‘Ons moet sigbaar standpunt inneem teen plaasmoorde’

Argieffoto

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die vlaag wrede plaasaanvalle en 70 plaasmoorde wat sedert 1 Januarie vandeesjaar gepleeg is, het die landelike gemeenskap en die meeste landsburgers laat steier.

“Die vraag op mense se lippe is: ‘Wat kan ék doen?’”

Maroela Media het vroeër berig oor ʼn boer van die Klapmuts-omgewing wat in ’n video wat hy gemaak het ’n emosionele pleidooi aan  mense rig om Maandag swart aan te trek ter ondersteuning van die land se boere. Hy sê dat die swart kleredrag ʼn teken van respek sal wees teenoor die boere wat al vanjaar hul lewens verloor het. Die video is gemaak ná Joubert Conradie (47) Dinsdag tydens ʼn plaasaanval doodgeskiet is.

“AfriForum ondersteun dié inisiatief heelhartig en moedig ons lede en alle gemeenskappe aan om eerskomende Maandag swart aan te trek. Dit is belangrik dat die publiek op ’n sigbare wyse standpunt inneem en hierdie aksie is ’n geleentheid om presies dít te doen,” het Roets gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

jan van riebeeck ·

blah blah blah , ek kan sien hoe die mense in die regering wat agter al hierdie plaas aanvalle sit hulle doodlag , OOOO die witmense is ontsteld ! hulle gaan almal maandag swart aantrek !! ASSEBLIEF!

Gert ·

Korrek Jan. Malema, Zuma, Mugabe sê en doen wat hulle wil. Geen vinger word op hul gele. Maak nie saak wat se ook organisasie. Tandeloos. Hoeveel interdikte al teen bv Malema. Hy vee hom af. Laat n blanke bietjie sulke uitsprake maak. Hier begin die probleem en klaar.

Johannes ·

Ons moet OPHOU om:
Petisies teken – dit help net mooi niks
By die VN te huil – hulle voel niks
Hofsake te maak – dit kos ons miljoen en beteken niks

Ons MOET:
Dringend ons eie gewapende mag op die been bring om ons eie mense te beskerm
Die kommando sisteem terugbring – of die terroriste regering nou daarvan hou of nie
Die aandag van die wêreld op ons en ons saak kry

ANDRE LOUW ·

Die vraag word gevra wat kan ons doen en ek is nie ‘n leier nie maar sal graag ook voorstelle wil maak. Eerstens gaan dit nie help om ‘n oog vir ‘n oog benadering te volg nie want dit gaan lei tot meer tragedies. Ons en dan sluit dit almal in die land in wat opreg is in die soeke na vrede sal eerstens en bo alles ons vrede van God versoek; dit is waar alles begin en die fondasie van nederigheid en respek is die sleutel tot verandering. Tweedens moet daar op ‘n baie effektiewe wyse aan die buite wereld bekend gemaak word hoe mense uitgemoor word en hoe die grondwet die skuldiges beskerm. Dit het gehelp dat apartheid aan mense reg oor die wereld bekend gestel is en druk het bygedra tot die beeindiging daarvan..Dan sal ons moet uitreik na mense oor ras; kleur en geloof deur byvoorbeeld klein selle te vorm waar daar gepraat word oor die brandpunte in ons land sonder om politiek in te bring. Dit is ‘n feit dat die kiesers van die land nie heeltemal opgevoed is om te stem nie en word baie emosiele besluite geneem sonder om realiteite in ag te neem. Laat gemeenskaplike respek seevier en dan mag ons dalk ‘n land van vrede sien

Dana Norris ·

Niks anders as net die Here Jesus kan die saak omkeer nie! !!
Suid Afrika keer terug na die Woord! Gehoorsaam die gebooies!
In Bybel geskiedenis is dit bekend wanneer die volk ongehoorsaam was aan die gebooies en daar seksuele immoraliteit is Val hulle onder die vloek dan word hulle aangeval en oorwin deur die vyand, geteister deur droogtes, pes siektes amper heeltemal uitroeiing van ‘n nasie.
Daar moet ‘n waarlike geestelike ontwaking kom! Boere, gemeenskappe, sakemanne sports manne en vroue asook tv persoonlikhede, moet hulle knee waarlik begin buig en begin BID in gees en in waarheid.
Kry klaar met die sonde, doen sonde beleidenis en verander. Die Here is ‘n werklikheid so ook die duiwel. Ons het nie met vlees en bloed te doen nie maar met bose geeste van die lig. Dis net die Here Jesus Christus wat die land en boere kan red niks en niemand anders kan dit doen nie. Die woord se ook julle sondes het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en God.
Dis tyd dat die Suid Afrikaners; AG SLAAN OP DIE WOORD VAN GOD, TE BEKEER VAN HULLE SONDES, TE BELEI, SODAT MENSE KAN LEER EN ERVAAR WAT DIT IS OM KRAGTIG DEUR TE BID TOT DIE TROON VAN GOD. DAN KAN DAAR OMEKEER KOM!

Willie ·

Ek stem volhartig saam, ons moet visieel raak… Wat is dwars in die krop steek, is die feit dat ander lande weet wat hier aangaan, en niks word gese nie.. Moet nie vir my se die FBI in Pretoria weet kwansuis niks nie… dis bull twang…

Kiepie ·

Wilie, sê gou vir my wat doen jy, of ons dan, oor die gruwelike menseslagtings wat tans aan die gang is in Somalië, Mogadisjoe of die Islamitiese state? Om nie eers van die onregte reg anderkant ons landsgrense in Zimbabwe te praat nie. Niks, ons doen niks want dis nie ons probleem nie. O nee, ons neem darem kennis daarvan en verklaar die onreg maar niks verder nie. Net so neem die wêreld kennis van ons situasie (vra maar vir enige expat, dis die eerste ding waaroor mense in sy nuwe land hom uitvra), maar ons is op onsself aangewese om iets daaraan te doen. Almal het simpatie met ons maar dit help nie ons kyk in hulle oë vir hulp nie, ons gaan onsself moet help (voetnota: terwyl ons baie versigtig sal moet trap ons onsself nie weer die muishond van die wêreld te maak nie, die rofie oor die seer van die geskiedenis is in internasionale kringe nog baie dun) en hoe gouer ons dit besef hoe beter.

snoefie ·

wat het plaasmoorde, onregte teen die blanke met ander lande en die fbi ( n Amerikaanse polisie afdeling) te doen? moet ander altyd vir Suid Afrikaners opkom? raak VISIEEL waar dit tel. lig jou gat verkiesingdag gaan staan jou voete deur en trek jou kruisie. jy is ten minste dit aan jou land, nageslag en jouself verskuldig. moenie kla en sit en wag iets of iemand anders gaan optree nie.

Moedeloos ·

Hier waar ek sit is ek moeg en moedeloos. Ek voel om elke dag swart aan te trek. My hart gaan uit na ons boere en mede burgers en( wat was )ons mooi land. Here help ons asb.

Leahim ·

Die supermarkgroep pick&pay,checkers,woolworths sal ook hulle steun moet wys al dit nou finansiële steun of hulle gaan nie meer produkte he om te verkoop nie

Ronel ·

Ek gaan beslis ook SWART aantrek Leahim, en ja, jy is heeltemal reg, wonder net of die supermarkte besef waar kom die meerderheid van hul voedselprodukte vandaan?

Blaartjie ·

Ek gaan swart dra, maar nou wil ek net weet wat dit gaan help? Het iemand ‘n oplossing vir die situasie waarin ons land homself bevind?

SO ·

Dit is ‘n klein begin maar ons almal weet hoe om ‘n samehorigheidsgevoel te skep. Ons ligte vel mense weet presies hoe. Ons moet ALMAL swart aantrek 30 Oktober, dit is eerskomende Maandag. Dis glad nie te moeilik om te doen nie. Wees SIGBAAR sodat ons mede-burgers kan sien ons weet hoe om saam te staan ook in gebed.

Christa ·

Almal wat wil weet of dit gaan help om swart aan te trek:
JA, DIT GAAN!

Jy gaan nie agter toe deure sit en mor en kla en NIKS DOEN nie.

Jy gaan met trots kan se: Ek het IETS gedoen.
Ek het SWART aangetrek saam met my mede-Suid-Afrikaners, om my PERSOONLIKE meelewing en kommer ten toon te stel.

Pieter ·

Kan iemand dalk terug kom na my toe. Ek het I plan wat ek kortliks wil noem. Dit help nie een boer probeer homself veededig in n aanval nie. Geowoonlik hoor mens dat dit een boer teen 4 of meer aanvallers is. Daar sal netwerke opgestel word, as jy sien iemand val jou aan dan moet jy jouself en jou familie toesluit in n struktuur wat gepas is om te hou vir paar ure totdat die polisie en die res van die gemeenskap in hulle nommers daar aan kom om jou te help. Elke liewe dief sal dan gevang word wat dit sal dadelik op gereageer word. Die mense wat dan opdaag moet as n groep opdaag en gewapen wees en reg vir as daar geskiet word. Tweedens, die enigste manier hoe ons die res van die wereld sal bewus maam is om 20 mense byvoorbeeld na Amerika toe te vat en daar n stil staking te doen. Dit moet iewers wees waar daar baie pers is, sodra hulle dit op die lug bring sal ons gehoor word. Sodra die mense gevra word hoekom is julle almal in dieselfde klere besig met hierdie staking (maak sommer n ketting aan mekaar vas) dan moet ons die storie kort, doeltreffend en kragtig kan uit le. Dit help nie ons om n memorandum by n groot VN konverensie te gaan neer le nie. Die besluite is traag en die VN kan steeds voel dat midde ooste lande slegter af is as ons volk.

Grotman ·

Dink julle sigbaar standpunt in neem gaan n verskil maak? Hulle gee nie n krok om wat ons se en doen nie. Ons is n klein groepie in Dingaan se kraal.

Alien ·

Kom ons het ‘n inpak op die persone wat moes agterbly na die plaasmoorde se lewens ,
toon respek en meegevoel aan hulle, maak dit REGTIG saak wat ander dink en se?

janneman ·

Die hele bevolking, nie net blankes nie, het al sigbaar standpunt ingeneem. Die tyd vir verbale protes is verby. Afriforum ontvang elke maand skenkings en ledegelde, maar dan word sake aangevat waar vir politieke punte gespeel word. Dis tyd dat leiers voorgestel word uit eie geledere om daadwerklike bekampingsaksies te loods, en mense se geld gekanaliseer word om daardie leiers met toerusting en wat ookal benodig word te bemagtig, eerder as om tyd en geld op nog Zumas te gaan mors.

Bets ·

Wanneer beskuldigdes vir plaasmoorde sake verhoor en gevonnis word, moet ons daar wees in swart T-hemde ter ondersteuning vir die families, en elke keer as daar n plaasmoord is trek ons swart aan,ek voel ons moet sigbaar en aktief word( soos van die partye)…

Johan ·

Bets, nou praat jy. Ons blankes moet in MASSAS by die hofsaal opruk, die media voor die tyd inlig, met ‘n helse lawaai en klomp plakkate dreig om die beskuldigdes self te vonnis (maw hulle mag nie borgtog kry nie). Kom ons gebruik ook vir ‘n ruk georganiseerde wangedrag (as dit sin maak) by howe en dreig om reg in eie hande te neem. Gaan dit help? Ek weet nie. Ek hoop wel so. En dalk voel ons net beter om van al ons OPGEKROPTE WOEDE ontslae te raak. :) :)

Die dra van swart – of dit sal help. Weer ek weet nie, maar as jy NIKS doen nie, sal NIKS gebeur nie. Ons kan maar net probeer. Hopelik help dit. Ons almal het ‘n jaar gelede oor Zuma en sy “cronies” gesê om te kla en te praat help niks nie. Hulle voeter voort. Kom Novemebr 2017 – ja hulle is steeds daar, maar dinge is stadig (dalk te stadig) besig om te draai vir Zuma en sy skelm maatjies (GuptaLeaks). En dit net omdat mense aanhou praat het. Fluitjieblasers kom al meer na vore. Die GuptaLeaks het natuurlik baie gehelp.

Ons kan maar net aanhou praat en hoop dinge verander. Sonder praat ens gaan dinge definitief nie verander nie. Die hoop beskaam nie.

Feite ·

Die land praat net 1 taal: Barbaarse geweld aangeblaas deur haat en geen opvoeding . My ma het altyd gesê: “As jy nie wil hoor moet jy maar voel”. Spur is goeie bewyse dat dit waar is. Swart aantrek gaan niemand laat ” voel”.

snoefie ·

maar dit gaan sigbare solidariteit wys.
@janneman Afriforum en Solidariteit stel net in brownie punte en groot media sake belang. vir die res sê hulle ” jou saak lyk sleg. jy moet maar bedank. hier is my man / vrou se (werwingsagent)kaartjie. stuur jou cv.,”

Herman ·

Ja ek dink dit is al wat die boere vir nou kan doen, Grou solank die gate en wees gereed,
As die polisie hulle sou wegneem is hulle in elk geval gou weer los

christa ·

as ou lang Hendrik van den Bergh nou hier was sou dinge helwat anders gelyk het.

Faan ·

Hierdie sigbare protes moet dan ook na Maandag voortgesit word . Almal kan egter nie elke dag swart dra nie . Ek dink spesifiek aan die swartband wat die ou mense om die bo arm gedra het in die tyd wat hulle gerou het oor die dood van ‘n geliefde . Wat van ‘n swart band om die pols van almal van ons wat rou oor ons boere ? Iets soos Afriforum se groen bandjie . ‘n Organisasie soos Afriforum kan dit teen ‘n winsie bemark wat dan weer kan dien as ‘n inkomste vir hierdie aksie

Callie ·

Grotman, staan op. Daar is n groot oproep dat almal Saterdag middag 12 uur, waar jy ook al is, op jou knie gaan en tot die Allerhoogste bid en vra vir leiding. Dit is die inisiatiewe waarmee begin moet word. Sonder God se leiding kan ons niks doen nie. Met Grotman en almal wat net wil praat en ook niks doen nie gaan ons nerens iets regkry nie. Nou moet ons opstaan of net gaan neerval en oorgee. Die tyd om keuses te maak is nou. Asb dra die swart en bid Saterdag. As volk is ons mos nie so ruggraatloos nie

sue ·

Dit is hierdie Maandag en Dinsdag haloweentyd vir die sataniste – en hierdie bose mense dra swart klere volgende week. Dit is ook hul vas en bidtyd. Laat ons daardie swart kleredrag eers die volgende Maandag dra. Dankie. Versprei dit asb regdeur u watchapplys! Seëninge

Regtig? ·

Jammer wil nie afdwaal van die onderwerp ter sprake nie. Sal self definitief Maandag swart aanhê. Ek moet net vra, asseblief Sue moenie sulke onwaarhede versprei regdeur jou “watchapplys” nie? Doen jouself ‘n guns en kry eers feite (soos presies waar Halloween begin het en hoekom , ens) voor jy opgemaakte vals boodskappe aanstuur wat net vir een rede geskep is en dit is om oningeligte mense op hol te jaag. Trek swart aan ter respek vir ons mense wat so doelloos vermoor is/word en ignoreer sulke sinnelose boodskappe.

Antjie ·

Halloween is Dinsdagaand. Dis nie Maandag nie en nie in die dag nie. Ou keltiese fees om bygelowigheid te verdryf. Ons het dit nog nooit gevier in SA nie. Julle taktiek sal dalk met die bygelowiges werk!

Jo ·

Om swart te dra is n begin, om saam te staan is n begin. Ek verstaan baie is negatief, maar kom ons probeer ten minste. Elke dood is ons dood, stukkie vir stukkie sterf in ons. Ons is ver van plase hier, maar ons harte is seer, dis ONS mense en ons dra Maandag swart!!!!!! Ons van hier sal doen wat ons kan om ons BOERE te support.

elizabeth ·

AfriForum reel n saamtrek – vra vandag vir Angus om vir ons Boere te Bid en vra ons Afrikaanse sangers om verniet op te tree – Woolworths P & P Checkers kan dalk help en hamburgers of hotdogs sponser, ons hou n saamtrek in sentrale area & al die toegang gelde & kaartjie verkope & al die kos verkope kan aan die boere geskenk word verligting. Ons boere en hulle families word vernieting en stadig maar seker gaan ons vrugte vleis en groete moet invoer op n groter skaal as wat ons huidig doen. Dit is absoluuut onaanvaarbaar en tragies – ons moet iets doen om boere te help en daardeur help ons self vir die versekering van voedsel.

wraggies ·

Almal moet eet, ek stel voor dat boere sekere “strategiese” gewasse/voedsel begin beperk wat aanskaffing betref. Sit die wiel aan die rol met ‘n optog soortgelyk aan wat die Franse boere ‘n paar jaar gelede gedoen het en Parys tot stilstand gedwing het. Of soos die steenkool trokke onlangs in Pretoria. En dit gaan nie help as daar net wit gesigte is nie.

Linda ·

Hou op om negatief te wees. Dis nou tyd om saam te staan. Al klink dit nou na niks nie moet ons saamstaan. Elke bietjie help en so word “bietjie” meer.

Ek stem ·

Ek stem 100% saam met jou. Die negatiewe mense is deel van die probleem en nie die oplossing. Niemand weet wat om te doen nie, maar ons veroordeel geen poging nie, ons staan saam.

Eleanor ·

Suid Afrikaaners kom ons bring SA tot n stilstand – geduurende die begrafnis vir Joubert Conradie offer ons 1 minuut se stilte – waar ook al jy is – of wat jy doen – of waarmee jy besig is – STOP STOP STOP en offer 1 minuut se stilte en respek vir ons boere – hulle vedien dit want ons Boere verseker dat daar elke aand kos is op ons tafel – kom ons verseker die boere ons is daar vir hulle wanneer hulle ons nodig het.

ANRE ·

AFRIFORUM ONS HET SMSE ONTVANG WAAR HULLE VRA OM NIE EERSKOMENDE MAANDAG SWART TE DRA NIE DIT IS HALOWEEN TYD VIR DIE SATANISTE MAAR WEL DIE MAANDAG DAARNA.

Antjie ·

Halloween is Dinsdagaand. Nie Maandag nie en nie deur die dag nie. Ou Keltiese fees om bygelowigheid te verdryf. Nog nooit in SA gevier nie.

Betsie ·

Ons moet met elke plaasmoord swart T-hemde dra,en wanneer plaasmoord beskuldigdes gevonnis word ,die hof bank vol sit met swart hemde, ons moet meer moeite doen vir sigbaarheid,ons moet sigbaar wees soos die mense in rooi T-hemde.

Alida ·

Die gru fotos moet aan die VN oorhandig word asook aan die Menseregtekommissie. Ek weet nie hoe en waar begin mens met so ‘n aksie nie en laat dit maar oor aan die organisasies wat weet. Hulle moet luister en sal met afsku vervul wees met die kleur fotos voor hulle. Dit is maar al wat mens kan doen. Daar moet ook opgetree word teen die Landdroste wat hulle laat lei deur die skreeuende massas buite die hof as daar onredelike en belaglike vonnisse opgelê word. Dit is rassisme op sy heel beste.

Betsie ·

Ons moet met elke plaasmoord swart T-hemde dra,en wanneer plaasmoord beskuldigdes gevonnis word ,die hof bank vol sit met swart hemde, ons moet aktief sigbaar wees!

marous ·

Om swart te dra sal goed wees . Om wapens te dra elke dag en dit te gebruik sal beter wees.

Jaco ·

Of die gaan werk of nie en of die wereld en die res van die bevolking notisie neem of nie is nie die enigste punt of doel nie. Ons moet iewers begin om ons stem dik te maak en die boodskap uit te begin kry. Of jy nou van die idee hou of nie of van Steve hou of nie of van die Oom wat Afriforum aanvat oor n sms van hou of nie… Begin moet ons begin. Ek hou van Afrikaans, Afrikaners en Boere.Ek gaan dus swart dra Maandag om my mede boere te ondersteun.

Swannie ·

Buitelanders stel nie belang in hoeveel plaasmoorde gepleeg word, of dat Witmense afgemaai word nie.
Dis hulle wat ons destyds geboikot het om ons te dwing om `n Swart regering in plek te stel.
Hulle het gekry wat hulle wou hê, so wat nou aangaan raak hulle nie in die minste nie.

JML ·

Ek ondersteun dit 100%, maar ek dink ons Boere moet net vir een week niks aan die Markte lewer nie, dan sal ons sien wat op die rakke van winkels aangaan. Net jammer wat maak die boere met die kos wat hulle terug hou???? iewers moet iets NOU gedoen word.

Denise ·

Eleanor baie goeie idee ek sal dit beslis doen want ek glo die dag wat ons ingee is die dag wat ons sterf!!!!! Linda wat jy se is die waarheid die tyd het gekom dat ons saam moet staan !!!!

Wimpie ·

Verstaan mooi. Ek is nie teen die swart drag nie. Dit is net vir die meegevoel van die wat vermoor is. Ek persoonlik dink almal sal net daarna kyk en taboo. Niks verder gaan gebeur nie. Nou gaan ek eerlik se…..ons grootste probleem is….ons het God verlaat. Kyk hoeveel hoerdery, suip clubs, los mans en vroue, skeisake, gay clubs, swinger clubs, bedrog, owerspel en en en…..is tussen ons blankes teenwoordig. Hoe loop ons mekaar in. Hoe wil ons van God verwag om ons te help en ons oorlog te wen as ons so is. Ons moet terug kom tot Godvresende volk. Soos ons nou is is daar nie vir ons n kans nie. Hou op op ander lande vertrou. Kom terug tot God wat, soos met David, die reus verslaan het. Ek is nie n pastoor of dominee nie. Ek is net n boer. Raak soos Angus Bachen. Hoekom moet hy alleen ons land en nasie voor God se voete le. Wat makeer ons ander dan.

Denise ·

Marous dit is soos jy se ons sal ons self moet beskerm maar die gereg is altyd aan die krimineel se kant kyk maar al die sake teen ons mense????

Ander Annie ·

Ek sal met die grootste liefde swart dra uit respek vir die moord op ons boere. So kan dit nie aangaan nie.

kat ·

Swannie – Europa wat vir ons destyds die vinger gewys het – kry nou swaar onder al die immigrante wat van Noord-Afrika soontoe gaan. Hulle sit met ‘n baie groot probleem daar – ek kry die nuus van mede Suid-Afrikaners wat daar werk. Frankryk het al klaar skermutselings oor verskeie gelowe van hierdie Afrikane. Duitsland is ook moeg vir hulle ens ens… So die wiel het gedraai!
Pieter jy is baie reg, dis ‘n goeie plan. Vir die wat al weer net wil klaaa. gaan sit op die stoep en kla – ons het nie meer mense nodig wat net kla nie – ons moet saamstaan en doen. Ek sal sommer elke dag swart dra – het nie ‘n probleem daarmee nie .
Van hierdie mede Afrikaners gaan die video’s wat op wtsupp’s en Maroela verskyn het na die pers in oorsese lande stuur. – Die regse party wat nou in die Bundestag in Berlyn ingekom het – sal veral belangstel daarin.
Onthou net – sonder ons geloof en getrouheid aan God gaan ons nie gehelp word nie. Ons het Bloedrivier gewen juis deur absolute geloof. Dit kan weer gebeur. Geskiedenis het ‘n manier om homself te herhaal.

Hermien ·

Miskien moet ons in verootmoediging bid vir ons land, nie net vir ons boere nie, maar ook vir almal wat gebuk gaan onder geweldsmisdade. Die hele Suid-Afrika bloei, van die Kaapse Vlakte se bende geweld tot plase wat aangeval word tot kapings en moorde in voorstedelike huise. ELKE Suid-Afrikaner kry swaar. Ons as Suid-Afrikaners kan saam staan in die Here en saam vir ons land bid. DIS wat ons kan doen.

Johannes ·

Het SA Rugby Unie al gereageer? Gaan daar Sat ‘n minuut stilte voor die Curriebeker finaal wees vir plaasmoord slagoffers? Indien nie, boikot die wedstryd. Of nog beter, betoog by die wedstryd!

Johannes ·

AfriForum – wys vir ‘n slag ruggraat!

Reël ‘n protes optog by Sat se Curriebeker finaal. Vra toeskouers om swart te dra. Vra toeskouers om self ‘n minuut stilte te hou voor die wedstryd afskop. Deel plakkate uit met die woorde: “Stop Plaasmoorde NOU!”

Leahim ·

Die Sharks dra reeds swart net die wp hoef hulle kleure te veander van blou na swart

Henri ·

Ek dra Maandag swart. Dit hang af hoekom jy dit dra. As jy dit dra om die boere te ondersteun het dit niks met heloween te doen nie. As die heloween aanhangers ontevrede is omdat ons n goeie punt wil maak, kan hulle n ander kleur dra, maar ek en duisende ander dra swart vir die boere, nie vir heloween nie.

Veritas ·

Siende dat die boere skynbaar die teiken van die moordtogte is, sal ek graag wil sien dat hulle die voorbeeld stel. Hulle word blykbaar nie deur die regering na waarde geag nie so dalk het dit tyd geword dat die boere hul stemme dikmaak. Die maklikste, alhoewel ook die duurste, manier om die aandag pertinent op hul probleem te laat fokus, is om vir twee weke ál hul voedselprodukte van die markte (insluitend direkte verkope) te weerhou. ‘n Honger nasie sal vinnig die uitwerking van so’n aksie ervaar en druk op die regering plaas om op te tree. Die boere besef nie met watter magtige wapen hulle sit nie. Laat die Landbou unies so’n aksie koördineer en as stembuise vir die boere optree.

Stem ·

Ek het al baie gewonder…as hulle die (meesal beheerd deur die regering) middelman kan uitsny, dat ons self by die boere kan koop (afsetpunte, boeremarkte ensomeer) op verskillende tye/plekke; dan sal al die groot besighede nie net die ongelooflike waarde van die boere begin insien nie, die boere gaan selfs meer geld maak omdat ons hulle direk ondersteun, en nie die ‘Gupta-beheerde’ groot winkelsentra nie. En ons gaan goedkoper, beter en varser vleis, melk, botter, eiers, vrugte en groente kry. Net ‘n gedagte…

boervrou ·

As ons kn saamkom om te bid,,soos met oom angus het dt nie gewerk nie.ek dink ons moet vir Vader vea WAT MOET ONS DOEN????as Hy se neem die wapen op dan doen ons dt.kry snipers.ek kn dt nie glo wat ek hier se nie ,maar Vader weet ons harte is stukkend oor ons mense se bloed wat so vloei.so KKAN EN MAG DIT NIE MEER AANGN NIE!!!!Ek sal met liefde swart dra,mr maandag is dt haloween en d sataniste dra almal swart,so dt gn nie die regte boodskap uitstuur nie.ons kort eersten n antw van God wat ons moet doen,en met Hom aan ons kant SAL ONS DAN WEN.die tyd is NOU!!!!!dit kn nie nog n boer se lewe vat nie

kat ·

Druk asb plakate en laat die toeskouers dit in die stadion Saterdag inneem! Hulle kan niks doen indien almal die plakate wys nie!! Almal uitjaag en kaartjie geld terugbetaal? Nooit gesien nie. Almal arresteer? Groot grap!!!

Waterskoen ·

N swart hemp en lappies gaan niks maak ni. Bring als tot stilstand maak die paaie toe dat dit op di nuus kan kom. Ons moet net leer om saam te staan. Minder bang te wees wat ander van jo dink. Wie weet dalk is dit vanaand jy en jou gesin wat vermoor gaan word

kat ·

Die boere moet produksie stop en geen plaaswerkers he nie vir ‘n maand of twee – dan sien jy hoe spring die regering!!!!!Hulle gaan niks he om te koop of te eet nie!! En die werkers gaan nie ‘n inkomste kry nie – want dit is wat gebeur nadat ‘n plaasboer vermoor word.

LORINDA ·

Ek voel innig jammer vir ons boere Ek dink net elke boer moet altyd ‘n rewolver byderhand he- dag en nag en ook die gesin Die regering kan ongelukkig nie ‘n persoonlike wag op elke plaas he nie Boere sal hulleself moet bewapen Die regering kan ‘n beroep doen om alle misdade te veroordeel, maar kyk jy na die regering dan sit daar net misdadigers!

Illie ·

Asseblief mense, kom ons staan saam en veg teen hierdie euwel. Kom ons staan saam in die Naam van God, onse Vader. Onthou God slap nie.

Illie ·

Aseblief mense, kom ons staan saam en doen iets omtrent hierdie euwel. Ons bid tot God, die
Almagtige Vader vir Sy Guns. Onthou, God slaap nie!

Grace ·

Dit gaan al n geruime tyd so aan, en nog niks word aan plaasmoorde gedoen nie. Die land se wette dra geen krag nie, so dit is OK om te moor en te martel. Niemand het dit reg gekry om iets daaraan te doen nie, en so gaan dit net voort dag na dag.
Dit voel somtyds vir my of God nie ons gebede verhoor nie, maar weet in my hart dit is nie so nie. Ek kan dit ook nie verstaan dat mens so wreed kan optree nie.
Wat kry hulle daaruit om die boere te vermoor?
Ek sal swart dra en bid dat God ons sal help om n oplossing te kry vir hierdie sinnelose gedrag wat as aanvaarbaar beskou word, en hoop dat daar n uitkoms sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.