‘Ons moet herstel, herbou ná onluste’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Ons moet stabiliteit in die land herstel en handhaaf.”

Dit is die eerste stap wat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag bespreek het tydens ʼn virtuele vergadering met meer as 90 uitvoerende hoofde en sakeleiers van sleutelbedrywe wat deur plundering en geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng verlede week geraak is. Vier stappe is bespreek waaroor die regering en sakeondernemings ooreengekom het met betrekking tot die herbou en herstel van die skade wat onluste verlede week in hierdie provinsies veroorsaak het.

Stabiliseer land

Volgens Ramaphosa is die aanwesigheid en sigbaarheid van veiligheidsmagte in KwaZulu-Natal en Gauteng aansienlik verhoog.

“’n Groot deel van die 25 000 weermaglede is ontplooi ter ondersteuning van die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe. Die veiligheidsmagte is in gebiede in die provinsies ontplooi wat beskou word as potensiële brandpunte, belangrike ekonomiese en regeringsinstansies, winkelsentrums, pakhuise en fabrieke.

“Veiligheidsmagte is ook verantwoordelik om belangrike toevoerroetes oop te hou, veral die N3, en die beskerming van die vervoer van goedere.”

Ramaphosa het benadruk dat koördinasie en samewerking met die private sektor noodsaaklik is. “Die deel van inligting en voortdurende kommunikasie oor potensiële bedreigings is nodig vir ʼn toepaslike en effektiewe reaksie.”

Volgens Ramaphosa het die polisie landwyd ’n gemeenskapspolisiëringstrategie geaktiveer, wat bygedra het tot die afname in voorvalle van onluste.

“Terwyl die optrede van die wetstoepassing- en veiligheidsdienste ʼn belangrike deel is om die orde te herstel, hang die stabiliteit ook af van betrokkenheid op verskillende vlakke van gemeenskappe en belangrike belanghebbendes soos politieke, godsdienstige en tradisionele leiers.”

Beveilig goedere

Volgens Ramaphosa moet elke moontlike stap gedoen word om te verseker dat die land se hawens en spoorlyne herstel word om in- en uitvoere weer aan die gang te kry.

“Ons moet toesien dat kontant veilig vervoer word en in voldoende hoeveelhede beskikbaar gestel word vir verbruikers en ondernemings. Dit is veral belangrik vir die voortbestaan van informele besighede.”

Ramaphosa het gesê veiligheidsmagte werk saam met die sakesektor om ook die veilige vervoer van brandstof, voedsel, suurstof, medisyne, chemikalieë en ander noodsaaklike voorraad te verseker.

Verleen hulp

Ramaphosa het gesê die regering is besig om hulp aan huishoudings wat deur die plundering geraak is te verskaf.

“Provinsiale departemente van maatskaplike ontwikkeling en Sassa bied ondersteuning in die vorm van kospakkies, kontant en voedselbewyse. Die regering se Solidarity Fund het ʼn humanitêre fonds vir krisisverligting gestig om te help met diegene wat die grootste nood het. Baie maatskappye, organisasies en geloofsgroepe het reeds ondersteuning aan gesinne in nood begin verleen.”

Volgens Ramaphosa werk die regering saam met maatskaplike vennote om ʼn uitgebreide maatskaplike en ekonomiese verligtingspakket te finaliseer wat behoeftige huishoudings sal ondersteun en die nodige hulp sal verleen aan sakeondernemings en werknemers wat swaar trek.

“Die verligtingspakket sal ondernemings help om weer op die been te kom ná die plundering en die effek van Covid-19-regulasies.”

Besonderhede rondom die pakket sal binnekort bekendgemaak word.

Versnel inklusiewe ekonomiese herstel

Ramaphosa het gesê nadat die ekonomiese heropbou- en herstelplan in Oktober van stapel gestuur is en sedertdien vordering in ekonomiese groei te midde van die Covid-19-pandemie gemaak is, het die onluste in hierdie opsig die regering weer twee treë terug gesit.

“Meer as ooit tevore moet ons verseker dat ons herstelplan die herstrukturering en transformasie van ons ekonomie versnel deur werkgeleenthede vir die miljoene werklose Suid-Afrikaners te skep. Die regering, sakelui en arbeidsektor moet hande vat om beleggers weer aan ons kant te kry en om voort te gaan met die bevordering van die diverse beleggingsgeleenthede wat in ons land bestaan.”

Ramaphosa het gesê dat alle nasionale hulpbronne en vermoëns gemobiliseer moet word – in die openbaar en private sektor – om die land te ontwikkel, ʼn inklusiewe ekonomie op te bou en sosiale  samehorigheid te bevorder.

“Ons verstaan ten volle dat die gebeure van die afgelope tien dae vernietigend was vir die ekonomie, vir individuele ondernemings en vir die veiligheid van die burgers. Daar is feitlik geen deel van die ekonomie wat nie deur die geweld geraak is nie.”

Volgens Ramaphosa verteenwoordig KwaZulu-Natal en Gauteng saam soveel as 50% van die bruto binnelandse produk (BBP).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Alex ·

Ek verstaan nie. Die regering kan nie eers herbou wat ons gehad en nie meer het nie. Dit wat die ekonomie was, dit wat Suid Afrika gemaak het jare voor die nuwe regering. Die Weermag, wapens, tabak, landbou, trotse mense, ens. Nou haan dit belasting betaler se geld wees om dit weer op te bou…

Danie ·

X1000 keer! Jou kiesers breek af en ons belasting betalers moet weer gee…. Ek is moeg gegee….

DIABLO ·

Snaaks dat die privaatsektor “noodsaaklik” is, die oomblik wat jy in die bollie is. Andersins prober jy jou bes om alles staatsbesit te maak. Hoeveel “ons” is in jou pond??

Pietertjie ·

Kom nou, ramaphosa, begin bou laat ek sien! Hoeveel “onse” is daar in jou pond?

Verkoop ‘n paar van jou plase en gebruik daai geld vir jou bouwerk, dan sal ek jou begin glo.

Bertie ·

So hy verwag wraggies van ons om te bou en te herstel, terwyl die ANC sinoniem is met afbreek en vernietig? Ons sal bou aan ons EIE toekoms!

KB ·

Maak ‘n skenking, skep bietjie werk, hou op dreig…en doen iets jouself Vaatjie.

Anton ·

Ons kan altyd op Cyril staatmaak vir leierskap en oorspronklike idees :-)

DieKriek ·

“Ons moet”, terwyl hy handjies gevou sit. Sy “people” breek die land af en die minderheidsbevolking moet bou. Sies!

Nationalist ·

En JY kan seker nie wag vir ONS belasting geld nie…
Sosialisme is pret totdat jy uit ander mense se geld hardloop!

Werner ·

Die woorde herstel en herbou bestaan nie eers in julle drome nie.Afbreek afbrand roof en plunder verkrag vermoor wel.tsek man

Nie Verbaas ·

Ons moet herstel, herbou ná onluste’ – Ramaphosa. Siestog, ANC kon dit nie verhoed nie. Tsek

Kokerboom ·

As Ramaphosa en sy kabinet wakker was en hul werk behoorlik gedoen het was geen van die aksies in ‘n reeds sukkelende ekonomie nodig!!!Nou kom hy met sy sinnelose niksseggende retoriek van beloftes en sogenaamde ondernemings en smeer die man in die straat weer heuning om die mond!!NIKS het nog ooit van sy vorige beloftes gekom. En waaragtig kruip die land se sakeleiers WEER voor die ANC!!!WANNEER sien hul deur die skynheilige onbevoegde klomp kaders en trek die streep???Hoe lank wil hul so skadelike BBEEE twak ondersteun tot hul eie voordeel? Wil die opregte leiers ASB opstaan!!

RS ·

ONS???? Dis nie ons nie. Dis jou werk, jou mense wat op mors. Maak julle eie gemors reg.

Kobus ·

Spesifiseer die “ons” asb mnr die president.Ons weet wie “ons” is , u moet eerder verwys na “julle”

Potties. ·

ANC gaan kos pakkies en geld gee om mense te help so die wat ” geloot ” het gaan weer kos of geld kry dis mos nie reg nie,hoe gaan ANC dit best uur.

Elize ·

Ja Cyril ons bou maar julle breek harder af. Tyd dat jy “our people” bietjie vasvat

Janee ·

Wie is “ons”?… Die land is nie Koster nie…(Lees berig oor Koster)

Piet parys ·

Nee cyril nie sè ons moet weer bou nie maar praat soos jy altyd praat van jou mense wat die oorsaak van die vernietiging van eiendom en diefstal is maar dis mos wat die Anc regering hulle geleer het om te doen en die hoof opstokers kom altyd weg

Elize ·

Werkskepping. Breek af….bou op……breek af…. bou op….

SjN ·

Indien daar wet en orde gehaandhaaf word soos dit moet, sou die plundering nooit plaasgevind het nie,
our people is besig om gatvol te raak.

Karen ·

Man “our people” bestaan net vir een kleur groep, hulle kan maar “bou” …

Willie ·

Is it n praat-praat oefening? Raak ontslae van die dooie hout in die kabinet en staak grondonteiening- sonder- vergoeding, dan glo ons u !!

gatgogga ·

“Ramaphosa het gesê die regering is besig om hulp aan huishoudings wat deur die plundering geraak is te verskaf.”
Dit, terwyl hy EWC deur die parlement probeer kry! Twee-gat jakkals.

Nell ·

‘Ons moet herstel, herbou ná onluste’ – net sodat daar weer geroof en af gebrand kan word wanneer jou ‘peoples’ nie hulle sin kry nie??

Heinrich ·

Nee Cyril, ons kort nou iemand met intelligensie hier. Jy bly dieselfde geraas maak. Net soos met die vorige verkiesings wat julle sê “ja dit gaan nie goed nie maar ons is die party om dit rdg te maak”, maak jy nou dieselfde geraas van “ja die ANC het alles gebrand en geplunder maar ons is die regte party om alles weer op die been te kry”. Afrika politiek en julle planne het die land voor Covid en voor die geplunder al op sy knieë gehad, dis tyd dat julle padgee.

isabelle ·

ja neh ….praat praat en geen aksie :( kyk waar is ons land

Samuel ·

Wie is die ons wat moet opbou en herstel, mnr die President? Beslis nie die ANC nie. Ek neem aan dit is die wit belastingbetalers van wie u praat??

Boon ·

Uit die kommentare bkyk duidelik dat die gewone mense skepties is oor pres,CR se versoek. Hulle soek dade van die regering wat toon die belastingbetalers word waardeer. Hulle soek duidelik tekens dat witmense, bruines en Indiërs se bydrae tot ekonomie erken en waardeer word. Hulle soek dat BBEE Afgeskaf word en mense op meriete aangestel word. DAN sal land herstel Kan word en werk geskep Kan word. En hul soek reg en geregtigheid dat die afbrekers in die tronk gesit word

Tewie ·

Ek is baie jammer vir jou, geen ondersteuning van hierdie kant. Vra jou Comrades hulle sakke is vol

Kobus ·

Hy moet daardie gemors kry wat so geplunder het om skoon te maak en as hulle nie wil bring die sambok in hy sal skoon maak

Anoniem ·

Is dit nie bietjie te laat om nou wakker te skrik nie Regering? Voor hul nie bevoegde/opgeleide mense in poste aanstel wat die werk kan doen nie, is daar nie ‘n manier wat enigeiets gered/herbou kan word nie.
Die Regering is die oorsaak van ‘n vervalle Suid Afrika.

Malan ·

Ek is gatvol daarvoor om elke keer te help herbou vir die gemors wat die ANC en sy gangsters veroorsaak het en dan doen hulle dit net weer.

JohanR ·

My gooiste die ou is ‘n grap! In Engels sou mens se “he has lost track of reality, of sy varkies is nie almal op hok nie!”

Jack ·

In effek moet die staat in geheel betaal vir alle skade weens hul versuim om hul grondwetlike pligte na te kom. Ons roep nooit die anc tot verantwoording nie en kan dus nie kla as dinge maar net afdraend snel nie. Skuld ons as publiek die staat enigiets behalwe veroordeling?

DIABLO ·

Het per ongeluk weer op hierdie berig geklik. Ek word net kwater elke keer as ek dit lees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.