding van ons onderwysers, kon hulle die hele kurrikulum vir 2021 afhandel – en hulle het selfs nog tyd gehad vir hersiening.”

Altesaam 735 677 voltydse kandidate gaan die eksamen aflê.

“Ons moes met provinsies konsulteer oor hul stand van gereedheid en die provinsies het almal bevestig hulle is gereed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shakespeare ·

Moenie veralgemeen nie. By verre verdien kader onderwysers met geen dissipline en bevoegdheid, NIKS nie.

NWT ·

Word n land se sukses gebou op een gebeuternis. As Bafana die sokker wereld beker ooit moet wen ( dit sal altyd n droom bly ) beteken dit hulle is die beste span in die wereld. Nee. Glad nie. Nou horkom word die departement van ondereys se sukses bepaal deur die matriek eksamen se uitslae waar die slaag standaard so laag is. Nes Bafana wat power sokker speel. Wat van grade 1 tot 11. Ook begevoeg die land moet ophou met kompitisies tussen provinsies en distrikte. Die verloorders is die leerders met hul 30% wat nerens werk kan kry nie maar hulle het geslaag. Een punt wat my grief is dat leerders net een keer in n fase mag herhaal. Die leerders weet dit rn die volgende jaar maak hul chaos en die opvoeder kry die blaam vir die chaos. Opvoeders kry moes die blaam vir leerders se afwesigheid ook. Oiers moedig jul kinders aan om te mik ma 80% ( moenie dreig nie ) . Gee hulle die ruimte om onbeperk te vlieg nie na 30% nie maar ma 100% hoogte. N arend vlieg baie hoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.