Ons gaan nie ophou nie, sê Maimane

Mmusi Maimane lei die anti-Zuma-betogers op 18 April 2017 in Polokwane, Limpopo Foto: DA, Twitter

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die golf van betogings deur opposisiepartye en die burgerlike samelewing wat eis dat pres. Jacob Zuma bedank, sal toeneem.

“Indien die ANC nie kennis neem van die boodskap van Suid-Afrikaners wat saamstaan vir hul land nie, sal hy besef dat hy die leierskap van die samelewing verloor het. Hierdie optogte is noodsaaklik,” het Maimane aan verslaggewers gesê nadat hy ʼn optog gelei het na die provinsiale tesourie in Polokwane, Limpopo.

“Ons gaan nie terugtree nie. Ons gaan ons optrede landswyd verskerp. Suid-Afrikaners moet uiteindelik weet dit is ons land. Dis nie Jacob Zuma se land nie. Hy is verkies om die land te dien, en nou dien hy homself. So, ons sal voortgaan.”

Maimane het honderde anti-Zuma-betogers, hoofsaaklik DA-lede, gelei wat in Polokwane se middestad opgeruk het en eis dat Zuma uit sy amp verwyder moet word.

Die betogers het net voor 11:00 by die provinsiale tesourie opgedaag, wat deur talle polisiebeamptes bewaak is.

ʼn Paar lede van Vryheidsfront Plus en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het by die betoging aangesluit.

Mabine Seabe, Maimane se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die betoging word in Polokwane gehou omdat die provinsie ʼn bewys is van massiewe korrupsie wat Suid-Afrika teister.

“Jacob Zuma en die ANC het die misbruik van die mense se geld en instansies vir hul eie voordeel genormaliseer. Hulle het hul plig versuim om werk te skep en ʼn beter Suid-Afrika te bou,” het Seabe gesê. “Daar is nie ʼn beter gevallestudie as Limpopo nie – dit is korrup tot op die randjie van bankrotskap en ekonomies onaktief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert

Die Pookwane optog kon baie groter gewees het as die DA nie alewig partypolitiek en hul identiteit so adverteer ni.

John

Die DA se idees raak nou op. Wat van bloudruppelstatus vir al ons dorpe en stede. Dit behoort ‘n goeie blou doel te dien wat ‘n hele paar jaar sal kan voortduur… ‘n probleem wat ook meer blou optoggangers sal trek…

Genoeg

Zuma stuur hom nie aan al hierdie optogte nie. Da word eerder wakker en los die verhoor teen Helen Zille uit. Sy het niks verkeerd gesê nie net die wasrheid gepraat.

chris.l

ai tog as die DA nie iets doen nie bevuil julle julle broeke en as hulle iets doen is hulle alewig verkeerd
staan tog saam vir n sla asb

Magda

Hi Chris, ek stem met jou 100% saam – staan saam met die DA en hou op kla. Gaan aan met julle optogte DA – en baie dankei vir alles wat alreeds gedoen is orals waar julle in beheer is. Wat Helen Zille aanbetref – as die DA nie optree nie wat dink julle sal gebeur – RAS, RAS RAS – ons mag en kan nie meer se wat ons wil nie – en SY is een wat dit behoort te geweet het – al klink dit hoe onskuldig. Sy is in die posisie wat met n valk oog dop… Lees meer »