Ons gaan nie ophou nie, sê Maimane

Mmusi Maimane lei die anti-Zuma-betogers op 18 April 2017 in Polokwane, Limpopo Foto: DA, Twitter

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die golf van betogings deur opposisiepartye en die burgerlike samelewing wat eis dat pres. Jacob Zuma bedank, sal toeneem.

“Indien die ANC nie kennis neem van die boodskap van Suid-Afrikaners wat saamstaan vir hul land nie, sal hy besef dat hy die leierskap van die samelewing verloor het. Hierdie optogte is noodsaaklik,” het Maimane aan verslaggewers gesê nadat hy ʼn optog gelei het na die provinsiale tesourie in Polokwane, Limpopo.

“Ons gaan nie terugtree nie. Ons gaan ons optrede landswyd verskerp. Suid-Afrikaners moet uiteindelik weet dit is ons land. Dis nie Jacob Zuma se land nie. Hy is verkies om die land te dien, en nou dien hy homself. So, ons sal voortgaan.”

Maimane het honderde anti-Zuma-betogers, hoofsaaklik DA-lede, gelei wat in Polokwane se middestad opgeruk het en eis dat Zuma uit sy amp verwyder moet word.

Die betogers het net voor 11:00 by die provinsiale tesourie opgedaag, wat deur talle polisiebeamptes bewaak is.

ʼn Paar lede van Vryheidsfront Plus en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het by die betoging aangesluit.

Mabine Seabe, Maimane se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die betoging word in Polokwane gehou omdat die provinsie ʼn bewys is van massiewe korrupsie wat Suid-Afrika teister.

“Jacob Zuma en die ANC het die misbruik van die mense se geld en instansies vir hul eie voordeel genormaliseer. Hulle het hul plig versuim om werk te skep en ʼn beter Suid-Afrika te bou,” het Seabe gesê. “Daar is nie ʼn beter gevallestudie as Limpopo nie – dit is korrup tot op die randjie van bankrotskap en ekonomies onaktief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert ·

Die Pookwane optog kon baie groter gewees het as die DA nie alewig partypolitiek en hul identiteit so adverteer ni.

John ·

Die DA se idees raak nou op. Wat van bloudruppelstatus vir al ons dorpe en stede. Dit behoort ‘n goeie blou doel te dien wat ‘n hele paar jaar sal kan voortduur… ‘n probleem wat ook meer blou optoggangers sal trek…

Genoeg ·

Zuma stuur hom nie aan al hierdie optogte nie. Da word eerder wakker en los die verhoor teen Helen Zille uit. Sy het niks verkeerd gesê nie net die wasrheid gepraat.

Jakoba ·

Ek dink weer die optogte is goed want dit pas konstante druk om Zuma.. Hy voel die hitte so DA stook daai kole laat dit vir hom warm raak. Al steur hy hom nie raak die wereld warm vir hom so een of ander tyd sal hy swig. Mens gee mos nie sou gou moed op nie man.

chris.l ·

ai tog as die DA nie iets doen nie bevuil julle julle broeke en as hulle iets doen is hulle alewig verkeerd
staan tog saam vir n sla asb

dirk L ·

goed gestel . Ek staan vas agter die DA. Hulle doen geweldig baie moeite en alles help. SA is vir almal wat daarin woon – ek gaan nerens heen nie, ek bly ook lojaal teenoor die SAners – van alle soorte – wat die huidige korrupte ANC beveg.Hiermee is die DA puik. Zuma steur hom wel aan die optogte. Hy lyk die laaste tyd skoon siek. Ek sou ook siek voel as ek soveel begunstigdes heeltyd moet voer om lojaal te bly, en een na die ander bedank hulle. ‘n skelm verwag altyd n dolk in sy rug ook en hierdie mense gaan begin praat. Zille moet in die openbaar om verskoning vra – voor die saak afgehandel is. sy help nie die DA met sulke uitsprake nie maar ek glo sy het steeds n groot bydrae te maak in die DA

Magda ·

Hi Chris, ek stem met jou 100% saam – staan saam met die DA en hou op kla. Gaan aan met julle optogte DA – en baie dankei vir alles wat alreeds gedoen is orals waar julle in beheer is. Wat Helen Zille aanbetref – as die DA nie optree nie wat dink julle sal gebeur – RAS, RAS RAS – ons mag en kan nie meer se wat ons wil nie – en SY is een wat dit behoort te geweet het – al klink dit hoe onskuldig. Sy is in die posisie wat met n valk oog dop gehou word en MOET 2 keer dink voor sy so iets op sosiale media se – al si daar baie mense wat saam stem kan dit nie op sosiale media gese word nie.

AL ·

Ek stem saam met jou. Die DA moes baie harder werk as die ANC om die sukses te behaal wat hulle nou het. Zille as n deurwinterde politikus moes van beter geweet het.
Sy het haarself blootgestel deur die enorme verdraaiing van die ANC se belaglikhede.

paula ·

Al hierdie mense wat so negatiewe komentaar lewer, ek wonder wat doen julle rerig om hierdie land beter te maak. Al wat julle kan doen is om negatiwiteit te saai met julle tonge. Genade man. Geen wonder dit gaan in hierdie land soos wat dit gaan nie, dit doemprofeet op doemprofeet oral waar ek kyk en lees en hoor.

En dan, wat dan? ·

Wat dan as Zuma bedank, wat dan wie word president?
Musi?
Mohlantle?
Ramaphosa?
Dlamani Zuma?
I rest my case….

AL ·

Ten minste is dit in die volk se hande om te veg vir n leier wie nie die belastingbetalers se geld kaalstroop nie, wat glo elkeen het n reg om in SA te wees, nie rasseverdeeldheid veroorsaak nie wat integriteit het.
Om in n kristalbal te staar vir n nuwe leier is nutteloos – harde werk en skouer aan die wiel sit om veranderinge te bring is ek en jou plig.

SARIE VAN HEERDEN ·

Zuma was tenspyte van al sy blapse, stelery, gegiggel en kinders en vroue by dosyne uiteindelik gladnie so treurig nie. Die man het hierdie Suid-Afrikaanse volk saamgebind soos geen leier voor hom nie. Saam staan ons teen hom. Saam wil ons van hom ontslae raak! Saam. Saam. Saam. Wat ‘n man! Wat ‘n leier! Viva Zuma. Viva!

Peet J ·

Die DA met hierdie optogte van hulle probeer om stemme te werf vir die volgende verkiesing. Die kritiek wat geopper word nl.”misbruik van mense se geld” ens. dra geen gewig nie, dit is niksseggend en verder speel hy in die hande van die ander politieke partye eintlik gebruik hulle hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.