‘Ons mag nie vorige Eskom-raad se oortredings vergeet’

Argieffoto: Facebook

Die DA het Sondag gesê die nuwe Eskom-raad moet stabiliteit en die uitroei van korrupsie by dié kragreus vooropstel.

Natasha Mazzone, woordvoerder vir die DA, het gesê hulle wens die waarnemende uitvoerende hoof, Phakamani Hadebe, en die voorsitter, Jabu Mabuza, geluk met hul aanstellings.

Volgens die DA het elkeen ʼn uitstekende agtergrond en wye finansiële en sake-ervaring.

“Weens kroniese wanbestuur en die giftige invloed van die Guptas staar finansiële ineenstorting Eskom in die gesig,” het Mazzone gesê.

Die DA meen die raad moet die klem plaas op sleutelkwessies soos die aanstelling van deeglik opgeleide en ervare mense in alle senior poste, die ondersoek van enige verdagte kontrakte én mense wat betrokke is by verdagte ooreenkomste, die voorrang van Eskom se finansiële stabiliteit en om meer beleggings te trek.

Mazzone het ook bygevoeg net omdat daar ʼn nuwe raad is, beteken dit nie die oortredings van die vorige raadslede moet vergeet word nie.

Volgens haar sal die DA elke moontlike platform gebruik om dié wat daarvan beskuldig is dat hulle deel was van staatskaping te vervolg.

Maroela Media het vroeër berig die nuwe raad vir die kragvoorsiener Eskom is Saterdag aangekondig.

Tyrone Seale, woordvoerder vir adj.pres. Cyril Ramaphosa, het gesê dít is te danke aan ʼn vergadering tussen Ramaphosa, pres. Jacob Zuma, Lynne Brown, minister van openbare betrekkinge, en Malusi Gigaba, minister van finansies, Vrydag om die dringende uitdagings by die maatskappy te bespreek.

“Eskom is noodsaaklik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit is ʼn sleutel tot ekonomiese groei en sosiale transformasie en sy finansiële en bedryfsposisie kan ʼn reuse-invloed op die land hê,” het Seale gesê.

Die nuwe raad is Jabu Mabuza (voorsitter), Sifiso Dabengwa, Sindi Mabaso-Koyana, Mark Lamberti, Tshepo Mongalo, Malegapuru Makgoba, Busisiwe Mavuso, Nelisiwe Magubane, Rod Crompton, George Sebulela, Pulane Molokwane, Banothile Makhubela en Jacky Molisane.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hakie ·

Fantastiese, well done. Met revering soos die, glo ek daar is steeds hoop in hierdie wonderlike land. Ons mense moet nou hande vat en die wa dear die drif trek. Kola an, ons kan dit doen. Al die doemprofete en pessimists moet nou bietjie te rug staan en al die optimists en levers moet nou na bore kom. Let’s make South Africa great again.

Help Hakie ·

Jissou Hakie, wil jy nie weer die stukkie oorskryf dat ons ook die woorde soos “revering en Kola an en rug staan en levers en na bore” verstaan nie asb. Sal dit waardeer,dalk beteken jou skrywe wel iets.

Theo ·

Ek sou nie geld bele het terwyl Lynne Brown nog daar is nie . Sy moet ook uit

Eish ·

Buiten Mark Lamberti en Rod Crompton wat n bewese akademiese agtergrond en jare praktiese ervaring het, het ek nie n idee oor watter kwalifikasies die res van die raad beskik nie. Wat die voorsitter betref wat n tyd by Telkom agter die blad het, is ek nie seker of sy ervaring deur n goeie bestuurspan ondersteun is nie en of hy werklik n deurwinterde sakeleier is nie. Die politieke bestel het hoeka n paar vroeë perskes ryp gedruk. Telekom wat semi-privaat is, behoort ook oor n goeie direksie te beskik siende privaatbeleggers verteenwoordiging het. Die probleem met die meerderheidsregering is dat die beste persoon nie noodwendig die aanstelling kry nie. Ons sal maar moet wag en sien, hier van agter die pale waar die tweedeklasburgers hul moet tuismaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.