Onreëlmatige uitgawes deur OG uitgewys

Argieffoto

Argieffoto

Die ouditeur-generaal (OG) het Woensdag in ʼn verslag aangekondig dat R25,7 miljard se onreëlmatige uitgawes in die 2014/15-boekjaar aangegaan is.

“Die uitgawes beteken nie noodwendig dat die geld gemors of daar bedrog gepleeg is in al die gevalle nie,” het die OG, Kimi Makwetu, gesê. Hy het verder bevind R1,9 miljard se ongemagtigde uitgawes is in die afgelope boekjaar aangegaan. Dit is effens minder as die R2,6 miljard in die 2013/14-boekjaar.

Die OG het in sy verslag spesifieke melding gemaak van die departemente van onderwys, gesondheid en openbare werke wat ʼn gesamentlike begroting van R257 miljard het, nagenoeg die helfte van die nasionale begroting. Volgens die OG is dit ook dié drie departemente wie se geldsake die slegste lyk. Makwetu het gesê daar moet spesifiek na die departement van onderwys in Limpopo gekyk word.

“My boodskap van die vorige jaar is steeds relevant. Daar moet ʼn fokus op hierdie departemente wees om te verseker dat daar akkurate, verantwoordbare en deursigtige verslagdoening is oor finansies en prestasies. Dit moet ondersteun word deur gesonde interne beheermaatreëls en goeie menslike hulpbronbestuur, insluitend die verbetering van persoonlike aanspreeklikheid en die bestuur van die gevolge van gebrekkige verslagdoening.”

In die OG se jongste verslag is 167 nasionale en provinsiale departemente en 301 openbare entiteite ondersoek wat gesamentlik ʼn begroting van R1 111 miljard gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

As ek my beursie met niks in nie op ‘n plek neersit en iemand vat dit, kry hy ‘n beursie. As ek my beursie met ‘n R1000,00 daarin op ‘n plek neersit en iemand vat dit, kry hy ‘n beursie…EN ‘n R1 000,00. Met ander woorde….so baie geld word “onregmatig aangewend” want daar IS soveel geld om “onregmatig” aan te wend. Dis tyd om die geldkraantjie stywer toe te draai. Die sogenaamde “rulers” van hierdie land handhaaf ‘n leefstyl waarvan die belastingbetaler NET kan droom…..met die fondse wat deur dieselfde belastingbetalers voorsien word, net om toe te kyk hoe dit “onregmatig” verkwis word. Is dit nie die regering se plig om die belasting wat ingevorder word namens die belastingbetaler te spandeer….tot voordeel van dieselfde belastingbetaler nie? En as hulle dit nie doen nie?

johann van emmenis ·

stem saam, hoogtyd dat regeringsamptenare moet pa staan vir verkwisting van geld, moeg dat klein persentasie in staatsdiens soos konings leef met geld wat nie hulle sn is om te gebruik nie

Frans ·

Solank die betrokke amptenare dit nie aan hul eie bas voel nie en daar beslag gelê word op hul salaris en pensioenvoordele om te vergoed vir dit sal sulke verslae soos water van ‘n eend se rug afrol en die Staats President daaroor lag.

Die grootste probleem in Suid Afrika is dat amptenare nie persoonlik finansieel veranwoordelik gehou word nie vir die nonsens wat hul aanjaag nie. Kyk maar hoeveel sake
die Staat met belastingbetaler geld bestry.Amptenare sal tweekeer dink om sake te verdedig as hul uit eie sak die regskoste moet betaal elke keer as hul ‘n saak verloor.

Johann Marx ·

Nes jy sê Frans. En terwyl ons op die punt is: Vir die “dienaars van die publiek” in die parlement: Staatshospitale as hulle olik voel. Staats-skole vir hulle telge. Publieke vervoer om by die werk te kom…..en ‘n kafeteria waar jy jou EIE kos koop met jou EIE salaris.

Derick ·

Ek pleit al SOOO lank dat iemand (soos VF+) die saak Den Haag (Internasionale / Wereldhof) toe vat. Kry ‘n hofbevel wat ons bemagtig om belasting te weerhou – dis al wanneer die skelm klomp wakker sal skrik – as die gans wat die goue eiers le verdwyn !

GES ·

Dit gebeur seker net in SA waar die klaer (in die geval die belastingbetaler) met sy eie geld beveg word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.