‘Ons het vir advertensieborde oor ANC, e-tol betaal’

anc-advertensieborde-320x234Dit het Sondag aan die lig gekom wie betaal het vir die advertensieborde langs Gautengse hoofweë wat met die ANC en die e-tolstelsel gekskeer.

“Die advertensieborde is ons s’n,” het Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat in Gauteng, Sondag gesê. Op die advertensieborde staan daar in wit op swart: “E-tolls. Proudly brought to you by the ANC”. Maimane sê die boodskap van die advertensieborde is “100% akkuraat” en dit is moeilik om te verstaan hoekom die ANC ontsteld is daaroor. “E-tol is begin onder leiding van ʼn ANC-minister, ondersteun deur die ANC se uitvoerende raad in Gauteng, as wet bekragtig deur die ANC-meerderheid in die parlement en deur ʼn ANC-president onderteken.” Maimane sê die regerende party het aanklagte oor die advertensieborde by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde en die Onafhanklike Verkiesingskommissie aanhangig gemaak. “Ons sê bring dit. Ons sal ons reg om advertensieborde op te rig verdedig by enige forum wat die ANC kies.” Die ANC sê hy sal later op die DA se bewerings reageer.

Die maatskappy Till Outdoor besit die advertensieborde, maar wou aanvanklik nie sê wie die kliënt is nie, omdat ‘n vertroulikheidsooreenkoms aangegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Liana ·

Mary ek het al baie oorweeg om op te hou om Maroela se berigte te lees. Die spelling en taalgebruik is soms regtig swak. Ek hoop hulle sal aandag skenk aan al die nalatige foute.

Boere-meisie ♡ ·

Stem saam ! Hulle is vinnig om eerlike aanmerkings af te haal, maar die berigte is soms soos die van ‘n laerskool kind !!!!!!! Wonder of die comment nog more hier sal wees ??? !

Nico Strydom ·

Haai. Die foute in die berig is reggestel. Jammer daaroor. Vriendelike groete.

Justi ·

Is sommige mense net daarop uit om fout te soek? Ai, jai, jai……dis……wag…..laat ek my taal meng…….dis heavy en bad! Hou op moan en groan asseblief tog.

Liana ·

Justi as die foute die konteks van die storie verander dan maak dit nogal saak. Dankie vir die regstel Nico.

Amanda/Sindy ·

Wel gedaan. Hoop “oorsee” sien dit ook….. Waarvoor het die ANC die keer geld nodig. Daar word miljone gemaak met huidige tolpaaie!! Dalk nog ‘n straler of moontlik het tjom zim iets nodig. Waarom???

Pieter Potgieter ·

Kom aan julle ons spel soms almal verkeerd. Julle verstaan tog seker afrikaans. Hou op om negatief te wees en kyk na wat gebeur en reageer daarop. Ek geniet goeie komentaar meer as al die negatiewe menings. Goeie ding dat die ANC vas gevat word wat se julle. Dankie Maroela jul is puik ek geniet julle

Justi ·

Pieter jou doring! Dis goed gestel. Ek geniet dit ook om almal se kommentaar te lees. Dankie Maroela, met foute en al kan die wat die nuus lees verby die tik foute kyk en lees wat werklik bedoel is. Een, twee……drie!! Op met die hande die wat nog nooit n tikfout of spelfout gemaak het nie………….

H J Bester ·

Dis reg Pieter, wys die klomp heethoofde op hul bekrompenheid – ja en hulle moet hulle by die inhoud van ‘n berig bepaal en nie nikssegende en ontersaaklike relase lewer nie. Ek wil Leana bykans ondersteun – hou op om Maroela te lees want dan is ons immers van een klakous ontslae.

Nietemin is die inisiatief met die advertensie nogal ‘n skerp idee van die DA-kandidaat. Die DA wil Guateng mos graag met die volgende verkiesing inpalm.

sons ·

Mary en Liana,
Ek sal julle graag wil ontmoet want ek het nog nooit ‘n perfekte mens gesien nie! Sal ‘n eer wees!

Liana ·

Haai jinne julle gaan nou oorboord. Ek gee nie om vir tikfoute nie, daarom kla ek nie oor die “advertensieboorde” nie. Dit is net verwarrend as ‘n tikfout ‘n ander woord vorm en die betekenis van n hele sin verander. Ek waardeer dat Nico dit verander het.

wragtig ·

Wens die klomp ou kla kouse so kan kla oor kospryse.petrol pryse,melk pryse. Weet julle wat gaan sit en vang n dop en vang gees man. Julle stress oor tikfoute terwyl die land in sy glory vergaan.

wragtig ·

Justi plaas lewer hulle kommentaar nou sit hulle en soek spelfoute. Dis die toppunt van verveeldheid.

Justi ·

Wragtig ek stem saam. Ek is engels, tog probeer ek my bes om afrikaans reg te skryf en praat omrede my man afrikaans is. So ja, ek maak seker hengse foute maar ek probeer! Afrikaans BO! Meeste boere en hul vroue praat van die “man met die engelse vrou.” Hehehe ek is ook net n mens wat probeer en ek sien ander se foute ens oor. Dis kleinlik om te kerm en kla

Jackie ·

Baie dankie Maroela Media dat julle, ten spyte van al die kritiek, steeds GRATIS berigte skryf en ons ingelig hou. Ek het self al probleme ervaar, dat my rekenaar en my foon, my Afrkaans verander na die naaste Engelse woord (wat meestal glad nie sin maak), dus lees ek deesdae alles wat ek e-pos en skryf weer, en dan glip daar nog steeds klein jakkalsies deur.

Jackie ·

Ek wou nog sê, die ANC kan die waarheid nie verduur nie, omdat hulle so gewoond is om nie die waarheid te praat nie, of kan ek maar sê, omdat hulle so gereeld LIEG……

Wikus ·

Soos hulle se, as jy n fight kan begin, moet jy dit kan klaar maak.. Die DA aanvaar net die uitnodiging;) Thanks Maroela, julle doen goed!!

wragtig ·

JustI jys oulik en se n ding reguit. So engelse vrou kort net nog baie afrikkanse vriende en dan is jy tops. Hou so aan Justi.

Justi ·

Wragtig, dankie. Het n hele paar afrikaanse vriende. So ek kom stadig maar seker by……….

Cherryl Boshoff ·

Ek bly in Saudie Arabie en is te dankbaar ek kan nuus kry aangesien Beeld nou so snoep is met hul aan lyn nuus. Soooo… spelfoute of nie, te dankbaar vir enige nuus!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.