‘Ons is uitgejou oor oomblik van stilte-versoek ná Roedtan-plaasaanval’

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Marcelle Maritz, VF Plus-raadslid in die Mogalkwena-munisipaliteit en leier van die VF Plus in Limpopo, sê dié party is uitgejou tydens ʼn raadsvergadering van dié plaaslike munisipaliteit ná ʼn versoek vir ʼn oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar van Limpopo.

Maroela Media het vroeër berig die Van Zyl-egpaar is op 20 Augustus deur ʼn familielid dood op hul plaas aangetref. Piet van Zyl was ʼn bekende renosterboer van die omgewing.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn onbekende groep verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur in die oggendure afgebreek en hulle oorrompel. Hulle is aangehou met pistole terwyl die huis geplunder is. ʼn R100 000-beloning is intussen deur die familie uitgeloof vir enigiemand wat met meer inligting oor die voorval vorendag kan kom.

“Die reaksie van die ander politieke partye het my tot in my diepste wese geskok. Die EFF-raadslede het my uitgejou en van die ander raadslede het selfs gelag. Daar is so ʼn groot bohaai opgeskop omdat ek vir ʼn oomblik van stilte vir slagoffers van ʼn grusame moord gevra het, dat ek die menslikheid van sommige van die raadslede betwyfel,” het Maritz gesê.

“Geen ander party het my versoek ondersteun nie. Die VF Plus veroordeel grusame aanvalle op ons land se boere en hul werkers ten sterkste. Ons veroordeel ook ander politieke partye se argelose houding jeens hierdie geweldige probleem wat elke landsburger direk of indirek raak. Ons is veronderstel om ʼn voorbeeld stel, daarom is die optrede deur die Mogalkwena-raadslede skokkend en uiters kommerwekkend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

NICO ·

Baie skokkend om dit te hoor,wys hulle het net geen respek vir ander mense nie.

Awie Opperman ·

Dit wys vir my hulle het spesifiek geen respek vir wit mense nie. As die aanvallers wit was en die slagoffer swart, sou dit ‘n heel ander storie wees.

De Villiers ·

Die een oomblik verkondig al die partye daar hulle plaasmoorde ten sterkste veroordeel, en die oomblik as ‘n plaasmoord plaasvind, dan dink almal van hulle, behalwe die VF+, dis ‘n groot grap. Dit wys mens net die integriteit en die tipe mense waarmee ons te kampe het in ons samelewing. Hoe kan jy ooit ‘n party vertrou as hul oggend en aandpraatjies verskil, en ook nie ‘n hart het nie. Dis siek.

Arie ·

Was daar enige ander MENSE by die vergadering? Lyk nie vir my so nie

Liamari ·

Ek hoop daar word teen hierdie raadslede opgetree. Ons mag nooit ophou veg vir ons mense en gelyke behandeling vir almal nie!

Marlene ·

Ek stem. Dis skokkend en toon geen respek vir die familie vd oorledenes. ????????

Brandwag ·

Maroela julle het my kommentaar afgehaal omdat ek die waarheid praat,die tyd is verby om polities korrek te wil wees wys ruggraat en plaas die kommentaar.Ek werk met n groot kliente basis in die platteland en almal se gevoel is dieselfde.

Sean ·

Ek is geensins verbaas dat hulle jou ook nie antwoord nie. Ons weet mos in wie se sakke die pers in die land is.

Sê maar net ·

Meer sulke voorvalle gaan kop uitsteek en ek hoop daar word daarvan berig dat ons almal kan wakker word en sien wie is wie….
Miskien skrik vd liberale ook wakker

tamboti ·

Rassisme is van die begin van die mensdom tot die einde daarvan ‘n natuurlike verskynsel, net soos liefde en haat, lewe en dood.
Rassisme is egter nie die oorsaak van moord, oorlog of ander misdade nie, rassisme is nie eers gelykstaande aan haat nie.
Die oorsaak van die geweldadige storm wat teen blankes in SA woed is GEBREK AAN RESPEK vir jou medemens, wetteloosheid en ONTKENNING van die waarheid.
Net soos ek met waardigheid en respek kan onderskei tussen goed en kwaad, mens en dier, man en vrou, kind en volwassene, so kan ek ook onderskei tussen my volk en die ander om my – sonder om hulle enigsins te benadeel of beseer. Maar dit is onwettig en sonde om tussen volke en nasies te onderskei!
Dwaasheid ken geen perke.

Swart Piet ·

Nou vir wat sal hulle n oomblik van stilte wil hou. Die plaasmoorde op wit boere word dan deur hulle georgestreer. Dis absoluut hoog tyd dat die wit mense iets terug begin doen.

Verwonderd ·

Hoe harteloos kan ‘n mens wees? Soveel vir die reënboognasie klug,

Johann Marx ·

2 Timoteus 3. MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie….

Christo Visagie ·

Dit is die heilge waarheid en meer opvallende dag na dag,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Heleen ·

Dit bevestig net weereens hoeveel hulle ons haat en hoe min hulle omgee vir ‘n lewe

Dewald ·

Die mense ken nie vir God nie. Ons kan net hoop en Bid laat hulle hom leer ken voor dit te laat is vir die wat nie in hom glo nie

Daan Erasmus ·

Dit is juis “joernaliste” wat altyd skree en raas teen sensuur. Maar dan aan die voorpunt staan om dit self toe te pas.

Flibo ·

Dit sal nooit verander nie. Dit sal altyd so bly. Geen mooi praatjies sal dit regmaak nie. Ai, mense , ek wens julle wil dit verstaan. Rassisme, in enige vorm sal nie weggaan nie.

Eish ·

Dit is eenvoudig ongebreidelde haat. Tot in die parlement word geskree : ” Bury them alive!” Dit wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Daar bestaan nie so n ding as n gematigde meerderheid nie, dis eenvoudig n illusie. Hoe gouer ons tot die besef kom ons is midde-in n Xenofobiese aanslag, hoe beter. Weereens n bewys dat integrasie nie werk nie. In dieselfde asem kan die stelling ook gemaak word dat die Christelike waardes geen impak op die bevolkingsmeerderheid het nie. Die profetiese stem van die kerk is gereduseer tot gebaretaal. Die tragiek van die hele situasie is die klowe van verdeeldheid tussen die lede van die minderheidsgroep. Cry, the the beloved country, cry!

penny ·

Net een ding moet nou nog gebeur ,die pot loop al lankal oorl

Danie van Zyl ·

Waar is die rassistiese menseregte kommissie nou. Ook die rassistiese ANC vroue liga. Hierdie instansies is almal kaders van die ANC. Die regering loop oor van rassisme.

HPV ·

Hoekom is ek nie verbaas nie? Jou intellek bepaal jou leefwyse, soos byvoorbeeld respek vir ander, eiendom, infrastruktuur ens.

Showahed ·

Selfs as een van ons brakkies of katte iets sou oorkom sal dit soos dood in ons familie wees. Maar jy kan ongelukkig nie dieselfde deernis verwag van sekere rasgroepe wat hul eie oumas en kinders vermoor en verkrag nie. Hulle het geen selfrespek of gevoel nie…

Piet ·

As ek van hierdie optrede hoor wonder ek of ‘n mens enige simpatie of hulp moet verleen waar hulle geraak word.

Joe ·

Ek se weereens ons doen te veel vir die goed. Ons moet hulle oral boikot en nie meer toelaat in ons huise en werkplekke nie.

Anne ·

Kan ek dalk waag om te se ek stem saam ?
Voor my kommentaar weereens verwyder word!

fm ·

Miskien moes hulle gevra het vir ‘n minuut van stilte vir almal, insluitende die mense van Roedtan, wat die afgelope week of maand vermoor is in Limpopo. Niemand wat emosioneel intelligent (volwasse) is sou vir so ‘n versoek gelag het nie want dit wys respek en medelye vir alle slagoffers wat wreed vermoor is en sluit alle vermoordes in, ook die mense van Roedtan wat hulle lewens veloor het.

henk ·

So wie gaan nou die brue bou om versoening te bewerkstellig? Niemand nie – behalwe as een se koppie bietjie raas sou ek se.

Ada ·

Die Here sien dit raak. Die mense wat so uitjou is verdoem….. dit is tog duidelik.

ANDRIAS ·

Afrika , en so ook elders in die wereld , het die geskiedenis al oor en oor bewys.Daar is geen plek of respek vir n ander nie. Of jy nou Belgier in die Kongo , n Fransman in Algerie , Portogees in Mozambiek , Engelsman in Kenia of wat ook al is , jy sal vertrap en verwoes word op die brutaalste manier denkbaar…Afrika “rules” , en daarna draai hulle teen mekaar..

Carien ·

Ek stem saam met almal se kommentaar.Maar waste seen sou die oomblik van stilte bewerkstellig? Sou almal daar vir vrede van ons Vader bid of maak ons maar ons oe toe saam met almal en als?

Johnny ·

Dis tipies, daar word ‘n helse bohaai gemaak van Marikana, hulle wil selfs ‘n vakansiedag afkondig daarvoor en dan vir die opgeblaasde KFC en Doodskis sake soek almal simpatie, maar niemand veroordeel die wrede moorde op onskuldige blankes op plase nie. Dit wys jou net wat voel parlementslede vir blankes se lewens . plaas dat hulle net stilgebly het. … Dit laat my maar ook net NIKS vir die MARIKANA slagoffers en slagoffers van minibustaxis voel nie .. dan is ons mos nou gelyk dan nie? Moet my dan nooit weer vra om iets van Marikana aan te luister of iets van ‘n taxi ongeluk nie … EK STEL NIE BELANG NIE!

alwyn burger ·

Ek is bly die VF+ is uitgelag. Hulle het presies geweet wat die reaksie gaan wees! . Hulle behoort hulle nie skuldig te maak aan kinderagtige politiekery nie!

CG ·

Alwyn. Die DA beweer hulle wou self die mosie indien. Geld jou skerp veroordeling vir hulle ook? Veroordeeel jy alle politieke partye wat n mosie vir n minuut stilte indien vir slagoffers van geweldsmisdaad?

14/88 ·

en ons is aan hierdie partye, spesifiek die wat geluide maak, belasting verskuldig.

Bittergal ·

As hulle nie respek het vir ander nie, het hulle ook gladnie respek vir hulself of hulle eie mense nie. Jaag net geld skelm en aansien. Skokkend en weersinswekkend. Die appel is vrot tot in sy kern.

Frank ·

Geen respek vir die mense wat vermoor is nie.As hulle nie eens respek vir n oomblik van stilte het nie stel jou dit voor dat hulle ook GEEN respek vir Gods Woord sal he nie.Wat se Die Woord keur jou van sulke mense af.Los hulle in Jesus se Hande daar sal n geween en n gekners van tande wees se die Woord.Prys Jesus Die Koning wat binnekort weer kom.Elke oog sal hom sien.Amen.

Buurt ·

Mense, ons is ongelukkig in n land waar WIT mense dood eenvoudig nie raak gesien word nie,, hier langs die N4 is daar n plakkerskamp wat Majakaneng genoem word, daar was 3 swartes by n boer se plaas gewees omgeveer 1 uur die oggend om blykbaar lemoene te steel, toe die boer op hulle skiet word daar toe een gewond, nou is die een blykbaar vermis, nou staak hulle en die hele N4 word toe gemaak weereens hulle strike, Maar laat ons boere uitvermoor word, dan is dit mos niks, ons WIT mense tel glad nie,,ONS WIT MENSE MOET BEGIN SAAM STAAN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.