‘Ons gaan nêrens heen nie,’ sê grondbesetters

Besetters buite die hof. Foto: Skermskoot uit ‘n ANA-video.

Sowat 200 gemeenskapslede van Khayamandi in Stellenbosch naby Kaapstad het Dinsdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof saamgedrom om te betoog teen ʼn uitsettingsbevel vir die stuk grond wat hulle die afgelope paar weke al onwettig bewoon.

ʼn Stellenbosse wynplaas-eienaar het hom weer tot die hof gewend aangesien talle strukture wat vroeër van Watergang verwyder is, weer opgerig is.

Watergang, ʼn stuk grond wat in ʼn familietrust is en die Louiesenhof-wynlandgoed insluit, is glo van vroeg vandeesmaand af beset deur gemeenskapslede ondanks voortslepende onderhandelinge tussen die munisipaliteit en die eienaars vir die oorkoop van die grond.

Die inwoners het tydens die hofverrigtinge struggle-liedjies gesing en ʼn beroep op die hof gedoen om nie die uitsettingsbevel toe te staan nie aangesien hulle nie bereid is om die grond te verlaat nie.

Zola Ndalasi, ʼn gemeenskapsleier van Khayamandi, het gesê hulle het besluit om die grond te beset toe die munisipaliteit nie hul belofte dat die grond aan hulle gegee sal word sodra die onderhandelings met die eienaars voltooi is, nagekom het nie.

Ndalasi het gesê die gemeenskapslede is nie bereid om te luister na die regering se beroep op die publiek om nie stukke grond onwettig te bewoon nie. Hy het bygevoeg dat arm mense nie voordeel sal trek uit grondhervorming sonder onteiening nie.

“Die grond sal net vir die rykes gegee word. Ons weet wat hulle sal sê – as jy arm is, sal jy nie die grond kry nie, want daar is niks wat jy daarmee kan doen nie, want jy is mos arm. So, dis hoekom ons besluit het om nie te wag vir die regering en hul beloftes nie. Hulle as die regering kan praat, maar ons as die mense kan optree.”

Ndalasi sê daar woon reeds sowat 900 mense op die grond en hulle verwelkom enigiemand wat ook hul woonstrukture daar wil kom oprig.

Plakkate buite die hof het gelui “land or die”, “land is not for white people”, “we not going to move away, we staying!” en “we not grabbing the land we took, the land was grabbed by the white” [sic].

Die saak is tot 29 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Willem ·

Teken vandag se datum aan, ons sal weer vorentoe in die geskiedenis daaraan herinner word.

marco polo ·

Waar is almal wat gaan saamstaan om die boere te help? Dis hoe hulle dit gaan doen, een vir een plaas, en niemand gaan n vinger lig nie.

Grys ·

Doen jou wiskunde, ons is n miderheid, daars nie saamstaan nie, daars net vlug die land, dis so maklik…

Spikkels ·

Ons almal het kinders, werke ens so kan nie in die middel van die dag buite n hof uithang nie, buitendien, al ondersteun ons mekaar, as die wet teen jou is, kan jy niks doen, behalwe as jy n revolusie wil begin met politieke moorde

Maro ·

Jy is heeltemal reg. Niemand gaan kom help nie. En so word een vir een plaas gevat. Sommer net so.

Penellope Jones ·

Mense is grond belowe, en dit sal gevat word, maak nie saak wie, wat, waar nie.
Hulle sal hulle nie steur aan hofbevele nie

Ellisras ·

Bestaan daar nog so iets soos: Minagting van die hof. Durf jy net waag en daag nie by die hof op nie is dit R500 boete. Maar die massas dit doen gebeur niks.

Her ·

En as hulle klaar is met die plase loop hulle oor residentiele gebiede toe en gaan plak op jou erf

Msp ·

Verseker sal hulle hul nie steur aan hofbevele nie want die wet is hoofsaklik net van toepassing vir witmense en die ander minderheidsgroepe. Die regering gaan verseker die armes gebruik om die grond te beset en dan sal hulle dit vir die ryk ans/eff swartes gee.

H.A. ·

Die massas regeer die land-nie die regering. Resep vir absolute anargie vorentoe.

marous ·

Veg kan jy nie en weg kan jy ook nie . Die positiewes se beker le in skerwe op die grond . Die wat verskil moet maar hulle planne in die objektiewe parlement gaan beredeneer.

Maritz ·

Die verslaggewer het die woord glo gebruik oor die besetting. Nou is dit werklik waar?

Nikita ·

Die more weet nie meer wat die aand bring nie. Dit lyk kort kort of die oorlogswolke wil saam pak. Die beloftes is klaar in hulle koppe…..keer gaan niemand hulle meer kan keer nie. Dis duidelik hulle maak klaar planne, droom drome, en het n huppel in hul stap. “Give us land, or die…..ne? Weet nie hoe gaan die regering die rantsoenering hanteer as dit nou al so gaan nie, als gaan nog hand uit ruk. Die wet is dan nog nie eers verander nie. O wee…die tyd van nasie bou is lankal die drein af. Bid, bid, bid dat ons n wonderwerk kan kry.

Callie ·

Gee dit vir Agri SA. Hulle sal n verskoning uitdink oor hoekom dit reg is dat die grond beset word. Hulle en die ANC het dit bespreek en tot n vergelyk gekom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.