Onnodig om rooibos-voorraad op te bou

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad het Vrydag teedrinkers gerus gestel dat hulle nie paniekerig hoef te wees en voorraad hoef op te bou van dié kruietee nie.

Die raad het reageer ná berigte vandeesweek dat die prys van rooibos met 90% kan styg, aangesien die 2016 oes moontlik die slegste ooit sal wees weens die droogte.

Ernest du Toit, woordvoerder van die raad, het gesê ʼn prysverhoging van 90% is uiters onwaarskynlik. “Die vervaardigingsiklus van rooibos strek oor vier jaar en ʼn prysverhoging sal geleidelik wees, net soos die geval met ander voedselprodukte in die Suid-Afrikaanse mark,” het hy gesê. “ʼn Prysverhoging sal dus mettertyd gevoel word, en dit sal nie onmiddellik of in die korttermyn plaasvind nie.”

Hy het bygevoeg indien daar verligting kom tydens die droogte in die vervaardigingsperiode, sal boere hul belegging in die oes kan vermeerder.

Die Cederberg, Bokkeveld en ander streke van die Wes- en Noord-Kaap waar die plant groei, het min of geen reën gehad nie tydens die saaityd in Julie en Augustus.

Die raad is ʼn selfgereguleerde vereniging vir die rooibosbedryf en is gevestig om seker te maak dat etiese praktyke gevolg word.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

magda vz ·

Baie goeie nuus. Ek lief rooibos tee tot in Munchin gekoop was baie trots om te leesdir kom van SA

Ludwig ·

Nie net km dit uit Suid-Afrika nie, Magda, dit kom grootliks hier uit Namakwaland se berge. Ek is van plan om nog vir Maroela ‘n storie te skryf oor die verbouing van rooitee. Baie interessant.

Peet Schabort ·

Wonder wat sê die daggakwekers van hulle produk. Kry dié ook swaar met die droogte . . . ?

Lynette ·

Ag wat die tee sal maar soos alles net duurder word . Maar dit is soos n dronkie se , Al kos n bottel R200 dit bly n bargain

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.