Onraad vermoed voor vlieënier in klubhuis vasvlieg

Die Matsieng-vliegklub se gebou kort na die voorval. (Foto: Verskaf)

Die polisie en die burgerlike lugvaartowerheid in Botswana is steeds besig om die oorsaak van die voorval vas te stel wat die naweek die lewe van vlieënier Charl Viljoen geëis het. Viljoen het Saterdagmiddag glo selfmoord gepleeg deur in die Matsieng-vliegklub se klubhuis in die Rasesa-gebied vas te vlieg.

Die vliegklub sê die lugverkeerbeheertoring en die klubhuis is verwoes en die polisie het intussen bevestig dat 12 voertuie uitgebrand het ná die vliegtuig neergestort het.

Maroela Media het vroeër berig Viljoen is dood toe hy vroeg Saterdagaand glo doelbewus met ʼn Beechcraft King Air B200 in die klubhuis vasgevlieg het. Die vliegklub sê in sy verklaring Viljoen was ʼn ongenooide gas by ʼn funksie wat daar gehou is. Viljoen en sy vrou, Natasha, was glo vroeër in ʼn argument betrokke en hy is glo gevra om die geselligheid, ʼn ooievaarstee, te verlaat.

Ten spyte van dié bewerings, het Natasha se suster, Naruschka Winter, gister aan Maroela Media gesê die egpaar was nié in ʼn rusie betrokke nie en dat Viljoen ook nie handgemeen met sy vrou geraak het, soos wat in sommige berigte beweer is nie. Winter het nie vandag verder op e-pos- of Facebook-boodskappe gereageer nie.

Charl Viljoen, vlieënier (Foto: Verskaf)

Luidens die verklaring het Viljoen, nadat hy by Matsieng weg is, die vliegveld omstreeks 18:15 uit die rigting van die Sir Seretse Khama-lughawe genader. Hy het verskeie lae verbyvlugte uit verskillende rigtings verby die toring gedoen. Hy het glo ook ʼn vriend by die klubhuis gebel en wou weet waar sy vrou is. Dié persoon het glo eerste onraad vermoed en alarm gemaak.

“Matsieng-vliegklublede het vermoed dat die vlieënier moontlik bymotiewe kan hê en het die nagenoeg 50 gaste beveel om die klubhuis onmiddellik te ontruim,” lui die vliegklub se verklaring.

Verskeie van die gaste was kinders wat saam met hulle ouers by die funksie was. Die spoedige ontruiming het moontlik hulle lewens help red.

Viljoen het kort daarna in die klubhuis vasgevlieg. The Voice, ʼn koerant in Botswana, berig Viljoen is ʼn ruk later in die Deborah Retief-gedenkhospitaal aan sy beserings dood. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

“Die vlieënier het glo nie toestemming gehad om die betrokke vliegtuig te vlieg nie en die verlies aan lewe en skade (aan eiendom) word betreur,” het die vliegklub gesê.

ʼn Video wys hoe Viljoen laag met die vliegtuig verby die klubhuis vlieg. Dit tref daarna die gebou wat in ligte laaie opgaan.

Viljoen was ʼn vlieënier vir Kalahari Air Services in Gaborone wat huurvlugte en kommersiële instandhoudingswerk van vliegtuie in Botswana doen. ʼn Werker van Kalahari Air Services sê die eienaar van die maatskappy het hulle opdrag gegee om geen kommentaar oor die voorval te lewer nie en dat hyself ook nie vir kommentaar beskikbaar is nie. Sy wou nie haar naam noem nie.

Volgens die Botswana-polisie behoort die vliegtuig aan De Wet Drilling in Rasesa.

Op Natasha Viljoen se Facebook-blad is verskeie foto’s van haar en Charl, sowel as die leuse “droom asof jy vir altyd gaan leef, leef asof jy vandag gaan sterf”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Mariaan ·

Tragies!!! Nie eers gedink aan die kinders en mense nie…hoe kwaad kan mens wees??? Dank die Vader vir die vriend wat op sy voete gedink het! Met so n man is sy vrou verlos!

Michael ·

Ja daardie vrou is seker beter af nou want hy sal haar ook dood gemaak het. Ons sal nooit weet wat hom eintlik gepla het nie. maar daar was groot fout as n mens so iets doen dan bel jy nog en vra waar is die vrou.Wat van al die kinders dit is nie eers syne nie.

Onnie ·

Alweer n psigopaat wat onskuldige mense se lewe in gevaar stel, omdat hy nie sy sin kon kry nie. Dank Vader iemand was op en wakker! Dink net hoeveel onskuldige lewens sou in die slag gebly het as sy mal plannetjie geslaag het?! Skokkend om die minste te sê.

Karl ·

@John, die blackbox gaan nie veel sê nie, dis meer vir ongelukke. Die is met opset gedoen, net soos 9/11. Hul weet wat sy vlug “roete” was, en wat gebeur het met die vliegtuig.

O aarde ·

John, die kans dat ‘n Kingair ‘n blackbox sal hê, is uiters skraal.

Hartseer ·

Ai sterkte aan sy vrou en seuntjie. Dis so tragies.

Laat die Here hom maar oordeel. Wat in sy kop aan gegaan het sal net hy weet.

Dis bitter hartseer.

Karl ·

@O Aarde, alle Kingairs wat vanaf SA vlieg het blackboxes, dis n vereiste van 2014 af.

Johan ·

Hoe weet jy die Here gaan hom oordeel hy kon vergifnis gevra het op daai oomblik moenie oordeel

SjN ·

Blackbox sê hy was onder die invloed en baie kwaad vir sy vrou, tragies

Lina Smit ·

aan al die kenners, sielkundiges en persoonlike huisvriende wat hierbo kommentaar gelewer het, jul onkunde vd situasie is lagwekkend, want jul is presies nie dit nie, kenners, sielkundiges of hul huisvriende gewees nie. So los maar jul kommentaar vir goed waarvan jul eerstehandse regte inligting het.
Aan sy gesin, my simpatie asseblief

Cornelia ·

Haai almal, die media is besig om die hele gebeurtenis uitmekaar te ruk.
die man het een bier gedrink en was nie onder die invloed van drank nie, al was dit net een bier. Hy en sy vrou was saam by die klub waarvan die mans en vrouens apart gesit het. Daar was geen rusie tussen hulle nie. Hy het vir n hele ruk aan depressie gely en het opgestaan toe se hy net “ek sien julle later” En net daarna het dit gebeur. Hoe kan die klub sy vrou nou verantwoordelik hou vir die klubskade.

Strand looper ·

Mmmm….smaak my iemand het deur die draad gevreet….of is deur die draad gevreet…

PJN ·

Ja asseblief hou op om klippe te gooi. Hou jou opinie vir jouself as jy nie feite het oor die insident nie….. Daar is so baie onwaar stories oor die tragiese gebeure.
Sterkte aan die familie en veral aan Charl se ouers wat gebroke is.

Jo-anne ·

OK, ons het nou gehoor hy het aan depressie gelei en ons weet hy het ‘n DOM ding gedoen! Kan ons ASB nou sy vrou en familie se privaatheid respekteer en hulle eerder opdra aan die Vader om hulle te dra deur die hele drama. Dink net vir EEN oomblik hoe jy sou voel as dit jou kind, man of broer was, hoe sou jy voel oor die kommentaar. STERKTE en JESUS LIEFDE aan sy gesin en familie. Hou julle in my gebede xx

Rina Kotze ·

Sulke gebeure bly tragies en so onnodig,

Niemand van ons kan oordeel of klippe gooi nie. Ons was nie daar nie.

Sterkte aan sy vrou en familie. Weet nie of hy kinders gehad het nie.

VanAfrika ·

Ek kyk so na sy foto en dink wat vat dit so n groot aantreklike man om tot so n daad oor te gaan. Depressie is n lelike ding en het al baie lewe geneem. Kom laat ons nie klippe gooi nie want sy ouers moet stukkend wees, so ook sy vrou en kind, vriende en familie. My innige simpatie met al sy geliefdes, familie en vriende. Mag Liewe Jesus julle deur hierdie hartseer tyd dra en ek bid dat Liewe Jesus julle die vrede en berusting sal gee in die tyd wat kom sonder hom en die raaisel wat hy agter gelaat het.

Nettie ·

@VanAfrika ……. Ek ly ook aan depressie en gaan baie beslis eendag (dalk in die nabye toekoms) myself uit die samelewing verwyder. Ek gaan egter NIE ander mense saam met my neem nie; ek sal myself net des-dinges-dags in my eie kar, alleen, teen ‘n brug vasjaag teen 160km/uur, met die lugsakke “disabled”.

Mens vat nie ander mense saam met jou as jy moeg geraak het vir die lewe of in ‘n stryery met jou wederhelfte was nie. Vat jouself uit – en doen dit deeglik, sodat jy nie nog ‘n las vir ander mense moet wees as jy dálk oorleef en hulle jou daarna fisies moet versorg nie – maar laat ander mense lewe.

Joe ·

Vreeslike hartseer storie. Daar moet iets donkers in daardie verhouding gewees het. Mens doen nie sommer sulke goed nie. Ongelukkig gaan die waarheid dalk nou uitkom.

Penelope ·

Baie sterkte aan die familie en vriende.
Waar ‘n rokie trek moet ‘n vuurtjie brand en dis ‘n ernstige aantuiging om te se die man het sy vrou aangerand. Waar is die mense wat gese het hy is nie welkom by die funksie nie? Die waarheid sal wel uitkom en ek hoop die leuenaar kry eier op sy/haar gesig….

Dep ·

Dalk was die ou in NZ ook net depresief, dalk is moordenaars in SA dan regtig net honger of soos jul verdedig “depresief” hy het doelbewus teen die klub vas gevlieg, GEEN verskoning nie!

VanAfrika ·

Dep dalk was sy depressie en wat hy gedoen het een van die redes hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het, deur mense soos jy, Gert en Snert. Dalk wou en het niemand geluister nie en n grap gemaak van sy situasie en het hy hierdie as die enigste uitkoms gesien. Julle word as tipiese boelies gesien.

madels ·

Dis een ding om depressief te wees maar dis n ander ding om sommer 50 ander mense ook saam met jou te wil vermoor. Ek het baie simpatie met depressie leiers maar definitief nie simpatie as hul ander saam hul wil vermoor nie

Snip ·

Tragies, kan maar net dink wat ek wil, maar kan nie sê wat ek wil nie. Sterkte aan almal wat hier deur geraak word.

Anoniem ·

Gert en Snert, uiters swak smaak om grappies te maak oor die situasie.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Elsie

Dankie vir jou boodskap. Die Debora Retief Gedenkhospitaal is in Botswana geleë.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Elsie Riekert ·

Dankie Anja, ek kon nie inligting gegoogle kry nie. Ek wonder hoe het dit gekom dat n hospitaal in hierdie goedgesinde buurstaat die naam gekry het van n Voortrekkerleier se dogter. Dit terwyl die herinneringe aan mense in ons eie land uitgewis word wat niks met sog.apartheid te doen gehad het nie. Dankie Botswana!

LEE ·

Ai tog, hoe tragies en hartseer is dit net nie !
Dit klink eerder na ‘n voorval uit ‘n movie uit, en nie ‘n ware gebeure net so klipgooi van SA af nie.
My innige simpatie en baie sterkte aan AL sy naasbestaandes wat seker nou baie onbeantwoorde vrae het.

Stripes ·

Hier is nie genoeg informasie gegee om regtig te weet wat gebeur het nie. Dan was hy in argument met sy vrou en is hy gevra om die plek te verlaat, nou hoekom sal hy dan sy vriend skakel om te vra waar sy vrou is? Die vriend is dan, as ek reg verstaan, ook die een wat “agterdogtig” geraak het en die mense laat ontruim het. Wat het aanleiding tot die agterdog gegee? Het hy van iets geweet waarvan die ander nie geweet het nie? As hy dan erge depressie gehad het, wat het die werkgewer gedoen om hom te help of by te staan? Die werkgewer behoort omvattende versekering te hê so hoekom nou sy vrou verantwoordelik wil hou vir die skade? Dieselfde vir die ander voertuig eienaars sou hulle van haar wil eis.

Daar is te veel vrae en te min antwoorde om sin te maak van die situasie. My innige meegevoel aan die gesin, familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.