Onnies wat verkrag glo deur vakbonde verdedig

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

Die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling is besorg oor die beweerde behandeling van gestremde kinders en die hantering van verkragtingsake waarby onderwysers betrek word in Bosbokrand in Mpumalanga.

Die komitee het gehoor dit is algemeen in Bosbokrand dat ouers hul gestremde kinders in agterkamers wegsteek en hulle nie toelaat om skool toe te gaan nie. Die komitee het ook gehoor dat vermeende verkragters, wat onderwysers is, deur hul vakbonde verdedig word.

“Onderwysersvakbonde kan nooit geregverdig word deur vermeende verkragters in skole te verdedig nie. As daar sulke sake is, moet dit by die polisie aangemeld word,” het Nkhensani Bilankulu, waarnemende voorsitter van die komitee, gesê. “Ons het ook gehoor dat sommige onderwysers deur bestuur beskerm word weens die belangrikheid van die vakke wat hulle aanbied. Die komitee doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om bedag te wees wanneer dit kom by kwessies en veiligheid van kinders in skole.”

Sy het gesê skole is ʼn tweede tuiste vir kinders. “Skole moet dus die veiligste plek wees vir ons kinders en in sake waar verkragting plaasvind, moet die gedragskode vir onderwysers die hoogste prioriteit geniet en die voorvalle moet opgevolg word deur alle belanghebbendes, soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens, skoolbestuur, skoolbeheerliggame en onderwysersvakbonde.”

Bilankulu versoek lede van die gemeenskap en belanghebbendes om nie te wag vir die parlement om die kwessies aan te roer of in te gryp nie. “Die wetsontwerp vir wysigings aan die Kinderwet het ten doel om dienslewering aan kinders te verbeter en seker te maak dat hul welsyn behoorlik beskerm word.”

Sy het tydens openbare gesprekke in Bosbokrand gesê alle kwessies wat aangeroer is sal na die betrokke staatsdepartemente verwys word vir dringende ingryping. Die departement van binnelandse sake het ook onderneem om Dinsdag ʼn mobiele kantoor na Bosbokrand te stuur om matrikulante te help om aansoek te doen vir ID-kaarte.

Die komitee het Vrydag sy openbare verhore in Mpumalanga vir die wetsontwerp afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jr ·

Hierdie is geskrywe in die “Boek” Evil will become good and Good will become evil.

Sarel ·

Swak en onvoldoendd Strafstelsel….Vakbonde gesteun deur Regering….en daar word tussen verkiedingstyd niks gedoen nie.

JohanR ·

Hoe kan verkragting in eenige op sig, of in enige land verdedig word. Gaan soek Christina Lamb se boek “Our Bodies, Their Battlefield” en wees geskok deur verkragting! Dit is ‘n moelike boek by tye om te lees. Van Bosnia, Berlyn, Japan, Argentinia, Afrika is honderde duisende vroue, dogters en selfs kinders in oorlog verkrag. Dit is en sal nooit “n “regte” ietsie wees nie! Nadat ek die boek gelees het het die vraag by my op gekom “hoeveel vroue is al in 27 jaar in plaas aanvalle verkrag…..want plaas aanvalle is ‘n oorlog?

christo ·

Dis ‘n onding wat uitgeroei moet word. Hoe ‘n vakbond dit kan regverdig is uiters swak. Hoekom word hulle nie krimineel aangekla nie. Hierdie ‘ onderwysers ‘ moet permanent van die rol geskrap word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.