Ons sal nie stemme ‘koop’ nie, sê Ramaphosa

Argieffoto

Argieffoto

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê die regering sal nie staatshulpbronne gebruik vir hul politieke veldtog voor die plaaslike regeringsverkiesing in Augustus nie.

Die openbare beskermer het onlangs bevind staatshulpbronne is gebruik toe Julius Malema, in daardie stadium president van die ANC-jeugliga, kospakkies voor die verkiesing in 2009 uitgedeel het.

Ramaphosa het tydens sy kwartaallikse vraag-en-antwoord-sessie gesê, in die lig van dié verslag het die minister van maatskaplike ontwikkeling Sassa (die Suid-Afrikaanse agentskap vir bestaansbeveiliging) opdrag gegee dat maatskaplike verligting slegs kragtens die wet uitgedeel mag word en nie vir politieke doeleindes aangewend mag word nie.

“Die minister se opdrag het ten doel om seker te maak dat slegs begunstigdes, wat vir maatskaplike verligting kwalifiseer, dit sal ontvang en dat slegs departementele of Sassa-personeel die persone sal wees wat dit uitdeel,” het hy gesê. “In dié verband respekteer ons die kantoor van die openbare beskermer en aanvaar die regstellende stappe as bindend, tensy dit hersien of deur ʼn hof tersyde gestel word.”

Die ANC het al onder skoot gekom toe opposisiepartye aangevoer het die party deel kospakkies uit, waarvoor die staat betaal het, om stemme te “koop”.

“Die ANC koop nie stemme deur aan mense kospakkies te oorhandig nie,” het Ramaphosa bygevoeg. “Die ANC, as ʼn regerende party, het genoeg ondervinding, die regte beleide, en die vermoë om persone te oorreed om vir hulle te stem, eerder as om stemme deur kospakkies te koop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Christie ·

Hy lieg Dis dan hulle manier om stemme te kry, en dit met staatsgeld

zahn ·

En vader kersfees het pienk onderklere. Nee wat, jy moet in sprokiesverhale glo om die ouens te vertrou.

Jordaan ·

Ons sal dit nie met kospakkies koop nie, ons het reeds 4x4s vir die hoofmanne gegee so hulle sal sorg!

christine ·

Ha Ha Ha dit Ramaphosa glo ons onvoorwaardelik. Self die een glo die Afrikaner is onosel. Die probeem hier is hulle lieg vir hulle kiesers wat alles sluk van die kos wat hulle sluk tot die leuns nou vergeet hulle bietjie met wie hulle te doen het.

vierkleur ·

bla bla bla……………………..julle steel dan so lekker geld vir ander dinge,hoekom sal julle nou nie geld steel om stemme te koop om mag te behou nie?
Julle steel dan geld by die polisie om vir zuma se vroue nuwe luukse motors te koop,,,,,,,,,,,,,,,,soos ek se bla bla bla,,,, gaan vertel dit vir julle kiessers hulle is al idiote wat julle glo

Nico ·

Die pres het hom goed opgelei om so te jok sonder om n oog te knip gee elke dag kos vir hulle maar bietjie moeilik dan is hulle lekker lewe en bonus gone

Hannah ·

Glo my, die kindertoelae wat elke maand aan miljoene uitgedeel word, koop reeds stemme. Kospakkies is bloot ‘n bonus. En ja, die belastingbetaler “borg” alles!

Sarie ·

Hel maar sy baas leer hom goed! Hy staar di nasie in die oog en dan lieg hy net so glad soos Zuma, eintlik nog gladder want hy het nie nodig om dit af te lees nie, hy lieg sommer so op sy voete uite die vuis uit.

John ·

Hy bedoel meer as kospakkies gee en stemme koop gaan gedoen word. Grondeisers gaan met belastingsgeld vergoed word en ‘regstelling’ met grondherverdeling gaan begin met beloftes van nog aksie. Kyk hoe word die skuld van munisipaliteite nou deur Eskom (met belastinggeld) afgeskryf asook die skuld van sekere besighede en mense met oortrokke water- en kragrekeninge, wat baie meer kos as kospakkies.

M A ·

Ja, en die maan is van kaas gemaak, weet julle? Hy bedoel hy sal probeer keer dat hulle uitgevang word. Hier op die Molotopad werk hulle dat dit klap om die slaggate reg te maak. So deursigtig, maar die meeste kiesers gaan glo die munisipaliteit is puik.

Griet ·

Regtig? Die sogenaamde kospakkies – hoeveel maaltye is dit? Dit is ‘n once-off pakkie wat nie voorsiening maak vir die res van die jaar nie!! En mense val vir hierdie grappie!! Groetnis

AvrilS ·

Snaaks hoe die anc net VOOR elke verkiesing die “mense ” se nood raaksien. Die res van die tyd kan hulle maar vrek van ellende.

Jan maak n Plan ·

Ja meneer die buffel president – gans poef is fudge. Ek sal jou glo maar ek sal nie daaraan proe nie.

Anoniem ·

MMMM..vertel dit vir die man op straat…hy sal jou glo!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Anoniem ·

Eintlik moet ons die mense in Suid Afrika ook blameer…want hulle is dom genoeg om die regering te glo……………………………

Ruby ·

Kyk hoe groei Pinocchio se neus!

Whahahaaahaa, beste grappie vir vandag.

Loeis ·

En wat van die beleid van swart bevoordeling? Is dit nie ook om staatsgeld (ons belasting geld) te gebruik om die regerende party se ondersteuners gelukkig te probeer hou nie? Selfs al praat hy die waarheid oor die bogenoemde, wie dink Ramaphosa ‘fool’ hy?

Lance ·

Ja sure ..ons weet van beter …het al soveel kere gebeur en dan kom jy nog daaroor jok …ons is nie SO onnosel nie halloo

Hahahehehiehie tjietjie ·

Ou Ramaphosa, beste grappie van die jaar. Die uitdeel van die kospakkies net voor stemmery is skielik sorg. As jy en jou party kamma so sorgsaam is, stop om daai vliegtuig te koop en gee daai geld vir behuising en warm klere vir die winter, dan glo ons jou. So blatant staan en lieg!

waarheid ·

Ja en wat van dié EED nie EET wat afgelê word om oa die WAARHEID te PRAAT?

marianne ·

SAY WHAT???????
Hulle koop dit reeds!
Die ANC weet nie wat regverdig en eerlikheid is nie!
Shame hulle was nie in Grade RR nie…. nooit geleer van Sharing is caring nie.

Rynhardt ·

Ramaphosa en Anc koop nie stemme met kospakkies nie, hul deel dit net uit saam met mooi opgemaakte “goodies!”.Glo mense nog in n sirkus-verkiesing???

Oom Kalahari ·

Wel Cyril, op grondvlak kom die waarheid tog na vore, maar ‘n Leier in die hoogste amp wat jy beklee weerspreek die waarheid. Nogsteeds is Kersvader op sy wandelings besoeke met kospakkies, T-hemde en hoedjies onder die gemeenskappe. Dit is darem regtig swak as mens stemme moet werf met vertroetelings aankope en die belasting betalers se geld so uitbuit om infrastruktuur programme te omseil, maar voorspoed Cyril met jul tipes van optredes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.