Onreëlmatige besteding by Gautengse onderwysdepartement

lesufi-deur-ana-2019-03-11

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Die Gautengse onderwysdepartement het glo onreëlmatig R1,2 miljard bestee aan tenders in die 2018/19-boekjaar.

Anton Alberts, nasionale voorsitter, van die VF Plus, het in reaksie hierop gesê Panyaza Lesufi, provinsiale LUR van onderwys, moet dringend aandag skenk aan sy departement en moet hom nie ophou met voortdurende rassistiese opstoking wat sy aandag van sy werk aflei nie.

Die uitgawes hou verband met ʼn skoolvoedingsprojek wat in Desember 2016 toegeken is en eers oor twee maande verstryk. Die provinsiale forensiese eenheid het die ongerymdhede in ʼn ondersoek blootgelê.

Hierdie skandaal volg kort op die hakke van die bekendmaking van inligting dat die Gautengse onderwysdepartement meer as ʼn miljard rand in die vorige boekjaar onderbestee het.

“Hierdie twee gevalle alleen wys reeds op ʼn bedrag van meer as R2 miljard wat wanbestee is of glad nie bestee is nie terwyl daar groot infrastruktuur-agterstande in die provinsie is omdat bykomende skole nie gebou word nie,” het Alberts bygevoeg. “Om hierdie swak bestuur en ongerymdhede onder sy leierskap te beredder, probeer Lesufi op arrogante wyse om Afrikaanse skole te teiken en te verengels deur nie-Afrikaanssprekende leerlinge op die skole af te dwing.”

Alberts sê die LUR doen dit deurlopend, selfs al weet hy dit is onwettig, soos gebeur het by die Hoërskool Overvaal waar sy eie departement se amptenare twee ander skole se hoofde onder eed laat verklaar het dat hul skole vol is terwyl dit nie die geval was nie.

In vorige jare het dieselfde scenario hom afgespeel toe groot begrotings nie gebruik is nie, maar druk op Afrikaanse skole geplaas is met die verskoning dat daar nie genoeg skole is nie.

Die VF Plus is besig met ondersoeke rakende ander ongerymdhede teen Lesufi en sal binnekort by verskeie instansies klagte teen hom indien om toe te sien dat die departement ʼn nuwe leier kry wat bevoeg is en omgee vir die leerders van Gauteng.

Intussen eis die VF Plus eis dat die LUR onmiddellik afgedank word en die party sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat hy nie in die pos aanbly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nico ·

‘n Graad 8 skolier in die ou bedeling sou vir Lesufi sy sommetjie kon maak. Dit is egter nie meer moontlik nie want hy en sy kaders het die skolestelsel so gekaap dat ‘n gegradueerde sal dink hy het niks verkeerd gedoen nie.

oelof van wyk ·

Hy ken nie eers die verskil tussen die ou en nuwe landsvlag nie

Dominique kotze ·

Dis absoluut skandalig!! Dit terwyl daar plattelandse skole nog met put toilette sit en in haglike omstandighede skool gaan!!”and the fat cats just get fatter…”

Gert van Wierdapark ·

Onregmatig Se Watsenaam! Pleinweg deel van die STAATSKAPING onder die agbare mini-ster van Onderwys, maar bo onwys, se neus!!

Andrea ·

Maar ooooeee, moet net nie dat hy n stuk materiaal sien wat dalk net oranje in het nie.

Irma ·

Kan ons die meneer vra of hy ook soos sy mede kaders van die opinie is dat dit nou hul beurt is om te eet nie? Hy strompel van een opgeblaasde rasistiese opmerking na die volgende mislukte plan. Dit is ‘n ingelooflike situasie met daardie man in , soos dit vir my lyk, enige posisie.

Gert van Wierdapark ·

Daar is mos NIE n benul tussen n Miljoen Rand en n Miljard Rand Nie! Wat is die ekstra drie nulletjies nou tussen kaders?R1,2 Miljard = R1 200 000 000 wat n moviese klomp geld is, ver-flippen vlaks!!!

J ·

Dan kan hy ook nie eers die verskil tussen ou en nuwe landsvlag herken nie, gee hom n besem en emmer en stuur hom na Vaal rioolwerke laat hy hy iets konstruktiefs in sy lewe begin doen

schaun ·

Hierdie vent moet sy rasistiese haat teenoor wit mense en veral afrikaans sprekende kinders laat vaar en sy werk begin doen

Schalk ·

Onnosel geleerdes onreelmatig diefstal en bedrog korrupsie .Anc kan beker uitloof vir korrupse staats departement,staatsbeheerde instansie,Dienslewering.o ja en korrupste munisipaliteit.Beker wenners kry 3000000 Rand wat hulle op mees korrupte manier kan bestee.Kom beloon hierdie instansies hul verdien lofwaardige vermelding nuwe standaarde.

Peper ·

Eks jammer maar 1.2Milj en hy moet AANDAG gee… HY moet AF-GE-DANK word en krimineel vervolg word want ander mense gaan vir baie minder tronk toe…

Leon ·

1,2 miljard. Dis ‘n groot huis en ‘n baie duur kar. Ek hoop dat dit net nie een ou was nie. Ek hoop lesufie het darem daarin gedeel dat hy darem ‘n aftree huisie het vir waneer hy ge-fire word.

Judge Dredd ·

Lesufi – Hoeveel skole kon jy met R1.2 miljard bou?

???? leser ·

vergeet van ‘n ondersoek na stelery op hom, kry hom voor ‘n hof, kry hom skuldig, kry hom uit sy pos, hy beteken net skade

JohanR ·

Die ANC het nie die geld verloor nie. Dit is êrens, maar ons weet nie waar nie!.Maar gee ons ‘n jaar of twee dan sal ons dit kry.

CJ ·

Kom SADTU, NAPTOSA en SAOU. Maak bietjie jul stemme dik. Hoeveel onderwysers word/is hierdeur benadeel. Daar kon ‘n hele paar onderwysposte geskep geword het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.