‘Ons gaan voort met radikale ekonomiese transformasie,’ sê Zuma

President Jacob Zuma met Vrystaat-premier Ace Magashule en minister van handel en nywerheid Rob Davies tydens die bekendstelling van die Maluti -A-Phofung Special Ekonomiese Sone in Harrismith, Vrystaat (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê Suid-Afrika gaan voort met radikale transformasie van die ekonomie, en doen ʼn beroep op die privaat sektor om met die regering saam te werk om besigheid te doen.

Zuma het ʼn toespraak gelewer by die herbekendstelling van die 1 038 hektaar Maluti-A-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone in Tshiame Harrismith, in die ooste van die Vrystaat.

Hy het gesê Spesiale Ekonomiese Sones en nywerheidsparkprogramme is noodsaaklik om die land se ekonomie radikaal te transformeer.

“Dis ʼn spesiale ontwikkeling wat deel vorm van ons doelbewuste pogings om ekonomiese ontwikkeling en groeigeleenthede te skep nader aan plekke waar mense woon. Ons doen dit deur industrialisering en die ontwikkeling van township- en plattelandse ekonomieë,” het Zuma gesê.

“Die regering en die regerende party is ten volle toegespits daarop om ʼn program van radikale ekonomiese transformasie na te jaag en te implementeer. Een van die noodsaaklike komponente is die idee van ʼn gebalanseerde streeksekonomiese- en industriële ontwikkeling.”

Zuma het gesê die regering is ook toegewyd om dit makliker te maak om besigheid te doen.

“Deur die toepaslike 15% korporatiewe belastingkoers, sal die regering julle belastinglas verlig. Deur die doeanebeheerfasiliteit, sal die Suid-Afrikaanse Inkomstediens dit makliker en bietjie goedkoper maak om handel te dryf.”

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, en sy adjunk, Gratitude Magwanishe, Ace Magashule, premier van die Vrystaat, en verskeie provinsiale LUR’e, het Zuma bygestaan.

Magashule het Zuma verseker dat die land “volle vertroue het in sy leierskap”, ondanks onlangse betogings en sterk teenkanting van politieke partye wat sy presidensie bedreig.

“President, wees sterk. Die land is agter jou en ondersteun jou. Dit is die tyd wat Suid-Afrika jou baie meer nodig het as enige ander tyd, pres. Zuma,” het Magashule gesê.

President Jacob Zuma stel die Maluti -A-Phofung Special Ekonomiese Sone in Harrismith in die Vrystaat bekend (Foto: GCIS)

“Dit is slegs tydens Zuma se presidentskap, dat Harrismith aandag kry, ondanks die feit dat dit al sedert 2007 poog om aandag te trek. As dit nie was vir pres. Zuma en minister Davies nie, sou die regering Harrismith oorgesien het wat ontwikkeling betref.”

Magashule het ook die direkteur-generaal van die departement van handel en nywerheid, Lionel October, bedank dat hy ʼn groot rol gespeel het om Spesiale Ekonomiese Sones na Harrismith te bring.

Maluti-A-Phofung Ekonomiese Sone is 1,038 hektaar grond wat geoormerk is om ekonomiese groei en ontwikkeling in die streek te bevorder, as deel van die regering se plan van radikale maatskaplike ekonomiese verandering. Dit is in 2013 van stapel gestuur met ʼn beraamde R1,5 miljard kapitale uitgawe en 29 000 poste wat geskep sal word.

Die provinsiale regering het toe dadelik aansoek gedoen vir die nasionale regering om die sone in ʼn “Spesiale Ekonomiese Sone” te omskep, en goedkeuring is in 2015 bekom.

Die Maluti-A-Phofung SES sal gebruik word as ʼn rugsteunoperasie om verkeer te verlig by die Durbanse hawe en sal doeanefunksies bied vir ingevoerde en uitgevoerde goedere.

Dit sal ook pad- en spoorlogistiek verskaf en hanteringsfasiliteite vir die Gauteng-Durbanhawe-korridor en dit koppel aan die Bloemfontein-Kaapstad-korridor.

Die leier van die amptelike opposisie in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het egter die herbekendstelling van Maluti-a-Phofung SES verwerp en gesê dit is net nóg ʼn leë belofte en ʼn beeldpoetser-veldtog deur Zuma en Magashule. “Dis niks behalwe ʼn mors van geld nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jos ·

En ek glo hom ook nie meer nie. Hy het dan gese hy gaan bedank as die Bulle hul eerste game wen en hier is hy dan nou in Harrismith.

Sal hom wragtag nie weer glo nie !

Jaco ·

Soos die 5 miljoen nuwe werksgeleenthede wat jy belowe het wat sou plaasvind terwyl jy “rule”…

Dissie ·

Is dit transformasie wanneer ñ kannibaal met ‘n mes en vurk eet?

Johann ·

DISSIE; BRILJANT!!!!!! Net jammer dat stortkop en sy handpoppe nie sal verstaan wat jy sê nie? Whahahaha. Waarskeinlik sê dis koloN-iaal, rassisties. Dom.astrant verby. Maar sê ons tog Prwsident…wat bedoel JY met RADIKAAL…en TRANSFORMEER? NOG EN MEER steel en raid van Staatskaste deur jouself? Of gaan jy met.jou aanstelling van jou Zumakies.en jou ZUPTATOPIA jou “people” ook kans gee om.te steel…nadat jy gevat het wat jy wou? Bokwagter Wiskunde…Sotlikheid van GEEN gelyke!

pie in the sky ·

Dis reg – doen so voort en sal die laaste een om Suid Afrika te verlaat asseblief die lig wat nog aan is, afskakel?

Moeggepraat ·

Nog ‘n plek waar ons ingevoerde items gesteel gaan word; Durban, JIMC en nou ook Tshiamo. Gaan die Poskantoor ook ‘n tak daar hê?

Dries ·

Sit ek nou hier in my enigeheid en dink. Is dit nie wat Dr Verwoerd ook gedoen het met plekke soos Ciskei,Transkei en die plek hied langs Botswana en ander plekke nie. Wou die werk na die mense toe vat. Het dan belasting afslag en ander voordele vir die firmas gegee. Wonder maar net

Kobus ·

Toe ek die berig lees, het presies dieselfde by my opgekom. Nou is dit skielik Zuma wat so ‘n briljante idee gehad het, terwyl al die ontwikkeling wat in die ou tuislande tot niet gemaak is omdat dit apartheid was. Nou bly miljoene mense in plakkerskampe om naby die werk te wees terwyl hulle huise in die ou tuislande leegstaan

zumamustfall ·

Hy probeer nou die Mugabe rol speel van vat vanaf die wittes en deel uit vir die arm massas sodat hulle nie te opgewonde raak oor die honderde miljoene wat hy en sy tjommies steel nie, ongelukkig het julius mal-ema klaar daai rol gevat ou.

Ange ·

Radikale Transformasie? Soos om die S.A mark te vloed met Amerikaanse hoender tot op die punt waar ons hoender boerderye daaronder ly en werkers afdank?

Scalla ·

Wat het van ace se opgradering bedrog by sy private woning geword, soort soek soort

Johanna Botha ·

Gaan kyk maar weer oor n jaar wat daar gebeur soos by so baie ander blink planne wat nou dinge gaan verbeter en werk skep …dit is alles groot mislukkings soos alles waaraan die anc vat ….noem asb net 1 wat werk asb ?

Ben Prinsloo ·

Dankie Dries maar hy is mos vervloek in die nuwe suid afrika.

w ·

Hahaha. Wie glo nog die beloftemaker. Huveel miljoene werks geleenthede wou hy skep waarvan dadels gekom het. Rob Davies ook ma net daar vi sy maandeLikse pay cheque

Janie Monsieur ·

Dagsê Ronnie,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir daardie fout en dankie dat jy ons daarop gewys het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Gerrie ·

Ek het in 1992 uit Harismith na Pretoria verhuis,Harrismith het so agteruitgegaan,dit wil vir my voorkom of daar niks gedoen word nie,dit lyk soos n spook dorp . Wat eens n dorp wat n mens trots op kon wees.Maar Zuma en sy maaities het dit ordentlik deur hulle alies getrek.ja Ronnie dis Tshiame,waar ek baie besigheid gedoen het.

Ronnie ·

Gerrie, ek hoor jou hart. Ek het ook daar naby gewoon. Gaan kyk hoe word die hele MAP munisipaliteit bestuur: dis ‘n skande! Daar is steeds nou nog mense wat nie water het nie. En gaan kyk maar: daardie nuwe mekka waarvan gepraat word, is net ‘n stuk grond met ‘n netjiese, ellelange heining om. daar gebeur nog niks.

John ·

Die dam en omgewig gaan deur Zoeloes en hul uitlandse base beheer word… grondbesetting dus op ‘n glo wettige wyse. Die grootste dam in land behoort nou aan die Zoeloes. Ons res gaan betaal vir die water tydens ‘n droogte. En besoedeling sal op grootskaal plaasvind. Alles met ‘n slim plan. Elke kamma radikale groeipunt gaan altyd met bevoordeling saamloop. Altyd. Kyk maar. Dit gaan nie oor armes of werkskepping nie maar oor vergrype.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.