‘Ons gaan nie ANC stem,’ sê inwoners van Soweto

Ramaphosa is vandag in Soweto uitgejou Foto: Study of the day, Twitter)

“Jy is vandag hier omdat jy ons stemme wil hê. Ons gaan nie vir julle stem nie.”

Só het woedende inwoners van Soweto se Nomzamo-nedersetting Saterdag vir president Cyril Ramaphosa en ANC-lede tydens hul besoek aan dié nedersetting uitgejou.

Ramaphosa het die nedersetting tydens die registrasienaweek as deel van ʼn ANC-veldtog besoek.

Suid-Afrikaners het van Saterdag 08:00 af by registrasiepunte en -sentrums vergader om vir die munisipale verkiesing wat op 1 November plaasvind, te registreer.

Volgens die Nomzamo-inwoners is die ANC net tydens verkiesingstyd oor hulle besorg. Die inwoners eis optrede vir hul lyding, wat swak dienslewering, werkloosheid en maande sonder elektrisiteit insluit.

Times Live berig terwyl Ramaphosa in ’n huis in die nedersetting met inwoners gepraat het, het ʼn inwoner, Phangelani Msinyana, buitekant geskreeu:

“Waar was die ANC die afgelope drie jaar toe ons nie elektrisiteit gehad het nie? Al die polisie wat hier is, waar was hulle toe lede van die gemeenskap vermoor is? Waar was hulle?”

Msinyana het gesê die ANC het hom voorheen aan die mense toegewy, maar dit is nie meer die geval nie.

Maroela Media het vroeër berig tegniese probleme het Saterdagoggend met nuwe kieserbestuurtoestelle by verskeie registrasiesentrums landswyd opgeduik. Die aanlyn registrasiestelsel was ook vir ’n wyle afgeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

annie ·

Goeie vraag. Waar was hulle? Ons krag is so duur hier. Ek sal in elke geval ook nie vir hul stem nie.

piet ·

Ek het pre-paid krag. Dis onbekostigbaar duur. Dis so duur ek gebruik nie eers meer die geyser nie. Dis net ‘n waste.

JohanR ·

Dink net mense van Soweto howveel beter Soweto sal lyk as julle NIE ANC stem nie. Enige plek in SA sal beter lyk as NIEMAND ANC stem nie!

Persheks Adri ·

Sien is glo! Die ongeskoolde klomp sal waarskynlik wéér vir die patete stem….

Leana ·

Ek stem Persheks Adri, wag tot die eerste kospakkie voor die deur afgelaai word dan hardloop hulle om vir die ANC te stem.

Willem ·

Mense gló julle die people?Ag please!!!!Gee net n Tshirt hoed en kospakkie en ons stem weer vir terroriste anc!!!!

Manie ·

Ja ja dis wat almal sê! Tot die dag van verkiesing aanbreek dan dink hulle aan sassa en al die beloftes van 1994 dan trek hulle maar weer vir die ANC.

Drico ·

Ons mag dalk hierdie keer verras word. Selfs n donkie kan ook net sy kop soveel keer teen n klip stamp voor hy sy rigting verander. Miskien…net miskien is hier dalk n keerpunt aan die kom.

piet ·

Henk – Jy moet werklik braaf wees as jy dink ‘n swartman gaan VF stem. Ek het nou amper in my koffie gestik van die lag. Dalk sal van hulle stem vir Maimane maar dis te betwyfel.

KhoiKhoi ·

Stem PATRIOTIC ALLIANCE (PA).
Nuwe krag en plek vir almal.
God eerste en terug na skole

piet ·

‘n Mens hoor niks van hulle nie. Useless in my opinie want hulle beteken niks. Wat gaan dit my baat (mooi praatjies en beloftetjies beteken niks)? Die VF se oorspronklike visie/definisie van selfbeskikking het so vervaag en daar word niks daadwerkliks in die verband gedoen nie (al vir meer as 25 jaar gebeur daar niks in die verband nie). Ek stem maar vir ‘n party wat darem iets probeer doen.

Dries ·

Hulle kan net iets doen as hulle n groter mandaat kry ou maat

Baardman ·

Probleem is egter dat hulle ook nie vir die DA of VF Plus gaan stem nie, wat dalk erger is as om vir die ANC te stem

Johan ·

Verwag dat die ANC eersdaags ‘n aanpassinkie in Sassa-toelaes gaan aankondig. Dan is ALLES weer reg by die stemvee .

Di ·

Nee wat glo dit nie vir ‘n oomblik nie! Sodra dit by stemdag kom sal our people weer die kruisie by anc trek. Glo in elk geval daar gaan weer baie bedrog wees met verkiesing. Die huidige korrupte, onbevoegde spul sal sorg dat hulle in bewind bly, gaan dit nie so maklik prysgee nie

piet ·

Hulle sal eerder wegbly van die stembus af as om nie vir die ANC te stem nie. En wanneer dit regtig saak maak sal hulle weer ANC stem.

groenboer ·

Hulle gaan waarskynlik, helaas, ook nie TEEN die ANC stem nie, wat beteken die ANC sal by verstek aan bewind bly. Seker tot Jesus kom, soos oom Jacob gesê het.

Werner ·

Jy yl as jy dink n verkiessing sal vry en regverdig gehou word.Dae van verkiessings hou is 28 jaar terug verby.

gatgogga ·

Ramaphosa se ANC en Zuma se kriminele RET sal vir eers moet saamwerk, totdat die verkiesings verby is. Dan kan hulle weer hulle rugstekery hervat.

Jr ·

Now it makes complete sense why a week before the Ramamarginal goes to Soweto, Eskom announces the writing off of their electricity debt of billions. I rest my case your Honour

Werner ·

Die VF om nie eens van die DA te praat praat net soveel twak soos die anc.Hulle werk is maar net om die paddas gelukkig te hou terwyl die water warmer word.Na 27 jaar nig nie ons volkstaat gekry nie so ek mors nie meer tyd om te stem nie.Dit is in elkgeval nie vry en regverdig nie.

Dries ·

Werner hulle is hard besig met die selfbrskikking vir ons. Die media moet net vireers hieruit bly. Stem net reg uit beginsel uit

Truthful ·

As ons nie stem nie.gaan die vote automaties na ANC….dis kwellend…

Santjie van Soendal ·

Die EFF plakkate besoedel al wat n straatlamppaal is. Die res vd partye is missing in action… so hier en daar wel n Action SA…..????…..nét tyd sal leer wát en hóéveel van wat voorlê “vry en regverdig” en positief hoopvol gaan wees. Ons moet beslis opruk na die stembus, maar daarmee saam bly opkyk na die Berge omdat ons moet bly wéét dat dít is waar ons hulp vandaan gaan bly kom….

Marina ·

Probleem is as hulle nie ANC gaan stem nie, wi dan EFF? Dan is ons in elk geval ge-EFF

Belinda ·

JAJA… sien is glo! tot daar weer lee beloftes gemaak word dan trek almal weer daai kruisie langs die geel, groen en swart prentjie.
Ek glo niks tot ek dit met my eie oe sien nie.

fs ·

hahaha hoe lag ek nou – hul sal maar weer hul kruisie vir cANCer trek.. hul glo mos niks wat hul in die media lees oor die fatcats wat net vir hulself sorg.. dis mos nie waar nie of hoe? SIEN is glo…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.