‘Ons is nie anti-wit,’ sê Malema oor wit regspan

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema, EFF-leier, sê sy party is nie ʼn anti-wit organisasie nie, maar ʼn nierassige organisasie.

Malema het Donderdag buite die Randburg-landdroshof EFF-ondersteuners toegespreek nadat die verhoor teen hom en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, tot Maart uitgestel is. Hulle word van die aanranding van ʼn polisiebeampte aangekla.

Daar was die afgelope week baie kommentaar oor Malema se regspan wat net uit wit mense bestaan.

“Hulle sal ons enige tyd wanneer ons wil hê, verteenwoordig. Niemand kies regsverteenwoordigers vir ons nie, ons kies self. Ons weet wie is die beste waar,” het die EFF-leier gesê.

Volgens hom is sy party gekant teen “wit rassiste” en nie teen wit mense nie. “Ons soek nie rassiste nie. Ons hanteer rassiste beslissend. Wanneer ons patriotiese wit Suid-Afrikaners teëkom wat lief is vir hulle land, wat lief is vir hulle Grondwet, wat die rykdom en grond wil deel met hulle eie mense, is hulle meer as welkom.”

Julius Malema spreek EFF-ondersteuners buite die hof toe. Foto: EFF/Twitter

Malema se uitlatings het gevolg kort nadat hy en Ndlozi in die hof in ʼn onderonsie betrokke was met een van AfriForum se regsverteenwoordigers. Hulle het hom geskel oor waar hy in die hof gesit het en voortgegaan om beskuldigings na hom te slinger.

Malema en Ndlozi se verhoor is tot 9, 10 en 11 Maart 2021 uitgestel. Lt.kol. Johan Venter, die SAPD-kolonel wat na bewering aangerand is, het tydens die hofverrigtinge vroeër die week getuig.

Die verhoor spruit uit ʼn voorval in April 2018 toe die twee Venter by die begrafnis van die ANC-aktivis Winnie Madikizela Mandela na bewering aangerand het. Die voorval is op kringtelevisie opgeneem en Venter het ʼn klag by die polisie teen die twee aanhangig gemaak.

Die saak het oënskynlik geen aandag geniet nie tot die burgerregtegroep AfriForum se private vervolgingseenheid in Januarie verlede jaar oor die ondersoek navraag gedoen het. In Julie verlede jaar het AfriForum aangekondig dat hy die hof met ʼn mandamus-aansoek nader om die NVG te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van die twee te neem.

Die NVG het ná volgehoue druk herbesin oor sy aanvanklike weiering om te vervolg en wel vervolging ingestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Persheks Adri ·

Jy en jou maters is die grootste rassiste Mal-emma so moet nie strooi praat nie! Julle brand en breek soos julle lus is en hits mos haatspraak aan. KILL THE BOER is mos jou gunsteling lied en boonop is julle hande los teenoor blankes. Lieg deur jou tande tsssssk man jy maak naar

Aha ·

Malema het ‘n wit regspan om nog meer konflik te veroorsaak. Hy sit nou wit teen wit. Kan nie glo dat wit mense hom verdedig nie

Androclus ·

ja nee man verkoop sy broer vir geld dis waaroor dit gaan

Phillip ·

Maar sy haat praak liekie wat is dit nou maar gebriuk die wit mense soos n skaakelaar sit net aan as die koole brand

Hannes ·

Maar die WIT regsspan help darem. Hoekom nie vertroue in jou eie mense nie. Dan ook nog die WIT lyfwagte AI AI Julius jy bly maar verlee oor die WITTES!!

Harry ·

Dis ongeloofwaardig. EFF se hele aanslag en uitsprake wys wie hulle is en waarvoor hulle staan. As daar ‘n paar wit regsmanne gebruik word omdat hulle kaders onbevoeg is dan is dit die regsmanne se gewetes. Ek is oortuig die EFF het nie my belang op die hart nie.

Robert ·

Korrek… net hulle eie belange is belangrik, die res is rookskerm sodat hulle in weelde kan lewe.

Trotse Boervrou ·

Hierdie mannetjie praat baie twak maar hy oortref homself elke keer net meer en meer. Ons het niemand se goedkeuring nodig om welkom te voel in ons eie land nie, allermins syne. Kom ek stel dit so. Hulle is ook welkom mits daar GEWERK word daarvoor soos wat baie mense in ons land doen.

Stefaan ·

Malema die self verklaarde vyand van die wit man en waaragtig witmense wat hom verdedig. Gaan alles dan oor geld en nie meer beginsels nie.

Marius ·

So praat een van die grootste rassiste .
Jou dag en nag praaitjies stem nie ooreen nie MALema .

Stefan ·

Kom nou, jy weet die ander kry nie die job gedoen nie.
As ek jou wit regspan was sou ek begin worrie het wie die rekening gaan betaal, às dit betaal gaan word.

Androclus ·

As daardie regspan nie regte werk doen nie kan hulle maar weet hulle is volgende op die lys hahhahahaa

Stefan ·

Dankie Robert, nou weet ons wie om in die vervolg te vermy.

Persheks Adri ·

Jou gedrag teenoor wit mense sê heeltemal iets anders pfffft

Derek ·

Julius Malema speel die speletjie volgens sy eie reels, ongeag wat die grondwet bepaal. Sy leermeester, Jacob Zuma het hom goed geleer. Hy sal nooit aanspreeklikheid aanvaar vir sy optrede maar altyd iemand anders blameer, selfs binne sy eie party. Die ou spreekwoord is altyd waar, slim vang sy baas!

Grassie ·

Derek – sy leermeester was nie Zuma nie, dit was Mugabe

Marisa W ·

Ek stem saam Derek – hierdie is weer net taktiek om die aandag af te lei.

Anoniem ·

Bepaal hy dan wie is patrioties en wie is nie? Want elke boer in sy oe, die mense wie mees patrioties is om die nasie tr voer, is die grootste rassiste en die polisie man wat sy werk wou doen en wie hy aangerand het? Het Malena besluit hy is n rassis en nie patrioties nie en daarom hom aangerand? Die man praat uit twee monde en sy wit regs span is daar net om simpatie te betoon dat hy “nie anti wit” is nie. Maar sy geskiedenis spreek boek dele, vat maar daai slagspreuk waar hy genoem het die enigste goeie witmens is n dooie een… dit alleen sê alles. Asseblief tog Malema jy is dom nie ons nie.

Rose ·

Hulle het die arme man omsingel soos n groep hyenas, ek dink hy was baie benoud. Wonder of Malema so braaf sal wees as hy sonder sy flanke iemand moet face.

JM ·

Malema het ‘n klap van die windmeul weg. Draai sy seile na die wind. Ek verstom my oor die spul wat hom volg en aanhang. Dit bewys net een ding: hulle kan nie vir hulself dink nie, soos skape wat ‘n belhamel volg. Hy kry heeltemal te veel mediadekking, want hy floreer daarop.

Sandra ·

“ons weet wie is die beste waar” Die woorde gaan dalk in die toekoms vir Malema n duur les wees. Wonder wat hy regtig bedoel met die stelling.

Pieter ·

eff is die groot rassiste van S.A. en kinders van anc. Jy glo niks wat eff se nie, nooit nie.

Einstein ·

Dingaan het ook so vir Piet Retief gesê… Pappa wag vir jou…

Cherokee ·

,………wat die rykdom en grond wil deel met hulle eie mense, is hulle meer as welkom.” ‘

Met hulle eie mense? Duidelik hoop hy om een van ‘eie mense’ te wees.
Is ek ‘n rassis wanneer ek besluit wie my eie mense is? Beslis nie.
Is ek kieskeurig? Beslis ja.

Natasha ·

En presies hoe bepaal Malema wie ‘n rasis is en wie nie? Dis net oë verblindery en manupilasie om ‘n volledige wit regsspan te hê en dit dan in almal se gesig te smeer. As hy nie ‘n rasis was nie sou hy dit nie eens genoem het nie. Hoe dom dink hy is die mensdom?

tweeling ·

Jy hou aan die wit regspan maar jy kry aanmekaar pakslae in die hof, geen wonder daar is nie meer brein selle oor van al die kopstampe nie

Anel ·

As ek so na die van kyk van sy regverteenwordiger, glo ek nie hy is Afrukaans nie. So, ja. Dit sê gewoonlik alles.

Plaaskind ·

Wys jou net, rugstekers is oral, verdedig selfs die vyand al is dit duidelik soos daglig dat hy skuldig is.
Pffff!

Oomniklaassevriend ·

Raai raai wie het die hardste gekerm oor De Ruiter se aanstelling by Eskom omdat hy wit is? Dit is gestel dat daar geskikte swart kandidate moet wees.

gatgogga ·

Malema se wit prokureurtjie het alles probeer om vir Venter sover te kry om sy humeur in die hof te verloor. Selfs die rasse-kaart gespeel. Sonder sukses.
Maar toe steek Malema en Ndlozi die wit prokureurtjie in die skande deur hulle humeure in die hof te verloor.
Kostelik.

Piet ·

Ek hou met arendsoe dop hoe die spulletjie gaan vaar in komende verkiesings. As die sterk groei gaan voortduur, is dit absoluut nag vir hierdie land.

Micheal ·

hy speel skaak dis al wat hy doen- glo geen woord wat uit sy mond kom. Dan vir sy regspan ek hoop dat reg die botoon sal voer in julle verdediging en nie die geld wat hy vir julle betaal nie- onthou iewers het julle dalk familie of vriende wat eendag deur hierdie geraak gaan word

Jacobus ·

Verstaan nie waarom hierdie narre soveel lugtyd kry. Ignoreer.

Adam Adriaan ·

Al die kommentaar wat hier gelewer is/was , kan nie die probleem wat die knaap(malemma) verduidelik of beskryf nie. Hy sal nog binne kort ook ‘n klomp wit sielkundiges moet nader trek om sy probleem die hoof te bied. Daarna sal hy agterkom dat hy nie sonder die witman in SA kan klaarkom nie. Foei tog dit is seker nie lekker om so ‘n lewe te ly nie.

gatgogga ·

Dis nou dieselfde man wat wat eens gekraai het: “I will die for Zuma”!

Nicholaas ·

Wonder as daai wit span se ouers of familie geraak was deur plaas moorde of hul hom nog steeds sou verdedig,dit so hartseer dat in tye soos hierdie moet ons saam staan en dan kom die wit mense en verdedig hom teen n wit polisieman wat heel waarskynlik nog eerlik is en sy werk reg doen.

Andrew ·

Wat sê dit van die wit regspan, “kill the boer” is duidelik nie kill all white people nie. Sou iemand nog sou wonder of plaas moorde polities gederewe is of nie.

Keelvol ·

Jy’s die een wat gese het “the only white man you can trust is a dead one.” Nou maak jy staat op wit prokureurs om jou agterent te red.

Elsje ·

Want jy weet hul is seker vd bestes in die land. Hoekom gebruik hy nie een van sy tjommas nie ……..

Alta ·

Wit rassiste? Wat van die swart rassiste malema? Dis hulle wat die wit boere vermoor! Jy is n helse groot rassis jouself! N klein mannetjie wat dink hy kan SA op sy eie verander en baasspeel. Dink weer. Tyd dat jy vasgetrap en op jou plek gesit word.

Eugene ·

He has the white lawyers at his groot beck and call. Do those lawyers have no self respect?

Mariana ·

Hy lieg, hy is obsessief oor blankes en is inderdaad ‘n groot rassis. As dit blankes in geheel is nie, hoekom als veroordeel van blankes. As jy boere se plase afbrand, val jy alle blankes aan, as jy boere vermoor, val jy alle blankes aan, as jy Kill the boer sing is jy ‘n aanhitser teen blankes. So Malema jy is ‘n leuenaar en niemand glo jou nie.

Cecilia ·

Ek hoop d Wit Regsgeleerdes charge Mal-emma 10x d prys.
Hkm veryrou hy nie sy eie mense nie want sy eie ras het gekoopte geleerdheid of n slaagsyfer v 40%.

Dirk Mostert ·

Is dit nie 30% en na opwaartse aanpassing van eksamenpunte nie?

sopbeen ·

Wil die media asb tog ophou om die man so baie blootstelling te gee!!!!

Chris ·

Ek is ook statusbewus, korupgewys benadeel en dus onder andere, nie anti-swart nie,

Chris ·

Ek my betaal belasting en dus word hy en ander parlementlede weens my anti-swart houding, ‘n salaris betaal.

Elsa ·

Natuurlik is jy nie anti-wit. Ons sing maar net:
Kill the boer,
Brand sy lande
Daar is mos niks daarmee verkeerd of hoe Malema?

Dirk Mostert ·

‘n Mosie van wantroue in swart advokate. Kan MM die name van die wit advokate bekend maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.