“Ons is jammer,” sê Spur

Argieffoto

Pierre van Tonder, die uitvoerende hoof van die Spur, het Maandag onvoorwaardelik om verskoning gevra oor dié restaurantgroep se optrede teenoor hul kliënte in die rasse-debakel wat steeds om Spur se kop woed.

“Ons het besef dat ons die afgelope paar maande nie na ons kliënte geluister het nie. Die onlangse konfrontasie tussen twee kliënte en die gevolglike reaksie, het ʼn kragtige boodskap tuisgebring en dit is dat ons gehoor moet gee aan ons kliënte se behoeftes en hul frustrasies,” sê Van Tonder.

In ʼn mediaverklaring op die groep se webwerf het hy ook gesê hulle het besluit om die werksaamhede van die paneel deskundiges wat aangestel is om die onlangse Spur-rasseinsident en Spur se hantering daarvan te ondersoek, voorlopig “op ys te sit” terwyl Spur se topbestuur eerder self die land gaan deurkruis om na die insette van konsessiehouers en kliënte te luister.

Spur het in April besluit om dié paneel aan te stel wat na voorleggings uit die publiek sou luister om die restaurantgroep te help bepaal of hulle reg opgetree het toe hulle besluit het om ʼn man alle Spur-restaurante te belet ná ʼn heftige woordewisseling tussen hom en ʼn vrou in Maart in die Texamo Spur in die suide van Johannesburg. Die nadat hy beweer het haar kind het sy kind geklap. Die voorval is op video vasgelê en het soos ʼn veldbrand versprei terwyl dit ʼn rasseherrie op sosiale media ontketen het.

Die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum het verlede week ʼn uitnodiging om ʼn voorlegging te maak aan die paneel wat die Spur-voorval ondersoek, van die hand gewys omdat hulle die paneel as “bevooroordeeld en subjektief” beskou. Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, het toe aanbeveel dat Spur eerder fokusgroepe met kliënte en konsessiehouers moet hou om te bepaal hoe hulle voel.

“Ons aanvaar dat ons erkenning moet gee aan die mening en sentimente van beide die publiek en ons konsessiehouers met betrekking tot die insident en ons optrede,” sê Van Tonder. “Hiermee vra ons dan ook onvoorwaardelik om verskoning aan enige persoon of gemeenskap wat aanstoot geneem het weens ons optrede en sal in die toekoms verseker dat daar ʼn regverdige verhoor plaasvind voor enige oordeel of uitspraak gemaak word.”

Van Tonder het gesê die publiek se reaksie en insette op grondvlak het Spur oortuig dat daar meer waarde daarin lê om na die groep se konsessiehouers en die publiek – hul kliënte – te luister.

Hy het ook gesê die groep het besluit om onmiddellik ʼn taakspan aan te stel om die speelareas vir kinders by hul restaurante veiliger te maak. “Daar sal ook meer personeel aan diens wees tydens besige periodes. Konsessiehouers sal ook opleiding ontvang in konflikhantering.”

Van Tonder het verder gesê die Spur wil nie in politieke debatte betrokke raak nie. “Ons sal fokus op dit wat die restaurant die afgelope 50 jaar ʼn eg en gewilde Suid-Afrikaanse instelling gemaak het – ʼn plek waar families van alle gemeenskappe veilig en plesierig kan verkeer. Die lesse uit die voorval sal tot uitbouing van hierdie fokus dien.”

Hy het verskoning aan Spur se konsessiehouers gevra en erken dat hulle nou onder druk verkeer sonder dat hulle enigiets verkeerd gedoen het. “Spur sal hulle bystaan om weer die persoonlike verhoudinge in hul onderskeie gemeenskappe te herstel. Ook aan hulle rig ons ʼn opregte verskoning.”

Hermann het die besluit van Spur om op ʼn “luistertoer” te gaan geloof en as ʼn groot stap vorentoe beskryf vir konsessiehouers, personeel en kliënte.

“Kliënte het die afgelope tyd gevoel Spur luister nie na hulle nie. Hulle wil gehoor word. Spur is ʼn familierestaurant en familielede luister na mekaar. Kliënte van Spur was meer as kliënte, hulle was deel van die ‘tribe’ en hulle voel die ‘chiefs’ het hulle verraai. Dit is dus nou goed dat die ‘chiefs’ in hul karre klim en gaan luister.”

Hermann het ook die Spur se besluit om die werksaamhede van die paneel op ys te plaas verwelkom, omdat hy glo die Spur se antwoorde sou nie van “bo vanuit ʼn paneel kom nie, maar eerder van onder af van gewone kliënte”.

“Spur was vir ons as kliënte meer as ‘n restaurant: dit was die plek waar ons kinders partytjies gehou het, waar roomys gebring en gesing is as ons verjaar, waar kelners vir ons dans en die kinders lekker en veilig speel. Ons sal graag vir die ‘chiefs’ wil sê hoe ons voel. Ek gaan self vra om met die ‘chief’ te praat, want ek wil hê hulle moet verstaan wat met hulle gebeur het.”

Volgens Hermann het hulle die afgelope weke met tientalle konsessiehouers gepraat en sal hulle graag saam met hulle wil soek om ‘n oplossing te kry. Die meeste konsessiehouers kom uit die gemeenskappe waar hul Spur-restaurante geleë is.

“Ons moedig gemeenskappe aan om in gesprek met konsessiehouers te tree om te kyk of die vertrouensverhouding met die gemeenskap herstel kan word. Spur se topbestuur se verskoning en hulle besluit om op ‘n luistertoer te gaan, maak dit vir konsessiehouers en hul gemeenskappe moontlik om in gesprek te tree.

“Die herstel van verhoudinge met die ‘tribe’ sal van onder af tussen konsessiehouers en die gemeenskap moet geskied. Dit is egter nog ‘n pad. Indien versoek sou word, sal ek as fasiliteerder tussen plaaslike konsessiehouers en gemeenskappe optree. My hart is by die gemeenskap, konsessiehouers en personeel. Die vraag of daar herstel tussen kliënte en die Spur-groep gaan wees, kan net beantwoord word ná die luistertoer. Die toets sal wees of Spur se topbestuur gehoor het en daaruit planne in plek gesit het om Spur weer ‘n plek te maak waar families veilig en lekker kan kuier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

470 Kommentare

Swapie ·

Ja toe, nou is Spur skielik jammer. Mag ek vra of die wit man en sy gesin nou weer welkom in die Spur sal wees of is hy steeds verban?

Carolina ·

Mnr van Tonder gaan jy ook gratis etes en berading gee. Miskien ope brief van verskoning aan die ander party wat verban is van alle spur’s.

Michelle Maartens ·

Al kom die koninging van Sheeba persoonlik om die man in die Spur video verskoning te vra…sal ek steeds nie my voete weer in Spur sit nie… too little too late.
Moeg dat ons mense vir als blameer word en uitgemaak word as die verkeerde party. Kry vir julle Spur….

Lindy Lombard ·

Ek sal ook graag wil weet of die blanke man en sy gesin nou weer welkom is by spur.

Ons as blankes moet Spur nogsteeds nie ondersteun totdat hulle hom weer toelaat nie

Wonder ·

Ek dink die CEO van Spur was die beste bemarker vir sy opposisie… Hulle is hom ewig dankbaar!

Top moet eers bedank ·

Van tonder en die wat daardie onverantwoordelike besluit geneem het moet eers bedank.

Cherokee ·

Ons as blankes moet die Spur nie ondersteun as hulle hom weer toelaat nie. Hy kan maar gaan gil en vloek op ‘n ander plek. Die swart vrou moet egter ook verban word want dieselfde geld vir haar. As ek ‘n paar honderd rand en twee ure gaan spandeer in ‘n restaurant saam met familie en vriende en so ‘n chaos vind plaas, gaan eet ek op ‘n ander plek. Hulle albei het ‘n duur aand wat plesierig moes wees vir ander kliënte bederf.

Tiaan. ·

Daardie “chiefs” het n gesegde wat sê, as jy agterkom die perd waarop jy ry is dood, klim af! Begrawe nou maar daai perd en gryp die geleentheid aan om n splinternuwe “Volksrestourant” groep op die been te bring. Daar bestaan reeds n vakuum wat net gevul moet word. Dan hoef ons nie te vra vir Afrikaans of volkswaardes en norme nie, ons neem dit self in diens. Dirk, ons moet nie die geleentheid laat verbygaan nie. 25% van netto wins sal dan gaan om ons honger armblanke kinders te voed!

Henk ·

Veels geluk Afrikaners, klop julle self op die skouer met hierdie oorwinning.

Jan ·

@Tarina – Jy moet tog nie die Fake news glo nie- ek het ook a restaurant, dit is nie moontlik vir a waitress met jou kos to mors nie. Haar portrait was ook van VSA of so iets. As mense sulke snert glo sal hulle enige iets glo

Thea Malan ·

Die regte ding was om altwee te verban en uit te gejaag het. Julle is nie n hof on te besluit wie is die skuldige nie. Net die kinders sal weet. Dit sou die regte ding gewees het.

Wynand ·

Stem saam dat hierdie ommekeer effe laat is.
Stem ook saam dat Spur die wit man om verskoning moet vra, maar slegs omdat net hy uit alle Spurs “verban” is en nie die swart vrou ook nie.
Beide hierdie onopgevoede man en vrou behoort “verban” te word!!!

Michiel ·

Ek wil ook Afrikaans op die spyskaart sien. Alles is in Engels!!!

Annalien ·

Dis nie n oorwinning nie. Hulle vra verskoning omdat hulle nie na hul kliente geluister het nie. Wat van die mense wat betrokke was by die insident wat die ding begin het? As hulle die man verban het moet die vrou met haar boelie kind ook verban word. Daai man se kind is onskuldig en die kind wat haar geslaan het se ma en blykbaar Spur ook verwag die man moet smile en se dis net kinders. Dis onaanvaarbaar. Ek het die advertensies gehoor wat skielik in Afrikaans is om ons heuning om die mond te smeer – nie maklik nie Spur. Ek wil weet watter aksie word teen die kind wat alles begin het geneem – en omdat dit n kind is – sy ma? Wat van die posts deur Spur werknemers wat vertel wat hulle met wit mense se kos doen? Word dit ondersoek? Mens kan net n verskoning aanvaar as daar verskoning gemaak word vir die regte goed – hierdie verskoning is om te probeer keer dat hul nog geld verloor – nie vir hul optrede nie. Spur – ons is nie dom nie.

Die_BeEer ·

Lol julle het skade gely en nou wil julle trug kryp ! Verban dai vrou ook sy hoort ook nie meer in spur nie !! Sy was net soo arogant en rasisties !

Elize ·

Dis presies wat ek ook wil weet. Nêrens maar nêrens lees ek dat dis man en sy gesin gekontak is of om verskoning gevra is nie. Is dit dan nie waar alles begin het nie???

Christo ·

Die wit man het homself soos n vark gedra, die swart vrou het haarself soos n vark gedra. Vir hulle voel ek vere, dis die reaksie wat stik. Toe Spur die eerste keer omverskoning gevra het, het hulle gekies om n bitter onnodige opmerking te maak oor die KP. Dis antieke geskiedenis en om dit op te bring het hulle gewys wat hul dink van hul kliente. Ek kies uit Spur, en julle sien my nie weer nie. Thanks for the memories!

Jan ·

Nee Swapie, ek lees elders in die media, hierdie het gekom NA by die 150 Spureienaars (konsessiehouers) erge druk op die Spur se topbestuur uitgeoefen het om ‘n landwye toer te onderneem.

HENNIE ·

dis n skande dat nn witmann teen sy eie mennse gedraai het en volksverraad gepleeg het. ek sal beslis nnie weer so nn organisasie besoek nie gee eerder my verdiennste waar dit wel waardeer word.

Deon ·

Dit is regtig jammer dat die verlore miljoene, kliente en gesluite deure van sekere Spurs, Van Tonder skielik van sy troontjie wil laat afklim. Dit is duidelik dat sy en die CEO se voorspelling dat die wegblyaksie tydelik sal wees nie gebeur nie. So ver dit my aangaan is Van Tonder en die stigter (CEO) se groot ego’s die oorsaak van doe gemors waarin hulle hulself bevind. Bietjie marknavorsing voor sy uitlatings sou gehelp het want die sogenaamde konserwatiewe groepe wat nie weer sal teruhaan nie het hulle gebring tot waar hulle is vandag!
Die mark waarop Van Tonder sy prpjeksies gedpen het is toe nie so sterk steunpilaar nie is dit?
Vir my het dit net te lank gevat!
Om die kroontjie te plaas op alles het hulle die man wat verban is op sosiaale media nog n paar dae probeer slegmaak met allerhande bewerings van watse rekords van aanranding, winkeldiefstal ens. As dit nog nie gewerk het nie,
Sal nils werk nie! Spur het n slegte smaak gelos na die debakel…Telke male maar oor en oor bewys watse tiepe mense aan die top bestuur staan…ek voel jammer vir die eienaars wat daaronder lei, maar vat die miljoene wat julle oor die jare van ons sogenaamde “conservatives” gemaak het, bou iets nuuts! Ons is klaar met die Spur groep! Dit is n les wat Van Tonder vir alle retailers en frenchises op Spur se “bill” in SA ou geleer is!

Ja wat ·

As van Tonder bedank sal ek dit oorweeg om Spur te ondersteun.

T ·

Al hoekom hulle jammer se is omdat hulle geld soek geen ander rede nie, hulle is nie jammer nie anders sou hulle lankal op dit reageer het, ek belowe jou as niemand die spur geboikot het nie sou hulle nie jammer gese het nie dit gaan hier net oor GELD hulle soek die mense erug en se nou maar jammer. My sussie se seun wou by spur werk hulle het poste gehad maar hulle stel nie blankes aan nie met dit en die indident bly ek VER weg van spur af. Hulle kos elke geval duur vir wat jy kry. Eks oor hierdie hele situasie waar blankes heeltyd moet jammer se, terug staan ons is so bang om ietsie te se want dan word ons as rasisme uitgehaal. Dis soos kinders wat ‘n game speel met ons mooi land en ekonomie.

Leendert ·

Ek lees ook nou elders op ‘n webwerf, dat 150 van, net oor die 300 bestuurders, van die Spur, het geweldige druk op Van Tonder en die topbestuur gesit om die land te deurkruis. DUS het die besluit van die Spur, om dit te doen, NIE uit uie beweging gekom nie, MAAR IS HULLE DAARTOE GEDWING.

Magda ·

My kleinkinders se gunsteling plek maar nee dankie as hul nie meer veilig kan speel waar hul geboelie word nie .Gaan spur daai ander man en sy gesin onverskoning vra in die media of gaan hul dit net so los ek voel hys beledig voor die publiek en soos honde uit gejaag waar die ander party gratig ete gekry het .Hul moes altwee patye die selfde behandel het en ondersoek ingestel het voor hul besluite geneem het.Hul kan soveel oppassers insit by kinders gan geen saak maak nie kinders gaan nog geboelie word daar.

Cathy Du Plessisc ·

Vra op sosiale media om verskoning aan die man wat verban is en sy familie. En aangesien julke besig is om dinge te probeer regstel, verander sommer ook jul verjaarsdag liedjie terug na, die oorspronklike lied. Almal kon, dit verstaan. Die nuwe geskreeu is uitsluitlik verstaanbaar vir nie blanke gemeenskappe. Daar was ons ook alreeds uitgeluit van spur se beleid.

Larine ·

Ek het na die rasse-insident my eetlus vir die Spur verloor!! Nou na die rasse-insident kom die Spur agter hoeveel geld hul eintlik nou verloor nadat die blankes hul geboikot het. Dis bietjie laat, sou ek se!! Nou weet jul wie jul altyd meestal ondersteun het! Ek dink, dat as die spur werklik iets wou doen hieraan, moes hul DIREK na die insident die saak reggestel het deur of die wit man weer by die spur toe te laat met ‘n omverskoning of die swart vrou te verban van die spur. Dit het hul nie gedoen nie en kyk wat het dit jul in die sak gebring??!! Bietjie laat vir verskoning vra. Jul enigste oplossing sal wees om die bestuurder by die betrokke spur af te dank (wat die situasie hanteer het), om verskoning aan te bied in die openbaar en oor TV aan die wit man wat jul geskors het en hom terug te laat in die spur. Die swart vrou moet ook op TV en in die openbaar ingeroep word en aangevat word oor haar optrede. Dit mag nie onder die mat ingevee word nie. Dan alleen sal ons jul weer ondersteun.

JOHAN BRONKHORST ·

Bietjie baie laat is dit nie. Ek glo hy worry nie soseer oor die herstel as oor sy eie ego en eie sak nie.

Lynette ·

1. ‘n Verskoning is aanvaarbaar NET wanneer dit spontaan gelewer word – wanneer dit onder dwang gemaak word, is dit net PATETIES en totaal onaanvaarbaar; 2. Selfs al WORD die vrou en haar kind nou OOK verban uit SPUR – hulle het hulle seker al buite weste geëet aan al die etes-on-the-house en het reeds BERADING gekry op Spur se onkoste – om hulle NOU toegang te belet sal regtig baie verwarrend wees en dan sal Spur seker deur die vrou gedagvaar word vir VERDERE berading vit hierdie “verwarring wat haar arme seuntjie aan onderwerp word” – hy was dan die HERO tot dusvêr!? 3. Afrikaners moet meer dikwels met hul BEURSIES stem, lyk my dit maak die SEERSTE; 4. As Spur SO seker was van hul saak, hoekom nou rittereer – of meer akkuraat -in sirkels hol soos ‘n afkop-hoender?? 5. spur SIEN MY NIE WEER NIE – punt

Ansa ·

Nee wat hou julle kos En verskonings vir julle uitgesoekte kliente. Ons stel nie belang nie.

Jerry ·

Raak seker nou meneer van Tonder se sak, die dat hul so vinnig ommeswaai beleef…
Ekt in elk geval reeds bedank as Spur klieent aangesien hul pryse teenoor kwaliteit en kwantiteit nie meer regverdig kan word nie….

Charmain ·

Se eers vir ons of die man onverskoning gevra gaan word en of hy weer welkom is in spur. So nie kan hul ma hul spur hou. En sommer iets doen aan hul kelners wat se. Im sorry I dont speak afrikaans. My taal en ons mense het n reg!

Leon ·

Diegene wat van ander restaurante gebruik gemaak het na die voorval sal waarskynlik daar bly.

Franco ·

Ja, vra om verskoning aan die man wat veban is. Gee hom ook skadevegoeding vir sy naam wat geskend is. En dan personeel in die Spur wat sy kliënte in hul eie taal en kultuur kan bedien.

LATIE ·

JA EK STEM SAAM ONS TAAL ONS DIE REG OM TE SE DIS MY TAAL HUL MOES AFRIKAANS MOES PRAAT CHEERS AFRIKAANS

Sonja Rossouw ·

Jammer te laat sal nog steeds nie ons voete daar sit nie

Alta Schutte ·

Ek is bebrees dat dit te laat is…ek glonie die mense gaan terugkeer na Spur toe nie. Die skade is gedoen.

Charmain ·

Is die man weer welkom in die spur? Vra hom voor almal onverskoning. En leer jul kelners om nie te se.Im sorry I dont speak afr. Anders, vergeet van ons!

S T S ·

Van tonder het nie die GUTS om die wit man ook omverskoning te vra nie.Hy is mos volgens van tonder die oortreder.Ons eet lekkerder by ons huise dankie

Carlia ·

My, my!. Uiteindelik erken van Tonder sy optrede gaan nie werk nie.

ELize ·

Nee wat dit is regtig ok dankie, Dros en selfs sommer Wimpy is beter!!!!! Wanneer my kinders na Spur Verjaarsdag Partytjies genooi word, se ek eenvoudig hulle sal dit ongelukkig nie kan bywoon nie!!!

Johann ·

Ai tog Meneer van Tonder, jy laat ons wonder, waar kom die skielike askuus vandaan? Net nou die dag nog was jy heel self voldaan…tot jy besef het waarheen ons wit afrikaanse geld heen gaan? Soms saam n askuus gaan n “ek kry skaam”.
Hoop ons Arfrikaanse volkie besef ter deë wat ons saamstaan wel kan bemagtig!!!!!

Renier Lubbe ·

Is Spur jammer oor die geld wat nie inkom nie of is hulle opreg jammer?

Riaan ·

Van Tonder net onder druk van wit spur eienaars..dis al
#vantondermustfall voor ek dit sal oorweeg om te dink aan die spur.

Kevin ·

Dit is lekker om te sien dat ons tog ‘n verskil kan maak met ons voete en beursies. Ek is bly Spur wil nou luister. Dis ‘n stap in die regte rigting, maar ek sal wag om te sien wat doen hulle hierna.

Estelle ·

Dit gaan alles oor die geld wat hul verloor het. Ander besighede moet uit hierdie drama leer. Hulle sien my nie weer.

Potts ·

Goeie vraag Swapie….
As dit net verskoning is oor hoe hulle opgetree het, maar die ou is nog steeds alleen verban het niks verander nie.

John de villiers ·

Its tooooooo little and far tooooooo late we are enjoying other restaurants now and our own home cooking allot more

Eet leke by ander plekke ·

Ons het ook klaar ander oulike plekke ontdek. Spur is lankal vergete.

A** ·

nee wat, skade is klaar gedoen. ons eet liefs eeder by ander plekke!
once bitten twice shy… SORRY NEH.

A simple man ·

Al wanneer Spur my weer sien is as Rassis, van Tonder nie meer enige iets met Spur te dien het.
Sy verskoning is net nog leë woorde.

Lynette ·

Uiteindelik! Dit het hul lank genoeg gevat. Dis slegs omdat hul ‘moes’ jammer sê toe dit hul baat. ‘Eerder laat as nooit’ is ongelukkig nie van toepassing hier nie.

cor ·

Mnr van Tonder en kie julle verskoning is min te laat moet tog nie dink julle sal ons weer terug lok nie. Die skade is gedoen finish en klaar jy het ons geetiketteer en klaar besluit. Ons as ware Arikaners beveel aan dat jy en jou bestuur bedank vat julle Franchise na die land se burgers vir wie julle graag terwille wil wees. Daar is baie vriendelike boere restaurante wat ons nou ondersteun wat nie van ons ‘n klomp rassiste en regses maak nie. So geniet jou toer deur die land , wees verseker ons sal nie na jou kom luister nie.

Francois ·

Dit is al wat nodig was. Hou ras en politiek uit my plekke waar ek my duur wettige en belaste geld spandeer. Konflik tussen ouers is privaat en Spur moet dit begin besef. Ek dink egter die video nemers behoort egter siviel skadeveegoeding te betaal aan die konsessiehouers. Hulle het doelbewus rassehaat aangewakker wat reeds oortreding is.

Zettie Flugel ·

Francois ek stem saam met jou. Hulle het rassehaat aangewakker. Ek vra ook. Is die man omverskoning gevra en is hy weer welkom by spur!!! Ek vra maar net!!!!!????

Kobus ·

Hulle is net jammer omdat hulle geld verloor, niks anders nie. Ek lees geen woord van jammer teenoor die blanke man wat verban is nie, ek lees nie dat hy en sy familie genooi is om weer in ‘n Spur te kom eet nie, niks. Nee dankie, ek bly steeds weg. Hierdie is ‘n verskoning onder dwang, nie uit die hart nie. Ek kan nie glo dat die uitvoerende hoof van so ‘n groot maatskappy so onnosel kan wees nie…

Marinus Scholtz ·

Ja kyk, was dit nou onnodig en onvanpas! Van die begin tot die end ‘n joke! Van Tonder vra seker maar langtand verskoning, want dis nie hy wat die skade en gevolge van sy patetiese besluit lei nie. Ons eis sy oombliklike bedanking, nie verskoning nie! Die wit man en swart vrou moet mekaar verskoning vra en betaal eerder vir ‘n ete vir altwee saam aan een tafel. Almal skuld mekaar verskonings hier! Almal se gedrag was maar bra pateties! Spur moet weer Spur word! Raak ‘n baie laks plek en die kos is nie meer so goed nie! Ek dink die skade is baie groot. Baie wittes besit ‘n Spur, ons sal mekaar se kele afsny. Ons moet oor die strooi kom en weer hande vat! Van Tonder is nie ‘n HUB se agterent werd nie! Hy móét eers bedank om sulke skade in die vervolg te verhoed!

Mielie ·

Welgedaan aan al die KP Kiesers! Julle het absoluut jul stempel afgedruk en gewys wat kan gedoen word. Ongelooflik. Waar spur altyd die laaste opsie vir ons was bly dit nogsteeds GEEN opsie. Ek het veel beter eetplekke ontdek.

pieterdp ·

Los die politiek uit dit is n opsie van reg of verkeerd. Jy maak die nou so waar vêr regs en dit is nie.

G ·

Pieterdp, Mielie is nie die skuldige een in die geval(wat die KP-stelling aanbetref) nie. Spur het dit ‘n politiese ding gemaak. Gaan lees die ope briewe waarin Spur van die KP’s praat.

Wikus de Jager ·

Die skade is gedoen. Ek voel nie welkom by Spur nie, so Ek en my familie sal wêgbly.

Alta ·

Ditto. Is die ander party aangesè om nie by die Spur te eet nie en gaan sy en Spur se bestuur vergoeding aan die ander gesin voorsien? Dit lyk tog asof ons Whities nog kan saamstaan en kou moeg is om mee gemors te word. Ja, waar is ons “menseregte” om in ons huistaal bedien te word?

Pieter ·

Dit het darem net eenvoudig te lank gevat vir hierdie “gloriuos leader” om tot sy sinne te kom. Om dan nog so ‘n gelaaide paneel aan te stel was oeverblindery. Die reaksie op daardie paneel het hulle nou blykbaar laat besef dat dit niks sal doen nie. Ek wil nog altyd weet of die arme meisietjie toe ook berading kon kry?

piet ·

Barry, die KP is n politieke party wat dit wat vandag in SA gebeur 30 jaar terug voorspel het.

Cherokee ·

Soos jy sê, eendrag maak mag, Die mense met die holrug geryde rympie van wittes wat nie kan saamstaan nie is tjoepstil.

Rabes ·

Ek is baie trots op julle almal dit wys net ons kan nog saamstaan. Doen so voort.

marina ·

Nee wat spur sien nie vir my of my familie of vriende weer nie ..bye bye spur

Werner ·

Dis nogals jammer om te sien dat ons wit mense altyd skuldig bevind word al is ons onskuldig! Sekere mense draai teen hulle eie mense om ander mense se klandisie te behou, net jammer om te sien dat Spur baie swaar kry vandat ons nie meer na ons Suid-Afrikaanse gunsteling resturant toe gaan nie! Ek het tenminse 3 tot 4 dae n week by Spur geëet, partykeer tot 2 maal per dag! Ek het die afgelope 4 maande my 500g T-bone, skyfies en uie ringe baie gemis, maar toe ontdek ek vir Steakhouse, dieselfde bord kos en die helfde goedkoper!

Willie Delport ·

Julle sal my nooit weer sien nie. Weet dit, geniet julle uit gesoekte klante en hou da by!

Helene. Smuts ·

Newermind kleur my kleinkind en 2 vriendinne het 2 weke terug in Piketberg Spur gaan eet, jammer om te se sy het my (ouma) kom se haar vleis was so verbrand. Sy kon dit nie eet nie. Se net vir braaiers om braaiers skoon te maak. Ek is nie kwaad. Se maar net. Daar was nie mense net 3 mense ( hul 3)

Johan Pretorius ·

Nee wat. Bietjie te laat nou dankie. Ek sal nooit ooit weer by spur gaan eet of kuier nie. Ek het een keer n maand soontoe gegaan en tussen R700-00 en n duisend daar spandeer. Nee dankie, cheers Spur. Vandat die storie gebeur het was ek nog nie weer een keer daar nie. Het in elk geval beter plekke gekry om my STEAK te eet!!

Percy Hall ·

Plaas asb n foto waar van Tonder daardie pa se hand skud en hom verskoning vra by n Lekker Spur Biefstuk.

Stephanus ·

Stem Percy, ons wil daardie foto sien!!! Kom van Tonder, wys die foto!!!

Thea ·

Ek wag ook vir daai foto en om te hoor of daai wit man weer bd spur sal eet daardie uitkoms sal bepaal of ek ooit weer bd spur n draai sal maak.

Kallie ·

…en n free meals for a year voucher in sy hand stop. Met die politiek van vandag kon daai klant sy werk verloor het as sy base spur geglo het.

Cherokee ·

Vir wat? Daardie wit kliënt is nie minder skuldig as die swart vrou nie. Hulle moet albei ander plek(ke) gaan eet,

Joe ·

Hulle praat net, heuningkwas want daar het al Spurs toegemaak. Nou wil hulle nog meer skelms in die kinder areas aanstel. Nee dankie, daar is BAIE ander restaurante!!!!

anton ·

As ek daai wit man is, sal ek elkgeval nooit my voete weer in Spur of die ander eetplekke wat deel is van Spur is sit nie ongeag of hulle verskoning vra of nie! En al gee hulle my n gratis ete elke week, kan hulle dit maar hou.
Kan nie dink mense is so hardop en met so min tevrede om daar te eet nie. Shame.

CHARL VAN STADEN ·

mnr van tonder , sjoe dit is nou so klein bietjie te laat vir jou kommentaar maar dit is wel duidelik dat julle uitlatings drastiese gevolge het vir julle. so vir die wat dink die afrikaaner is nogsteeds verdeel VRA VIR SPUR WAT GEBEUR AS N NASIE SAAMSTAN.

Chantelle ·

Maak tenminste die helfte van elke spur resturante wit dan sal ek dit oorweeg want daars baie wit mense in wit plakkets kampe wat geen werk het weens die uitbyting van werkskepping onder die swartes skep werk vir ons wittes ok dan sal ek glo hulle is jammer

Wayne ·

Daai mond kort jam. Wat jy daar se is seker die beste wat ek nou gelees het. Ons kinders sal dan dalk n kans staan vir werk in die land.

Johann ·

Ek dink Solidariteit moet ‘n eetplek vir die gesin open met takke landswyd en Dr Dirk Hermann as bedryfshoof, dit kan net ‘n sukses wees. Ek sal graag aansoek om so ‘n konsessie wil doen.

Corrie ·

PUIK IDEE, dit sal fantasties wees en glo ek n groot sukses. Gee daai man n lekker steak

DanieB ·

Dit is so jammer spyt kom te laat. Ek sal nog steeds nie by Spur eet nie.

Geoff ·

Spur se houding teenoor blankes stink al lankal. Hulle kelners is nie verteenwoordigend van die rasse demografie nie… Nou mis hulle die blankes se geld… As ek vantevore miskien nog ‘n Spur sou oorweeg….nie nou meer nie.

Thea Gerber ·

Jammer is so ‘n mooi woord, net JAMMER dit kom te laat. Die bakleiery en kant kies, die amper ontvoering van ‘n kleuter en die vieslike stories oor vuil kos (of dit nou waar is of nie) het onherstelbare skade gedoen. Dink nie die Spur gaan ooit weer die afrikaanse mense terugwen nie.

Jan ·

@Thea die storie van die waitress was fake news gewees. Haar portrait was van VSA en dit was op Mzanzi live wat almal weet is a fake news site.

Chantelle ·

Maak tenminste die helfte van elke spur resturante wit dan sal ek dit oorweeg want daars baie wit mense in wit plakkers kampe wat geen werk het weens die uitbyting van werkskepping onder die swartes skep werk vir ons wittes ok dan sal ek glo hulle is jammer

Andre ·

Van Tonder soos hulle se “the tribe has spoken” te laat vir verskoning jy het jou gat gesien!

Emma ·

Al vra Spur die man in elke koerant en op alle billboards en miljoene flyers omverskoning , sal my gesin so waar as vet nooit weer daar my geld spend nie!! Laat hulle selective kliente maar hulle besighede red!

William ·

Nee wat dankie. Ek gaan gewoonlik elke jaar soontoe om my verlowing te vier. Dit was waar ek verloof geraak het. Min tot geen blanke kelners meer nie. Geen Afrikaans nie. Sorry vir my en my familie sal julle nie weer sien nie. Geen Kentucky , geen Spur en geen mc Donalds ooit weer nie. My geldjie beteken niks vir julle nie, maar my, mu familie en vriende en ander in n klein dorpie soos ons s’n maak wel n verskil

Johan. H. ·

Jammer spur . Julle het klaar jul ware klere gewys, Daar is niks wat ek haat soos Skyn heilige vriendelikheid nie, Al rede hoekom julle nou jammer se is omdat julle geld verloor,,,,,Ta-Ta for ever, My gesin en ek sit in n ander soortgelyke resturant toe hou ek hulle dop… Maar baie langtand geeet,,, Ta-Ta hulle ook… Julle het eintlik ons oe oopgemaak,,,,

Leon ·

Dinge raak warm vir Van Tonder, nou wil hy omverskoning vra…….dis nou te laat, hou maar jou spur gemors kos vir jou self. Ons is KLAAR met spur, sal nooit ooit weer my voete daar sit nie.

Francois le Cochon ·

Ek stem saam, veral die slaai wat nie meer daar is nie. Ek het nogal gehou van hul “Salad Burger”, ‘n gesonder Burger keuse. Drink ook maar my bier uit die bottle. Hul glase word afgedroog met vrot lappe wat die glase laat stink.

Jackie ·

En Spur Key West is die ergste. Kelners wat jou aangluur, staan en klets en harder praat as die kliënte self. Tata Spur forever and ever

julie ·

Die Spur in Key West se waiters het ons so sleg behandel het net daar op gestaan en na ander restaurant gegaan

Joyce Minnaar ·

Ek lees NÊRENS dat julle die Wit man omverskoning vra en dat hy nie meer verban is nie. Nou konseentreer julle op die toekoms maar die een geval wat die herrie veroorsaak het los julle so in die skadu. Julle probeer die publiek paai. Spur sal moet uitkom met ‘n baie goeie oplossing. Julle het julle konsessie houeers seergemaak.

Pierre van Niekerk ·

As jy jouself wil red, maak weer plek vir wit kelnerinne en kelners. As gelyke vennote. Hoekom kruip jy nie gat en bemark jouself by jou voorkeurrassegroep nie? White Monopoly Capital se vyande is mos jou vriende.

Vic ·

Nogal insiggewend. Wil jy nou vir my se wit kapitaal het steeds so n invloed? Nogal goed om te weet. Put your money where your mouth is folks!

Eish ·

Dis n stap in die regte rigting. Wat egter bly krap is die motivering vir die verskoning. Nadat ons met byvoeglike naamwoorde getipeer is, die boikot verstommende momentum gekry het, die bestuur hom te pletter geloop het in die finansiele implikasie en verlies aan goedgesindheid, is dit soos n tennisspeler wat n wedstryd verloor het. Hy het sy bes gedoen om te wen en sy hart was daarin en hy hy sy bes gedoen, maar dit was hom nie beskore nie. Die telbord dwing hom om die uitslag te aanvaar, maar sy binneste sê dat hy weer gaan probeer. Dis al waarmee ek die verskoning kan vergelyk. Ek is totaal onoortuig van die opregtheid daarvan. Van Tonder se bedanking of afdanking plus die nuwe maatreels sal my dalk oorweging laat skenk om my besluit van geen ondersteuning te heroorweeg.

Irene ·

Laat vir jammer het eendag in Pta se spur gaan eet om rugby te kyk na 10 min toe skakel hul oor na sokker spur suen my nooit meer nie

Kruger ·

Daarsy Spur. Dis hoogtyd. Ek is ‘n redelike mens en ek vergewe die onreg wat aan ons gedoen was. Mens kan seker nie vir altyd ‘n “grudge” hou nie. Ek verstaan ook dat baie konsessiehouers sukkel en hulle het niks eers verkeerd gedoen nie. Hulle moet ook op die ou end kos op die tafels sit en hul gesinne onderhou. Maak net reg met die publiek soos gesê word!!

Flintstone ·

Kruger,hoe kan jy vergewe as jy nie die een is wat deur Spur vernederend uitgejaag en verban is nie?

Kruger ·

Wel net soos almal besluit hulle gaan nie meer Spur toe nie omdat iemand anders uitgejaag was kan ek seker maar die situasie vergewe al was ek nie self betrokke nie.

Marco ·

Ons het almal sulke suur mense geword. Wat het geword van altyd die ‘groter’/’sterker’ persoon wees. Mense het kleinlik, aspris en verskriklik kinderagtig geword. Die mense sê jammer. Gaan liewers weer terug en as daar weer iets gebeur, dan hou mens op gaan. Daar is BAIE erger goed in ons land waarvoor mense deesdae op hul bekke geval is, maar oor ‘n insident in ‘n restaurant raak almal skoon emosioneel. Vergeet en vergewe.

Franck ·

1. Verskoning aan die man.
2. Skade vergoeding aan die man.
3. Afrikaanse wit kelners en personeel.

Antwoord ·

Dis van altyd die minste wees en die ander wang draai dat ons sit waar ons sit

t ·

@Antwoord – Ons het nog altyd die ander wang gedraai. Uiteindelik het ons verder gelees en gesien daar staan niks dat ons nie mag koes nie. Koes mense, koes! Draai die ander wang, maar koes as die klap kom. Ons hoef nie meer derderangse burgers in ons eie land te wees nie.

David Venter ·

Dit nie hulle dit net jy mnr van Tonder wat daai besluit gemaak het. Hoop jy vra die man en sy hele familie wat jy so vinnig was om weg te jaag uit alle Spurs groot om verskoning. Mnr jy het jou ware kleure gewys in die voorval en daarom sal jy my nooit weer in ń Spur kry. Jammer vir dir konsesie houers wat daaronder moes ly maar nie een van hul het iets gesê oor voorval. Dalk ook omdat hul bang was jy jaag hul ook weg uit alle Spurs.

Flash ·

I want t know exactly what happened. Show us the footage from the play area

elaine ·

Ek sal ook wil sien wat op dai video gebeur het ! Maar dit sal steeds nie mind verander om daar te gaan eet nie….dit vat net EEN !

PLazz ·

Ek voel jammer vir die eienaars van spur wat onskuldig is want hulle lei nou daar onder maar ongelukkig is dit die enigste manier om n punt te maak. Ons word oral onderdruk en kan niks daaraan doen ni, hier kon ons iets doen om vi onsself op te staan. En nou is spur besig om sy gat te sien. The tribe has spoken …indeed?

Linda ·

Ons kom baie goed sonder Spur klaar dankie. Ons kom eintlik nou agter watter lekker kosse ons by ander restaurante gemis het. Spur sien ons nie sommer weer nie. Dit sal baie meer as net jammer vat om weer te wil deel wees van Spur se “familie”.

Antie ·

Van Tonder julle moet maar julle menues aanpas want ek glo nie ons ou bietjie wittetjies is meer lus vir gemors kos nie. Ons eet baie lekker by die huis en boonop is dit skoon en smaaklik.

Trecia ·

Weet julle genoeg is genoeg. In hierdie tye wat ons almal swaar kry, ,moet ons aan die konsessiehouers ook dink. Spur het met die publiek se optrede besef dat hulle verskoning moet aanbied, dis nou gedoen. Elkeen wat ‘n Spur bedryf het ook swaar gekry en dis ons vriende en familie wat daaronder gelei het. Komaan mense, gun die son oor elkeen!

Ekke ·

Dis nou jammer vir hulle. Die konsesie houers. Wat doen hulle daar aan. Stel net meer nie afrikaans sprekendes aan. Hulle kan saam staa en Spur hel toe stuur en hulle eie ding begin. Bekommer jou eerder oor die duisende boere wat brutaal daaglik vermoor word op hulle plase. Wat van hulle families en die wat vir hulle werk. VAL MAAR LEKKER SPUR

Kasper ·

Spur was baie vining om met die oorspronklikke storie pers toe te hardloop, selfs radio onderhoude gehad. Nou gee hulle net so flou verskoning op hulle webwerf. Waar is die verskoning aan alle blankes in die nasioenale pers en radio stasies. Neewat hulle kan maar hulle flou verskoning druk daar waar die son nie skyn nie. Baie beter eetplekke ontdek intussen, so my geld word daar gespandeer.

elsja ·

Ons gun jou jou mening laat elk een besluit of hierdie mammon verskoning hulle gaan terug lok .Die ceo ja in klein letters moet nooit die HUIS VROU se vermoee en oordeel onderskat nie

Marinus ·

Swaar kry is een ding maar die wit afrikaner word van alle kante geslaan. Hierdie is een punt waar hulle op ñ manier kon saamstaan en dit het gewerk op ñ manier. Die groot vraag is hoe die boere afrikaner nog ñ hefboom gaan kan kry om meer reg te kry deur dieselfde metodes. Ongelukkig is die metodes beperk aangesien meeste op rassisme sal val. So ek wag om te kyk wat is volgende.

johan II ·

Dalk tyd om jou besigheids vernuf te gebruik en jou eie kwaliteit restaurant te begin? Of ry jou vriend ook maar net saam op ander se werk…totsiens Spur….vir ALTYD.

Fanie ·

Stem saam- kom ons begrawe die strydbyle- ons het ons punt gemaak en hy’t om verskoning gevra.

Gerda ·

Te laat! Hoeveel maande is die storie aan die gang? Nee dankie. EN mnr Van Tonder jy het jou met die blanke koopkrag misgis! Meer blanke kelners, meer Afrikaans, want weet jy Van Tonder, jy is ook ń Afrikaner? Of nie?

KLAAS ·

Spuris verantwoordelik vir advertensiemedia van sy konsessiehouers. Die skade is berokken deur hoofkanyoor se houding en negatiewe media. Konsessiehouers kan die Chiefs dagvaar vir skadevergoedibg in ‘n klasaksie as gevog van die negatiewe publisiteit. Maatskappye kom en maatskappye gaan. Spur het gegaan…

A simple man ·

Ek nie gesien dat 1 van daai konsessie houers ooit gesê het, dis verkeerd hanteer, of jammer ek sou dit so in my Spur hanteer.

Kruger ·

Ek stem ook saam. Hulle het jammer gesê en ons het ons punt bewys. Kom ons help nou weer hierdie besigheid!!

JP ·

Dis nou vir jou ń “fake” verskoning, net gedoen om weer kliente te werf of so hoop die Spur groep. As Spur’s hulle deure toe begin maak asgv ons klein wit nasie dink net wat sal dit aan die land doen as ons tax geld begin terug hou.

CHARMAINE ·

‘n mens leer deur jou foute nie deur onnoselgeid nie. Te veel water het al onder die brug geloop. Spur sal my nooit sien nie. Hulle kan hulle punte maar ook vir die ander span gee.

Linda ·

Ek is ook ‘n redelike mens maar het Spur al jammer gesê vir die man en sy gesin wat onregverdig benadeel is?

Giepie Esterhuizen ·

van Tonder is nou baie kruiperig maar hy dink ons mense het vergeet hoe manhaftig SPUR was in die saak. Vir SPUR gaan dit nie oor die mens wat hy vertrap het nie maar die besigheid wat SPUR verloor en dit sy raak sy sak. Jammer SPUR ek en my gesin sit nie ons voete in SPUR nie .

Peanut ·

Nee dankie Spur jul kos is van baie swak gehalte, dan praat ek nie eers van die afskeep diens nie. Voor ek ooit weer by n Spur my geld gaan mors koop ek n halwe brood en slap tjips sommer by n kafee.

Stephanus ·

Hierdie verskoning kom net omdat dit hulle finansieel begin raak. Nou ewe skielik wil van Tonder kamstig om verskoning vra!! Ek het ook meer as +- R1500 ‘n maand daar spandeer, maar NOOIT weer nie.

RV ·

Beste Carel, begin maar n nuwe unieke restaurant. Mense sal dit dalk ondersteun.

louis ·

Ek merk die Herman man se dat daar in die toekoms n regverdige verhoor sal plaasvind voor n uitspraak gemaak word. Wie gaan hy verhoor, wie gaan die ondersoek doen, wie gaan aankla? Klink vir my na n judge jury & prosecutor verhaal is. Klink baie dieselfde as wat tans gebeur het?

Carel ·

Die blanke man dal tien teen een in die privaat om verskoning gevra word. Ek sal dit ondersteun. Om dit publiek te doen gaan nou weer ‘n rasse herrie ontketen met swart Spur kliënte. Hulle het nou besef dat hulle droog gemaak het en neem nou stappe om dit reg te stel en te bestuur. Jy kan nie vir meer as dit vra nie. Nóú sal ek hulle weer ondersteun!

Kasper ·

Jammer, maar soos die spreekwoord se, too little, too late. Spur was vining om die wit man in die hoofstroom media sleg te se, asook op radio programme. Dus as hulle rerig ernstig is, moet hulle op hoofstroom media en radio om verskoning vra vir die betrokke man, en vir blankes in die algemeen wat hulle so ge ettikeer het, anders beten hulle verskoning minder as niks.

Oud spur klient ·

Jammer, ek het altyd n sagte hart gehad vir julle, spur. Altyd saam met my gesin ons kersfees etes daar geniet. Vriende het vir mekaar gese, kry jou by spur so laat. Ons het dit verloor toe julle die man weggejaag het soos n hond. Wie van ons gaan volgende keer in so n ding beland? Die arme man en sy gesin. Nee wat. Ek gaan eerder na Dros toe of so n plek. En dis nie net ek nie. Dis al my vriende en familie. Verskoning? Nee wat, dis net n foefie om mense terug te lok. Duisend maal NEE.

Tokkkie ·

Carel, Spur het die man nie in die geheim aangevat nie of hoe?

caroline ·

SPUR management in the end you did not respect the Afrikaner you placed the Afrikaner as a race that was of no importance to spur. You could have just said well it’s too people who both were in the wrong and handled the incident but you Spur made it a racist thing. You also ignored solidarity when they tried to explain how to apologise. I’m sorry that the owners of spurs are having to feel the negative out come to how spur management made so many mistakes. The people have had enough of being labelled racist and degraded by media and bullies. This apology is not genuine

Randall ·

Julle kan vinnig jammer se na die video van die kind wat gevat word neh. En daar word niks daarvan gese of daaraan gedoen nie. Hou jou spur vir jouself

Jackhammer ·

Alle Spur takke is nie dieselde nie. Besoek gerus die Spur in Kimberley waar jy in Afrikaans bedien word met topgehalte diens. Moet hierdie konsessie houer nou ook onder dieselfde kam geskeer word?

johan II ·

Dalk is dit tyd vir die “arme” eienaars vir wie jy so opkom om maar n naam verandering te oorweeg…bring n Afrikaanse spyskaart terug…as jul dapper genoeg is.

Franc ·

Vra die man verskoning. Betaal hom kompensasie. Wit Afrikaanse kelners en personeel asb.

Domvraag ·

Ja almal is Spur en van Tonder die grootbaas. Lyk my hy klou net so vas soos ons president

Kaspaas ·

Die probleem is Spur het die deur oopgemaak vir hulle kompetisie. Ek het nou heelwat ander eetplekke ontdek met baie beter kwaliteit en goedkoper pryse. So jammer Spur daar is beter daarbuite.

Johan ·

Hoop top ? bestuur van Spur maak werk ook van die betrokke persoon wat net die een persoon veroordeel het by die betrokke Spur en Spur belt het. Voel hoe dit voel om soos ñ niks behandel te word.

Tanya ·

Regtig eers eis almal dat hy onverskoning moet vra. Nou doen Van Tonder dit en met moeite… en wat nou… nou het almal weer ander eise. Sal julle ooit tevrede wees. N negatiewe mens bly n negatiewe mens. Ek sal my lokale spur ondersteun. Hulle het niks verkeerd gedoen nie. Word groot mense!!!

Smittie ·

Het hy regtig omverskoning gevra, dit lees meer soos ‘n PR script..ek stem met die ander..gaan vra die man omverskoning..

A simple man ·

Tanya. ‘n kind kan sien sy verskoning is nie opreg. ‘n verskoning is slegs aanvaarbaar as opreg is en met gebare saam gaan. Geen nuwe eise, so wys jou net hoe vals is van Tonder se verskoning, net so general een wat kan val waar hy wil

Spur-Twak ·

Ek wil dit duidelik maak, die publiek is nie van onder nie, en die paneel en so meer is nie van bo nie..dit skep onnodige verwarring, waar kom die geld vandaan, dis die vraag? Mnr van Tonder sê net hulle het nie na die publiek geluister nie, en onskuldige kons. houers ly nou ook, en dit en dat…maar, ons soek n verskoning in die openbaar aan die man wat Spur belet is, en dat hy mag terugkeer (indien hŷ wil) en dat hulle teenoor hom en sy familie verkeerd opgetree het, met n geskenk, en ons soek n allemintige donasie om plaasaanvalle die nek om te draai….dan kan ons praat!!!!!

EO ·

Mnr van Tonder bied Spur se verskoning aan omdat hulle nie na konsessiehouers en kliente geluister het nie. Ek lees niks raak van ‘n verskoning vir die Pa se ‘verbanning’ nie, ook nie oor Van Tonder se aantuiging teen ‘KP’s nie.

Damelco ·

Nee wat Spur, hou verby. Van Tonder het my aan gespoor om ander eetplekke te besoek. Daar is baie ander eetplekke met smaaklikke kos, waarde vir geld en ek word in my taal bedien met baie beter diens. Spur sien my nooit weer nie. Trots Afrikaans

Tink tinkie ·

Hopeloos te min. Hopeloos te laat. Jammer. Maar my velkleur is nie goed genoeg. So sal my geld ook nie weer goed genoeg wees nie

Tatta hasie

Jako ·

Ongelukkig sal ek altyd Spur van nou af koppel aan restaurant waar blankes se regte minder weeg as die van die swart mense. Jammer julle sal vir altyd gebrandmerk wees in die Afrikaner se oë!

Sonja ·

My gesin besoek Spur 2-3,keer per week.Raad vir Spur: Stel die REGTE staff aan.Ongoing training.Verlaag julle pryse – baie moontlik.Nuwe Menu – raak gou verveeld. Kan my gerus skakel vir raad.Lets get our old SPUR back

marinadp ·

Wat van kameras in die kombuis wat in die restaurant regstreeks beeldsend op ‘n skerm oor hoe met kliënte se kos gewerk word?

Kobus ·

Sy verskoning werk nie vir my nie. Dis so asof Van Tonder sê Spur is jammer maar geen verskoning of vergoeding word aangebied vir die man wat alle Spur Restaurante verbied is nie. Ek weier om dit te aanvaar. Spur se apologie is vir my daarvolgens totaal onaanvaarbaar. Hulle sal my nie meer sien nie.

louis ·

Ek merk die van Tonder man se dat daar in die toekoms n regverdige verhoor sal plaasvind voor n uitspraak gemaak word. Wie gaan hy verhoor, wie gaan die ondersoek doen, wie gaan aankla? Klink vir my na n judge jury & prosecutor verhaal.. Klink baie dieselfde as wat tans gebeur het?

Danie ·

Well done om jammer te se . Kyk ek en my ouers was tenminste 2 keer n maand by ons naaste Spur in Pretoria . Altyd smul lekker geeet . Natuurlik na die voorval het ons begin ander plekke uit toets . Rocomammas ens net om te sien hoe duur Spur geword het . Ek praar seker net vir myself en my ouers . Ek dink geen Spur sal ons gou weer sien nie . Ding is daar is meer as net een eet plek in Pretoria . Julle moes ons in die eerste plek nie in die situasie gesit het nie . Eintlik moet ek sê dankie julle het

Jakoba ·

Rocco Mammas is deel van die Spur groep. Jy ondersteunend steeds die Spur

Peet ·

Korregeer my as ek verkeerd is Danie, maar is Roccammas nie ook deel van die Spur-groep nie?

Hendrik ·

Voel baie jammer vir die konsessiehouers. Ongelukkig vir hulle is die spur nie ‘n monopolie nie. Jy moet teen wil en dank met die polisie/poskantoor/stadsraad klaar kom, maar met jou restaurant is dit jou eie keuse. Ek hoop vir hulle part mense het nie alreeds nuwe roetines en voorliefdes ontwikkel nie, want dan gaan die pad swaar en moeilik wees. Ekself is nog nie oortuig van die veiligheid van die speel areas nie. Ons gaan na plekke waar dit nie ‘n opsie is nie, en dinge loop goed af.

Justsaying ·

Nee wat Spur…te laat!! Jy Mnr van Tonder het gekies, bly maar by jou keuse. Die white wing stel nie belang in julle nie. Too little too late. Julle sien my of my geld nie weer nie.

Cindy ·

Dis so asof hul oor hul voete val by die deur om jou te bedien, in your face, en dan verdwyn hulle wanneer mens sit. Kan uiteet anyway meer bekostig nie. Mis niks.

T Marais ·

Geld is die rede hoekom van Tonder omverskoning vra. Nie regtig oor sy uitspraak en optrede na die voorval nie. Koebaai Spur ons het n ander nice afrikaanse restaurant gekry waar ons, ons kinders en pelle nou eet. Eintlik is jou verskoning soos die boere sê : Mostert na die maal…….

Mariette Hammann ·

Ek hoop al die konsessiehouers eis hulle verliese van Van Tonder, aangesien hy die oorsaak is daarvan. Ek kan nie glo dat hy nie al afgedank is nie! Hierdie verskoning is onder druk van die konsessiehouers gedoen en BETEKEN NIKS!

Juan ·

Wys ons asb waar word die meneer wat te nagekom is in die publiek om verskoning gevra.Hy is in die publiek deur julle getrap so dis dan reg as julle hom daar omverskoning vra.

dpj ·

Mnr van Tonder dit is ongelukkig te min en te laat wat jy nou met jou janmer kan beryk.
Een keer gebuit 3X versigtiger.
Sterkte met die gebuittery. Prys te hoog vir jammer.

Ig ·

Wat van n verskoning aan almal wat as KPs gebrandmerk is? Stuur n foto waar jy beide partye in die video se hand skud en versoening bepleit en dan mag ek dit oorweeg om weer by Spur te eet.

Rudolf Venter ·

Rasse verhoudinge is nie veronderstel om heenkome te bepaal nie, jy is verantwoordelik vir situasies rondom dit, maak die beste daarvan… Ek eet by enige restorant onbepaald van enige rasse vorm…

Damelco ·

Spur, julle kan ook maar ophou met al julle advertensies op tv wat julle in ons kele af wurg. Julle het nog nooit so baie advertensies gedoen. Hoekom nou skielik? Loop julle geld koffers leeg nou dat die “white capital” julle nie meer ondersteun?

E.Bester ·

Sorry….as they say ‘a little to late’
Spur off our list!

Andre ·

Goed so gaan hulle nou die wit man weer toelaat hul eetplekke? Of gaan lle vrou en familie ook uit alle Spurs verban? Hulle moet nou besluit want dit was onregverdig om net die een te veroordeel en te straf.

Kallie ·

Witmense is dik vir rassisme en haal dit nou op Spur uit. Spur het verseker fouteer, maar die bron van die woede lê elders. Ten minste sien witmense nou hulle kan n verskil maak.

Natasja ·

Dit gaan nie net oor die man nie. Is sy dogtertjie wat geklap is ooit onverskoning gevra?

JEANNE BREEDT ·

ja vra eers die man wat te na gekom is omverkoning en laat hom en sy gesin toe by enige spur en ons sal die boikot oorweeg

carla ·

Vra die wit man ook asb verskoning. Waarom nou eers na maande eers besef jul was verkeerd, seker maar ons wit mense se inkomste wat jul nou mis, jammer spyt kom te laat

Student ·

Nog nooit ooit is ek deur n blanke witkind student kelner in Afrikaans bedien nie
In geen spur…so bye bye spur

Jolene Lubbe ·

Nee wat stel glad nie belang om eers my toon in n Spur te sit nie. En ek het nog n R50 voucher ook!

Pieter ·

Sjoe dis nou ‘n vinnige gat omswaai, “Ons is jammer” maar soos die gesegde lui, spyt kom te laat. Nou moet die vertrapte witman maar weer beursie oop maak om Spur uit hulle eie verknorsing te red.

Ek is jammer – maar julle het die keuse gemaak Van Tonder, leer nou maar om daarmee saam te leef, want Spur sal my nooit weer sien nie.

gatiep ·

Die ou moet regtig vas glo dat afrikaners baie onosel is.Moet ons nou regtig glo hy is jammer?Al waaroor hy jammer is die geld wat hy verloor,agter die skerms haat hy ons nou nog meer omdat hy geld verloor het.Meeste van ons het klaar nuwe plekke gekry wat beter kos maak.
Ek is eintlik bly dit het gebeur net jammer ek moet nog steeds vaskyk aan die spur borde wat my eetlus wegvat.

Tielman ·

Mnr van Tonder, kan jy dalk ook net vir die publiek inlig hoeveel spurs “konsessie houers” jy persoonlik besit en/of aandele in het en hoe beinvloed huidige sake jou belange.

JR Prigge ·

Die agbare van Tonder, Spur het reeds in die begin klaar geoordeel en uitspraak gemaak!

Mariette ·

Mense, kom nou. As ‘n mens groot genoeg is om verskoning te vra, moet julle groot genoeg wees om dit te aanvaar. As julle om persoonlike redes, geldelike redes of redes van smaak nie die Spur wil ondersteun nie, is dit jul keuse, maar dis nou nie nodig om politiek daarvan te maak nie. Julle plaaslike Spurs se konsessiehouer ondersteun dalk jou seun se rugbyspan en jou dogter se netbalspan. Ons het mekaar nodig in die land en met bitterbekkigheid is witmense deel van die probleem in plaas van deel van die oplossing. Wys julle is groter as die rasbehepte af brekers in hierdie land.

LBisch ·

Baie goed gestel. Mense moet na die grootter prentjie kyk.

Nico du Preez. ·

Wys asb vir my al die sport spanne wat met hulle sportklere. met die Spur as borg af geneem is. Ek het nog nie n span gesien met ‘Spur’ op hulle klere nie. Dankie.

dpj ·

Mnr van Tonder, deel weer graatis hamburgers aan jou kliënt uit en jy sien hoe oorstroom dié kliënte jou Restourante binne

Domvraag ·

Is dit wat jy van die Wittes dink. Dink jy dat ons met n T shirt en n hamburger omgekoop kan word?

Gert ·

Beslis verlies aan inkomste wat hom om verskoning laat pleit en nie omdat hy jammer is nie.
Kom ons doen dieselfde met Dstv totdat hul die rugby en krieket keerders ook dwing om die kwota stelsel te staak. Stop jou DSTV en hou op om rugby en krieket stadions toe te gaan totdat geld ook harder begin praat as politiek.

Louise ·

In my opinie kom die verskoning nie uit die hart nie, maar is dit vir ekonimiese redes. ek staan vas in my beginsels as afrikaner, spur het sy keuse gemaak en ek ook. Julle het nie gedink die Afrikaner nasie het dit in hulle om saam te staan nie nè! Ek is trots op ons afrikaners.

Johanna Botha ·

Nou sklielik n verskoning ….te laat en hoe meer jy krap hoe erger maak jy dit nou. Dit gaan al laaankal nie meer oor die video nie maar oor hoe daar opgetree was . Ek is bevrees ons is ook weg by die spur

Maria ·

Ek glo nie vir een oomblik aan sy opregtheid en eerlikheid nie. Dis een of ander reklame-agentskap se mooi woorde wat ‘n sinkende besigheid moet red. Ons is nie onnosel nie.

Rita Postmaa ·

Ek en my man besoek nog Spur nog gereeld en geniet nogsteeds om daar te gaan eet….die mense is vriendelik en diens goed…..
As ons elke plek moet boikot waar daar iets was sal ons nerens gaan nie…..
Raak groot mense…en nie kleinlik nie….
Love You Spur….

Theron ·

Too little… too late… Hul se hul wil nie by politiek betrokke raak nie??
Uhm… hul het dit gedoen die oomblik toe hulle een kleur bo `n ander kleur gekies het. Albei of nie een moes verban word nie. Hul het betrokke geraak en nou lei hul daaronder…
Al rede hoekom hul nou jammer se, is omdat hul sien hul verloor geld.
My vraag is: Sou hul ooit jammer se as hul NIE geld verloor het? I don’t think so.
Ek sal terug gaan AS hul in persoon (met bewys van foto’s) omverskoning vra vir die man en dogtertjie wat in die gesig geklap is…

Jakkie ·

Ek dink steeds die man moet verban bly. Al wat moet verander is dat hulle die vrou ook moet verban. Beide van hulle het hulself swak gedra. Die fout wat Spur gemaak het is om aan te neem net een party is skuldig.

Kaspaas ·

Jakkie ek stem saam. Maar hoekom dink jy sal hulle nie die vrou verban nie. Seker bang dan boikot die ander span hulle. Nee wat Spur bedoel nie opreg om te se hulle is jammer nie. Al wat gaan help is om ook die man en sy gesin om verskoning te vra. Spur kan dan besluit om die man en vrou te verban of om altwee toe te laat. Sal hulle dit doen? Ek glo nie want hulle is bang hulle verloor dan weer hulle bestaande kliente. Dit is soos om n mes in n houtdeur te steek en dan te se jy is jammer en dan die mes uit te trek. Glo my daar sal altyd n letsel in die deur wees.

Johan ·

Nee dis ongelukkig te laat. Ek het nie eens geweet ek is ‘n rasis tot Spur my ingelig het ek is een nie. Ek vermy al vir jare Spur oor hulle kwaliteit kos en higiene (laaste keer is daar sommer doek geruil op ‘n tafel langs ons wat blykbaar kultureel aanvaarbaar was). Al verskil is na hierdie vermy ek sommer RocoMammas en Panarottis ook uit prinsiep. BAIE beter restaurante daar buite mense. Prys, kwaliteit, higiene en kultuur.

t ·

Hulle sê my Buffelsfontein Beesplaas in Menlo Park is trots Afrikaans en daar is blanke, Afrikaans sprekende kelners en kelnerinne. Was nog nie daar nie maar beslis hierdie week nog ‘n plan maak om te gaan.

Pieter Nel ·

Doodreg ek aanvaar jou verskoning, wil nogsteeds nie by jou eet nie

Adriana ·

Dis net toevallig dat ‘n mens net die laaste deeltjie van die video gesien toe die man sy humeur verloor het. Hy was al by die deur uit toe vloek die vrou hom nogsteeds. En hoekom kan ons nie die video sien wat regtig gebeur het in die speelkamer nie. Ons het Spur gereeld besoek maar na die voorval sal ons nooit weer ons voete daar sit nie. Voel nogsteeds die man moet in die openbaar omverskoning gevra word. Daar is ‘n spreekwoord wat se Spyt kom altyd te laat….

Nie-beïndruk ·

Ek wil ook weet waar is die video van die kinders en die klap…. Want as dit nie gebeur het nie sou hul dit lankal gewys het.

Willie ·

My vraag is, waar was die opgeleide toesighouer wat die speel area beman en die kinders se gesiggies verf? Die persoon moes die situasie ontlont het tussen die kinders. Iemand het nie sy werk grdoen nie en situasie het hand uitgeruk.

Marié ·

Spur se sparerib het my en my man dodelik siek gehad vir 3 dae lank. Nee dankie, nie weer nie. In elk geval moet daar ñ ouderdomsbeperking in d kinders se speelarea wees. ñ Agt- of tienjarige kind kan nie saam met n tweejarige kind speel nie.

Nie-beïndruk ·

Nee wat ek dink hyt op sy tong gebyt met die verskoning, nadat hy duidelik op n paar geleenthede gesê het hy gaan nie jammer se nie. Ek dink nie hy bedoel die jammer nie en het dit net gedoen omdat franchisees en waiters op sy nek lê. Hy het van dit n politieke saak gemaak deur nie altwee te verban nie!! Dit sê baie dat selfs solidariteit ook voel hy is bevooroordeel. Van Tonder jy het lankal kant gekies en jou bed gemaak, so slaap maar in hom…!

Garath ·

Ek dink die hele storie is ‘n storm in ‘n teekoppie. Is ons mense nie te emosioneel nie? ‘n Spur Steak smaak nog dieselfde. Ek gaan nie die Spur verlaat nie, want waar kry ek nog so ‘n steak?

Jacques Venter ·

Hallo Garrath
Stem 100 % met jou saam. Ek as witman skaam my vir daardie ou se swak optrede.
Solidariteit en Afriforum het hulle name met n .plank geslaan deur in klein politiek betrokke te raak
Die land het baie groter probleme.
EK EN MY GESIN EET NOG STEEDS TEN MINSTE EEN KEER BY SPUR.
DIE FAMILY CARD GEE GOEIE AFSLAG

Mars ·

Sjoe! Daar’s darem baaaaaie ander plekke met beter steaks!

Boeremeisie ·

Baie geluk dat jy en jou familie nog by die Spur eet. Verskoon maar ons armsalige Afrikaners wat nie onder ons kappie kan uitsien nie. Dis mos hoe julle Spur leier van Tonder ons sien! Nou maar ja tot van Tonder nie weg is nie kom ek en my gesin (my tribe) nie sommer weer terug nie.

Flintstone ·

Spur het self sy ondergang veroorsaak.Moenie verbaas wees as SPUR totaal van die verhoog gaan verdwyn nie!

Gerry ·

Wanner n kat benout is maak hy benoude spronge…………Soos ek in die verlede gese het sit die video van die speelplek op die wetwerf sodat almal dit kan sien………..ek bly weg totdat ek die video sien en daar is soveel ander klei eetplekkies wat leker kos maak wat ek ondersteen…….Ek dink hy voel dit aan sy gatsak……….en as ek die ander spur eienaars is sal ek hom VAN TONDER regsaanspreuklik hou vir hulle verlies……….. hy het nou mos herken hy het verkeerd gehandel !!!!

Mad ·

Ek voel ook spur kan iemand aanstel by hoofdeur met n Hekkie en n ripe sekuriteits sisteem wat maak dat kids nie net kan uitgedra word soos wat amper geniet het nie? Net opbouende kritiek van my Kant af

danie duplessis ·

vir my en my hele familie is dit maklik as van tonder loop by spur dan gaan ons terug as nie kan hy maar sy woorde in politieke korrekte kos verander en dit self af wurg ons het niks vir jou of jou ‘cronies’ te se nie praat help ons nie dit is te laat

Fanie van Loggerenberg ·

Justice delayed….is Justice denied. Cheers Spur.

Ladidi ·

Vat n glas bord. Gooi dit op die vloer.
Dit breek in stukke.
Sê SORRY.
Word dit weer heel?
NEEEEE

o ·

Ek ondersteun al vir +- 30 jaar nie Spur nie en hierdie was net die kersie op die koek. Wie onthou nog die manier waarop kelners mens lank terug gegroet het? Die klap op die rug met ‘n harde ‘Howdy’? Dit het my tot in my fondamente ge-irriteer. Voel egter regtig jammer vir sommige konsessiehouers.

Riaan ·

Maak nie saak wat julle nou se nie. Daar is baie mense wat nooit weer hulle voete in n spur sal sit nie. Ek sal nooit weer na n spur toe gan nie al is dit die laate plek wat oop is. Om te dink dat ek 3 tot 4 keer n maand daar was.

vermeende ·

Klink na n desperate verskoning.
Kyk, ons wil nie gehoor word nie, ons wil net regverdig behandel word en nie teen gediskrimeneer word nie.
Spur het n vout gemaak met hulle optrede en bied verskoning aan maar stel dit nie reg nie.

Die vrou is nog welkom en die man verban!!!!!!!!
STEL DIT REG.

Vaarwel ·

Mnr van Tonder, dankie vir die verskoning. Intussen luister ook hierna:
1. Ek soek asb Afrikanerkinders om my in Afrikaans te bedien
2. Ek soek pryse vir burgers soortgelyk aan die Wimpy en Steers (wat myns insiens aansienlik lekkerder is)
3. Eintlik kan julle sommer die hele menu heroorweeg in terme van pryse…hierdie bekgeveg was net die oortjies van die seekoei. Julle pryse is superbelaglik.

Aan die bittermin Afrikaanse konsessiehouers, koop julle konsessies uit, en begin ‘n Afrikaanse eg-boere restaurant daar waar julle tans in die ou ‘KP’ gebiede gesetel is. Julle sal soos in môre weer vol wees.
Maar dis maar net my beskeie mening.

Toontjie ·

En dan het hulle die vermetelheid om die rugbyuitsending op dstv te borg met ” … ondersteuners van Springbok ondersteuners … “. Ga! Miskien het iets verlore geraak in die vertaling van Engels na Afrikaans.

Jip ·

Bietjie laat vir verskonings sou ek se. Ons eet al jare nie by Spur nie. Kos en diens het met die jare agteruit gegaan. Meer as een keer koue kos gekry en vleis nie soos ons dit bestel het nie. Daar is baie ander restaurante.

Sarie Annanndale ·

Mr van Tonder is wit man no weer welcome by Spur.!!!!!!!!!!!!!!?

Charl Senekal ·

Spur moes meer fokus op die feit dat een kind deur ‘n ander kind geboelie is in een van hulle restaurante. As “die amptelike restaurant van die Suid-Afrikaanse gesin” moet die personeel beter opgelei wees om juis so ‘n situasie te voorkom. Verder moet Spur hulle eie slagspreek ter harte neem. Suid-Afrika is ‘n diverse land en “die Suid-Afrikaanse gesin” verteenwoordig ‘n magdom van kulture, tale en rasse. Hoe die bestuur besluit het om hierdie voorval te hanteer was – in my opinie – on-Suid-Afrikaans, en het hulle hantering van die voorval my groeiende wanhoop in ons land se toekoms met rasse skrede laat toeneem.

piper ·

spur se swak vertoning kom al van ver af. kyk na sy aandeelprys. in 3 jaar 6.45% af. in 1s. jaar 6.42% dieAF. in 30 dae 9.23% af. dit is nie net spur nie die groep wat john dory, panarotti , roco mama ens. is ingesluit. verder is ons land in n resessie en die man in die straat het minder geld in die sak wat ook bydra tot die afname. maar wat die hoof rede was weet ons almal.

Jeremy ·

Spur the damage is done.
You underestimated your client base and they voted with their purse not to spend their money at your restaurant!

Rika ·

As die witmense dan soo rassisties is met hierdie wegbly aksie…hoekom ondersteun die ‘ander’ party se mense dan nie juis vir Spur in die tyd van armoede nie? Hul was immers die party se kant wat gekies was….ai as jou loyaliteit soo misplaas word dan moet jy maar al die hase uit die hoed uittrek of hoe? As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel…aan jou sak….dis ‘jammer’ né?

Amanda ·

Interessant as die weerhouding van Afrikanergeld n maatskappy so kan knak. Dan kan weerhouding van belastinggeld dalk n korrupte regering knak….

Martiens ·

Albei die kliente was uit lyn. Al wat Spur moes doen was om te se ons duld nie sulke gedrag in n familie restaurant nie en gese het ons distansieer onsself daarvan. Maar toe wil Spur partydig raak en die vrou se kant vat wat ook verkeerd was en die man gevloek het. Spur het die koopkrag van die blankes onderskat. So word ons orals in S.A onderskat. Mag hierdie vir ons n waardevolle les wees om te sien en te weet tot wat ons instaat is as ons saamstaan. Mag ons blankes net meer en meer saamstaan. Van Tonder was eers rassisties en nou sing hy n ander liedtjie. Hy het klaar vir ons sy hart en lojaliteit gewys. Hierdie verskoning is vals en n finansiele besluit. Mag ons blankes saamstaan en mekaar se rue toemaak !!!

Frank ·

Verskoning direk aan die man. Kompensasie moet aan hom betaal word. Afrikaanse wit kelners en personeel asb.

Gert ·

Hy is jammer oor geld wat hy verloor en nie sy optrede nie.
Spur sien my ook nie weer nie.
Kom ons doen dieselfde met rugby en krieker tot fie kwota stelsels last vaar word. Stop jou Dstv en hou op om na die stadions te gaan.

Cherokee ·

Hulle wil nie in politieke debatte betrokke raak nie? Dit nadat hy gesê het die boikotte het ontstaan by die regsgesinde groepe en areas.

Wynand Buys ·

Die probleem is net dat ons groep vriende wat elke Donderdag in die spur gaan eet het nou n paar ander wonderlike kuierplekke ontdek waar ons deur afrikaanse mense bedien word, waar die kos puik en bekostigbaar is en die drank billik is. So die spur sien my nie sommer weer nie. Dit was altyd die gemaklike eetplek hierdie debakel het gemaak dat ons beter en goedkoper plekke ontdek het.

vanTonder ·

So meneer van Tonder ek hoop rerig jy doen die moeite om die oorweldigende reaksie op julle tweede (lyk my mislukte) om verskoning te lees. Ek is miskien nou nie ‘n CEO van ‘n groot restaurantgroep nie maar ek hou al duisende kliente gelukkig vir 7 jaar lank. Hier is vir jou ‘n gratis tip waarvoor jy my nie hoef te betaal nie. Dis hoe jy regmaak:
A. Jy gaan ook onvoorwaardelik aan die klient wat jy verban het moet om verskoning vra, omrede jy aksie geneem het voor jy behoorlik ondersoek gedoen het.
B. jy gaan vir die klient wat jy verban het gratis etes vir 6 maande gee, so twee per maand sal hom miskien weer gelukkig maak.
C. Jy gaan jou franchisees se fooie en jou wins moet afskryf vir paar maande om hulle te help om weer op die voete te kom.
D. Jou advertensies op rugbywedstryde walg mense net verder. Haal dit vir eers maar af, tensy jy groot onderaan sit jy het die klant wat jy verban het om verskoning gevra.
E. Begin om jou farnchise kwotas van blanke kenlers reg te kry. ‘n Wit kelner by spur is so bedreig soos die witrenoster.
Indien jy bogenoemde getrou doen sal jy miskien begin indruk maak. Tot dan is jou “om verskoning” leeg. Baie soos Zuma sin. En dit is eintlik maar ‘n belediging vir ons paar miljoen oorblywende blankes in Azanie se intelligensie.

Rockspider ·

Vir my gaan dit nie eers oor die oorspronkilke geveg tussen die twee kliente nie, dit gaan oor hoe Spur die hele storie tot nou gehanteer het. Sonder dat ek ‘n ding verkeerd gedoen het of dat van Tonder my persoonlik ken, was ek as ‘n wit supremis uitgekryt. Dankie vir niks Spur, ek eet nog net soveel uit maar doen dit net ander plek. Dit gaan nie vir my oor wit of swart, Afrikaans of nie, dit gaan net daaroor dat ek nie meer by julle welkom voel nie. Nooit is ‘n baie lang tyd maar julle sien my beslis nie weer in my leeftyd nie.

George ·

Spur is duur hulle kos is swak gehaalte En niks wit kelners nie, het in elkgeval meer as 2 jaar terug laas by n Spur gaan eet met my familie. Daar is beter pleke as daar buite.

Leon ·

Te min te laat. Ek eet heerlik by die nuwe plekke wat ek ontdek het en spaar geld ook. Jammer Mnr. Van Tonder ons kom nie terug maar dankie die (Halfhartige) poging.

LK ·

Die hele “ons is jammer” gaan oor die R100 miljoen se verlies wat Spur sedert die voorval gelei het. Jammer gaan nie die voete terugbring nie en ek dink die skade is gedoen.

Scalla ·

Ek dink die konsessie houers moet ook aandring op verlies van inkomste en van Tonder moet gaan , spyt kom te laat, sien my nie weer, tatta, baie ander plekke

johan ·

soos daar gesing word ,, jammer om te hoor ,,…. bietjie laat sal ek se

Loutjie ·

Alles goed en wel. My probleem lê met die personeel wat dreig om die Kos te besmet. Ek eet nie meer by enige konsessie houer a.g.v dit. Plaas kameras in die kombuis en beeldsend dit op julle TV Dan sal ek dit dalk oorweeg om julle te ondersteun. In die buiteland is dit al die norm dat jy alles kan sien wat gebeur in die kombuis.

jan ·

@Loutjie hulle kombuis is oop met kameras en die storie van die waitress is fake news – haar portrait was van VSA – moenie sulke rubbish glo nie asseblief

Nico ·

Van Tonder moet begin deur daardie wit man op al die TV kanale voor al die land se kykers onverskoning te vra. Ja die man moet saam met hom voor die kamaras verskyn!

Dellaq ·

Al vra hulle die man onverskoning wat hulle verban het, gaan dit niks beteken nie- om persoonlike redes. Spur het judge en jury oor ‘n man en sy familie se lewe gespeel (die man was gedreig met die dood)…Julle het reeds skade aangerig en volgehou dat julle niks verkeerd gedoen het nie en so ook rassehaat aangeblaas. Ek is regtig jammer vir al die konsessiehouers wat finansieel verloor het,maar ek weet van baie mense wat nooit hulle voete weer in spur sal sit nie. Ek en my familie sal of nie welkom voel nie of nie veilig nie. Ons ondersteun familie ondernemings in die omgewing vir meer as ‘n jaar en sal so voortgaan.

Anti Spur ·

Wonder wie se insette sal in die houers wees- beslis nie ons wat aanstoot geneem het nie. Ons besoek nie meer die Spur nie. Alles gaan nie oor die rasse voorval. Ek kan nie waag om enige iets met sous op te eet nie want ek is wit! Wat het van die kelners geraak wat sulke uitlatings gemaak het. Nee wat ek dink Spur begin ons geldjies mis!!!!

Vanessa Els ·

Damage control.. Money talks ne.. Maar ongelukkig het Spur te lank gevat om hulle fout te besef.

Boetman ·

Mnr. Spuit kom te laat en skade onomkeerbaar. Ons wittes was genoeg die slaansakke. Kry maar jou pelle wie jy so beskerm het as jou kliènte

Erick ·

Die woorde ‘KP’ s en regses ‘maal nog in my kop. Nee dankie Spur. My besluit is gemaak. Julle is ‘n uitgediende instelling.

Lodewikus ·

Kan ons nie iets soortgelyks doen om die belaglike kwota stelsel in sport te stop nie.
Kanseleer jou Dstv ?
Boikot die stadions ?

Willie ·

Demografiese prys bepaling….. 75% vir n dis as jy swart is, 30% as jy wit is ens… wat ookal die demogrphics is..

Antoinette ·

Neebwat ek was meer as n jaar trug in n spur en hulle sal my nooit weer sien nie. Die goed wat ek hoor wat hulle met n mens se kos maak ag nee sies man. Die waiters is so ongeskuk en Hulle kyk jou vieslik uit en praat van jou by die ander waiters dit is baie unprofessional. Ek was ook nog nie deur n wit afrikaans spreukende waiter gehelp nie. Ek het een keer n rib burger bestel en toe kry ek n beef burger toe ek hom trug stuur se die waiter ek het nie gese n rib burger nie en stry met my. Ek herhaal altyd my bestelling om seker te maak hulle hoor my reg.Ek het toe gevra om met die bestuurder te praat en ek het dai waiter niks getip nie was baie swak diens. Al se hulle jammer vir daai blanke man sal ek nie my voete by enige spur sit nie. Daar is baie ander restaurante wat baie beter diens, kos en waiters het. Ek sal hulle eerder ondersteun. Ons geld is net goed genoeg as julle bankrupt word

Charmaine ·

Regtig? Neem maande om tot hierdie insig te kom en skielik ontdek dat dit ‘n fout was. Soms voel dit of ‘n mens se intelek getoets word. Hierdie verskooning is niks minder as “window-dressing” nee wat daar is baie ander restaurante wat ek nou eerder ondersteun!

Jan ·

nie die grootse Spur fan nie, ek het my eie restaurant, maar jy moet nie die ‘fake news’ van die waitress wat dinge in mense kos sit glo nie – haar portreit was ook van VSA of so iets. Dis regtig nie moontlik in n kombuis wat oop is nie

Te laat Jammer ·

Dis te laat. Plus die witman is seker steeds verban. Nee dankie

Matt ·

Nee wat Spur, nee dankie mag die wegbly aksie permanent wees en uitbrei.
Solidariteit en Afriforum het dalk die regte standpunt ingeneem. Hoop net hulle probeer ondersteunig vir spur soek nie.

Eugene ·

Nou moet Van Tonder net aankondig dat hulle bied maandag en dinsdae koop een Burger en kry een gratis dan is julle almal terug by die Spur!

VanAfrika ·

Wanneer gaan julle vir daardie dogtertjie jammer se?????

Chris ·

Mens sal moet sien of die verskoning opreg bedoel word. Ek is eintlik nou meer verbaas hoeveel mense hier reken dat Spur die man om verskoning moet vra?! Daardie man het hom uiters swak gedra. Waaroor ek saamstem met die meeste hier, is dat die vrou ook dan verban moes gewees het. Alhoewel Spur eintlik nie een moes verban het nie en eerder die ongelooflike geleentheid vir versoening moes aangegryp het. Salig is die vredemakers! Dit sou selfs ekonomies sin gemaak het. Dink net die bemarkingsmyle wat hul uit ‘n versoenings-aksie kon gekry het.

Jannie ·

Carel – ek is nie grootse Spur fan nie, maar ek het my eie restaurant en jy moet nie die fake news glo nie. Die kombuis is oop soos my restaurant en dis regtig nie moontlik vir n waitress om met jou kos to mors nie – asseblief moenie sulke snert glo nie. haar prent was ook van die VSA of so iets

LBisch ·

Hierdie is al ou nuus. Lewe is te kort om n wrok te hou. Vergewe en Vergeet

Saarkie ·

Al gee Spur 3 Burgers vir die prys van 1 Maandae tot Sondae sal ek nooit weer teruggaan nie!

Pierre van der Walt ·

Is die swart vrou ook verban? Is mense van alle rasse wie se kinders hulle nie kan gedra nie steeds welkom in Spur? Die verskoning sal sinneloos wees as dit nie die geval is nie. Jammer Boere, maar as ons gaan val vir die truuk van Spur is ons ons eie gatgrawers. Dis tyd dat almal in die land begin leer dat ons nie langer vertrap gaan word nie. Ek sit in my lewe nie weer my voete in ‘n Spur nie. Spur moet maar sy wins maak waar hy sy keuse gemaak het. As ek ‘n Franchise holder was en ly sal ek ophou tantieme betaal

Nouja ·

Genade, maar ons is ‘n verbitterde klomp kinderagtige verloorders op hierdie werf.

henry ·

Sit die hele video op sosiale media dat almal kan sien wat daar gebeur het en dan tot ‘n gevolgtrekking kom en ‘n oplossing te vind. Te vnnig as iemand nie sy sin kry word dit en dat aan die brand gesteek, afgebreek, geverf en verban…….laat die kliente besluit wie is verkeerd

Melanie ·

Wanneer gaan hulle besef dis nie n rasse debakel nie. Dit was n onderonsie tussen n man en vrou omrede die vrou se kind nie wou onverskoning vra nie. Toe sy sien sy is op kamera toe is dit kamstig rassisme.

Werner ·

Gaan spur ooit bekendmaak wat op die speelplek gebeur het op daardie dag? Ek dink nie so nie. Wat van die man wat doodsdreigemente ontvang het, gaan hy en sy familie berading kry? Ek dink nie so nie. Hou maar julle verskoning want sonder die publieke regstelling beteken dit niks.

Letisia Blank ·

Ons glo die meeste Spur-eienaars “suffer” nou agv 1 ou se besluit. So jammer!!!!!

Vetkoekpaleis ·

Van Tonder / Spur druk julle cheddarmelt verskoning.

Danie ·

Die vertroue in van tonder en sy senior bestuur is geskaad. Ons weet nou hoe hy en sy seniir bestuur dink, wie en wat hulle is en waarvoor hulle staan. Hulle gaan nie van opinie verander nie. Dit is baie sleg om nou ‘n masker aan te trek. Almal weet wie sit agter die masker. Daar is net een uitweg om vertroue te herstel. Van tonder en sy senior bestuur moet bedank.

Dit is duidelik daar kort ‘n nuwe retaurant groep.

Gordon ·

Spur too little too late . You have made your bed now lie in it .

phillip vorster ·

By die Spur in Westgate Roodepoort veral op naweke staan die gange vol trolies van checkers ens vol kruideniersware , Spur bestuur laat dit toe want meeste is Taxi gebruikers en nou hulbron van inkomste, as hul dit ontmoedig sal die kliete nog steeds daarheen gaan en ander plan maak en eers eet voor shopping ens. Voor die debakel waar die man onredelik Spur geweier was na hul woodewisseling het ek net verbygeloopas ek die trollies daar sien die gange vol. was die bestuurder van Taxano Spur darem gefire of iets?

m ·

Spur Se kos is vervelig. Daar is soveel beter plekke on by te eet. John dories boy n treffer

Onafhanklik ·

Ondersteun eerder die onafhanklike kuierplekke. Beter atmosfeer, opsies, kos vars voorberei, waardeer hulle kliente, persoonlike interaksie met die bestuurder of eienaar. Kan voorstelle maak tot hul verbetering wat tot harte geneem word en waardeer word. Geen meer konsessie restourante vir my nie.

Klaus Zwiegler ·

Interressant hoe Van Tonder nou kortom vlieg en ‘n verskillende deuntjie sing van ” SPUR hou by sy beleid dat hy reg opgetree het” na ” Ons besef ons het nie na ons kliente geluister nie.” Van Tonder hop nou rond soos ‘n mank eend op ‘n warm plaat omrede sy franchise eienaars hom squeeze. Vir my klink dit al of van Tonder begin ” The way old friend do” sing terwyl hy musical chairs speel op die die dek van die “SPURtannic.” Sorry libbie- die skade is gedoen- never again. Ons gesin gaan eet nou eerder elke Saterdagh-aand by die hawe se outydse “Boathouse” heerlike seekos waar jy nog vriendelik ontvang word.

Letisia Blank ·

So jammer al die Spurs moet nou lei onder 1 man (1 Spur) se besluit.

Ben ·

Daar is nog ander besighede wat ook nie meer blankes in diens neem nie. Dit is tyd dat hulle ook ontbloot word word en dieselfde medisyne aan hulle gegee word. Omgekeerde rasse-diskriminasie is ook verkeerd.

Johanna Hattingh ·

Wat in Spurs gebeur her is water under the bridge.kan niks daar aan doen,maar Spurs se diens het baie verswak,hulle pryse is nie meer goedkoop en die lekker specials is ook nie meer daar .So ASB moenie die kleur kaart speel vir julle verlieste nie

Estelle ·

Stem saam Johanna. Spur se finansiële probleme kom al ‘n tydjie aan. Diens baie verswak in oorgrote meerderheid van Spurs en die chaotiese “speel areas” maak dat Spur lankal nie meer as ‘n familie restaurant gesien word deur baie mense nie. Om nou die reaksie op die uiters swak hantering van ‘n situasie te gebruik as rede vir swaar kry is nie heeltemal regverdig nie. Álmal moet hulle sente twee maal omdraai en daar is restaurante met baie beter pryse waar dit rustig is om te kuier en almal aan die tafel mekaar kan hoor.

Christiaan ·

Eintlik moet ek die Spur bedank vir hierdie hele affere. Ek het intussen uitgevind ek kan n beter burger koop by Simola se restaurant in Knysna vir omtrent dieselfde prys. En dis n 5 ster restaurant. Niemand raas en breek glase nie. Omgewing is rustig en mooi. Tot die uitsig is beter. Dankie Spur, sonder julle sou ek dit nie geweet het nie.

Riaan ·

Almal is jammer vir die konsessie houers maar ek het nie gesien dat hulle saam staan en aan van Tonder vra om te bedank nie. Nee wat Spur sien my gesin nooit weer nie

Wally Walters ·

Once bitten twice shy,Ons sogenaamde oortreder moet welkom wees in alle Spurs hy en sy Familie moet lewenslank daar kan eet en as die Spurs oor n jaar toe maak moet dit oorgedra word na John Dorys of Pannafrottis todat hulle ook toemaak

Chris Ws ·

Jammer Van Tonder ons sal nooit weer by enige Spur gaan eet nie.Daar is genoeg ander eetplekke.Jou verskoning hou nie water by ons nie!Koebaai Spur.

Dewet ·

Ek en my vrou het met n eienaar van n Spur eendag gesels, en sy was die vriendlikste eienaar wat ons nog ontmoet het, friendlik, gaaf, lievde vol. Sy was besig maar maak tyd vir klieënt, en het lekker oop en gemaklik gesels, sy is ook baie by skole en gemeenskap betrokke, en saal met liefde raad gee.
Is sy n slegte Spur eienaar??????
Weet julle wat, daar word n wan persepsie van Spur winkels geskep. Elke winkel het sy eie eienaar, bestuur, kelders wat nie van die Spur groep ag kom nie, dai mense is mense wat van dai omgewing af kom, hulle werk ook maar net om kos op die tafel te sit.
Elke Spur sal so situasie anders hanteer het.
Maar nou wil mens kom en alle Spur’s boikot, en deur dit te doen steel mens kos van dai mense se tafels af, wat net so hard werk as jy.
Doen aan jou mede mens wat jy aan jouself gedoen wil he!!!!
Jy verwag friendlike flinke diens, maar is jy bereid om friendlik en geduldig te wees????
Mense wil altyd net die negatiewe raak sien maar nooit die positiewe kant erken nie.
As mens heeltyd op die negatiewe fokus gaan die saak negatief uit draai, so begin fokus op die positiewe en sien al die goeie goed.
Ek en my vrou ondersteun met liefde ons plaaslike Spur

Domvraag ·

Ja en van Tonder is dis baas. Jammer dat jy nie kan saam staan en help om n verskil te maak nie

Wally Walters ·

# NO MORE ONION RINGS AND CHIPS FOR ME AND MY FAMILY NEVER EVER AGAIN

LP ·

Ek het al voor die insident besluit om nie meer spur te ondersteun nie. Diens het agter uit gegaan en kos nie meer dieselfde nie. Na die insident, sien die groep my ook nooit meer nie asook hulle ander restaurante in die groep. Daar is genoeg ander restaurante. Ek sal my kaart met vouchers in die drom gooi.

Lerése ·

Is Spur also going to pay compensation to the man that was assaulted as a result of mistaken identity? Oor dit bly hulle doodstil! Hoe regverdig Spur dit? Van Tonder, jou aksies het onskuldige mense laat seerkry. Woorde van onverskoning gaan nooit goed genoeg wees nie. En in die afgelope weke waar die kind gegryp was, is toe nou ook ‘n Spur. Net nog een rede om nooit weer vir Spur te ondersteun nie.

Jacques Venter ·

Suid Afrikaners is baie kwaad. Kyk hoe ry hulle op die pad. Nou gee n nietigheid soos die ding by Spur, hulle n rede om oor n enkele voorval gal te blaas.
Die mense wat n boycott bepleit plaas baie mense se werk op die spel. Wat n selfsugtige daad!

jan ·

@Pieter – die storie van die waitress wat dinge in mense kos sit was fake news. Hulle kombuis is oop, dit is nie moontlik om vir hulle met jou kors to mors nie, ek het ook my eie restaurant, en sulke snert benadeel die restuarant besigheid

Michelle ·

Dis so ironies. Spur het nou erg skade gelei en nou skielik die pleit beleid on te se n paneel is aangestel om voorvalle te ondersoek. Ons mag nie o s kinders beskerm teen boelies nie maar ons geld is goed genoeg om hulle aan die gang te hou?

jan ·

@Tiaan – die storie van die waitress wat dinge in mense kos sit was fake news haar portrait was ook van VSA. Die spur kombuis is oop en het kameras, dit is nie moontlik om vir hulle met jou kors to mors nie, ek het ook my eie restaurant, en sulke snert benadeel die restuarant besigheid

Andries Smit ·

Nee wat as ek daardie man was sou ek geen onverskoning aanvaar nie. Hierdie hele verskoning gaan net oor geld, niks anders. Net bly ñ groot deel van ons volk kan saamstaan. Gelukkig vir Spur blyk dit uit die kommentaar of daar darem so ñ paar gatkruipers (wat in ons ou volkie sal wees) is wat sal teruggaan. Maar vir ou Brombeer sien hulle nooit weer nie.

Ruan ·

So een vraag? Hoeveel van julle wat so lekker kla oor die spur onverskoning is christene ? Want ek as attie sê nou vir julle julle moet leer wat die bybel sé waarop julle gedurig staat maak, vergeet en vergewe? So ja Spur het laat bygekom maar is julle christene so vol haat dat julle steeds nie kan anvaar nie? Nee kyk ek verstaan nou daai gesegde soveel beter “waarvan die hart vol is loop die mond van oor” julle gee nie om vir e nastes nie. Ek het mense wat ‘n paar Spurs bestuur en hulle moes die verwoesting aan pak en steeds hulle besigheid bestuur en salarisse betaal en julle wat julle so aan wend tot ‘n verdere boikot moet net weet jou werk/ besigheid kan die selfde vout maak en dan wil ek sien hoe julle ‘n bestaan maak, mense selarisse betaal e skuld betaal. Swak styl van christene wat so maklik kan vergeet wat in die bybel staan. Ek sal Spur ondersteun want ek weet enige mense/ besigheid maak voute en wie is volmaak?

leendert kruger ·

Nee Ruan los Christen skap uit in die ding. Spur het dit n ras geval gemaak hoekom het hulle ook nie die swart gesin lewenslank uit Spur geskors nie. Ek is trots Afrikaner. Dit is waarom ons land so lyk. My ouma en oupa sou gese het ” joiners” . Ek is nie joiner nie, maar staan bank vas agter die ander Afrikaners wat opstaan vir hulle reg

Anti Spur ·

Ruan , Attie wie jy ook al is. Miskien moet jy daardie vraag aan ene van tonder gaan stel……!

Alida ·

Nee wat, Ruan, moet nou nie geloof begin bysleep nie. My Bybel sê nie vir my ek moet tevrede wees met swak diens en swak kos anders is ek nie ‘n Christen nie. Gaan lees weer wat die mense sê. Die meeste het bloot beter eetplekke ontdek en daarom gaan hulle nie terug nie.

Meg ·

I am sooo proud of us!!!! Without violence, or burning Spur steak houses to the ground, we stood together to make a difference. We quietly did what we felt was just and made our silence speak.

Berdéhan Brand ·

Dit is nie ñ verskoning nie. Dit is ñ poging om die groep van ondergang te red. Voorspoed met jou en jou “tribe”, Van Tonder. Daar is baie ander restaurante waar almal welkom is en ook beter waarde vir geld bied. Benoude katte gee benoude spronge. Spyt kom soms te laat

Dewald ·

Ek voel eindlik ontsteld oor die situasie want Spur voel nou eers hulle will die situasie herstel en die rede daar voor is hulle swak sales . Dis glad niks te doen met die arme man en sy voor val nie . Hulle voel eindlik net mooi vere dit gaan alles oor geld . Nou is ons blankes weer welkom . Nee dankie ek eet liewers n hotdog by n stalltjie . Wie voel soos ek voel ??

Realis ·

Nee dankie, hou maar ” al julle kos wat alles presies dieselfde proe” , ek braai liewers !!

RN ·

Spur konsessie houers moet nie nou huil nie. Wat het julle gedoen om van Van Tonder ontslae te raak, of boelie hy julle op dieselfde manier as daardie klient. En wat doen julle vir gelyke indiensname in julle restaurante, kan nie eers meer onthou wanneer laas ek in Afrikaans bedien is nie. Daar is GEEN kans dat my R1000+ per maand weer by Spur spandeer sal word totdat Van Tonder by die deur uit is en ek weer in my eie taal bedien kan word nie. En ek sal voortgaan om elkeen wat hierdie onderwerp aanroer te herinner aan Spur hoofbestuur se vyandskap teenoor die Afrikaanse gemeenskap na die oorspronklike voorval, met allerhande etikette wat om ons gemeenskap se nekke gehang is. Bon voyage Van Tonder!

Dawid Pietersen ·

Kapitaal waaraan wel ‘n kleur gekoppel kan word en wat skielik ophou inrol het, sowel as vele konsessiehouers wat die gevaar staan om as gevolg van verliese veroorsaak deur saamstaan boikot aksies hulle deure te sluit, het sekere mense gedwing om verskoning te vra in ‘n poging om homself sowel as die wat hy saam met hom afgetrek het, te probeer red. Hierdie is ‘n valse, kunsmatige en gedwonge gebaar deur die grootmeneer van Spur wat geen betekenis inhou vir hom wat veskoning vra nie. Woorde alleen hou geen waarde, aangesien dit deur dade gevolg moet word om betekenis daaraan te gee, deur bv. die implimentering van voorstelle soos hierbo gemaak. Wat egter ‘n soet smakie in die mond nalaat is die feit dat die grootmeneer van Spur nou sy woorde moes sluk omdat hy nie voorsien het wat die reaksie van sy rassistiese optrede sou veroorsaak nie. Hy het waarskynlik die koopkrag van die spesifieke gemeenskap van die samelewing wat Spur eetplekke ondersteun en direk deur sy rasistiese gedrag beledig is, en nou hulle ondersteuning gestaak het, onderskat. In die alternatief het hy gedink dat die gans wat die goue eiers lê sou aanhou lê het, selfs nadat die gans se nek deur sy gekke rassistiese optrede omgedraai was. Hy het sekerlik nie verwag dat ander ganse sou kon saamstaan en dat as almal saam sou ophou eiers lê, daar geen eiers sou wees nie. Trots op al die ganse !!!!!!

Koos Kastrol ·

Net so, en Musi Maimane moet dalk ook ‘n lessie uit daai boek leer.

Leon ·

Waarom op ‘n “luistertoer” gaan? Weet Van Tonder steeds nie waaroor die bohaai gaan nie? Hy skop steeds vir die kantlyn!

Charl ·

Sien nerens waar chief van tonder die arme ou omverskoning vra nie. Probeer net sy eie besigheid beskerm met die briefie. Nee wat, te laat. Spur sien my nie.

Anne ·

Jannie, het self in ‘n spur gesien hoe een van die kelners aan’n melkskommel drink toe sy by die kombuis uitkom !

Pastoor ·

Ons Spur is nice. Die bestuurder afrikaans. Diens puik. Ek kannnie vir Harry die eienaar hier straf vir wat iemand anders gedoen het. Vergewe mekaar hulle misdade

John ·

En dit gaan nie net Spur wees wat jammer sal se as hul ‘witkapitaal’ skielik verdwyn nie… ook te laat…

Johan ·

Ek weet party gaan weer simpel goed se maar ek gee nie om nie. Ek dink 90% van die wat kommentaar gelewer het is Christene en ons word geleer om te vergewe en te vergeet maar kyk hoe verlekker ons onsself in ander se leed. Ek wonder wat ons gaan se as God se too little too late.

DR ·

Help nie Spur borg nou die springbokke nie,,sal niks help nie.. Vra die man en sy gesin omverskoning…

Skoon of nie ·

Ek wil net weet.
Hoe gereeld en wanneer word die speelrame en glyplanke ens gewas by Spur.
Dit is ongelooflik vuil en die kinders word siek.
Ek sal nooit weer by Spur eet.
Die eienaars moet eerder onder ń ander naam handel.
Iets soos Toom of teuls.
Iets Afrikaans, hul wil mos ons terug hê.

ManieM ·

Jammer Meneer Pierre van Tonder, jou gatomkeer soort ken ons al lank in ons geskiedenis., geld maak seeeer. Bedank asb onmiddelik en gee vir die konsessiekouers terugbetaling vir die verliese wat hulle namens jou gelei het. Begin by die begin waar ‘n kind geboelie was en niks het gebeur om die kind se trauma aan te spreek nie. Kry al die betrokke persone bymekaar en en vra daar in die openbaar verskoning vir jou kortsigtige uitsprake !!

foxi ·

Mnr van Tonder….als goed en wel.
MAAR KAN U SKRIFTELIK DIE MAN EN SY FAMILIE OM VERSKONING VRA DAT U HOM….DIE WITMAN …..VERBAN HET OM ENIGE SPUR TE BESOEK? KAN U DIT DOEN ASSEBLIEF…….

Christo ·

Ek stem, en die man se kind moet ook berading aangebied word nadat sy aangerand is in die speelarea.

Thea Malan ·

Moes hul albei uit gejaag het en geen edn se kant gevat het nie. Gaan leer jul kinders maniere by die huis om nie te baklei nie

Ouboet ·

Van Tinder, al waarom jy nou nederig raak, is omdat jou KPI gekoppel is aan die “bottom line”. Die bottom line in die geval is egter dat jy en jou beheer liggaam as bestuur gevaal het. Julle beste opsie as Spur groep is as die totale bestuur bedank. Sonder dit bly die keiser naak

Erik ·

Dis opvallend hoeveel van die kommentare wat positief oor Spur se verskoning is, die woorde “mense, raak groot” bevat. Meer as wat deur toeval verklaar kan word, dink ek. n Ontleding van kommentare, gemaak onder verskillende name maar met dieselfde oorsprong, sal interessant wees.

George ·

Ek is van mening dat van Tonder wat so vol van homself was in die media om sy punt te bewys nou ewe skielik en onder druk van die skoen verskoning vra omdat beide Solidariteit en Afriforum sy motief kan sien en dat sy verskoning so afgewater is. Steeds stel hy sy belang eerste om in die toekoms regverdige verhoor te he terwyl hy in geen posisie is deur sy subjektiwiteit. Hoekom is beide partye nie vir hulle optrede in die openbaar verantwoordelik gehou nie. Nee van Tonder was baie vinnig om sonder na oorweging van al die feite ‘n weldeurdagte besluit te neem sonder om bevooroordeeld te wees nie. Ek dink spur sal beter vaar sonder van Tonder aan die stuur van sake. Ander lesers het ook ‘n punt oor die kwaliteit van die maaltye. Ten minste het Spur nou die geleentheid geskep om ander restaurante op die proef te stel.

EricaV ·

1. CCTV vir kliënte om te sien wat aangaan jn kombuis en by braai-areas.
2. Blanke kelners wat Afrikaans kan praat.
3. Vriendeliker kelners !
Dan mag ons dit dálk oorweeg om terug te gaan!

Andre Traut ·

mnr van Tonder, dankie vir jou verskoning. Net n vraag, egter, dink jy ons is stupid? Hierdie hele episode het n hele klompie van ons gewys dat ons sonder jou kan klaarkom. Jy verteenwoordig spur, en ek hou nie van jou manier nie. Daarom sien spur my en my geld nie weer nie

Snyman ·

Neewat hou verby.Ons weet mos nou hoe voel v Tonder en sy maatjies oor ons.Sit my voet nie daar nie.Het nuwe Afikaans vriendelike en blank vriendelike eetplekke ontdek.Kinders ook nie in gevaar nie.

Helene Heyns ·

En saam met die verskoning sommer hul pryse ook opgestoot.

Suzy ·

En wat van die man wat lewenslank by Spur geskors is? Is hy nou weer welkom?

Kevin Green ·

“ONS” BY SPUR……….
NO Van Tonder “Ek” van SPUR.
YOU messed up not any SPUR staff. When your results come out and your shares plummet, you will be forced to step down like you should have when you originally messed up. Time for change at SPUR.
TOO LITTLE, TOO LATE

marinda ·

Vra die man wat julle wegejaag het omverskoning , en mens kan nie eers meer rugby kyk by spur nie dis mos nou sokker,en ja maak van julle kelners wit dan miskien groot miskien

Tjippie ·

Al vra Spur die man omverskoning sal ek nooit weer daar gaan eet nie daar is baie ander plekke met goeie kos en vriendelike kelners wat afrikaans praat! Bye bye Spur!!

Gert Knoetze ·

Pierre van Tonder moet gaan. Spur sal my en my gesin nooit weer sien nie. Ek het my Spur lidmaatskap kaart middeldeur geknip. Spur eienaars moet nie kla nie hulle word voorgese deur Van Tonder en sy mede seniors.

C ·

Ekt gese eks klaar met spur en ons gesin het sedert daardie dag nooit weer ons voet in die spur gesit nie en ek bly by my besluit. Hul wil nou jamner se nadat hul sien wat die gevolg van hul swak oordeel is. Hel, kan n besigheidsman dan so n slegte fout maak…..

Christo ·

Van Tonder hou op om doekies om te draai en praat reguit. Of jy verban die vrou wat so gevloek en skree het, of jy vra die man onverskoning en bied berading vir sy kind aan wat in julle speel area aangerand is.

Koos Kastrol ·

Dis miskien nou ‘n dom vraag, maar wat keer ‘n konsessiehouer om sy konsessie te verkoop, dalk die perseel en toerusting oor te koop, en ‘n onafhanklike braairestourant daar (of dan elders) oop te maak?

Ricki ·

Ek moet sê ek mis julle uieringe die heel meeste… maar my maag is platter en ek eet nou by plekke wat rys bedien saam my groente, in Afrikaans deur n Afrikaanse kelner bedien. En ek is happy. Neewat Spur, ek wil saam met daai verbande Afrikaner man staan. Hy moet weet dat hy vir my méér belangriker is as julle shareholders.

Hennie ·

Dis baie jammer dat die insident plaasgevind het. Dis nog meer jammer oor hoe die Spur bestuur (Van Tonder alleen of saam met wie ookal?) die saak hanteer het en nou wéér verkeerd hanteer. Wat egter die hartseerste is, is hoe onskuldige konsessiehouers se besighede daaronder ly en waarskynlik nou nog meer gaan ly. Maar ek is seker van een ding…Daardie goeie konsessiehouers sal beslis ‘n groot sukses maak onder ‘n ander bedeling met ander konsessiegewers. Of die konsessiehouers moet ‘n bestuursoorname van die groep doen indien hulle die bestaande groep wil behou en weer laat herleef. Dit mag wees dat Van Tonder man alleen nou die groot skip gaan laat sink….minstens volgens die publiek se opinie….en dit is waar die spandering lê. Hy het ‘n groot besluit om te neem.

Jaaiks ·

#Pieter..ek sekondeer daai mosie..Eet nou baie lekker by Gecko Lounge..

Estelle ·

Die skade agv Spur se pc behandeling van ‘n nie ras situasie ‘n ras situasie maak is gedoen. Jammer is amper ‘n klap in die gesig nou. Wat is die optrede teen die twee ouers nou na die “jammer”? Nog dieselfde. Sy bly en hy is verban?

Jolene Slippers ·

Neewat Spur. Dis soos mostert na die maal. Ons het Spur weekliks besoek. Was sedert die gebeurtenis nog nie weer by n Spur nie. Sal ook nie weer gaan nie. Spur se styl laat n bitter smaak in die mond!

Peet ·

Mis ek iewers iets? Baklei julle met ‘n blanke, een van “ons”, wat verkeerderlik nie sy eie ras in rassistiese situasie wou verdedig nie? In daardie geval moedig ek elkeen van julle aan om dan ook 30% van jou jaarlikse inkomste, soos van Tonder nou doen, af te staan wanneer jy volgende keer rassisties is of so optree, wat seker more al sal gebeur. Wat goed is vir die gans moet mos ook goed wees vir die eend.
Vervolgens verneem ek graag wie of wat julle volgende teiken gaan wees om julle verwronge egos te streel.
Ek skaam my vir my eie volk wat op een van sy eie draai net omdat hy finansieel kwesbaar is.
Goed, los die 30% skenking. Klim in jou kar en gaan staan saam in die voorste linie waar jou gesig werklik ‘n verskil gaan maak. Jy gaan egter sukkel om so ‘n plek te vind as jy dit op grond van rassehaat wil basseer. Suid Afrika het baie meer belangriker sake wat jou aandag en energie benodig as jy enigsins nog weet hoe om ‘n konstruktiewe bydrae te lewer.
Gaan eet waar jy wil, maar laat dan eerder jou rasse-ego tuis. Ons sal dit egter ook so verkies, want jy blaf in elk geval in jou eie kombuiskas. Ons het nie energie vir jou kleinlikheid in die openbaar ook nie.
Die nuwe SA benodig volwassenheid en ek is bevrees dat ons blanke volkie se gebrek daaraan ons eie ondergang gaan wees.

Lorenzo ·

Still about race.why in this day and age it is still about black and white..my word stop this racist ranting and rather see or propose how we can learn out of it..conflict resolution…race relations and leadership initiative..nope instead we teach our children the opposite…where us our moral values..Spur should not apologise and me and my family will always support them..it is those two so called “adults’ who should apologise for setting bad example to their kids.

Pieter Pretorius ·

Spur kan nou maar hulle advertensies in Xhosa, Zulu, Sotho, Venda ens. doen, dit is mos die mense met geld en die mense wat deur Spur verdedig word en in diens geneem word. Spur het vergeet wie se aanvanklike ondersteuning hulle so groot gemaak het.

Al laat Spur die man terug en al gee hulle hom gratis etes vir ‘n leeftyd elke aand sal hulle NOOIT weer ‘n sent uit my sak kry nie.

Hulle is net soos Woolworths, die witte se geld is goed maar die wit identiteit pas hulle nie…gaan maak nou maar julle kampie saam die ander rasse.

Spur en Woolworths is ‘n verleentheid vir ons wittes.

As iemand ‘n trots blank, trots Afrikaans restaurant begin waar blankes mens weer mag bedien is ek daar…dis waar ek my geld sal spandeer.

Richard Louw ·

Jare terug all slegte ondervinding in die Kaap gehad met die ribbetjies by Spur, vermy hulle al van toe af.
Maar wat my meer bekommer is die onlangse berig van die kind wat amper uit ‘n Spur ontvoer is, vir my meer belangrik as enige iets anders, sal nooit weer my voete in ‘n Spur sit nie.

Shani ·

Te laat. Jy draai jou rug eenmaal teen jou eie mense en die skade is gedoen. Daar was doelbewus kant gekies terwyl die volle verhaal kortgeknip was om net dit te wys wat julle gedink het die massas wil sien. Wel nou kan julle cater vir daai massas.

Yster ·

Te min te laat. Stel kelners aan wat die volksamestelling verteenwoordig. Dan sal ek miskien weer gaan . Dalk net miskien weer. Maar almal van een groep. No thankx.

Gerda ·

Jammer jammer jammer…. ?
Oor alles jammer behalwe wat hulle aan daai man en sy gesin gedoen het?
Nee wat “beating around the bush”
Waarom maak julle nie reg WA JULLE FOUT GEMAAK HET NIE? Maar julle sal aanhou bloei tot julle in persoon onverskoning vra vir die persoon,en regmaak wa julle verbrou het.
#Anti Spur

Teen Boelie ·

Ek stem 100% saam met jou Ruan! Hoe sal enige van die mense gevoel het as daai MAN “jou” kind aan sy arm beet gehad het?? Hy het soos n opperste boelie opgetree. Spur het gefouteer maar PIERRE het nou die nederige pad gevat en wil die saak regstel! Laat die wat in glashuise bly….. Daar IS mense wat Pierre en Spur met die nuwe pad SAL ondersteun. Laat die “galbrakers” hul eie pad loop van haat en nyd.

Heleen ·

Ek verkies om geensins meer uit te eet óf wegneemetes te koop nie. ..weet nie meer of dit veilig is nie..

Mari ·

Spur julle inkomste is van die salaristrekker die gewone mense en julle behandel die gewone mense nie soos hulle graag behandel wil word nie. As ek daardie man is wat verban is al word ek miljoen maal weer toegelaat sal ek steeds my voet nie weer in spur sit nie. Ons geld is goed en julle kos en diens is nie goed nie. Ek het self al onderonsies met spur gehad die eiers swem bo op die olie. Ek het al n brommer in my kos gekry. En ja spur is nie meer wat hy was nie. So vir spur se ek sterkte want die pad is donker vir julle. Ek geniet myself by baie ander plekke en sien verseker hoe leeg die spurs in port elizabeth deesdae is. Die kinders kry baie seer by die speelplekke want n 3 jarige en n 7 jarige is nie n match om saam te speel nie. Groetnes spur ons sal vir julle sing op jul begrafnis.

Wonder maar net ·

Ek het die berig aandagtig gelees en kon nêrens sien waar van Tonder aan die kliënt en sy familie wat soos slegte honde by alle Spur takke weggejaag en verbied is, gelees dat hy hulle onverskoning gevra en weer uitnooi om daar te kom eet nie.
Van Tonder, jy’t nog nie die saak reggestel nie. Jy kan nie verwag almal moet nou weer van alles vergeet as jy nie die regte persoon onverskoning vra nie. Dis eintlik wat ons wil SIEN en HOOR. Dit sluit jou bedanking in, want jy hoort nie in ñ pos waar jy nie leiding kan vat en jou trots in jou sak kan steek nie.
Jammer van Tonder, maak eers reg waar jy verbrou het en dan sal julle die verskil sien in julle kliënte se ondersteuning.

frans botha ·

bietjie laat spur , baie laat julle sien my en my familie nooit weer , try maar met julle so call -bakkie add op TV , SO GEPAS DIE 3 MENSE IN DIE BAKKIE – NEE WAT HOU VERBY – VER VERBY –

Jureen Grobbelaar ·

Ek sê dankie aan Spur se bestuur vir die wyse van hantering van die begin tot op hede. Geen mens wat die “p” woord gebruik is werd om enigsins in n publieke plek voet te sit nie. En nog! te ruk en pluk aan n tafel voor kinders nie. Ek skaam my vir die afrikaner wie jul besluit veroordeel.

Corrie Botha ·

Mnr Van Tonder, JY het nog steeds nie, (na my wete?) die videomateriaal wat in die speelplek geneem is publiek gemaak nie….? Dat julle hierdie rasseherrie veroorsaak het is ‘n feit soos ‘n koei, omdat jy nie onpartydig wou optree nie. Vertroue, meneer, is soos ‘n porseleinbakkie…. as dit een keer gebreek het bly die kraak vir altyd sit, al plak jy dit hoe netjies vas. Ek het elke Saterdag my plekkie gehad in die Spur waar ek gaan rugby kyk het saam met vriende, nie weer nie. Jy het jou erg misreken met die Suid afrikaanse verbruiker…. hulle stem met hulle voete, en jy het die verkiesing nou maar sleg verloor. Spur se patetiese “skadebeheer” het die mense se intelligensie boonop onderskat en nog meer mense vervreem. Julle gaan die pyn nog baie jare voel. Hier is mense wat pertinent teen die man se taalgebruik te velde trek… blykbaar het dieselfde dame geen probleem met die swart dame se taalgebruik nie. So is Spur en sy ondersteuners se dubbele standaaarde oor en oor bewys..

Louis ·

Die Dros bedien uitstekende kos en waarde vir geld , ek eet baie daar en die atmosfeer uitstekend

aubrey gloster ·

Die enigste rede hoekom Van Tonder omverskoning vra is omdat sy besigheid besig is om sy gat te sien omdat hy sy regte kliente misken het. Baai baai Spur…..

YOLANDI ·

julle vra onverskoning. wat van die mense wat julle af laat dank het. wat nie werk het nie, gaan julle vir hulle hulle werk terug gee of is dit ook no maar so….
julle het nie net mense wat daar eet aangeraak nie maar die personeel wat julle SONDER BETAALING af gedank het ook!!! Waar is julle jammer vir dit waar is julle jammer dat baie mense nie meer n werk het nie mense wat 10+ in die pur groep gewerk het wat met niks sit nie nie eers n ordenklike afdanking nie.

Marissa ·

Ons stel nie belang nie. Dis te laat nou. Geld praat hard en nou wil hulle skielik rond spring. Hulle spring in elk geval nie hoog genoeg nie – die man is steeds verbied. Hy word steeds niks aangebied nie – anders as die vrou wat berading, etes gekry het .

Ons het in die tussentyd heerlike (privaat eienaars) eetplekke ontdek en sal regtig nie terug gaan nie.

Hennie ·

Van Yonder le klem op sy sogenaamde “luistertoer” en neem die aandag heeltemal weg van die witman wat te na gekom was. Begin deur die witman om verskoning te vra en te vergoed, tweedens om Spur se beleid van voorkeur aan swartes reg te stel.

Sinies ·

Ek stel voor die francise eienaars begin n regs aksie teen hul franchise gewer om hulle te vegoed vir die vernietigende ‘bemarking’ vir die skade wat hulle reeds gelei en steeds lei.

Johan ·

Kriup maar Pierre van Tonder, die skade is klaar gedoen en soos almal sê to little to late, jy moes daaraan gedink het toe jy eerder die swarte se part gevat het en die witman daar weg gejaag het. jaag 1 weg en jy jaag 90% weg, nog net liberales gaan spur toe. Vir my sien jy nooit weer nie.

Leendert ·

Ek lees elders in die media, dat die WERKLIKE rede waarom Spur se topbestuur (Van Tonder) die land gaan deurkruis, is omdat 150 bestuurders (konsessiehouers) van die net oor die 300, geweldige druk op die Topbestuur geplaas het om dit te doen. DIS waarom hulle dit doen en NIE omdat die Van Tonder en die topbestuur uit eie beweging so besluit het nie.

Leon ·

Ek dink eerder Chief van Tonder moet bedank.Dit was immers hy wat alles veroorsaak het nou wil hy hom verontskuldig deur kamstig die land se spurs te gaan besoek.Free vakansie ja.Bedank Chief van Tonder dit is dir regte ding om te doen.

Ada ·

Neewat Spur, ons het aanbeweeg. Ons eet nou by ander plekke. Daar is ons velkleur en geld welkom. Nie net ons geld nie. Wat jy saai sal jy maai……….

Suzette ·

Nou ja jy sien – soms is dit te laat. Ek ken nie verstaan waaroor die jammer gaan nie – jammer dat hulle so insident laat gebeur het eerstens – die vrot manier waarop hulle dit bestuur het – die manier waarmee die man weggejaag is – of die feit dat hulle gese het hulle het nie die witmense se geld / besigheid nodig nie. Noudat die popo die waaier tref en hulle besigheid eintlik seergemaak word deur die “wittes” wat nou nie meer gaan nie – nou is hulle kamtig jammer!! Effe en heeltemal te laat. Uit prinsiep sal ek en het ek nie weer daar gaan eet nie. Sal ook nooit weer nie. Uit prinsiep. ek is een van daai wittes wie se geld hulle nie nodig het nie.

anti spur ·

Ek hoop ons kan saamstaan en DSTV ook ‘n les leer. Met hierdie manier kan ons baie dinge regkry sien ek. Ek is trots op elkeen wat saamgestaan het.

Rudolph Venter ·

Ek dink praat is maklik. Doen tel baie meer. Spur is ongelukkig net nie meer wat dit was nie. Dis meer soos n KFC. eet en waai, Dit is nie meer n steakhouse ervaring nie. Ek gaan nooit weer spur toe nie. Hoekom nie, ek as blanke voel uit plek uit. As ons dit kon regkry, dink hoeveel meer kan ons regkry as ons net saamstaan.

Jakoba ·

Julle dom besluite het baie mense hulle werk laat verloor….en Spurs wat baie baie swaarkry….Julle het nie mooi gedink nie. Julle verskoning is baie verdag….Uit nood???
Nee wat, vra eerder Jan Publiek wat julle kan doen om dit te probeer herstel…

Vossie ·

Wat n gewone argument tussen 2 ouers was is in n rasse kwessie omskep – eers deur Spur en toe deur die media. En meeste van die kommentaar hier weerspieël dieselfde aanslag, wat dit dieselfde maak as Spur se aanslag – dus optrede niks beter as Spur s’n – m.a.w. net so skuldig en verkeerd soos hulle. Dis niks om op trots te wees nie.

Fransie Rowles ·

Regverdigheid dis al wat mens soek!!! En nee dis te laat!

Yster ·

Spur nooit weer nie dankie. Wimpy altyd. Veral Wellington. 100% afrikaans. Dankie Spur dat jy my verjaag het na ń Wimpy toe. Lekker man lekker.

Patrick Wernich ·

Ja ons kon almal saam staan omdat ons moeg is om op getrap te word maaaaaaaaaaaaaaaaaaaar daai man is nog steeds geban en daai vrou het niks oor gekom nie…! Wat leer ons ons kinders? Hulle al twee was verkeerd so al twee moet geban word want sulke gedrag is nie wat ons kinders moet aan leer nie. As julle haar nie wil ban nie dan lug julle die man se ban.

Bloudraad ·

Ons spur wat ek ondersteun het vir jare vandat hulle oopgemaak het – Tussen R3000 – R5000 per maand- is nou halaal? Geen rugby, geen bier, geen glasie wyn, geen ribs? Daar is selfs gordyne wat sekere sit areas toemaak vir sekere gelowe? Absoluut verstommend dat van Tonder en kie hulle “brand” so verdun om almal kastig gelukkig te hou. Almal hier was vervreem van SPUR en alles waarvoor dit staan lankal voor hierdie insident…

Koppie ·

Ek wens almal kan so saamstaan oor plaasmoorde soos oor die storie! Ek is al moeg vir dit. Maar oor plaasmoorde word daar min gesê. Wys jou net!

Dirk01 ·

JY wat van tonder is het verskriklik gou die ras kaart gespeel van geen rassisme sal geduld word nie. Wat van tonder toe tref is geen toe strominge van mense nie , die plek is die plek hulle sort gou die problem whites uit……Nee van tonder jy het so pas gewys jy dans na die wysie van jou omset . Ek is so trots op wat die blanke publiek jou gewys het, die belangrikste is ons het jou en jou spur nie nodig .Fish en chips is ook ok .

Aunty Spur ·

Van Tonder vra NOU verskoning??? omdat die Spur geld verloor, dis al. Andersins sou hy dit NOOIT gedoen het nie. Ek het steeds ‘n galsmaak in my mond vir julle kos en jul Westgate tak is vuil!

cor ·

As jy weer eendag by n Spur kom sal jy op die nuwe tafel matjie lees “Eendag lank lank gelede was daar n baie arrogante CEO wat sy kliente beledig het en toe die prys moes betaal van die wit stam wat gepraat het” want die ou tafel matjie met sy uitgediende storie sal moet vervang word . Mnr van Tonder moet maar solank sy van regkry en sy tassies begin laai want die wit stam is nog nie klaar met hom en sy tribe nie, ons is nou so 80% gevorder met ons teenstand.

Rossie ·

Van Tonder het dan nog tot laas week toe aanhou baklei en was so self versekerd dat sy optrede korrek was – vir weke was hy 100% seker! Nou skielik wil hy wit voetjie soek – ons koop dit nie – julle verskoning is fake soos die gevriesde steaks was julle as vars voorsit.

Leendert ·

Lees gerus wat ek ‘n entjie boontoe sê wat ek elders teëgekom het: 150 van by die 300 Spur bestuurders het erge druk op Van Tonder en die topbestuur geplaas om die land te toer, die besluit kom NIE uit eie bewenging nie.

Pieter ·

Wat ek net wil weet is hoekom het die swartes se ondersteuning nie groter geword na die insident nie, nou verwag hulle dat die ons wittes die plek moet red met ons geld, ek dink nie so nie jammer Spur.

sarel ·

The tribe has spoken. You have been voted out!!
Vat jou handsakkie en loop van tonder!

Wimpie ·

Ek sal graag 1 vraag wil vra. En dit is nie rasisties nie. Sou dit gebeur dat die nie blanke voldoende ondersteuning aan spur sou gee, sou van Tonder steeds omverskoning vra? Dink nie so nie. Ongelukkig het Spur besef wie hulle rerig miljoene in die bank besorg en daarom die skielike reaksie. Mnr van Tonder. Moenie ons blankes as n reddings poging gebruik nie. Die land is vol goeie restaurante wat vir almal ewe veel omgee. Ongelukkig het jy en Spur gedink julle het nie die blanke nodig nie tot die realiteit met finansiele verlies in getree het. Jammer ons blankes gaan nie nou julle verlieste red nie. Dis deur julle self veroorsaak. Vir my part kan Spur maar uit die land verdwyn. Ons land het genoeg van ons eie top restaurante wat ons ondersteuning benodig en nie nodig om arrogante restaurante, wat van die buiteland oor gespoel het, te ondersteun nie. Ek wil in skakel by die vraag. Vir hoeveel arm blankes gee julle die geleentheid om by julle te werk ter ondersteuning ook aan blankes. Ek sien nie een nie. Spur sal nooit ooit weer om my oorweging van uiteet wees nie. Al gee julle kos verniet weg. Ons word nie so maklik gevang nie. Probeer gerus julle bemarking by die aan wie julle reeds die voorkeur gegee het van twyfel tydens die insident. Blankes sal bly saam staan en dit is ons trots. Jou verskoning is hopeloos te laat en vals. Baai Spur

Ruby ·

Gaan ons wit kinders weer in diens geneem word?

Sal maar net loer na spur om te sien of ek ook ‘n paar van my tribe daar sien.

Indien nie, sal dit by loer bly!

Soesie ·

Jong, as hulle daai belaglike pryse van hulle met 20% afwaarts kan aanpas, kan ons dalk weer gesels.

SPURMUSTFALL ·

Soveel bekwame opkomende jong blanke kinders soek werk. EK sien geen in enige spur nie. Ek so as ek konsessie houer was my Spur verkoop aan kaders. Hulle het die geld en julle mark het verander. Good luck.

Zack ·

Vir my het die Spur Boikot nou eers begin.
Ek sal aanhou om Spur se naam deur die modder te sleep. Dis nou die begin van die tweede rondte en glo vir my Spur Boikot gaan 100% verseker wen.

O aarde ·

O aarde! Al wat ek kan sê! Dis nou gatomkeer. Dis goed om my plaaslike Spur leeg te sien. Jammer, Mnr van Tonder, ons val nie vir hierdie truuk nie. Ek kyk ook nie rugby nie, want jou advertensie is ‘n wanvoorstelling van wat werklik in enige Spur aangaan en irriteer my verby grensloos. Dink jy regtig ons is so liggelowig en oortuigbaar dat ons vir dit sal val. En ook sommer julle advertensies op RSG ook. Jy moet meer uitkom en met die mense op die grond praat. Werk Farrely nog vir jou? Dank hom af, arrogante skepsel wat hy is.

Maroela en Afriforum, kry vir ons die program van watter Spurs en wanneer hulle gaan besoek word, en publiseer dit asseblief. Wil graag my paar woorde daar met die waarde here gaan spreek. Los net vir Farrely by die huis. Hy reken ons, sy kliënte, is almal ‘n klomp verkramptes wat nie sy standpunt wil insien nie. Jammer vir die al konsessiehouers, maar julle word almal ongelukkig geassosieer met Van Tonder se produk en sy arrogante topbestuur.

Chaparel ·

Nee wat, ek het my eie restaurant ……braaier in my eie agtertuin.

Adri ·

het pierre van tonder al bedank? nognie? dan boikot ons voort!

Sue ·

Dis is maar problematies as mens eerder polities korrek wil wees as wat jy na die ware toedrag van sake kyk en daarvolgens handel. Toe die moeilikheid begin het moes albei partye dadelik van die perseel verwyder gewees het – albei ewe skuldig. Maar om polities korrek te probeer wees het Spur eerder kant gekies. “Jammer” na so ‘n lang tydperk, is ‘n lee word – skade reeds gedoen. Spur, mens probeer skade verhoed aan jou naam, nie om dit te probeer omkeer maande later nie. Hou ook op drank bedien want die mense wat probleme veroorsaak is ook die wat nie hulle drank kan hanteer! Dit is net so erg om langs dronk lawaaierige mense te moet sit en jou kos te probeer geniet! Nee wat etes by die huis met vriende baie beter en goedkoper!

Wilma ·

Wanneer mag ons die hele Spur-video sien? ons en al die ander landsburgers sien net die laaste paar minute van die video. Rassisme is lekker aangewakker deur die greep wat ons sien. Kan die waarheid nie maar net gedeel word nie, opregte verskoning aangebied word teenoor die man en sy gesin nie? Hoekom nou op toer gaan? Het hulle nie genoeg geld verloor nie? Beslis sal ek nie weer spur toe gaan as ek nie die hele video gesien het nie! en nie voordat hulle eerlik en opreg jammer kan sê nie.

Adri ·

Het van Tonder PERSOONLIK vir die blanke man en sy gesin omverskoning gevra, hom gratis kos en berading aangebied?
Nie?
Rassisme heers steeds in die Spur.
Bly BOIKOT!!!!

Tokkie ·

Sal ook nie weer in spur kom. Alhoewel ek kan op my een hand tel die kere dat ek daar was. Was nog nooit ‘n spur aanhanger.

Anoniem ·

Jammer SPUR sien my en my familie nooit ooit weer nie. As ek die berig reg lees se hul nog steeds hulle het niks verkeerd gedoen nie. En om die dame nou SPUR te verban gaan nie die situasie reg maak nie. Julle het totaal verkeerd opgetree en dit sal altyd teen jul gehou word. Maak toe. Julle het rassisties opgetree en rassestiese besluite geneem. Die is Suid Afrika en dis aan orde van dag dat daar teen blankes opgetree word asof ons rassisties is.

botterblommetjie ·

So besluit ek en my man…. kom ons gaan eet maar weer ‘n bf by spur…. min mense daar en aaaag let bygons be bygons…. Raai, min mense, hope kelners en geen diens… kon dit nie glo nie… Ek sou elke klant amper oppiep, om my werk te behou en kliente te kry… (al is ek die skoonmaakster, werk is skaars)… die kliente in die stoele langs ons wat nie eens blank was nie, het naderhand gesê hulle gaan loop, want hulle word nie gehelp nie… Ek dit vir die bestuurder gaan noem (ons en ons bure se swak diens) en hy het my ongelowig aangekyk…. So daar word ek sommer in twyfel getrek…. Ek sou spring en sorg dat daar daadwerklik iets gedoen het….

Tina ·

Mr Van Tonder, the only way to heal a nation, is to have both families in mediation with you, you have had a lot to say about us, the white people, and yes I am writing in English but I consider myself a boer through and through. Are you going to retract all your comments about this man that was banned, all your comments about the white South African? A simple sorry people will not cut it. We know you are forced to do this as you do realise how tough the minority group can be when they stand together. Start over man, get it right. Until then keep your freebies to yourself, I sure wont make use of it.

Andrea ·

Hoeveel van julle sit elke sondag in kerk? Sies man . Forgive & Forget. We are all human and all make mistakes. God doesn’t sleep. Hy sal die straf uitdien. Jule straf net jule self.

Martins ·

spur baie dankie maar nee dankie ons stel nie meer belang nie.bietjie laat vir onverskoning vra

Henriette ·

Ons blankes soek al lankal a “fall guy” vir alles wat ons elke dag moet sluk. Sorry Spur julle was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek met die verkeerde opmerking. Ons moet ‘n voorbeeld van julle maak. Dit is nogal lekker om te sien ons blankes kan wel nog iets beteken. Gee my sommer hoop.

Regterbal ·

Moet asb nie alle wit persone met die KP of regse politiek vereenselwig nie. Wat by die Spur gebeur het en hoe dit agterna hanteer was is verkeerd, maar moet nie deur regse politiek gekaap word nie.

Freddie ·

Mnr van Tonder ek wil jou graag vandag bedank. Jou onbeholpe, ondeurdagte optrede en hantering van hierdie saak het Suid Afrika laat besef:
1. as blankes die dag besluit om saam te staan kan dit ‘n groot ekonomiese en finansiele inpak op besighede he – selfs sonder om te toi-toi of af te brand.
2. dat ons sg “right wingers” se geld ‘n groot verskil kan maak in die oorlewing of ondergaan van n besigheid.
3. dat vele blankes gatvol is vir diskriminasie teen hulle as kliente, of dan aansoekers vir werk, en daarom se tot hier toe en nie verder nie.
4. dat ander maatskappye en besighede maar moet kennis neem wat kan gebeur as daar gediskrimineer word teen ons.
dankie dat jy dit aan die hele RSA uitgewys het.

Wilma ·

Jamme Spur, julle het die rondte verloor.
Kan ons asseblief die hele video sien, van die begin af, en nie net die laaste paar minute nie? of is julle bang dat die paar wat julle nog ondersteun se oë ook sal oopgaan? Nou wil julle op ‘n toer gaan, vir wat? Die vir wie julle moet luister gaan beslis nie in ‘n Spur sit en eet nie! So, weereen eensydige kommentaar wat julle gaan insamel. Ai tog …. desperate mense sal seker enige iets probeer.

Jacques Venter ·

Nou skreeu die “volk” Spur moes die man omverskoning vra.
Van wanneer af moet n instelling iemand om verskoning vra vir swak gedrag?
Ek en my gesin eet minstens een kerr per week by Spur en sal aanhou om dit te doen

Sê Net ·

Almal kan sien op jou verskeie kommetaar dat jy maar aan min gewoond is.
Geniet jou Spur etes maar los die ander wat die Spur boikot uit dat hulle doen wat hulle goeddink en eet waar hulle wil eet.

Nico ·

Dis interessant dat net die oorsprongklike storie in news24 en IOL geskryf was. Die res van die storie, soos die verskoning word net in Maroelamedia geskryf. Dis nou sodat die res van die land nie weet dat Spur skielik verskoning vra en hulle storie verander het. Gaan nie verskil maak nie. Hulle sal ons nie weer sien nie. Nie dat ons baie voor die tyd daar was nie.

Johan ·

Konsessiehouers is self ook skuldig.ek het Nico die vorige eienaar van Spur Nylstroom aangespreek oor die baie brommers.Sy antwoord: Gaan se dit vir Zuma,ek kan nie elke brommer in die spur doodslaan.Hoor hy het Spur in Australie nou oopgemaak!

Adri ·

Ons het ten minste 1 keer n week by Spur gaan eet, maar was nog glad nie weer by n Spur vandat hul so op getree het nie en sal ook nooit weer nie!!! “Jammer” gaan ongelukkig nie my besluit verander nie.

Johann Marx ·

Hahahah….die moeilikheid is dit: Ek het nou soveel ander “beter” en “lekkerder” en “Afrikaanse” plekke ontdek, dat ek nie eintlik die Spur mis nie. Ek dink Meneer van Tonder moet die man en vrou en hulle kids wat als begin het, oor nooi vir ‘n gratis ete….saam met hom aan een tafel. Dan kan hulle bietjie chat, en hulle kids saam laat speel….en dan saai jy DAAI video uit Mnr van Tonder!!

Willie ·

Hoe stel die Britte dit” once bitten twice as shy”. Nee wat Spur, jul is “overrated” en het gedink jul geld le nie by DIE wat julle opgebou het nie… Nie eers wit kinders kry werk by julle nie… Sies vir julle arrogansie- ons het nie wit kliente nodig nie… nou stert tussen die bene, gebruik Rugby om te prober terug kryp…

Willie ·

Ek bly in MOOT en is trots Afrikaans! Volgens Spur is ons rassitiese mense hier in die MOOT. Nee Spur ons is spoggerig Afrikaans, en gee om vir ons mense…dis die verskil

Zack ·

Dan kry Van Tonder R10 M per jaar om sulke snert te praat. Hoe meer mense die snert lees wat hierdie man sê hoe kwaater word ons. Spur wil selgs jammer sê en niks verder doen nie. Ons AFRIKANERS is ingekleur deur hom as wit rasiste. Ons is ingekleur as persone wat agter af is. Neeeeee dankie SPUR. Kry vir julle

Hennie ·

Onthou net Spur is ook RoccoMamma’s, JohnDory’s, the Hussar Grill, Casa Bella, CaptainDoRego’s en Panarotti’s

anton ·

As ek daai wit man was sou ek nooit weer my voete in enige Spur gesit het nie, of hulle omverskoning vra of nie.
Dit gaan oor die skade wat gedoen is en dit is onheroeplik!!! Elke mens het mos n trots, wel ja party het ook nie.

Jacques Venter ·

Anton
Hoe veel.trots het n man wat op gaste in n restaurant vloek en skreeu.
n Fanilielid van my vrou het nou die dag in my huis gesit en vloek. Ek vra hom toe om op te hou vloek of my huis te verlaat.
Watter skade het hierdie man aan sy kinders gedoen. Hulle geleer om soos n barbaar in n restaurant op.te tree

SP ·

Siestog,die NG Kerk het n paar jaar gelede ook n seisoen van luister gehad,en niks het daarvan gekom nie,so ek het nie veel hoop nie,n mens moet nie net luister nie maar ook HOOR wat gese word.

ekself ·

Nee wat Spur dis te laat, ek sal nie weer die Spur ondersteun nie. Soos die spreekwoord sê: Spyt is n goeie ding, kom net altyd te laat. Julle sogenaamde verskoning is te laat…..

good for you ·

kyk mooi mense. SPUR VRA DIE KONSESSIEHOUERS VERSKONING. nie die blanke gesien wat so getraumatiseer was of die ontnugterde blanke bevolking nie. so ek sê…. 4k hulle vreeslike.

Adele ·

Ek sal nooit weer by ‘n spur eet nie, sy verskoning gaan nie maak dat hulle nie in die blankes se kos spoeg en allerhande ander goed met ons kos doen nie. Maak maar die spur’s almal toe!

Jacques Venter ·

Adele
Jy maak ongegronde aanames dat hulle op jou kos sou spoeg. Het jy al ooit so iets ervaar, en wat het jy toe daaraan gedoen?

Jacques Venter ·

Amelia
Duidelik was jy nog nooit by n Spur nie. Jy kerm oor die kinders se veiligheid.
Ons neem gereeld die kleinkinders Spur toe want hulle het heerlike speelplek. Elke kind kry n bandjie met jou telefoon nommer op. Boonop word die kind aan n oppasser toegesê.
Vat jou kinders soontoe. Hulle sal hulle gate uit geniet

Roof tog ·

Maroela nuus daar was van oggend n gewapen de roof by brits Mol 4h00 in die oggend weet julle iets meer

Jaco ·

Net ‘n wenk an Maroela, moet mens regtig deur 500 boodskappe swipe,op selfoon, om ‘n boodskap te plaas? Sit ‘n “onder” opsie om skielik na onderkant van blad te gan, of sit die komentaar boks bo, om so baie te scroll is ‘n kramp

Uvonka ·

Nou toe nou! Van Tonder kan sy gekose kliente kry om Spur te ondersteun. Die trotse Afrikaner girl is klaar met die eetplek, vir ewig en vir altyd.

NOOIT WEER NIE ·

Spur nooit weer nie my kleinkinders speel lekkerder by die huis en ek kan eet wat ek wil en ek weet wie dit voorberei het en hoe. Maar ai jul kom nie naby n braai hier in die MOOT nie

Frikkie ·

na hierdie storie het ek begin moeite doen om te kyk na alternatiewe plekke waar kinders ook lekker kan speel in ons omgewing en was aangenaam verras om te sien laat spur se pryse eintlik peper duur is in vergelyking… so nee wat spur sal ons nie gou weer sien nie

SI ·

Goed en wel dat die topbestuur van die SPUR nou die land gaan deurkruis om met kliënte te praat maar dit gaan nie ‘n vreeslike impak hê nie, aangesien die “kliënte” waarmee gepraat moet word, nie daar gaan wees nie. Dit help nie om met “kliënte” te praat wat wel steeds die SPUR ondersteun nie, julle gaan die punt mis! Sorry man!

Donovan ·

Die snaakse ding is, spur se sister maatskappy, panarotti’s se aandele klim. Want mense gaan na die restaurant langs spur ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.