‘Ons is moedeloos,’ sê boer ná skietaanval

SF van Niekerk is op sy plaas in Clocolan geskiet. (Foto: Deur Ossewa – Eie Werk, CC BY-SA 3.0 via Wikimediacommons)

Die Vrystaatse boer wat vandeesweek op sy plaas in Clocolan geskiet is, sê boere is “moedeloos en raadop” oor die reusemisdaadprobleem – waaronder inbrake en veediefstal – in dié omgewing.

SF van Niekerk, ʼn beesboer, word tans in ʼn plaaslike hospitaal behandel nadat twee vermeende rowers Woensdagaand buite sy huis op hom losgebrand en in die bobeen geskiet het.

Hy het Vrydag aan Maroela Media gesê dat hy gelukkig nie ʼn operasie moes ondergaan nie, aangesien die koeël sy slagare en been gemis het. Hy verkeer egter steeds in pyn, maar behoort oor ʼn dag of twee ontslaan te word.

Maroela Media het vroeër berig dat die polisie na twee verdagtes op soek is wat ʼn kluis in Van Niekerk se huis oopgebreek en twee vuurwapens gebuit het. Hulle het ook met ʼn skootrekenaar gevlug.

Van Niekerk sê hy het omstreeks 18:00 by sy huis aangekom en iemand buite die huis sien hardloop. Hy het sowat 20 m van sy huis stilgehou, uit sy bakkie geklim en ʼn waarskuwingskoot afgevuur aangesien hy nie geweet het waar of hoeveel mense daar is nie.

Dis toe dat twee vermeende aanvallers skielik te voorskyn kom en op Van Niekerk begin skiet. Hy is in sy binnebobeen gewond.

“Ek het besef hulle is reg vir my en dat ek moet wegkom. Ek weet nie waarom hulle buite was toe ek daar aankom en of hulle toe reeds wou vlug nie. Hulle kon my netsowel binne die huis ingewag het.”

Omdat daar baie min opvangs in die omgewing is, moes ʼn beseerde Van Niekerk 3 km verder ry sodat hy genoeg opvangs op sy selfoon kon hê om hulp te ontbied.

Hy weet nou nog nie hoe hy dit “al die pad tot in die dorp gemaak het” nie.

“As ek tot reg langs die huis kon ry, sou ek die netwerksein opgevang het, maar ek was te bang hulle storm op my af en skiet my in my bakkie.”

Min hoop dat misdaad opgelos sal word

Hoewel die polisie die voorval ondersoek, is Van Niekerk nie hoopvol dat sy vuurwapens, ʼn .22-geweer en semi-outomatiese vuurwapen, gevind sal word nie. Hy meen dit is “lankal in Lesotho”.

Clocolan is naby die Lesotho-grens geleë en volgens Van Niekerk kan misdadigers maklik die Caledon-rivier oorsteek aangesien daar nie voldoende veiligheidsmaatreëls en -hulpbronne ingestel is nie. Dit maak dit uiteraard moeiliker om misdaad te bekamp.

Hy sê die Suid-Afrikaanse weermag het boonop weke laas patrollies by dié grens uitgevoer.

Van Niekerk sê boere loop veral onder veediefstal deur, maar dat ander misdaad, waaronder kabeldiefstal, ook nou handuit ruk. Boere vrees ook dat misdadigers in dié gebied al hoe meer gewelddadig raak – soos wat Woensdagaand bewys is.

Daar is boonop drie weke gelede ook by Van Niekerk se huis ingebreek toe hy gou moes ry om dokumente af te lewer. In dié geval het die diewe ʼn venster gebreek en ook ʼn skootrekenaar gesteel. Dit spook egter steeds by Van Niekerk dat hulle ook sy Bybel gevat het.

Hy sê boere doen moeite om hul plase en omgewing sover moontlik te beveilig, maar dit raak uiters duur en onbekostigbaar. Van Niekerk is self in die proses om nuwe kameras op sy plaas te laat installeer.

Beurtkrag kelder dikwels ook boere se veiligheidspogings aangesien alarmstelsels se batterye afloop en netwerkseine gedurende hierdie tye onbeskikbaar is – dit hou die verdere risiko in dat boere nie betyds hulp sal kan ontbied nie.

Van Niekerk sê daar is gelukkig ʼn plaaswag in die omgewing wat “baie skerp” en goed georganiseerd is.

“Ek weet ons moet meer patrollies ry, maar dan sit jy ook met die probleem dat jou plaas alleen gelos word. Kom jy terug, is daar by jou ingebreek of iemand wag jou in.”

Hy meen misdaad in dié gebied sal op ʼn baie hoër vlak beveg moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

cele en kie sal eerder ‘our people’ se moordenaars soek.

Johan ·

Hulle voel net mooi niks vir enigiemand nie. Gaan net oor geld en hoeveel hul kan plunder voor hul uitgewerk word vir die volgende politikus.

Groen-oog ·

Mens moet n heining kan opsit wat 7 soorte hel uit hulle shock wat NIE mee gepeuter kan word nie maw n inbreker proof stelsel. Daai adder moet verkaiing aan daai draad dan los boere ho. Net daar om vir die volgende inbreker te wys sy plan is nie goed nie.

Hendrik ·

Ek voel sterk dat ons ou SAW manne maar weer moet opstaan en die plaasboere help veiliger wees. Ons het dit destyds deur die Kommando’s gedoen en ons kan weer.

Elizabeth ·

VREES vir jou vyand? Presies wat hulle beoog. Jy het ñ wapen gehad…hoekom nie eerste skiet nie? Dis ek of jy. Kies EK.

Harley Davidson ·

Met alle respek as jy ‘n waarskuwing skoot skiet en die terroriste kom tevoorskyn en skiet jou eerste in die been moet jy maar die plaas verkoop jou wapens inhandig en in die veiligheid van ‘n ouetehuis gaan bly.

Elizabeth ·

Wat het van 2rigting radios geword. Kan dit nie gebruik word nie? Volgende keer ry reg op hulle af. Jou en jou familie se lewens is baie meer werd as ñ moordenaar of skelm sn.

Prikkie ·

Wat het die een dief vir die ander dief gesê?

Kom laat ons boeke vat.

Marshall ·

I have said it many times before and will say it again:- One cannot win a conflict with a DEFENSIVE STRATEGY and one CANNOT DEFEND AN INFINITE BORDER.
So let us stop continuing on this suicidal path and consider a new strategy which has a MUCH HIGHER PROBABILITY OF SUCCESS, namely secession (or UDI when the coming civil war breaks out).
Intelligent people like Mr Jaap Marais accurately predicted all of this, many years ago, but the Afrikaner “enlightened” sheep jeered at him and his supporters, like myself. The bad news is that the violence is about to increase exponentially.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.