Ons kort net ʼn regeringswaarborg, sê SAUK-raad

SAUK-raadsvoorsitter Bungumusa Makhatini, uitvoerende hoof Madoda Mxakwe, adjunkvoorsitter Mathatha Tsedu en hoof finansiële beampte Yolande van Biljon (Foto: Chantall Presence/ANA)

Banke is huiwerig om die SAUK met ʼn lening by te staan sonder ʼn regeringswaarborg, het Bongumusa Makhatini, voorsitter van die raad, Woensdag aan LP’s gesê.

Makhatini het aan die staande komitee oor openbare rekeninge (Scopa) terugvoer gegee oor onreëlmatige uitgawes van R4,8 miljard oor ʼn paar jaar. Hy het gesê die raad stel maatreëls in plek om dit te voorkom, van die geld terug te kry en seker te maak dat persone aanspreeklik gehou word.

Die uitsaaier het reeds met ʼn proses begin om 981 werknemers af te dank en dié proses vind tans voor die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) plaas.

Makhatini het gesê sonder ʼn inspuiting van R3 miljard sal hulle “dag zero”, waar die uitsaaier bankrot sal wees, teen Maart bereik. “Ons kort net ʼn regeringswaarborg,” het hy bygevoeg. “Teen Maart sal ons ongeveer R300 miljoen ontvang. Ons kort R600 miljoen per maand.”

Yolande van Biljon, hoof finansiële beampte van die SAUK, het gesê die uitsaaier sukkel om aan sy finansiële verpligtinge te voldoen en moet kostes sny in kernbesigheid soos om inhoud aan te skaf, wat nodig is om kykergetalle te verbeter. “Ons begin deur salarisse te betaal, dan huur, water en elektrisiteit, dan het ons betalingsooreenkomste met groter diensverskaffers, en dan begin ons inhoud beperk,” het sy gesê. Waar die uitsaaier gewoonlik R140 miljoen per maand vir inhoud betaal, het dit minder as die helfte van dié bedrag in November spandeer.

Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof, het die maatskappy se planne om werknemers af te lê, verdedig en gesê die uitsaaier het geen ander keuse nie. “Ons het tans ʼn opgeblase struktuur, veral wat middel- en seniorbestuur betref.” Hy het gesê die SAUK het 479 bestuurders wat die uitsaaier jaarliks R630 miljoen kos. Vryskutwerkers jaag die uitsaaier R510 miljoen per jaar uit die sak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

piper ·

m et al die bedrogen diefstal is daar net lippetaal en nog niemand word vervolg nie en n klomp met volle betaling sit by die huis op afwagting van n ondersoek. daar is geen hoop nie.

Joe ·

Julle het R4000 800 000 000 gemors, hoe de f¥k soek julle nog geld??????? ?

Gert ·

Hulle kan maar toemaak. Geld gaan hulle net help met groter oorspandering

Mrs H ·

Die regering kan hulle self nie waarborg nie, met wat moet hulle SABC waarborg?!

Hasie ·

Die vorige hoof van die “SABC” het al die finansieële gemors veroorsaak, die salarisse wat die top amptenare betaal word is belaglik.
Me. van Biljon, finanshoof R3 000 000 pj. skaam jou.
Mr. Mxakwe, R5 100 000 pj. Skandelik.
Mr. Maroleng, R4 100 000 pj. ??????
3 X uitvoerende bestuurders kry saam R12 200 000 pj (R4 000 000 elk) skreiend.
Bonus aan Mr. Mulaudzi van R413 000.
Geen wonder die “SABC” kan volgende jaar nie salarisse betaal nie. Wat maak ‘n mens met sulke belaglike salarisse?

Hannetjie ·

Klink vir my na ‘n heel gawe plekkie voor te werk.Salarisse heel skaflik.
Hulle kan gerus maar toemaak.Baie ander soorte van vermaak.

John ·

So eintlik was dit net nog ‘n show om a la Eskom ‘n regeringswaarborg te kry vir nog ‘n jaar se bigtime en sterstatus en bla bla bla. En al die partye probeer ‘n paar stemme werf en spring op die wa om tog so besorg te wees oor al die sterretjies aan die SABC se hemeltrans… moet net nie iemand afdank nie ok nie al die vryskutwerkers se harte breek nie (vir wat nogal met ‘n korps groter as die Weermag).

Gemaskerde Sopbeen ·

Die Kommissie van Ondersoek na die SABC se doen en late, het met die verkeerde mense gepraat. Hulle moes begin het by sekuriteit…..Toe Hlaudi “aan bewind” was was daar nie ‘n tekort aan geld nie…..daar is sakke vol daarvan in sy kar se kattebak gepak….vra maar sekuriteit…

Johannes ·

Opgebou deur die Europieër tot ‘n wêreldklas instansie wat produkte van hoë kwaliteit gelewer het. Afgebreek deur die Afrikaan tot ‘n bankrot hool van korrupsie, sub-standaarde en ellende…

PJ ·

Help my asb.om net te verstaan hoe al die sg. “SOE’s” almal bankrot is en aanhoudend geld vra toe die “freedom fighters” hierdie instansies oorgeneem het was almal winsgewend sover my kennis strek so èrens het die “freedom fighters” droog gemaak tragies

PJ ·

Help my asb.om net te verstaan hoe al die sg. “SOE’s” almal bankrot is en aanhoudend geld vra toe die “freedom fighters” hierdie instansies oorgeneem het was almal winsgewend sover my kennis strek so èrens het die “freedom fighters” droog gemaak tragies

PJ ·

Help my asb.om net te verstaan hoe al die sg. “SOE’s” almal bankrot is en aanhoudend geld vra toe die “freedom fighters” hierdie instansies oorgeneem het was almal winsgewend sover my kennis strek so èrens het die “freedom fighters” droog gemaak tragies

Jack Sadie ·

…..en so ploeter die land voort. ‘ Jobs’ en belaglike salarisse vir onbekwame kaders. Niks sal verander nie. Oor vyf jaar sal die tekorte van al die SOE’s net groter wees. In die geskiedenis sal hierdie struggle, BEE en revolusie die duurste in die geskiedenis genoem word. Ek is so bly ek is oud en sal nie die totale vernietiging beleef nie.
My hart bloei vir ons jongmense, wit,bruin en swart. Ek was in die sestigerjare een van daardie studente wat gewerk het vir verandering. Ek was verkeerd. Jammer. Groete.

Johannes ·

Hoekom eens kommer? Is die SAUK nie ‘n produk van bose kolonialisme nie?

Daan ·

Ek kan ook doen met met ‘n 3 miljoen staatswaarborg. Nie dat ek enige plan het om dit terug te betaal nie. Die SABC het ook nie enige plan om dit terug te betaal nie. Net ‘n meer gesofistikeerde VBS.

Jakes ·

Watte klomp nors trolle op die megaande foto van die artikel. Hulle bekommer oor hulle eie geld gryp aksies nou wil hulle 100de afbetaal dat miljoene an hulle kan kom . walglik . maak toe die SAUK en SAA . en hulle noem hulself mensej

Frans ·

Maak SAUK toe! Hoeveel kere moet ons belastingbetalers nog vir die “groot menere” se salarisse opdok? SAUK se programme is hopeloos en swak van gehalte. Sekere “sepies” moet eintlik ‘n “PG” waarskuwing bevat. Ons kinders en jeug word besoedel met hulle gemors. Selfs met die enorme hoeveelhede advertensies is SAUK STEEDS nie in instaat om hulle finansiële verpligtinge na te kom nie. Geen wonder dat SAUK sukkel met inkomste nie, kyk maar na die derduisende TV antennas in die plakkerskampe wat TV verniet “mag” kyk. Geen bohaai oor hulle nie. Wat doen die bestuur wat sulke reuse salarisse verdien omtrent die kwaliteit van programme wat uitgesaai word? Ek is geskok en verbaas dat hulle STEEDS toegelaat word om te “bestuur”. Maar steeds benodig en versoek hulle finsansiële bydrae vanaf dieregering en banke? Watter regdenke besigheids instansie sal sulke “dwase” vermorsing van geld befonds, of is dit maar “kultuur” om sinkende bloedsuier instansies aan bewind te hou ter wille van “die wat voordeel daaruit kan trek”? …VERSTOM!….

Johan ·

Watte klomp nors trolle op die megaande foto van die artikel. Hulle bekommer oor hulle eie geld gryp aksies nou wil hulle 100de afbetaal dat miljoene an hulle kan kom . walglik . maak toe die SAUK en SAA . en hulle noem hulself mensej

Jokkie Gauche ·

Hoe kon dit meer as twintig jaar vat om te gebeur. Ek het gedink hulle sou dit in tien jaar al kon doen.

Pieter ·

Die eerste 10 jaar was daar nog n mate van beheer……..die laaste 10 jaar was Zuma se gespuis in beheer. Nou is die “eenheid-binne-die-ANC-ten-alle-koste” rugraatlose een en sy gespuis met hulle geraamtes in die kas in beheer.

Vryheid ·

AL WAT VIR DIE SAUK NOG GEGEE MOET WORD IS DIE MIDDEL VINGER.

Hanna Hoekom ·

Al wat die SAUK nodig het is bevoegde bestuur en werknemers. En skryf die miljoene op wat glad nie TV lisensies betaal nie. Wenk: daardie miljoene mense waarop julle gemors-programme meesal gemik is. Dan het julle nie n “regeringswaarborg” nodig nie!

Neeee ·

Dit sal ongelukkig nie kan gebeur nie, want dit sou n regte besuit gewees het, en ons regering neem doelbewus nie die regte besluite nie. Hulle is nog op die staduim waar niemand hulle iets kan vertel nie..just do it because I say so!!

Schalk ·

Enige bank wat geld leen aan freedom fighters wat nou n instansie bestuur is onnosel.Negentig persent van politieke aanstellings in staats instansies lei tot brankotskap.Watter staats beheerde instansie word nie gehelp met belasting betalers se geld nie.Hulle is bankrot en leen oral geld.Kyk maar na bosbou toe.Kondome nie meer by klinieke,iemand het vergeet.Sars se IT.Polisie beamptes betrokkenheid by krimminaliteit.Algemene toestand by hospitale.Vryheids vegters van wat.Hoeveel onsuksesvolle aanstellings wil die regering nog maak.Daar was in 24 jaar geen staats beheerde instansie wat vorentoe gegaan het nie.So min as wat soldaat op land n duikboot kan beheer en laat vaar of duik so min kan n vryheids vegter mense evalueer om n pos te vul.Alle politieke partye sal nog 16 jaar wandel in die woestyn saam met hul kiesers sterkte.

Verstaan nie ·

Enige lening van daai grote aan sulke persone sou deur die NCR geag geword het as n roekelose lening. So kan ons die ooreenkoms sien, asook die bekostigbaarheidstoets. Dit is strafbaar volgens NCR. …waar is die NCR? Daar moet ook teen die bank en sy amptenare opgetree word. Daar is groot boetes om te betaal!!

Johan H. ·

As die land nie soo pateties bestuur was nie ,Was dit nogal snaaks,,, Kan die mense nie vervolg word nie,,, Wat is fout met die regstelsel????Dis om van te huil!

marco polo ·

En volgende jaar soek hulle weer R3bn, en die jaar daarna…

Elize ·

Ek is so g-tvol vir die gemors wat op TV uitgesaai word dat ek liewer radio luister. Hoekom moet ons wat verstand het geklassifiseer word as breindood om na dit te kyk oor en oor dieselfde gemors. Skrik jou byna dood as jy ‘n witvel op SABC 1, 2, 3 en 4 sien. Laat hulle mede kaders betaal want die TV is mos net vir hulle in hierdie land. Ek het genoeg gehad en sal nie ‘n sent meer betaal vir lisensiegelde as dit opgesit word nie. Het al probeer om my TV lisensie te kanselleer in 1997 maar daar het dadels van gekom. Elke jaar kry ek die boodskap dat ek nou moet betaal. By wie kan mens deurkom om dit in hulle koppe te kry dat ek NIE MEER NA DIE GEMORS WIL KYK NIE en kan hulle maar my gelde stopsit.

Jacques ·

Elize – Die probleem is dat die mense met jy probeer praat op die telefoon by die sabc onbevoeg is en nie telefonies kan komminikeer nie . Hulle sit net dan in en dag uit daar om hulle salaris te kry die einde van die maand . Ek het nog nooit n TV lisensie gehad nie maar word aangese om vir een te betaal , nou vra ek wat nou ?

Henk ·

Nou waarom begin julle nie deur die helfte van die bestuurders af te dank nie? Dis nou daai klomp wat aangestel was om daai slang oog te help om julle koffers leeg te dra. Nou viktimiseer julle eers die laer vlakke!?

HPV ·

Sluit die plek so gou as moontlik, daar is genoeg privaat instansies wat hul plek sal vul sonder die reuse verliese waarvoor die belastingbetaler sal moet pa staan.

ANDRE ·

DIE SAUK KAN MAAR TOEMAAK…DAAI KLOMP STROOI WAT HUL WYS SAL NIEMAND MIS…… DSTV EN KYKNET IS KORT OP HUL HAKKE VIR STROOI WYS

Callie ·

Kyk die salarisse vir die middelbestuur. Meer as 100 000 per maand. Dis vir kaders wat saam net hul sakke vul. Erens moet ons ons belastinggeld kan begin terughou

Maljan ·

Die banke weet die eerste gatjie wat die lening sal moet toestop sal bonusse wees vir uitgevrete oorbetaalde bestuurslei. Fire die hele spul en stel mense aan wie vir n salaris werk nie vir n koning se losprys per maand nie

Mariet ·

Maak toe….sommer SAL ook. Al hierdie entiteite was een ons SA trots, nou is hulle net ‘n verleentheid, en ‘n bron vam korrupsie.

SjN ·

Sluit die plek onmiddelik, hul besef nie dat n lening wel terugbetaal moet word nie.

koos1 ·

Julle kan maar kla soos julle wil, weet julle wat? Hulle gaan die regeringswaarborg kry. Hierdie jaar, volgende jaar, die jaar daarna en so sal dit aangaan. Hoekom? Want die SABC is die ANC se spreekbuis.
Daar is slegs een ding wat die publiek kan doen en dit is belasing onthouding. Sonder ons belasting geld, kan die regering nie geld uitdeel nie. Genoeg is nou GENOEG!
Kan iemand met belasting kennis vir ons raad gee hou ons met ons geld die regering kan dwing om te doen wat reg is?

Priscilla ·

Al waarborg wat die bank gaan kry is dat hulle nooit die geld gaan terug kry nie… regeringswaarborg of te not…..

Chappies ·

Ons kan nie SAL sluit nie…dit sal kougomverkope op OR Tambo in duie laat stort

Puma ·

R630 miljoen aan 479 bestuurders se salarisse????? Dis n gemiddeld van R1.3 miljoen ‘n jaar. Vir Wat? Daar is niks om te kyk op SABC nie en julle eis net TV lisensies om julle sake te vul. Die probleem is julle kan nie regverdig hoekom julle sulke bedrae nodig nie veral nie deur die inhoud wat julle uitsaai nie. Dis maar net nog n’ plek om ryk te word. Ek wonder hoeveel van julle het werklik ‘n graad – iets wat ‘n voorvereiste is om net ‘n werk in hierdie land te kan kry of dalk is dit maar net sekere mense. Wat erger is is julle beweer julle nodig R600 miljoen ‘n maand…julle kan nie eers die bedrae uitspreek as dit voor julle staan nie. Die kraan raak nou leeg en nou stress julle. SA is n grap. Waar die regering in beheer is, word miljarde Rande vermors en dis net waarvan ons weet.

ne ·

Net nog ‘n bankrot instansie van die anc? Dit is nie eers snaaks nie. Die mense is aangestel om te plunder. Is dit APARTHEID se skuld?
Hoekom is niemand nog in die tronk nie? Almal anc kaders

Jeremia ·

Hierdie mense kan nie eens Eskom, SABC, SAA, munisipaliteite, en land regeer nie. Nou wil hulle boonop eiendom afvat.
Dit gaan minder as 5 jaar neem om die eiendom (roerend en onroerend) op te mors.
Klomp deurtrekkers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.