‘Ons baanbrekersbeleid sal SA voortdryf,’ sê MKP

Oudpres. Jacob Zuma by sy huis in Nkandla in KwaZulu-Natal. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die uMkhonto weSizwe-party (MKP) en sy leier, oudpres. Jacob Zuma, berei tans voor vir ʼn saamtrek in die Orlando-stadion in Soweto waar die party sy “kragtige mandaat” aan ondersteuners sal voorlê.

Die saamtrek vind Saterdag (18 Mei) plaas, net minder as twee weke voor die nasionale verkiesing.

Volgens die MKP bevat dié mandaat, die sogenaamde People’s Mandate, “baanbrekersbeleid en aksieplanne” wat die land tot “ongekende groei en voorspoed” sal voortdryf.

“By hierdie historiese saamtrek sal pres. Jacob Zuma die agt kernpilare van ons mandaat voorlê, wat gefokus is op die terugneem en hernuwing van die ekonomie, die hantering van die werkloosheidskrisis, bevordering van sosiale geregtigheid, die nasionalisering van die Reserwebank en myne en die gelyke verdeling van grond,” het die party Woensdag gesê.

“Ons beleid is nie net ontwerp om te regeer nie, maar te bemagtig; nie net om te lei nie, maar te luister en retoriek in tasbare verbetering te omskep om die lewe van alle Suid-Afrikaners op te hef.”

Volgens die MKP sal dié beleid ernstige probleme soos dienslewering pak wat deur “pres. Cyril Ramaphosa se ANC-regering” meegebring is en tot werkloosheid, armoede, ongelykheid, grondloosheid, misdaad, korrupsie en hooploosheid” gelei het.

Intussen probeer verkiesingsowerhede steeds om Zuma onverkiesbaar te laat verklaar – ʼn appèl in dié verband is Vrydag deur die Konstitusionele Hof aangehoor. Verkiesingsowerhede voer aan dat die politikus verbied moet word om aan die verkiesing deel te neem weens ʼn skuldigbevinding in 2021 vir minagting van die hof.

Die hof moet oor die saak besluit nadat die kieshof in April ten gunste van Zuma beslis het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Michael ·

Dieselfde man wat te siek was om sy tronkstraf uit te dien nou dans hy weer soos ‘n nar by elke geleentheid.

Wondermaarnet ·

Vir ‘n “siek” man lyk hy vir my heel gesond.

Kuver ·

Hy is die rede dat ons land in die gemors sit waar ons vandag is en dan is daar nog steeds breinloses wat vir die krimineel en sy looters wil stem

annie ·

Die ou Siener en andere wat daai sien gesien het, het reg gesien. Moeilikheid is moeilikheid.

Christo ·

So verstaan ek nou mooi. Die eertste mislukking wil vir die opvolgende mislukking vertel hoe om dinge te doen? As die Suid- Afrikaanse politiek n fliek was sou dit defnitief n swart komedie gewees het? Lol

Phillip ·

Van te siek om tronk toe te gaan na blakend gesond, Mediese parool werk so goed as Cyril dit vir almal kan gee dan is die hele NGV ding onnodig

Shakespeare ·

Die breker in “baanbreker” verstaan ek waartoe hulle instaat is, maar die res vd letters maak nie sin nie, en is nie van toepassing nie. IDIOTE !!!!

ekweetniks ·

eina, die mense leef in lallaland – terugneem van die ekonomie beteken dan nou wat meneer – so jy gaan my besigheid terugneem saam met al die skuld, jy gaan vir ekstra mense werk gee met geld wat jy waar kry..jy gaan platinum en goud en steenkool uit die grond uit haal met al die kennis wat julle het… jy droom mooi

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrika politiek op sy beste, of slegste, hang af hoe jy daarna kyk.

Witbaard ·

Hys doodreg. Slegs ‘n baanbrekersbeleid sal SA voortdryf. Enigste probleem is dat dit nie in sy broek of die ANC se broek is om so ‘n beleid saam te stel nie.

hpven ·

Baanbrekrs? Van die baan weet ek nie, maar van die ANC brekers weet ek!

Theo ·

Geen regdenkende mens sal kan glo dat Zuma en MK goeie werk sal kan doen nie, maar dan moet ons onthou dat die ewe nuttelose Malema daarin geslaag het om baie stemme vir sy EFF skelms te kry. Hoekom? Mense in die algemeen, maar baie spesifiek die in Suid-Afrika, het ‘n groot kapasiteit en voorliefde vir onnoselheid.

Andre77 ·

Jeremiah 4:22 “for my people are foolish, they don’t know me. They’re stupid children, they have no understanding. They’re skilled at doing evil, but how to do good, they don’t know.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.