‘Ons sal eiendomsreg tot in hoogste hof beskerm’

plant-plantjies-grond

Foto: Binyamin Mellish/Pexels.com.

“Dit sou uiters onbillik en onaanvaarbaar wees om landbouers wat grond produktief bewerk om die mense van Suid-Afrika te voed, te teiken en te ontneem van hulle eiendom sonder om hulle daarvoor te vergoed.”

Agri SA het gesê hy is gereed om die beginsels van billikheid en die beskerming van die regte van die individu tot in die konstitusionele hof te verdedig.

Dit kom ná die verklaring van die ANC dat 139 plase vir onteiening sonder vergoeding geteiken gaan word. Die ANC het vantevore te kenne gegee dat hulle die grense van artikel 25 met betrekking tot die betaling van vergoeding in die howe wil toets.

“Agri SA sal hierdie situasie fyn dophou en by toetssake waar beginsels oor vergoeding uitgeklaar sal word, betrokke raak,” het Dan Kriek, president van Agri SA, gesê. “Agri SA het vantevore reeds by sodanige sake betrokke geraak en sal nie huiwer om dit weer te doen nie. Dit is die howe se taak om wetgewing en die Grondwet te interpreteer.”

Volgens Agri SA is dit vir die organisasie ʼn prioriteit om meer duidelikheid te kry oor welke plase geteiken sal word. “Die beginsel van vergoeding by onteiening word internasionaal erken, hoewel daar verskillende standaarde vir vergoeding bestaan. Internasionaal word onteiening sonder vergoeding slegs in baie beperkte omstandighede toegelaat.”

City Press het die naweek berig die ANC het glo 139 plase uitgekies wat hulle oor die volgende paar weke sonder vergoeding wil onteien.

Aldus die koerant het die regerende party dié besluit geneem ná sy twee dag lange lekgotla van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC. Dit is egter nog nie duidelik watter plase ter sprake is nie.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa op 31 Julie aangekondig het die regerende party sal voortgaan om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het vroeër aan Maroela Media gesê die burgerregte-organisasie kan nog nie kommentaar lewer voordat dit bekend gemaak is watter plase ter sprake is nie.

“My vermoede is dat dit waarskynlik plase is wat reeds gewaarmerk is vir grondhervorming of waarop daar reeds grondeise ingestel is en waar daar waarskynlik ʼn dooiepunt bestaan tussen die staat en die betrokke grondeienaar oor die vasstelling van die vergoeding,” het Spies verduidelik. “Ons sal eers ʼn mening kan vorm sodra ons weet watter plase dit is en hoe dit gaan werk.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Celtis Africana ·

Bietjie laat om wakker te skrik.
Die tafel is lank reeds gedek en die paddabredie bykans gaar. Jul moes die gasheer laat weet het jul is allergies vir skulpvis toe jul die uitnodiging ontvang het!
Die regstelsel (Sien baie werknemers van Agri Sa beskik oor regskwalifikasies) is lankal pro die meerderheidsregering ongeag wat die wetgewing bepaal. Die betrokkenheid by n paar toetsake is heeltemal te min te laat. Gaan kuier by Afriforum vir n les in aktivisme.

christa ·

die agterdeur is oop gemaak en die ANC in genooi. Die Bybel se die satan is ‘n skelm en moordenaar en loop rond om te verwoes en te plunder.

hendrik ·

Christa, was daar al een dominee of pastoor of prediker wat al oor die onderwerp gepreek het? Ek glo nie.

ChristaT ·

Hendrik het jy al op jou kniee gegaan en erinstig gebid tot God. Dit is elke landsburger se werk en nie net die dominee nie.

Estelle ·

Ons grond van ñ skamele 22ha voed nie die nasie nie. Ons het 2 kallers wat ons grootmaak vir huisgebruik en ñ groentetuin. Die res vir weiding vir ons perde. Maar dit is met ONS swaarverdiende geld betaal en opgebou. Dit is ONS veilige hawe. ONS woning. Is my grond ook werd vir die groot koppe in AgriSA om voor te baklei?

Katerina ·

Ai Estelle..so hartseer om jou woorde te lees. Ek hoop van harte jou plekkie word gespaar.

Daan Erasmus ·

Estelle. Net een vraag. By watter Boerevereniging is jy lid van ‘Agri. Dan kan jy dalk gehelp word. Almal wil skreeu. Maan min wil bydra om enige organisasie aan die gang te hou nie.

Estelle ·

Daan, ek is lid. Ek skreeu glad nie, ñ geldige vraag gewees sou ek dink? Weet nie wie “almal” is nie?

John ·

Nee, dit gaan nie powere lappies grond wees wat die ANC gaan teiken nie. Moenie geskok wees nie. En die kwessie van voed-die-volk is nie te hoog op die lys van redes nie. Boere val te veel terug op hul hoogdrawende rol as sou almal sterf as hulle nie gelos word as verhewe landhere nie. Die Hemelvader is nie meer beindruk met vernames as die armes nie. Om nog ‘n skuur te bou was nie gronde vir die Vader om die hooghartige boer oor te sien nie. Die saak is veelkantig en ‘n bloedlose (so word gedroom) oorlog word beplan en as iemand hom teesit soek hy mos sy dood. Moenie die hof nader soos klein godjies nie. Alle seen word uit die Vaderhand ontvang. Die stedeling wat sy huisie moes verpand nadat hy afgele is, se reg is dieselfde, maar ons grondbaronne het hul oe gesluit… want alles gaan voort en mense moet eet. Ek is belangrik.

Anni ·

Ek stem saam John, dit sal ongetwyfeld UITSOEK plase wees wat op die lys is. Hoogs suksesvolle en funksionerende plase, wat die brood op landsburgers se tafel sit. Uitsoekplase wat daar eers onder “hulleself” verdeel sal word, (the fat cats getting fatter), voor daar werklik na grondhervorming gekyk gaan word. En hoor my lied vandag, hoor vir hom baie mooi, gee daardie plase oor in ander hande, en binne ‘n jaar sal daar net die droe, verskroeide en verdorde aarde oor wees. Plaasimplemente staan stukkend, besproeing uit die aarde uitgeruk, opstalle en store geplunder en afgebreek, dit wat nie afgebreek is nie tot in die fondasie afgebrand… Dit alles en nog meer, is reeds by die voordeur ingelaat.

Anni ·

En dis AL waar ek saam met John stem. Dat dit nie powere lappies grond gaan wees nie.

Michelle ·

John, as ek jou nou reg verstaan impliseer jy dat as hulle voor jou hek staan, jy maar net jou hek moet oopgooi en se dis ok, kom maar in? En weet jy vir ‘n feit dat elke boer wat nog ‘n skuur opsit dit uit selfsugtige redes doen? Verstaan jy dat ‘n boerdery ‘n besigheid is wat bedryf moet word, wat werk verskaf aan baie mense, dat grondgrype oor meer gaan. Verstaan jy dat dit nie op plase gaan eindig maar dat all eiendomsreg in gedrang is.
As die Here iemand talent gegee het om te boer moet hy dit onder die maatemmer wegsteek? Gaan dink asb weer oor jou woorde.
Boere: julle het ALMAL my ondersteuning sover as wat dit in my mag is om te gee. Staan sterk! En mag die Here die land bewaar, maar Sy wil geskied.

pieter ·

Weet jy, my stuk grond is gekoop, deur harde werk en sweet. Wat ek daarop doen is niemand se besigheid nie. Dit is nie te koop nie, en as hulle me dreig dat dit met geweld afgevat gaan word, dan maak ek myself reg om dit te beskerm met my lewe. Ons boere is nie bang vir beklai nie, en ons volk was nog nooit nie. Ons het n almagtigge God wat sak ingryp en ons weer sal beskerm, en die oorwinning sal gee.

Hannes M ·

Dankie tog… Eks bly om te sien iemand het n realistiese siening oor komende dinge. Meeste dink diplomatiese onderhandeling gaan iets te werk bring. Nie in Afrika nie. Hier word net een taal gepraat wat verstaan word, en dit is deur die loop van n vuurwapen

Boer ·

Pieter, ek voel soos jy. Ek is bereid om te sterf vir die Afrikaner volk

DHK ·

Uiteindelik is daar manne van ruggraat wat staan vir wat reg is. Ek sterf eerder eerbaar voor ek in vernedering in kettings lewe. Net een voorwaarde, die opregte Afrikaners moet ons Gelofte herbevestig met ons Skepper, dan kan die oormag maar kom…

Prediker 5 ·

Ja hierdie ding van die Gelofte. Kan ‘n gelofte wat verbreek is herbevestig word? Daar is erge nagevolge vir die verbreking van ‘n gelofte.
“As jy aan God ‘n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir ‘n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig?”
Prediker 5

DHK ·

Opregte Afrikaners eer nog altyd die Gelofte, alhoewel ons erg in die minderheid is. Dis hoekom die voorwaarde: opregte Afrikaners. Herbevestig beteken presies wat dit sê: weer, nog ‘n keer. Enige Afrikaner wat dink dat ons hierdie stryd sonder God kan aanpak is dwaas. Ja, daar is hordes Afrikaners wat hul rug op die Gelofte gekeer het. Maar as hulle in opregte verootmoediging voor God dit bely, glo ek daar sal vergifnis wees daarvoor. Versuim ons, is ons gedoem…

Penellope Jones ·

Met ‘n president wat ‘n ‘presedent’ geskep het met die “Aankondiging” nog voordat
byeenkomste en vergaderings in die Wes-Kaap begin is, twyfel mens of dit omgeswaai sal word.
Die wat sit en wag vir grond/plase/watookal, gaan nie tevrede en gelukkig wees as hulle dit Nie gaan hie – hulle is belowe en hulle sal dit wil gryp so gou as moontlik.
Dis seker nou een belofte wat die anc Wel sal nakom . . . . . .

Sela ·

Wanneer wet en orde verval, verander die reëls. Ek sien dat al die tandlose organisasies, veral die wat miljoene uit beangste blankees getap het, aandring om volgens die reëls te speel in ‘n droomwêreld wat nie meer bestaan nie.
Die wat sal oorleef is nie die geleerdes van hierdie wêreld wat verby gegaan het en brand nie, maar hulle wat aanpasbaar is en elke dag hul kennis verbreed in die nuwe wêreld sonder wette en reëls.

Jerry ·

Wat weeg die swaarste vir die gelowige man met ruggraat? Die beskerming van grond met gepaardgaande lewensverlies of die beveiliging en oorlewing van sy geliefdes?

Anoniem ·

Pieter, ek se Amen op jou kommentaar. Ons Hemelse Vader het nog ALTYD in die donkerste donker van die Afrikaner se geskiedenis ingegryp. Ons moet net VERTROU en Hy SAL dit weer doen.

Johannes ·

Om een-een te probeer terugveg gaan fataal wees! Ons moet bitter vinnig organiseer. Ons het dringend georganiseerde MASSA weerstand nodig.

En dit gebeur nie… en dit maak my moedeloos…

Jordaan ·

Indien die grondwet dit egter toelaat soos wat die plan is om dit te verander gaan dit nie help om konstitusionele hof toe te gaan nie.

honourable member ·

Dit sal suksesvolle plase wees sodat hulle dit kan vernietig om n punt te bewys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.