Die sangeres Jennifer Zamudio het Donderdag op Facebook bevestig haar broer se seun, René (22), is oorlede.
Die nuus volg nadat Zamudio se pa, ook René, in Augustus verlede jaar in die ouderdom van 80 oorlede is ná ʼn stryd met longkanker.
Maroela Media het ook berig haar neef, ao. Dion Juan Gaston Dumas van Malmesbury, is in Desember 2016 vermoor.
“Dié week moes ons Zamudios nog ʼn lid van ons familie aan die dood afstaan – die enigste kleinseun en my pa se naamgenoot,” het sy op Facebook geskryf.
“René was ʼn saggeaarde mens en ʼn ware gentleman. Ons familie is hard geslaan deur die dood die afgelope paar maande. Dit breek mens se hart in miljoen stukkies.”
Dit is nog onseker hoe René oorlede is.
Zamudio kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Ai ons harte gaan uit na die familie. Sterkte in die donker tyd! Dink aan julle met jul groot verlies.
Om staande te bly, bly op jou kniee Jennifer en bid om genade van Bo. Dit sal lank neem om hierdie hartseer te verwerk.
Mooi loop.
Pragtige jongman! So jammer. Innige meegevoel met sy familie!
MM Wat het met hom gebeur? Is hy ook statistiek van die crime in SA?
So jammer! Sterkte aan julle almal…xx
Ondersteun die regse poging tot swaai na konserwatisme. Moet nie kla as die beleid jou eie sienswyse ondersteun nie. Kla as dit daarteen is.